Graad 4 Kommunikasie Finale Dokument 1 PDF

Summary

This document details a lesson plan and activities covering the history of communication. It explores various communication methods, from ancient forms to modern technologies. Topics like rock art, hieroglyphs, alphabets, and printing press are included. The document appears to be for a Grade 4 class in South Africa, with a focus on communication history

Full Transcript

GRAAD 4 KOMMUNIKASIE DEUR DIE TYE INHOUDSBLAD 1. WAT IS KOMMUNIKASIE 1.1. MONDELINGE KOMMUNIKASIE 2. ROTSKUNS, PIKTOGRAMME, EN IDIOGRAMME 3. SKRIFTELIKE KOMMUNIKASIE 3.1. WIGSKRIF/ SPYKERSKRIF 3.2. ONTWIKKELING VAN HIËROGLIEWE 3.3. ONTWIKKELING VAN A...

GRAAD 4 KOMMUNIKASIE DEUR DIE TYE INHOUDSBLAD 1. WAT IS KOMMUNIKASIE 1.1. MONDELINGE KOMMUNIKASIE 2. ROTSKUNS, PIKTOGRAMME, EN IDIOGRAMME 3. SKRIFTELIKE KOMMUNIKASIE 3.1. WIGSKRIF/ SPYKERSKRIF 3.2. ONTWIKKELING VAN HIËROGLIEWE 3.3. ONTWIKKELING VAN ANDER SKRYFSTELSELS 4. SKEPPING VAN DIE ALFABET 4.1. GRIEKSE ALFABET 4.2. LATYNSE ALFABET 4.3. ARABIESE AFRIKAANSE ALFABET 5. PAPIER 6. BOEKDRUKKUNS 7. DIE EERSTE KOERANT 8. DIE DRUKPERS EN VERSPREIDING 9. DIE PERS IN SUID – AFRIKA 10. DIE GESKIEDENIS VAN DIE GRA DRUKPERS EN DIE EERSTE AFRIKAANSE KOERANT 11. DIE TIKMASJIEN 12. DIE KAMERA 13. SKEPPING VAN DIE POSSTELSEL 14. KOMMUNIIKASIE DEUR KLANK EN BEELD 14.1. DIE TELEGRAAF 14.2. DIE TELEFOON 14.3. SELFOON: WAAR ALLES BEGIN HET EN HOE DIT WERK 14.4. RADIO 14.5. RADIO IN SUID – AFRIKA 14.6. TELEVISIE 14.7. DIE REKENAAR EN INTERNET 15. MASSAKOMMUNIKASIE BRONNELYS B. LESPLAN 2 C. POWERPOINT: GESKIEDENIS VAN KOMMUNIKASIE POWERPOINT: GESKIEDENIS VAN KOMMUNIKASIE – VERKORT D. AKTIWITEITE  BLOKKIESRAAISEL  TYDLYN  BEGRIPSTOETS  ONTSYFER DIE INTERNASIONALE MORSE KODE  WERKKAART  ANALITIESE AKTIWITEIT  ANTWOORDE E. BRONNELYS 3 GRAAD 4 GESKIEDENIS VAN KOMMUNIKASIE DEUR DIE TYE 4 INHOUDSOPGAWE 1. Wat is kommunikasie 2 1.1. Mondelinge kommunikasie 2 2. Rotskuns, piktogramme, en ideogramme 2–5 3. Skriftelike kommunikasie 5 3.1. Wigskrif/Spykerskrif 5–6 3.2. Ontwikkeling van hiërogliewe 6–7 3.3. Ontwikkeling van ander skryfstelsels 8–9 4. Skepping van die alfabet 9 – 10 4.1. Griekse alfabet 10 – 11 4.2. Latynse alfabet 11 – 12 4.3. Arabiese Afrikaanse alfabet 11 5. Papier 12 – 14 6. Boekdrukkuns 15 – 17 7. Eerste koerante 17 – 18 8. Die drukpers en verspreiding 18 – 19 9. Die pers in Suid-Afrika 19 10. Die geskiedenis van die GRA drukpers en die eerste 20-21 Afrikaanse koerant 11. Die tikmasjien 22 – 23 12. Die kamera 23 – 25 13. Skepping van die posstelsel 25 – 28 14. Kommunikasie deur klank en beeld 28 – 31 14.1 Die telegraaf 31 – 33 14.2. Die telefoon 33 14.3. Selfoon: waar alles begin het en hoe dit werk 33– 34 5 14.4. Radio 34 – 36 14.5. Radio in Suid-Afrika 36 – 37 14.6 Televisie 37 – 39 14.7. Die rekenaar en internet 39 – 43 15. Massakommunikasie 43 16. Bronnelys 44 – 48 1. Wat is kommunikasie Wanneer iemand ʼn boodskap aan ʼn ander wil oordra, ontstaan kommunikasie in ʼn spesifieke vorm byvoorbeeld as taal, koerantberig, toespraak,kunswerk, strokiesprent of televisieprogram. Kommunikasie beteken dat inligting gedeel word – ons doen dit deur te praat, sing of skryf. Ons kan ook kommunikeer sonder om woorde te gebruik – deur te dans of te teken.Ons kan ook ons liggame gebruik om te kommunikeer – die klere wat ons dra stuur ook ʼn boodskap oor ons uit. Kom ons kyk na mondelinge en skriftelike kommunikasie. 1.1. Mondelinge kommunikasie Voor die ontwikkeling van skrif het mense deur middel van geluide, gebare en later woorde gekommunikeer. Menslike taal is afhanklik van sosiale gebruike en moet aangeleer word. Inligting is deur middel van die mondelinge oorlewering van geslag tot geslag oorgedra. Die ontstaan van skrif het dit moontlik gemaak om inligting vas te lê in klei, klip en later papier. Mense het ook liedere, dansvorme en rotskuns ontwikkel as kommunikasiemiddele. 2. Rotskuns, piktogramme en ideogramme Die San in Suidelike Afrika het in klein groepe gewoon en rondgetrek op soek na kos en water; hulle word jagter-versamelaars genoem. Hulle het gekommunikeer deur middel van taal, liedere, kuns en dans. San-tale het baie klikklanke. (Die leuse van Suid-Afrika kom uit ʼn San-taal: “Ike e:/xarra// ke” = “mense wat verskillend is, kom saam”).Een van die maniere waarop die San gekommunikeer het, was rotskuns. Klere en persoonlike versierings is ook iets wat ʼn boodskap uitdra. Versierings en die styl van klere, die verf van gesigte en liggame is alles maniere hoe die groep met mekaar gekommunikeer het.Dit was simbole wat ander San-groepe verstaan het. 6 Die San het geglo dat /Kaggen die skepper van alles was. ʼn Spesiale persoon onder die San is ʼn sjamaan (medisyneman of -vrou) genoem Die sjamaan kon met /Kaggen kommunikeer om oor te dra wat hul behoeftes was. Die San het ʼn spesiale dans uitgevoer met vrouens wat om ʼn vuur gesit, gesing en hande geklap het terwyl die mans in ʼn kring om hulle gedans het. Die dans is deur die sjamaan gebruik om met /Kaggen te kommunikeer. Die vuur se ligspel asook die ritmiese geklap en dans het die sjamaan in ʼn beswyming laat gaan. Sommige van die sjamaan se ervarings tydens sy/haar beswyming is later op rotse geverf. Dit het aan almal gewys dat dit ʼn dans was om vir byvoorbeeld reën te vra of om fisieke of psigiese siektes in die gemeenskap te genees. Die kuns het dus simboliese betekenis gehad. 7 San beswymingsdans Bron: https://www.bidhaar.com/2020/08/18/the-healing-dance-of-the-san/ Die kenmerkende verskil tussen 'n piktogram en 'n ideogram word in dieselfde woorde gevind. 'n Piktogram gebruik 'n beeld van 'n voorwerp en 'n ideogram gebruik 'n simbool wat uit geometriese vorms bestaan om 'n idee voor te stel. Piktogram, beeld. Ideogram, idee. Voorbeelde van ideogramme is byvoorbeeld pad- en museumtekens, of gestremde toegang- en rook verbode-tekens. 1 Vandag het ons net soos die ou Mesopotamiërs en Egiptenare ook piktogramme en ideogramme in die vorm van emoji’s! 8 3. Skriftelike kommunikasie – spykerskrif, hiërogliewe, ander skryfstelsels en die alfabet 3.1. Wigskrif/spykerskrif Skrif het onafhanklik van mekaar in vier antieke beskawings ontwikkel, naamlik Mesopotamië, China, Egipte en Mesoamerika. https://www.khanacademy.org/humanities/ancient-art-civilizations/ancient-near-east1/the-ancient- near-east-an-introduction/a/cuneiform-tablets-backstory Mesopotamiese wigskrif/spykerskrif (so genoem omdat die skryftekens soos spykerafdrukke gelyk het) is die eerste vorm van skrif. Die oudste vorm van spykerskrif was ʼn beeldskrif waar byvoorbeeld ʼn sirkel die son verteenwoordig het. Later het die spykerskrif tot ʼn ideografiese skrif ontwikkel en kon ʼn sirkel ook hitte voorstel Ideografiese en beeldskrifte het die voordeel dat die geskrewe taal verstaan kon word deur mense wat nie mekaar se tale verstaan het nie, soos wat vandag nog die geval is met byvoorbeeld Chinees. Die nadeel is dat ʼn groot aantal tekens geleer moet word. Die derde stadium van spykerskrif was ʼn ontwikkeling in die rigting van fonetiese skrif: ʼn skrif waarvan die tekens of simbole die klanke van die gesproke taal voorstel het. Spykerskrif dateer terug na die 4000 VAJ, en is van links na regs geskryf en gelees. Moderne mense het vir eeue lank nie geweet het hoe om spykerskrif te ontsyfer nie, totdat sir Henry Rawlinson dit in 1846 gedoen het. Bron: Mieliestronk Die ontstaan van skrif (mieliestronk.com) 9 3.2. Ontwikkeling van hiërogliewe Hiërogliewe het in Egipte ontstaan. Die antieke Grieke het die eerste keer die term hiëroglief (“heilige kerfwerk”) vir die uitbeeldings op Egiptiese monumente gebruik. Simbole op potte van ongeveer 4000 VAJ lyk soos die latere hiërogliewe. Die vroegste hiërogliewe is die inskripsie op die Narmer-palet wat in die 1890’s herontdek is by Hierakonpolis (hedendaagse Kawm al-Ahmar) wat uit 3 200 VAJ dateer. In die tyd van hul Ou, Middel- en Nuwe Koninkryk het daar sowat 800 hiërogliewe bestaan. Teen die Grieks-Romeinse tydperk was daar meer as 5000. Egiptiese hiëroglifiese inskripsies bestaan uit twee soorte tekens: ideogramme en fonogramme. So kan ’n prent van die son “son” of “dag” beteken. Fonogramme, of klanktekens, is gebruik om klanke voor te stel en hou geen verband met die woord wat hulle weergee nie. Fonogramme kon een klank voorstel, of ’n kombinasie van twee of drie klanke in ’n spesifieke orde. ’n Teken kon in een woord as ’n ideogram dien en as ’n fonogram in ’n ander. Hiërogliewe kon óf vertikaal óf horisontaal geskryf word, gewoonlik van regs na links. Later het vereenvoudigde hiëroglifiese vorms ontstaan. Hiërogliewe is steeds gebruik tydens die Persiese heerskappy in die 6de en 5de eeu VAJ en ná Alexander die Grote se verowering van Egipte, asook tydens die daaropvolgende Masedoniese en Romeinse tydperke. Ná talle invalle in hul gebied deur die eeue heen kon min Egiptenare hiërogliewe lees teen 400 AJ, toe die laaste inskripsies ook gedoen is. Die Egiptenare het hierdie skrifstelsel omtrent drie duisend jaar lank gebruik. In die moderne tye is verskeie pogings aangewend om dit te ontsyfer. ’n Deurbraak met die ontsyfering het begin met die ontdekking van die Rosettasteen deur Napoleon se soldate in 1799 tydens hul inval in Egipte. Omdat die steen ’n hiëroglief-, populêre én Griekse weergawe van dieselfde teks bevat het, kon Jean-François Champollion die teks in die 1820’s ontsyfer. Bron: Egiptiese hiërogliewe – Wikipedia en Mieliestronk Die ontstaan van skrif (mieliestronk.com) 10 Die Rosettasteen in die Britse Museum Bron: Bing images 3.3. Ontwikkeling van ander skryfstelsels Die Chinese skrif het onafhanklik ontwikkel, wat dit heeltemal anders as die spykerskrif en die Fenisiese alfabet maak. Chinese skrif Skryfstelsels is ook in pre-Columbiaanse Amerika ontwikkel. Daar word vermoed dat die Mayas ʼn komplekse taal en skrifstelsel gehad het voor die kolonialisasie deur Europeërs. Maya-hiërogliewe Bron: https://www.worldhistory.org/image/2307/mayan-glyphs/ 4. Skepping van die alfabet ʼn Alfabet is ʼn volledige gestandaardiseerde stel karakters wat bestaan uit letters en gebruik word om iets in ʼn taal neer te skryf. Geskrewe taal bestaan uit sinne, sinne bestaan uit woorde en woorde bestaan uit een of meer letters van die alfabet. Elke letter verteenwoordig ʼn klank in die gesproke 11 taal. ʼn Alfabet is verskillend van ander vorme van skryfstelsels soos byvoorbeeld ideogramme waarin elke simbool ʼn volledige konsep verteenwoordig. Die woord alfabet is afgelei van ʼn kombinasie van die woorde alfa en beta, die eerste twee simbole/letters in die Griekse alfabet. Die alfabet wat vandag die meeste gebruik word, is die Latynse alfabet. Dit is afgelei van die Griekse alfabet, die eerste ware alfabet omdat dit beide konsonante en klinkers bevat. Die Griekse alfabet is weer afgelei van die Fenisiese alfabet, maar dit het ook sy oorsprong in antieke Egipte. Anders as in Grieks, bevat Fenisies geen klinkers nie en daarom is dit ’n abjad – ’n skryfstelsel waarin alle simbole konsonante voorstel. Die Fenisiese alfabet Bron: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons 4.1. Griekse alfabet Teen ongeveer die 800 VAJ het die Grieke die Fenisiese alfabet oorgeneem en vir die Griekse taal aangepas. Verskeie weergawes van die Griekse alfabet het só ontstaan; een daarvan, bekend as Wes-Grieks, is wes van Athene in Suid-Italië gebruik. Oos-Grieks is in Klein-Asië gebruik. Nadat hulle aanvanklik soos die Fenisiërs van regs na links geskryf het, het die Grieke later besluit om eerder van links na regs te skryf. Baie Griekse letters lyk soos die Fenisiese letters, hoewel die rigting omgekeer of verander is. Grieks was die bron van alle moderne alfabette van Europa. Uit die alfabet van die vroeë Wes- Griekse dialekte het die Oud-Italiaanse en die Romeinse/Latynse alfabet ontstaan. 12 Die Griekse alfabet Bron: https://www.etsy.com/au/listing/853669663/greek-alphabet-upper-and- lowercase-svg 4.2. Latynse alfabet ’n Stam wat eers as die Latynse en later as die Romeine bekend sou word, het in vanaf 500 VAJ die skrif aangeneem van die Etruriërs, ’n stam wat in die 1ste millennium VAJ in Sentraal-Italië gewoon het, en die Wes-Grieke. Hulle het vier karakters van die Wes-Griekse alfabet uitgelaat en die Etruriese letters F en S aangeneem. Om die G-klank in Grieks en die K-klank in Etruries weer te gee, is gamma gebruik. Dié veranderinge het die moderne alfabet tot gevolg gehad sonder die letters G, J, U, W, Y en Z, sowel as met ander verskille. In die paar eeue nadat Alexander die Grote die Oos-Mediterreense en ander gebiede in die 3de eeu VAJ verower het, het die Romeine Griekse leenwoorde begin gebruik en het hulle toe weer die alfabet aangepas om dié woorde te kan skryf. Hulle het Y en Z van die Oos-Griekse alfabet aangeneem en hulle aan die einde van hul alfabet geplaas omdat hulle net vir Griekse woorde gebruik is. Die Angel-Saksers het Romeinse letters begin gebruik om Oud-Engels mee te skryf. Hulle het verskeie veranderings aan die alfabet aangebring, soos die W wat geskep is uit twee U’s en die J wat eers as ’n variasie van I gebruik is en later ’n konsonant geword het. Dit het ontwikkel tot die moderne Romeinse/Latynse alfabet wat vandag vir byvoorbeeld al Suid-Afrika se amptelike tale gebruik word. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Latynse_alfabet A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 13 4.3. Arabiese Afrikaanse alfabet Die gebruik van die vroegste vorm van Afrikaans, geskryf in die Arabiese alfabet, dateer uit 1830, toe Moslemgodsdiensleiers dit begin gebruik het in die Moslemgodsdiensskole in Kaapstad. Die Arabiese Alfabet is een van die mees verspreide skryfstelsels ter wêreld en word onder meer in die tale Arabies, Hausa, Koerdies, Oerdoe, Persies (Farsi) en Swahili gebruik. Die Arabiese Afrikaanse alfabet verwys na die genre van ou Kaapse-Maleisiese geskrifte in Afrikaans, maar geskryf in die Arabiese alfabet. Elders in die wêreld staan hierdie genre bekend as “ajami”, wat dui daarop dat die Arabiese geskrif vir ‘n Arabiese-volksvreemde taal gebruik is. Die Arabiese Afrikaanse alfabet; Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Arabic_Afrikaans 5. Papier Papier is ʼn dun materiaal wat vervaardig word van plantvesels wat uit sellulose bestaan en deur waterstofbinding aanmekaar gehou word. Die vesels vir die vervaardiging van papier is gewoonlik van natuurlike oorsprong, maar daar bestaan ook sintetiese vesels wat gebruik kan word, soos byvoorbeeld polipropileen en polistireen. Die algemeenste bron van hierdie soort vesels is houtpulp wat van bome gemaak word. Plantvesels soos katoen, hennep en linne kan ook gebruik word. Die Egiptenare het teen ongeveer 2500 VAJ papirus gebruik om op te skryf. Die woord papier kom van die Griekse woord papyros, ʼn ou skryf materiaal wat van die stingels van Cyperus papyrus (die papirusplant) gemaak is. Die stingels van die papirusplant is in die lengte deurgesny en in twee lae op mekaar gepers. Papirus is tot ongeveer 100 VAJ in die Mediterreense Iande gebruik waarna dit deur perkament vervang is. Die tegniek van perkamentvervaardiging van skaap- of kalfshuid is in die 2de eeu VAJ in die stad Pergamum vervolmaak. Dit het ʼn langer lewensduur as byvoorbeeld papirus gehad. 14 Papirusplant Perkament Bron: https://www.wikiwand.com/nl/Perkament 15 ʼn Voorbeeld van papirus – die teks handel oor die verkoop van ʼn donkie! Die papirus is in besit van Harvard Universiteit in Amerika. Bron: Mystharion, seun van Heron – Houghton Library, Harvard University, Public Domain, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=23154319 Die eerste ware papiermaakproses is in China ontwikkel tydens die 2de eeu AJ. Tydens die Shang- dinastie (1600 VAJ – 1050 VAJ) en die Zhou-dinastie (1050 VAJ – 256 VAJ) is dokumente/boeke gewoonlik gemaak van been of bamboes. Sy is ook soms gebruik, maar was gewoonlik té duur. In 105 AJ het die Chinees Tsjai Loen ʼn tegniek ontwikkel waarvolgens papier van die bas van moerbeibome en bamboesplante gemaak is. Die proses het egter eers in die Middeleeue deur middel van Chinese krygsgevangenes in Wes-Europa bekend geword. Die eerste papiermeule in Europa dateer uit 1120 in Spanje by Xátiva, die moderne Valencia. Papiermeule het ook hul verskyning tydens die 13de eeu in Fabriano, Italië gemaak. Hennep en linne is gebruik as bron vir die vesels. Die oudste bekende papierdokument in die Weste is die Mozarabiese misboek van Silos uit die 11de eeu. Die eerste Suid-Afrikaanse papierfabriek is in 1920 by Kliprivier naby Johannesburg opgerig. In Suid- Afrika is aanvanklik net afvalpapier, en van 1938 af ook strooi, gebruik vir die vervaardiging van papier, maar vandag word veral hout gebruik. Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Papier 6. Boekdrukkuns Tot ongeveer die helfte van die 15de eeu is boeke met die hand geskryf, meestal deur monnike. Omdat dit baie tydrowend was, was daar maar min boeke in omloop. Die wat wel bestaan het, was hoofsaaklik in die besit van die kloosters, universiteite en welgestelde persone. Teen die middel van die 15de eeu het Johannes Gutenberg in Duitsland boeke met los letters gedruk. Die tegniek het dit moontlik gemaak om boeke vinniger te produseer, en die boeke was makliker leesbaar as die wat met die hand geskryf was. Die Gutenberg Bybels, wat dateer uit die 1450’s, word beskou as die eerste boeke wat in die Westerse wêreld gedruk is – hoewel die naam van die drukker nie in die volumes voorkom nie, word dit aan Gutenberg toegeskryf. Verskeie hiervan is in die besit van die Morgan Biblioteek en Museum in New York. 16 Johannes Gutenberg Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Johannes_Gutenberg Gutenberg drukpers Bron: https://www.bing.com/images/search?q=gutenberg+drukpersrO&form=HDRSC2&first=1&tsc=Image HoverTitle 17 Hoewel Gutenberg se uitvinding gewoonlik as die voorloper van die moderne drukpers genoem word, het sommige Chinese monnike reeds ongeveer 800 AJ ʼn soortgelyke metode gebruik. Die Chinese stelsel was egter nie so gevorderd soos Gutenberg sʼn nie. Hulle het houtblokke gebruik wat in ink gedoop en op papier geplaas is sodat die simbole op die houtblok daarop afgedruk is. Die uitvinding van die boekdrukkuns het dit moontlik gemaak om geskrewe tekste op groot skaal te versprei en het ook later die opkoms van koerante (deel van die massamedia) moontlik gemaak. 7. Die eerste koerant Rome staan bekend as die bakermat van die eerste koerante. Aanvanklik het die pontifex maximus, die Romeinse opperpriester, nuus op plate bekend gemaak. Ook die annales maximi, ʼn soort memorandum, is op plate uitgehang. Ander vroeë publikasies, wat gereeld verskyn het, sluit kronieke en kalenders in. In 59 VAJ het Gaius Julius Caesar die eerste nuusblad begin, die acta populi Romanae diurna, wat tot 300 AJ verskyn het. Die acta is in twee verskillende uitgawes uitgegee – as acta senatus met amptelike kennisgewings van die Romeinse Senaat en as acta populi waarin nuus oor die daaglikse gebeurtenisse in Rome gepubliseer is. Ondanks hul naam, wat ʼn daaglikse verskyning aandui, is die acta diurna (“daaglikse gebeurtenisse”) gebruik om die nuus van ʼn bepaalde tydperk in ʼn tydelike rangorde te lys. Die uitgawe van acta diurna, wat soms ook acta urbid (“stadskoerant”) genoem is, is steeds deur die Romeinse owerheid beheer. Privaat nuusblaaie met kennisgewings oor familiêre of gemeenskapnuus is slegs vir ʼn kort tydperk amptelik toegelaat en onder die heerskappy van keiser Traianus uiteindelik weer verbied. Die oplaag van die acta was klein, en geen eksemplaar het bewaar gebly nie. Nietemin kan hul inhoud deur talle aanhalings in ander bronne gerekonstrueer word. Die acta het veral nuus oor aangeleenthede van die staat bevat, soos reise van Romeinse amptenare of kennisgewings van die keiserlike gesin, waaronder geboortes, sterfgevalle, begrafnisse, huwelike en onthale. Daar was ook nuus oor gebeure soos oorstromings, droogtes en ander rampe gepubliseer. Gaandeweg is ook die kennisgewings van vooraanstaande Romeinse gesinne deur middel van acta gepubliseer. So is egskeidings van bekende persoonlikhede in die familienuus- rubriek bekend gemaak. Met die verskuiwing van die keiserlike hof na Konstantinopel is die uitgawe van acta gestaak. Hulle leef voort in die woordeskat van Romaanse tale. So het die Romeinse woord diurnalis (“daagliks”) bewaar gebly in die Franse term journal en die Italiaanse giornale. Die Afrikaans ‘joernaal’; joernaal’ s.nw., joernale. 1 Dagboek, dagregister waarin 'n persoon daagliks aantekeninge maak van wat om hom en/of met hom gebeur, veral so 'n geskrif met reisaantekeninge of aantekeninge oor een of ander gedenkwaardige gebeurtenis: Die joernaal, die dagboek en die brief was die enigste vorm waarin die Voortrekker sy gedagte en sy ontroering op papier gesit het (Elizabeth Conradie). Ons laat volg hier die "Gedenkskrif of joernaal van ons uittog uit ons moederland tot hier in Port Natal", van Anna Elizabeth Steenkamp, gebore Retief (Dr. O'Kulis). "Joernaal van Jorik" deur D.J. Opperman. Reisjoernaal. Vgl. REISJOERNAAL. 2 a Skeepsdagboek wat die gesagvoerder moet hou en waarin hy die daaglikse weersgesteldheid, die vordering van die skip, e.d.m. moet opteken: Skeepsjoernaal. b Aantekeninge wat van dag tot dag gehou moet word deur persone aan die hoof van 'n inrigting, 18 fabrieksafdeling, onderneming, ens.: Die gebruiker moet aantekening of 'n joernaal aanhou met betrekking tot die werking van elke ketel op die perseel (Staatskoerant). Hyserjoernaal. c (parlement) Notule van die Volksraad en die Senaat: Die notule aldus gedruk en deur die Klerk geteken, is die joernale van die Raad (Reglement van Orde van die Volksraad). 3 (rekeningkunde) Algemene inskrywingsboek in gebruik by die dubbelboekhou, waarin elke handelstransaksie daagliks dubbel ingeskryf kan word om vandaar oorgeboek te word in die rekeningboeke: Kas-, kontantjoernaal. Vgl. KASBOEK, 1. 4 Versameling bydraes deur lede van 'n (debats)vereniging opgestel of ingestuur en op vasgestelde tye op 'n vergadering deur die joernalis voorgelees: Die debatsvereniging se joernaal het gewoonlik ook persoonlike beriggies, sinspelings op verliefde paartjies of onlangse voorvalle bevat. ≈ Rympies, erns en luim, sketse, behandeling van vraagstukke wat die pers bring, politiek, godsdiens — die joernaal het leer skrywe (D.F. Malherbe). In die ou dae toe ons die joernaal had in ons ou Unie- Debatsvereniging (C.J. Langenhoven). Dit was in 'n plaasdebatsvereniging... waar daar natuurlik 'n "joernaal" voorgelees moes word wat grotendeels uit grappies en persoonlike gekskeerdery bestaan het, maar waarvan die begin of slot altyd 'n stukkie "mooiskrywe", "skrywe uit die boonste kas" moes wees: die "inleidingsartikel" of "slotbetragting" het dit geheet (N.P. van Wyk Louw). Ons Boere het joernale gehou tydens hulle ballingskap; dit was 'n uiting van hulle getuienis as mense (Die Burger). 5 (nie algemeen) Dit wat vertel, meegedeel word; verhaal: Ek dwaal glad af van my jornaal (Ons Klyntji). 6 Tydskrif, veral van wetenskaplike of tegniese aard: Die woord joernaal vir tydskrif is in Nederlands verouderd, maar dit word in Afrikaans, waarskynlik onder invloed van Engels, soms in dié sin gebruik. Die Suid-Afrikaanse Tipografiese Joernaal (titel). (Een van) die funksies van die Raad is... om 'n joernaal vir wetenskaplike navorsing uit te gee (Uniejaarboek). joernaalhouer, joernaalskrywer Bron: Wikipedia die eerste koerante Koopliede, bodes en vagante (skoliere, studente en werklose predikante wat as volksangers dwarsoor die land gereis het) het in die Middeleeue as ʼn soort “lewende koerant” die nuus bekend gemaak. Hierdie lewende of mondelinge “koerantvoorlopers” is later vervang deur die eerste geskrewe nuusblaaie waarin amptelike, sake- en privaatbriewe gepubliseer is. Die welvarende Europese stede het in die 13de en 14de eeu ʼn behoefte aan politieke en handelsnuus gehad, en stadsrade het begin om ordinari (bodes of koeriers) vir die uitruil van nuus te gebruik. Die belangrikste dryfkrag agter die stigting van gereelde nuusblaaie was die groot Europese handelshuise. Hul sogenaamde koopmansbriewe, wat vanaf die 14de eeu uitgegee is, het nuus oor politieke en handelsake bevat. In die Italiaanse hawestad Venesië het die eerste gazette vanaf 1536 verskyn. Onder die belangrikste uitgewers was die koopmansgesin Fugger in die Duitse stad Augsburg, wat tussen 1568 en 1604 die Fugger-koerant uitgegee het. Die Fuggers het reeds oor ʼn soort nuusagentskap beskik wat nuus uit alle wêrelddele versamel, gekopieer en uitgegee het. Die bewerkers en uitgewers van hierdie nuus het destyds as nouvellante bekend gestaan. Die Fuggers het ordinari- en extra ordinari-koerante aan belangstellendes verskaf. Die belangrikste bronne vir nuus, wat in dié dagblaaie gepubliseer is, was boodskappe van medewerkers in 19 buitelandse kantore asook bekende persoonlikhede. Die meeste nuusartikels is steeds in Duits gepubliseer, daarnaas is ook Italiaans en Latyn gebruik. Die nuus en koerante is dwarsoor die vasteland gestuur en versprei. Die koerante het geen berigte oor die kulturele of filosofiese lewe van die tyd bevat nie, maar het gedetailleerde artikels oor handel, politiek en gebeurtenisse by die keiserlike hof bevat. Drukpers en verspreiding Met die uitvinding van die boekdrukkuns teen die 15de eeu is die tegniese basis geskep om koerante in groot oplae te druk en te versprei. Aanvanklik is nuusblaaie met net een enkele bladsy gedruk, wat van tyd tot tyd verslag gee van byvoorbeeld oorloë en ander onderwerpe. Die oudste nuusblad van hierdie soort dateer uit die jaar 1482. Die verhale van ontdekkingsreisigers het aanleiding tot die uitgee van “ontdekkerskoerante” gegee, waaronder die Kolumbusbrief van 1493 die oudste voorbeeld is. Die Protestantse Hervorming het in die 16de eeu tot die grootskaalse uitgawe van gedrukte pamflette gelei wat deur die Duitse kerkhervormer Martin Luther en andere as gewilde media vir godsdienstige propagandaveldtogte ingespan is. Die sogenaamde historische Relationen, wat in Duitsland vanaf 1588 verskyn het, is in die vorm van kronieke uitgegee, maar het as eerste moderne publikasies gereeld op ʼn halfjaarlikse basis in groot stede soos Frankfurt am Main en Keulen verskyn. Die Relation van Augsburg is vanaf 1597 maandeliks uitgegee. In 1605 het die Straatsburgse drukker en boekhandelaar Johann Carolus begin om weekliks gedrukte uitgawes van sy tot dusver handgeskrewe nuusversamelings uit te gee. Sy nuusblad, wat onder die titel Relation aller fürnemmen und gedenckwürdigen Historien verskyn het, word in die perswetenskap as die eerste gedrukte koerant ter wêreld beskou. Die eerste daaglikse nuusblad is in 1660 in Leipzig, Duitsland uitgegee. Die Franse nuusblad La Gazette, wat vir die eerste keer in 1631 deur die geneeskundige Renandot uitgegee is, word as die vroegste politieke koerant beskou. In 1665 het die eerste wetenskaplike nuusblad verskyn, die Journal des Savants, wat deur Denis Sallo begin is. Eers met die begin van die liberale en demokratiese bewegings, tegniese vooruitgang in die drukkersbedryf asook die uitvinding van goedkoper papierverwerkingsmetodes was die tyd ryp om van die koerant ʼn werklike massamedium te maak. Die vervoer- en inligtingbedryf het met die nuwe spoorwegverbindings en die telegraaf die vinnige verspreiding van nuus moontlik gemaak. Kommersiële nuusagentskappe soos Havas, Reuters en Wolff het nuusberigte goedkoop ter beskikking gestel. 8. Die pers in Suid-Afrika Persvryheid is in Suid-Afrika met ʼn ordonnansie van die Kaapse koloniale regering ingevoer. Dit is op 30 April 1829 geproklameer en die publikasie van enige nuusblad toegestaan, hoewel bepaalde regulasies en die “lasterwette” nagekom moes word. Die eerste Afrikaanse nuusblad, wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners uitgegee is, was die Die Afrikaanse Patriot wat as Di Patriot vanaf 15 Januarie 1876 in die Paarl verskyn het. Dit is in 1905 opgevolg deur die Paarl Post. Die Afrikaanse Taalmuseum het die drukpers waarop die eerste Afrikaanse koerant gedruk is. 9. Die geskiedenis van die GRA se drukpers 20 Die drukpers wat tans in die Afrikaanse Taalmuseum vertoon word, het baie draaie geloop voordat dit uiteindelik sy staan daar gekry het. Nadat die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) in 1875 in die huis van Gideon Malherbe in die Paarl gestig is, het die agt lede dadelik aan die werk gespring om iets in Afrikaans gepubliseer te kry. Die Afrikaanse Patriot, die heel eerste Afrikaanse koerant, is aan die begin van 1876 gepubliseer. Die Genootskap het dit vir die eerste jaar in Kaapstad laat druk by die firma Smuts & Hofmeyr, die drukkersmaatskappy van JH Hofmeyr, eienaar en redakteur van De Zuid-Afrikaan (Kotzé:33). In 1876 het ds. SJ du Toit en ʼn aantal vriende die Paarlse Drukpers Maatskappy gestig. Met groot skenkings van die publiek is een van Smuts & Hofmeyr se drukperse aangekoop (Kotzé:33; Pienaar:135). Die drukpers het op 1 April 1877 amptelik die eiendom van die GRA geword, en Di Patriot is vanaf daardie datum in Gideon Malherbe se huis in Pastorielaan gedruk. Die eerste drukker was Malherbe se oudste seun, Petrus Jacobus, alombekend as Boeta Pieter. Die drukkery is in twee vertrekke van die huis ingerig. Ongeveer ʼn jaar later is die pers geskuif na ʼn agterkamer van die Gimnasium-gebou, waar Du Toit op daardie stadium gewoon het. Toe Du Toit kort daarna na die Ou Pastorie in Pastorielaan trek, het die drukpers saamgetrek, waar dit in ʼn vertrek in die agterplaas ingerig is (Kotzé:35). In 1878 is besluit om die drukkery in organisatoriese opsig los te maak van die GRA om dit as ʼn aparte sake-onderneming te bedryf, met DF (Daantjie Dokter) du Toit as besturende direkteur. Hy het die drukkers-apparaat in Februarie 1879 ontvang, en hoogs waarskynlik het die drukpers sedert daardie datum in die Patriotgebou in Hoofstraat gestaan. In 1923 was Ernst du Toit die eienaar van die maatskappy. Hy het ʼn nuwe gebou vir die drukkery in Lady Greystraat opgerig, en toe die kantore daarheen trek, is die drukpers saam. Die plein langs die gebou word steeds Patriotplein genoem. In 1965 het die destydse eienaar van die drukkery, mnr Nico Retief, die pers aan die Oude Pastorie- museum geskenk. Dit het tien jaar lank daar gestaan totdat die beheerraad in 1975, met die totstandkoming van die Taalmuseum, besluit het om dit aan die museum te skenk. Die oorspronklike drukpers waarop die eerste Afrikaanse koerant gedruk is. 21 Die Afrikaanse Patriot – die eerste Afrikaanse koerant 10. Tikmasjiene ʼn Outydse tikmasjien Bron: https://vaalweekblad.com/118793/n-liefde-vir-ougoed/ ʼn Tikmasjien is ʼn meganiese-, elektromeganiese-, of elektriese apparaat voorsien van sleutels/toetse waarmee skryftekens op papier gedruk kan word. Voor die tikmasjien uitgevind is, is briewe en dokumente per hand geskryf. ʼn Tikmasjien bevat hamertjies met lettertekens wat letters op papier vorm wanneer die hamertjies teen die tiklint voor die papier slaan. Moderne rekenaars gebruik steeds basies dieselfde toetsborde as die eerste tikmasjiene. Tikwerk is vinniger en netjieser as om met die hand te skryf. Die tikmasjien word nie juis meer vandag gebruik nie. 22 11. Die kamera ʼn Outydse kamera; Bron: outydse kamera – Bing 2022 Voor die ontwikkeling van die kamera was dit reeds vir ʼn geruime tyd bekend dat sommige stowwe, soos silwersout, donkerder word wanneer dit aan sonlig blootgestel word. In ’n reeks proefnemings wat in 1727 gepubliseer is, het die Duitse wetenskaplike Johann Heinrich Schulze getoon dat die verdonkering deur lig veroorsaak word. Die Sweedse apteker, Carl Wilhelm Scheele, het in 1777 bewys silwerchloried was geneig om te verkleur in verhouding tot die lig waaraan dit blootgestel is. Daarna kon die silwerchloried in ʼn ammoniakoplossing opgelos word sonder om die donkerder of ligter dele uit te wis. Die eerste permanente foto is in 1826 deur Joseph Nicéphore Niépce geneem met ’n glybare houtbokskamera. Niépce het sy proses “heliografie” genoem en hy en Louis Daguerre het ’n vennootskap aangegaan om die proses te verbeter. Daguerre het daarin geslaag om ’n skerp beeld met hoë kontras te skep op ’n plaat wat met silwerjodied bedek was en daarna aan kwikdamp blootgestel is. Teen 1837 het hy daarin geslaag om beelde te fikseer met ’n gewone soutoplossing. Hy het die proses “daguerreotipe” genoem. Die eerste kamera wat vir kommersiële gebruik vervaardig is, was ’n daguerreotipe-kamera wat deur Alphonse Giroux gebou is. Dit was ’n dubbelhouer-ontwerp met ’n landskap lens aan die buitenste houer asook ’n fokusskerm en beeldplaat aan die binneste houer. Deur die binneste houer te skuif, kon voorwerpe in fokus gebring word. ’n Wiel met groewe wat ’n koperflap voor die lens beheer het, het as sluiter gedien. Die beligtingstyd in 1839 was tussen 5 tot 30 minute per foto! Die eerste eksperiment met fotografie in Suid-Afrika is deur Charles Piazzi Smyth, ’n werknemer van die Kaapse Sterrewag, uitgevoer. Sy eerste fotografiese eksperimente is reeds so vroeg as November 1839 gedoen. Dit was ’n paar maande nadat Daguerre sy ontdekking van fotografie aan die wêreld bekend gemaak het. In Suid-Afrika is die vroegste fotografie-ateljee in Oktober 1846 deur Jules Léger in Port Elizabeth geopen. Die voorbeelde van die vroegste plaaslike fotograwe is daguerreotipes, maar foto’s op papier het vinnig hierna gevolg. Die bekendste groot historiese fotoversamelings van individuele fotograwe in Suid-Afrika, is waarskynlik dié van Arthur Elliott (1870-1938) wat in die Kaapse Argief gehuisves word en James Gribble jnr. (1863-1943) wat by die Drakenstein Heemkring bewaar word. 23 Bronne: Die rol van neëntiende-eeuse fotografie in eietydse bewaring: William Roe en Graaff-Reinet Malherbe, Johanna Francina (2014-12), Tesis (PhD), Universiteit Stellenbosch, 2014. Wikipedia Mense het in die 1990’s begin om digitale kameras te gebruik. Digitale kameras het nie ʼn film nodig nie. Jy kan die foto’s dadelik, nadat jy dit geneem het, op die kamera se skerm sien. As jy nie van die foto hou nie, kan jy dit uitvee! In 1999 het Kyocera Corporation die VP-210 VisualPhone bekend gestel, die wêreld se eerste selfoon met ingeboude kamera vir die opneem van video’s en neem van foto’s. Deesdae is kommunikasie deur middel van foto’s en videos algemeen. Daar is talle interessanthede in die Afrikaanse Taalmuseum, soos byvoorbeeld in die sitkamer waar ʼn pragtige daguerreotipe foto van SG Malherbe en sy vrou te siene is; ʼn foto wat deur een van die oudste fototegnieke in Suid-Afrika geskep is. 12. Skepping van die posstelsel In Suid-Afrika het ʼn gereelde posdiens eers in die 19de eeu sy verskyning gemaak en vinnig vooruitgegaan nadat die ontdekking van diamante en goud tot groot konsentrasies van mense in die binneland gelei het. Die oudste beskrywing van ʼn posdiens dateer uit die Persiese Ryk (5de en 4de eeu VAJ). Die posdiens, amper uitsluitlik vir gebruik deur die koning, het van ruiters gebruik gemaak wat lang afstande in skofte moes aflê om boodskappe of bevele oor te dra. Griekse stadstate het elk hul eie boodskapperkorps ter wille van beter kommunikasie gehad. Die Romeinse posdiens (persone, goedere, briewe) was onder staatsbeheer en was vinnig en doeltreffendheid. Die netwerk van paaie wat gebou is om die ryk in stand te hou en Rome met al die provinsies te verbind, was ʼn belangrike faktor in die doeltreffendheid van die Romeinse posdiens. 24 Ná die val van die Wes-Romeinse Ryk het die posdiens ook agteruitgegaan. In die Middeleeue is die posdiens grootliks verrig deur gildes, kloosters en universiteite. Met die opkoms van koninkryke in die Laat Middeleeue (circa 1300-1500) het die invloed van die staat op die poswese toegeneem. Die ontwikkeling is verder gestimuleer deur die groei van nasionale en internasionale handel. Frankryk was die eerste land met ʼn gereelde koninklike posdiens. Engeland se eerste Post Office Act is in 1657 deur Cromwell uitgevaardig. In die 1700’s het die beroemde poskoets (stage-coach) sy verskyning gemaak. Die diens is deur die verbeterde paaie moontlik gemaak en die eerste poskoetsdiens in Engeland is in 1784 ingestel. Met die tegniese vooruitgang in die 1800’s het die poswese vinnig ontwikkel. Nuwe dienste soos die aflewering van spoedposstukke, die vervoer van koerant- en drukwerk pos per trein en later die telegram- en telegraafdienste, is ingestel. In 1837 het Rowland Hill (1795-1879) sy beroemde geskrif, Post Office reform: it’s importance and practicability, gepubliseer. Die “penny postage” is in ooreenstemming met sy voorstelle in 1840 in Engeland ingevoer. Betaling het vooraf geskied deur middel van posseëls wat op die posstukke geplaas is. Hill se stelsel en die gebruik van posseëls is spoedig oral in die wêreld gebruik. Die penny blaak – die eerste posseël Die eerste brief wat in Suid-Afrika “gepos” is, is in 1501 in ʼn skoen geplaas en aan ʼn melkhoutboom by Mosselbaai opgehang. Die brief is geskryf deur Pedro d’Atuide, die kaptein van ʼn Portugese skip in die vloot van Pedro Alvares Cabral wat van die Ooste op pad terug was na Portugal. Die brief het die inligting bevat oor die dood van Bartholomeüs Dias, wat ʼn bevelvoerder van een van die skepe in die vloot was. Dit is ʼn paar maande later deur Joao da Nova op sy reis na die Ooste gevind. Verbygaande skepe het opdrag ontvang om byvoorbeeld onder klippe naby stroompies na briewe te soek sodat terugvarende skepe nuus oor uitvarend skepe na die vaderland kon neem en andersom. In 1792 is die eerste poskantoor deur die waarnemende goewerneur, Johan Rhenius, in die Kaap geopen. ʼn Posmeester en ʼn posbode is aangestel. Briewe wat deur verbygaande skepe afgelaai is, kon by die posmeester se kantoor in die Kasteel afgehaal word teen ʼn tarief van 6 stuiwers per brief. Vir briewe wat deur die posbode afgelewer moes word, was die tarief 8 stuiwers. Die poskantoor was elke oggend oop vir die ontvangs van briewe wat oorsee gestuur moes word. In 1805, onder die Bataafse bewind, is die eerste gereelde posdiens in Suid-Afrika ingestel. Die posstukke is deur boere van distrik na distrik vervoer. In die daaropvolgende jaar, met die Britse bewindsoorname, is besluit om van Khoekhoen “voetlopers” gebruik te maak vir die aflewering. Die ontginning van die diamantvelde en die vinnige groei van Kimberley het aanleiding gegee tot ʼn poskoetsdiens tussen Wellington en Kimberley. Die bekendste poskoetsdiens was die van die Red Star Line, wat die roete van Wellington af via Beaufort-Wes na Kimberley gevolg het. Poskoetsdienste is ook van die Oostelike Provinsie en Natal via die Vrystaat na Kimberley ingestel, terwyl George Heys en die Zeederberg Broers die diens van Transvaal na Kimberley behartig het. 25 Voetlopers en ruiters het geleidelik plek gemaak vir die poswa (omstreeks 1855) en met die ontdekking van goud by Lydenburg (1871), Barberton (1882) en Johannesburg (1886) het poskoetsdienste ook hul verskyning in Transvaal gemaak. In 1885 is die spoorlyne van Kaapstad en Port Elizabeth via De Aar tot by Kimberley voltooi, en kon die vervoer van pos vinniger en veiliger geskied. Vir die vervoer oor land het spoorweë vir meer as ʼn eeu die belangrikste rol gespeel. Vroeër is die pos met passasierstreine vervoer, maar daar word dikwels van spesiale postreine gebruik gemaak. Eksperimente met lugpos is al voor die Eerste Wêreldoorlog gedoen, maar lugvervoer het eers in omstreeks 1920 momentum gekry toe vliegtuie betroubaarder geword het. Bron Wikipedia posstelsel Bron: https://www.bing.com/search?q=geskiedenisvan+die+posstelse, Mieliestronk Poskantoor Posboom in Mosselbaai Posklip 13. Kommunikasie deur klank en beeld 13.1. Die telegraaf 26 Ná die ontdekking van elektrisiteit het Samuel Morse hom toegelê op die ontwikkeling van die elektriese telegraaf. Met behulp van ʼn elektromagneet en die Morse-alfabet, waarin die letters van die gewone alfabet in kort en lang seine omgesit is, kon berigte deur middel van ʼn elektriese kabel oor groot afstande oorgedra word. Ná die uitvinding van die telegraaf het talle mense probeer om die gesproke woord direk deur middel van kabels oor te dra; dit sou later lei tot die ontwikkeling van die telefoon. Die telegraaf het ʼn boodskap met seine in ʼn spesiale kodetaal uitgestuur. Die kodetaal het kolletjies en strepies gebruik. Elke kombinasie van kolletjies en strepies het een letter van die alfabet voorgestel. Hierdie kode is Morsekode genoem. Beide die sender en ontvanger moes die kodetaal ken. Die sender het die kolletjies en strepies ingetik. Die sein is aan ʼn ontvanger gestuur wat ʼn papierafdruk met verhewe kolletjies en strepies gekry het. Die kolletjies en strepies is dan deur die ontvanger “vertaal”. Samuel Morse Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Samuel_Morse#/media/File:Morse_telegraph.jp 27 Die oorspronklike Samuel Morse telegraaf Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Samuel_Morse#/media/File:Morse_telegraph.jp Die Internasionale Morsekode A.— N —. 1.— — — — B —... O — — — 2..— — — C —.—. P.— —. 3...— — D —.. Q — —.— 4....— E. R.—. 5..... F..—. S... 6 —.... G — —. T — 7 — —... H.... U..— 8 — — —.. I.. V...— 9 — — — —. J.— — — W.— — 0 — — — — — K —.— X —..— = —...— L.—.. Y —.— —..—.—.— M — — Z — —.. ?..— —.. Die Internasionale Morsekode verskil van dié wat Morse self ontwerp het, maar dit dra steeds sy naam omdat hy die innoveerder van die konsep was. ’n Streep is gelyk aan die lengte van drie punte, soos ook die ruimte tussen twee letters in ’n woord. Die ruimte tussen twee woorde is gelyk aan die lengte van sewe punte. Die syfers 0 tot 9, onder meer, is ook gekodeer. 28 13.2. Die telefoon Die telefoon of slegs foon (vanuit Grieks tele = ver en fɒni:foon = klank/stem) is ʼn telekommunikasietoestel wat gebruik word om klank oor ʼn afstand te vervoer en ontvang. Die meeste telefone werk deur elektriese seine oor ʼn vaste telefoonnetwerk te stuur. In 1854 het Antonio Meucci die eerste telefoon geskep. In 1876 was Alexander Graham Bell die eerste om hierdie ontdekking te patenteer. Die vermoë om oor die telefoon te kommunikeer is van die belangrikste vooruitgang in die kommunikasie van die mens. Bell praat in sy telefoon in 1876, die jaar toe hy dit gepatenteer het. Die Bell-telefoon het uit drie dele bestaan, naamlik ’n spreekbuis, ’n ontvanger en ’n draad wat die eersgenoemde twee verbind het. Die spreekbuis en ontvanger was in der waarheid dieselfde, elkeen het ’n dun vibrerende metaalkomponent (diafragma) gehad, asook ’n hoefmagneet met ’n draadspoel. Wanneer klankgolwe die diafragma getref het, het dit gevibreer en die vibrasies is omgeskakel in ’n elektriese stroom wat deur die draad gelei is. Aan die ontvangkant is die elektriese stroom weer omgeskakel in vibrasies wat deur die diafragma van die ontvanger terug omvorm is tot klank. Bron: http://www.mieliestronk.com/alexbell.html 29 Ná die uitvinding van die telegraaf het talle mense probeer om die gesproke woord direk deur middel van kabels oor te dra. Die doel is bereik toe Bell in 1876 die elektriese telefoon gedemonstreer het. ʼn Telefoonverbinding bestaan uit ʼn mikrofoon en ʼn luidspreker wat via elektriese geleiers met mekaar verbind is. Geluid wat die mikrofoon bereik, word in elektriese seine omgesit, wat weer deur die luidspreker in geluid omgesit word. Die telegraaf en telefoon is beide draad-gebaseerde elektriese stelsels. Bell se sukses met die telefoon het aangebreek as gevolg van sy pogings om die telegraaf te verbeter. Hoewel die telegraaf ʼn suksesvolle stelsel was, was dit beperk tot ontvang en stuur van een boodskap op ʼn keer. Bell het sy toestel gepatenteer op 7 Maart 1876 waarna dit vinnig versprei het. Die vroegste draagbare fone was radiobeheerde eenhede wat ontwerp is vir voertuie. Die selfoonnetwerk wat vandag gebruik word, is in 1947 in Bell Labs geskep. Motorola het die eerste moderne draagbare handtelefoon in 1973 bekendgestel. In 1973 het ’n uitvinder, Martin Cooper, in ’n New Yorkse straat afgestap en mense verstom deur oor ’n telefoon te praat wat geen verbindingsdraad gehad het nie. Dr. Martin Cooper, ’n voormalige hoofbestuurder van ’n afdeling van die Amerikaanse kommunikasie maatskappy Motorola. Bron: http://www.mieliestronk.com/selfoon.html 13.3. Selfoon: waar alles begin het en hoe dit werk Die ontwikkeling van telefone en telefoondienste het ʼn belangrike rol in die algemene ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel. So byvoorbeeld het die Cape of Good Hope Telegraph Company in 1860 ’n 30 telegraafdiens vir sakeondernemings in werking gestel en in 1878 is die eerste Bell-telefone deur ʼn Duitse instrumentmaker, Adolph Boettger, na Suid-Afrika ingevoer. In 1880 neem die Poskantoor die eerste telefoon in gebruik. Die telefone was egter regstreeks, sonder ʼn sentrale, met mekaar verbind. In die 1990’s het Suid-Afrikaners ook met selfone kennis gemaak danksy diensverskaffers soos Vodacom en MTN. Bron: Mieliestronk Selfoon: waar alles begin het en hoe dit werk. http://www.mieliestronk.com/selfoon.html ʼn Outydse selfoon 14. Radio Radio is draadlose telekommunikasie deur radiogolwe draadloos vanaf die sender na die ontvanger oor te dra. Die grootste ontwikkeling van radio het vanaf ongeveer 1920 plaasgevind, toe elektroniese versterkingstegnieke begin gebruik is. Gebore uit die telegraaf en die telefoon, het die radio ʼn belangrike deel geword in die lewe van miljarde mense. Radiotegnologie is vandag in jou selfoon en in Wifi. Die opkoms van radio het in die tweede dekade van die 1900’s plaasgevind toe ʼn radiosein vir die eerste keer uitgesaai is en die verkoop van ontvangers (om na radio te luister) regoor die wêreld begin versprei het. Guglielmo Marconi (1874-1937) Guglielmo Marconi was ’n Italiaanse ingenieur wat teen ongeveer 1894 aan ’n radioprojek begin werk het. Marconi het die apparate van Hertz, Branley en Lodge (ander rolspelers) in ’n volledige stelsel van draadlose telegrafie saamgevoeg. Marconi het in 1901 daarin geslaag om ’n sein oor die Atlantiese Oseaan te stuur. In 1903 is die eerste kommersiële radiotelegramme tussen Noord- Amerika en Brittanje gestuur. Marconi het van Poldhu, Engeland, regoor die Atlantiese Oseaan uitsaai na St. John’s, die hoofstad van die Kanadese provinsie Newfoundland, wat meer as 3 000km 31 ver was. Een van die eerste aanwendings van radio was die installering van send- en ontvangstoestelle op skepe. Hoewel al sy eksperimente met radiokommunikasie aanvanklik in Morsekode plaasgevind het, het Marconi geglo dat ook stemme en musiek op dieselfde manier van een wêrelddeel na ’n ander gestuur moes kon word. Ná ’n reeks proewe het hy dit omstreeks 1914 reggekry om met ’n termioniese buis “oor die lug” te praat. Ander uitvinders het ook bydraes tot die ontwikkeling van die radiotegnologie gelewer, maar Marconi se bydrae was so belangrik dat hy dikwels die “vader van die radio” genoem word. In 1919 is die gesproke woord vir die eerste keer tussen Ierland en Amerika oorgesein. Die Marconi- maatskappy het in 1920 van Chelmsford in Engeland begin uitsaai, en openbare uitsaaidienste het spoedig ook hul verskyning in ander lande gemaak. Bron: http://www.mieliestronk.com/marconi.html Marconi met sy sender en ontvanger. Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_radio#/media/File:Guglielmo_Marconi_1901_wireless_sig nal.jpg 15. Radio in Suid-Afrika Die eerste radio-uitsending in Suid-Afrika was op 18 Desember 1923 in Johannesburg. Die Suid- Afrikaanse uitsaaiwese se spore gaan terug na 1923, toe die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) die eerste draadlose uitsending in Johannesburg gedoen het. Toe die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) in die lewe geroep is, is bepaal dat die korporasie die Engelse en Afrikaanse kultuurgroepe gelyk moes behandel (die ander tale se senders het eers later gevolg). Om daardie verpligting na te kom, het die omroepers in ál hul saankondigings die twee destydse amptelike landstale om die beurt gebruik. Dit het heftige protes van luisteraars uitgelok, en gou was dit duidelik dat hierdie vermenging van tale almal irriteer. Derhalwe het die SAUK besluit om ʼn tweede programdiens, die ‘B-program’ met Afrikaans as voertaal, te begin. Dit was ʼn reusetaak vir die jong korporasie, skaars ʼn paar maande oud, met slegs ʼn paar senders, gehuurde ateljees én skuld in plaas van geld. Maar die probleme is met vasberadenheid aangedurf. ʼn 32 Landwye soektog na omroepers is op tou gesit, en tegelykertyd is twee kortgolfsenders — een op Klipheuwel (naby Malmesbury) en die ander op Robertshoogte (tans Thaba Tshwane) – van die Poskantoor gehuur. Die groot eer het die Moederstad te beurt geval, en om halfelf die oggend van 25 Oktober 1937 het Kaapstad ʼn nuwe era ingelui deur die eerste voltydse Afrikaanse Diens, Radio Suid-Afrika (nou RSG), te loods. Die Burger het die nuus op 26 Oktober op die voorblad aangebied onder die opskrifte: ‘Baken op Afrikaanse opwaartse pad / Eie radio-sender gister in gebruik geneem / Historiese geleentheid onder intense spanning.’ Volgens die berig is daar “vir Afrikaans ʼn slag gelewer wat gelykstaan met ander groot ligbakens op ons taal se opwaartse pad”. Op 1 Desember van dieselfde jaar het die Johannesburg ook met ʼn B-program begin, en toe kon Afrikaans elders in die land ontvang word. Met slegs twee kortgolfsenders tot sy beskikking, kon die Afrikaanse Diens op verre na nie almal bereik nie — om die waarheid te sê, sy dekwydte was aanvanklik uiters beperk. Bron: ikipedia.com Trouwe Afrikaners (1987) deur JC Steyn, Triomf Van Afrikaans As Radiotaal deur Gideon Roos Nóú kan enigiemand met ’n internetverbinding enige plek ter wêreld enige tyd van die dag op ’n swetterjoel Afrikaanse radiosenders, insluitende RSG (http://web.sabc.co.za/digital/player/1.0/rsg/index.html) inskakel. Afrikaanse radio: Vreesloos, tydloos en draadloos. Voorbeelde van ou radio’s 16. Televisie 33 Die woord televisie kom van Grieks en Latyn. Die eerste gedokumenteerde gebruik van die term dateer uit 1900, toe die Russiese wetenskaplike Constantin Perskyi dit gebruik het in ʼn referaat wat hy by die 1ste Internasionale Kongres van Elektrisiteit tydens die Wêreldskou in Parys aangebied het. In die 1800’s en vroeë 1900’s eeu was ander “… voorstelle vir die naam van ʼn destydse hipotetiese tegnologie vir die versending van foto’s oor ʼn afstand ‘telephote’ (1880) en ‘televista’ (1904).” Die afkorting “TV” dateer uit 1948. Televisie (TV) is ʼn telekommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvangs van bewegende prente in monochroom (swart-en-wit) of in kleur, asook klank oor ʼn afstand. Die eerste gereelde televisieprogramme is vanaf 22 Maart 1935 in die Duitse hoofstad, Berlyn, uitgesaai. Daar is drie keer per week regstreekse programme uit die ateljee van die Berlynse Haus des Rundfunks en uittreksels uit rolprente uitgesaai. Televisie was in die laat 1920’s in eksperimentele vorm beskikbaar; dit sou ʼn paar jaar duur voordat die nuwe tegnologie algemeen bemark is. In die 1950’s, toe televisie algemeen geraak het, is ʼn kommunikasie-rewolusie van stapel gestuur. Die Skotse uitvinder John Logie Baird het op 25 Maart 1925 die eerste openbare demonstrasie van TV-silhoeëtbeelde in beweging in Selfridge se departementwinkel in Londen vertoon. Teen 26 Januarie 1926 demonstreer hy die oordrag van die beeld van ʼn bewegende gesig deur middel van radiogolwe. Dit word algemeen beskou as die eerste televisie-demonstrasie. Ná die Tweede Wêreldoorlog het ʼn verbeterde vorm van swart-en-wit TV-uitsendings in die Verenigde State en Brittanje gewild geword, en het televisiestelle alledaags geword. In die middel van die 1960’s is kleuruitsendings in die VSA en die meeste ander ontwikkelde lande bekendgestel. Aan die einde van die eerste dekade van die 2000’s het digitale televisieuitsendings gewild geword. ʼn Ander ontwikkeling was die skuif van standaard-definisie-televisie (SDTV) (576i, met 576 verweefde resolusielyne en 480i) na hoë-definisie-televisie (HDTV), wat ʼn aansienlike hoër resolusie en dus ʼn beter beeld- en klankkwaliteit bied. Sedert 2010, met die uitvinding van slim televisie, het internet-televisie die beskikbaarheid van televisieprogramme en films via die internet verhoog via stromingsdienste soos Netflix, Amazon Video, iPlayer en Hulu. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Televisie Die eerste gereelde televisieprogramme in Suid-Afrika is vanaf 5 Januarie 1976 uitgesaai. Gedurende die eerste vier jaar was daar slegs een kanaal wat 37 ure per week uitgesaai het. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Televisie John Logie Baird en sy televisie Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/John_Logie_Baird 34 17. Die rekenaar en internet ʼn Rekenaar is ʼn toestel wat gebruik word om data volgens ʼn gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys. Die woord het vroeër verwys na iemand (komptometris) wat somme maak, met of sonder meganiese hulpmiddels. Die geskiedenis van die rekenaar begin by die menslike behoefte om groter en meer komplekse berekeninge te kan doen. Kerfstokke en teltoue is hulpmiddels wat lank reeds bestaan het, en die abakus word al vir eeue gebruik as rekenkundige hulpmiddel. Later is van hulptabelle en skuifliniale gebruik gemaak. Die Tweede Wêreldoorlog verskaf die motivering vir baie navorsing in rekenaartegnologie, veral vir toepassings in kriptografie. Van die eerste rekenaars is tydens oorlogstoestande gebruik om geheime kodes te ontsyfer. Later is rekenaars toenemend vir staat- en korporatiewe dataverwerking gebruik om bruikbare inligting voort te bring. Die aanvanklike werking van die rekenaar was moeisaam weens die gebruik van ponskaarte en onbetroubare vakuumbuise. Tegnologiese deurbrake wat hierdie probleme oorbrug het, is magnetiese stoormedia en transistors. Die gebruik van geïntegreerde stroombane het verdere vooruitgang moontlik gemaak. Die einde van die 1900’s is gekenmerk deur vooruitgang in netwerktegnologie en die mate waartoe dit (en in besonder die internet) algemeen in gebruik gestel is. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Rekenaar Die ENIAC was die eerste algemene doelgerigte elektroniese rekenaar. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Rekenaar 35 EDSAC was een van die eerste rekenaars wat kon onthou nadat dit afgeskakel en weer aangeskakel is. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Rekenaar Dit was eers met die ontwikkeling van die elektronika in die Tweede Wêreldoorlog dat die eerste volledig elektroniese digitale rekenaar die lig gesien het, die Amerikaners se sogenaamde ENIAC (Electronic Numerical Integrator and Computer). Dit het ’n paar vertrekke vol gestaan. Dié rekenaar het in 1946 die eerste keer sy vermoë aan die publiek getoon deur binne minder as halwe sekonde 97 367 vyfduisend keer met homself te vermenigvuldig. Maar die nadeel was dat dit 18 000 vakuumbuise nodig gehad het, en wanneer een van die buise geblaas het, het die hele rekenaar stilgestaan. Die vakuumbuis was ’n spesiale lugleë glasbuis, soos ’n gloeilamp, wat die krag van ’n elektriese sein grootliks kon versterk. Dit het gewerk deurdat ’n gloeidraad daarbinne verhit is totdat dit bloedrooi was. Elektrone is daardeur in die buis vrygelaat, wat deur ander elemente in die buis beheer kon word. Dit het egter ook baie elektrisiteit verbruik. Elke keer wanneer ENIAC aangeskakel is, het die ligte van die nabygeleë Philadelphia verdof! Die probleem is opgelos deur die transistor, wat in 1948 deur William Shockley, John Bardeen en Walter Brattain uitgevind en teen 1954 vervolmaak is. Die transistor is van silikon (die stof wat ’n bestanddeel van gewone sand is), ’n halfgeleier van elektrisiteit, vervaardig. Dit het net ’n geringe hoeveelheid elektrisiteit gekos om die transistor aan te skakel. Die hoofprobleem van transistors was dat hulle, soos ander elektroniese komponente, aan mekaar gesoldeer moes word. Hoe ingewikkelder die stroombane geword het, hoe ingewikkelder en talryker het die verbindings tussen die transistors geword en hoe groter was die moontlikheid van foutiewe bedrading. In 1958 is hierdie probleem opgelos deur Jack St. Clair Kilby van Texas Instrument. Hy het die eerste geïntegreerde stroombaan of skyfie (chip) vervaardig. ’n Skyfie is in werklikheid ’n versameling piepklein transistortjies wat aan mekaar verbind word wanneer die skyfie gemaak word. Buiten die feit dat ruimte bespaar is, is die snelheid van die masjien verhoog omdat die elektrone nie so ver hoef te beweeg nie. 36 Die koms van die mikroprosesseerders (1969) het rekenaars soveel kleiner gemaak dat bekostigbare persoonlike rekenaars teen 1975 hul pad na klein ondernemings, skole en huise regoor die wêreld begin vind het. Bron: Mieliestronk Reken net! Die fantastiese geskiedenis van die rekenaar. http://www.mieliestronk.com/rekenaars.html Die eerste rekenaar met transistors. Die eerste persoonlike rekenaar: IBM het hierdie rekenaar in 1981 bekend gestel, dit het 16KB geheue gehad en het MS-DOS as operasionele stelsel gebruik. IBM het in 1981 sy eie persoonlike rekenaar bekendgestel. Uiteindelik sou 85% van alle persoonlike rekenaars met IBM versoenbaar wees. Microsoft het die kontrak gewen om die bedryfstelsel vir die IBM-rekenaar te skryf. Microsoft het sy nuwe bedryfstelsel MS-DOS genoem. Gedurende die 1980’s is MS-DOS in meer as 30 miljoen persoonlike rekenaars geïnstalleer. Vandag leef ons in die “Internet Era”. In die middel 1990’s het kommunikasie via die internet vinnig uitgebrei. Die ontwikkeling van kletsstelsels en aanlynforums het baie gewild geraak. 37 Die ontwikkeling van slimfone en die opkoms van sosiale netwerke het die afgelope 20 jaar die kommunikasiegroei van die mens gekenmerk. Maklike toegang tot kommunikasietegnologie het dit vir mense moontlik gemaak om te kommunikeer, ongeag waar hulle hul in die wêreld bevind. Satelliettegnologie en die skepping van die internet is ongetwyfeld die belangrikste moderne invloede op die ontwikkeling van kommunikasie. 18. Massakommunikasie Massakommunikasie is ʼn vorm van kommunikasie wat daarop gemik is om die boodskap algemeen bekend te stel deur ʼn groot gehoor te bereik. Massakommunikasie vind deur middel van die radio, televisie, dag- en weekblaaie, rolprente, internet en so meer plaas. Massakommunikasie kan formeel of informeel wees. By formele massakommunikasie word die boodskappe deur erkende senders (radio, koerante, televisie, ensovoorts) opgestel en versprei; by informele massakommunikasie word die boodskappe deur die publiek self opgestel en versprei, byvoorbeeld deur middel van gerugte en fluisterveldtogte. Die koms van die internet in die 1980’s en van gerekenariseerde digitale tegnologieë in die 1990’s het die kommunikasievermoë van die mens oneindig verbeter. Die vermoë om inligting deur middel van sosiale netwerke, e-posse en ander kubergemeenskapsformate te deel, is ʼn groot bydrae van die laat 1900’s en vroeë 2000’s. Ten slotte, die geskiedenis van kommunikasie deur die tye handel oor die ontwikkeling en groei van kommunikasie en kommunikasiemiddele. Soos wat tegnologie ontwikkel en meer gesofistikeerd raak, is daar die uitdaging om leerders in te lig en te beskerm teen misbruik van tegnologie, soos byvoorbeeld boeliegedrag op sosiale media. Dit is belangrik dat morele waardes en respek vir ander van ʼn jong ouderdom af by kinders ingeprent moet word. As kinders morele waardes het, behoort dit vir hulle makliker te wees om dit in die kuberruimte toe te pas. Kinders wat geleer word dat dit onaanvaarbaar is om in die openbaar of via sosiale media (of ander openbare platforms en geleenthede), sekere uitsprake te maak, haatspraak te beoefen of seksistiese, rassistiese, homofobiese en genderdiskriminerende opmerkings te maak of leuens te versprei. Leerders met morele waardes sal boeliegedrag op sosiale media herken. Hulle sal hulle ouers daarvan bewus maak, dit nie self aan ander doen nie en slagoffers help en ondersteun. Kommunikasie en sosiale media het so deel geword van ons alledaagse lewe dat ons nie twee keer dink voor ons iets plaas of deel nie, en daarom is dit belangrik dat jy jouself altyd afvra hoe jou gedrag op sosiale media mense rondom jou sal beïnvloed. 38 Bronnelys ALEXANDER GRAHAM BELL EN DIE UITVINDING VAN DIE TELEFOON Mieliestronk.com. 2022. Alexander Graham Bell en die uitvinding van die telefoon. [online] Available at: [Accessed 8 July 2022]. http://www.mieliestronk.com/alexbell.html ARABIESE AFRIKAANS Wikiwand. 2022. Arabiese Afrikaans | Wikiwand. [online] Available at: [Accessed 6 September 2022]. https://www.wikiwand.com/af/Arabiese_Afrikaans CUNEIFORM TABLETS: BACKSTORY (ARTICLE) | KHAN ACADEMY Khan Academy. 2022. Cuneiform tablets: backstory (article) | Khan Academy. [online] Available at: [Accessed 23 June 2022]. https://www.khanacademy.org/humanities/ancient-art-civilizations/ancient-near-east1/the- ancient-near-east-an-introduction/a/cuneiform-tablets-backstory FILE: PAPYRUS BILL OF SALE DONKEY.JPG – WIKIMEDIA COMMONS Commons.wikimedia.org. 2022. File:Papyrus bill of sale donkey.jpg – Wikimedia Commons. [online] Available at: [Accessed 3 June 2022]. https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=23154319 Gideon Roos (n.d.). Triomf van Afrikaans as radiotaal. Gelofteland. TRIOMF VAN AFRIKAANS AS RADIOTAAL (gelofteland.org) GESKIEDENIS VAN DIE POSSTELSEL Bing.com. 2022. Geskiedenisvan die posstelse, https://en.wikipedia.org/wiki/Samuel_Morse – Search. [online] Available at: [Accessed 13 June 2022]. https://en.wikipedia.org/wiki/Samuel_Morse GREEK ALPHABET UPPER AND LOWERCASE SVG SORORITY FRATERNITY – ETSY AUSTRALIA Etsy.com. 2022. Greek Alphabet Upper and Lowercase SVG Sorority Fraternity – Etsy Australia. [online] Available at: [Accessed 23 June 2022] https://www.etsy.com/au/listing/853669663/greek- alphabet-upper-and-lowercase-svg GUTENBERG DRUKPERS – BING IMAGES Bing.com. 2022. ikipedia drukpersrO – Bing images. [online] Available at: [Accessed 23 June 2022] https://www.bing.com/images/search?q=gutenberg+drukpersrO&form=HDRSC2&first=1&tsc=I mageHoverTitle JOHN LOGIE BAIRD – WIKIPEDIA En.wikipedia.org. 2022. John Logie Baird – Wikipedia. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://en.wikipedia.org/wiki/John_Logie_Baird Kotzé, D. (1975, Junie 27). Die Patriot se drukpers keer terug. Huisgenoot LATYNSE ALFABET – WIKIPEDIA Af.wikipedia.org. 2022. Latynse alfabet – Wikipedia. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://af.wikipedia.org/wiki/Latynse_alfabet 40 Malherbe, J. F. (2014). Die rol van die neentiende – eeuse fotografie in eietydse bewaring: William Roe en Graaff – Reinet [Doktorsgraad in Filosofie, Stellenbosch Universiteit]. Stellenbosch University Library and information services. https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/95870?show=full MAYAN GLYPHS World History Encyclopedia. 2022. Mayan Glyphs. [online] Available at: [Accessed 23 June 2022]. https://www.worldhistory.org/image/2307/mayan-glyphs/ MIELIESTRONK: DIE VERHAAL VAN DIE SELFOON Mieliestronk.com. 2022. Mieliestronk: Die verhaal van die selfoon. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. http://www.mieliestronk.com/selfoon.html MEESTERLIKE MARCONI EN DIE GEBOORTE VAN DIE RADIO Mieliestronk.com. 2022. Meesterlike Marconi en die geboorte van die radio. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. http://www.mieliestronk.com/marconi.html OUTYDSE KAMERA – BING Bing.com. 2022. Outydse kamera – Bing. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://www.bing.com/images/search?view=detailV2&ccid=ApUyDUIE&id=D2AC1FB0E09741 DD71268B3D0D90E0C8C28B374B&thid=OIP.ApUyDUIErpFtiUHEsHxv9AhaFs&mediaurl=https %3a%2f%2fs3.amazonaws.com%2fs3.timetoast.com%2fpublic%2fuploads%2fphotos%2f1182 7245%2fPRIMERA_CAMARA.JPG&cdnurl=https%3a%2f%2fth.bing.com%2fth%2fid%2fR.0295 320d4204ae916d8941c4b07c6ff4%3frik%3dSzeLwsjgkA09iw%26pid%3dImgRaw%26r%3d0% 26sres%3d1%26sresct%3d1%26srh%3d800%26srw%3d1040&exph=480&expw=624&q=ou+ty 41 dse+kamera+&simid=608048081063394697&FORM=IRPRST&ck=21885FB440BF57D1DA03FC A534B6F9F5&selectedIndex=0&ajaxhist=0&ajaxserp=0 PAPIER – WIKIPEDIA En.wikipedia.org. 2022. Papier – Wikipedia. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://en.wikipedia.org/wiki/Papier Pienaar, E.C. (1943). Triomf van Afrikaans. Kaapstad, Nasionale Pers. REKENAAR – WIKIPEDIA Af.wikipedia.org. 2022. Rekenaar – Wikipedia. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://af.wikipedia.org/wiki/Rekenaar Steyn, J.C. (1987) Trouwe Afrikansers: aspekte van Afrikaners – nasionalisme en Suid – Afrikaanse taalpolitiek 1875 – 1938.Kaapstad, Tafelberg. TELEVISIE – WIKIPEDIA Af.wikipedia.org. 2022. Televisie – Wikipedia. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://af.wikipedia.org/wiki/Televisie THE SAN: A TRIBE WHERE SICK PEOPLE ARE HEALED THROUGH DANCE – BIDHAAR BIDHAAR. 2022. The San: A Tribe Where Sick People Are Healed Through Dance – BIDHAAR. [online] Available at: [Accessed 8 July 2022]. https://www.bidhaar.com/2020/08/18/the-healing-dance-of-the-san/ ‘N LIEFDE VIR OUGOED | VAALWEEKBLAD Vaalweekblad. 2022. ʼn Liefde vir ougoed | Vaalweekblad. [online] Available at: [Accessed 24 June 2022]. https://vaalweekblad.com/118793/n-liefde-vir-ougoed/ 42 LESPLANTEMPLAAT VIR ATM | LESSON TEMPLATE FOR ATM AFRIKAANSE TAALMUSEUM DATUM| SKOOL|SCHOOL: GRAAD| GETAL| TOTAL: DATE: GRADE: 4 LES |LESSON: TYD |TIME: INTERGRASIE MET ANDER VAKKE| INTEGRATION WITH OTHER SUBJECTS: Kommunikasie oor tyd|Communication over time 40 Minute Tale|Languages Wiskunde |Mathematics Sosiale Wetenskap |Social science Lewensvaardighede |Life skills LES DOELWIT | AIM WITH THIS LESSON: Die ontstaan, ontwikkeling en invloed van kommunikasie oor tyd | The origin, development and influences of communication over time MOTIVERING |MOTIVATION: Om leerders ʼn agtergrond te gee oor die ontstaan en ontwikkeling van kommunikasie oor die tye| To give learners the background on the origins and development of communication over time INLEIDING| INTRODUCTION: 43 Vra leerders wat hulle van kommunikasie weet | Ask learners what they know about communication Voorbeelde van kommunikasie |Examples of communication STAP 1 Inhoud vir program| STEP 1: Content of programme Die geskiedenis van kommunikasie deur die tye en die belangrikheid daarvan vir menslike ontwikkeling |The history of communication and the importance of it for human development -Ontwikkel menslike potensiaal | Develops human potential - Ontwikkeling in kommunikasiemiddels bring verandering te weeg in die samelewing |Development in means of communication facilitates change in society -Kommunikasie laat ons toe om ons gevoelens, idees en ander ontasbare dinge uit te druk|Communication affords us an opportunity to express our feelings, ideas and other intangible things - Help met die ontwikkeling en bevordering van respek | Helps with the development and promotions of respect - Speel ʼn groot rol in maatskaplike samehorigheid | plays a big role in social cohesion WOORDESKAT | VOCABULARY: Kommunikasie, hiërogliewe, alfabet, boekdrukkuns, posstelsel, GRA, massakommunikasie | Communication, hieroglyphs, alphabet, book printing, postal system, GRA, mass communication STAP 2: Voorgestelde prakties (illustrasies, metodes, tegnieke). Hersiening van kennis opgedoen| STEP 2: Proposed practical (illustrations, methods, techniques). Revision knowledge gained Hoekom is kommunikasie so belangrik vir menslike vooruitgang| Why is communication so important for human development Kennis: beskryf die betekenis van kommunikasie, hiërogliewe, alfabet, boekdrukkuns, posstelsel, GRA, en massakommunikasie |Knowledge: Describe the meanings of communication, hieroglyphs, alphabet, book printing, postal system, GRA, and mass communication Vaardighede: Verwoord en verstaan die konsepte en die belangrike rol wat kommunikasie vir menslike ontwikkeling speel | Skills: Articulate an understanding of the concepts and the important role communication plays for human development Waardes en houdings| Values and attitudes: 44 - Respekteer ander en hul privaatheid |Respect others and their privacy - Empatie teenoor ander mense en hul verskille ten opsigte van hul geloof, taal en kultuur ensovoorts| Empathy towards other people and their differences with regards to religion, language, and culture et cetera - Verantwoordelike burgerskap| Responsible citizenship - Kommunikasie tegnologie: voordele,nadele en gevare |Communication technology: advantages, disadvantages and dangers STAP 3: SAMEVATTING|CONCLUSION: Voorstelle vir inhoud vir werkskaarte |Proposed content for an activity sheets Blokkiesraaisel met woorde geneem vanuit die woordeskat |Crossword puzzle with words taken from the vocabulary ʼn Aktiwiteit waar leerders die internasionale Morsekode gebruik om die versteekte woorde te ontsyfer| An activity where learners use the international Morse code to decipher the hidden words Werkkaart |Worksheet Begripstoets |Comprehension test Chronologiese ontwikkeling van kommunikasie oor tyd| Chronological development of communication through time 45 Die gehoor kan dubbelklik op die skyfie om die powerpoint te begin GESKIEDENIS VAN KOMMUNIKASIE DUER DUE TYE 46 Voltooi die blokkiesraaisel deur gebruik te maak van die leidrade wat aan jou voorsien word LEIDRADE DWARS AF Het bestaan uit agt lede wat dadelik aan die werk Die eerste vorm van skrif gespring het om die eerste Afrikaanse koerant [11 LETTERS] gepubliseer te kry [28 LETTERS] ʼn Dun materiaal wat vervaardig word van ʼn Vorm van kommunikasie wat daarop gemik is om plantvesels die boodskap algemeen bekend te stel aan ʼn groot [6 LETTERS] gehoor [17 LETTERS] Een van die maniere waarop die San Word ongetwyfeld as die belangrikste moderne gekommunikeer het, was deur …? invloed op die ontwikkeling van kommunikasie [8 LETTERS] beskou [8 LETTERS] Die Afrikaanse Patriot was die eerste Afrikaanse …? Iets waarin jy film plaas om ʼn foto mee te neem [7 LETTERS] [6 LETTERS] ʼn Kommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvang van Wanneer iemand boodskap aan ʼn ander persoon bewegende prente in monochroom of kleur asook wil oordra, ontstaan …? klank oor ʼn afstand [12 LETTERS] [9 LETTERS] 47 Voltooi die blokkiesraaisel deur gebruik te maak van die die leidrade wat aan jou voorsien word [MEMORANDUM] I N G E N O O T S K A P V A N R E G T E A F R I K A N E R S E O R M N M M E A U T E L E V I S I E N S I A K R O T S K U N S S A O P S M Y I M K O E R A N T U K E N A R I M S K E K P A P I E R R S A I I F E LEIDRADE DWARS AF Het bestaan uit agt lede wat dadelik aan die werk Die eerste vorm van skrif gespring het om die eerste Afrikaanse koerant SPYKERSKRIF gepubliseer te kry GENOOTSKAP VAN REGTE AFRIKANERS ‘n dun material wat vervaardig word van plantvesels ‘n Vorm van kommunikasie wat daarop gemik is om PAPIER die boodskap algemeen bekend te stel om ‘n groot gehoor te bereik MASSAKOMMUNIKASIE Een van die manière waarop die San Word ongetwyfeld as die belangrikste moderne gekommunikeer het was …? invloed op die ontwikkeling van kommunikasie ROTSKUNS beskou INTERNET Die Afrikaanse Patriot was die eerste Afrikaanse …? Iets waarin jy film sit om ‘n foto te neem … KOERANT KAMERA ‘n Kommikasiestelsel vir uitsaai en ontvang van Wanneer iemand ‘n boodskap aan ‘n ander person bewegende prente in monochroom (swart- en –wit, wil oordra, ontstaan …? of in kleur, en klank oor ‘n afstand KOMMUNIKASIE TELEVISIE 48 AKTIWITEIT: Ontleding van ʼn voorwerp Bestudeer die onderstaande foto van Die Afrikaanse Patriot en beantwoord die volgende vrae om ʼn ontleding te doen van die koerant as ʼn vorm van kommunikasie ‘Kleur die toepaslike sirkel in: Wanneer is die eerste Afrikaanse koerant gedruk? Hoe oud sou die koerant vandag wees? Waarvan is die koerant gemaak? Sy ○ Katoen ○ Houtpulp ○ Diervelle ○ Wie het dit gepubliseer? Smuts en Hofmeyr ○ Media 24 ○ Waar is dit gedruk? Watter soort nuus was in Die Politieke Sport Nuus oor Vermaaklikheid Afrikaanse Patriot gepubliseer? nuus en die weer nuus geskiedenis ○ ○ ○ ○ 49 Wie was die teiken gehoor van die Engels ○ Afrikaans ○ Hollands ○ Xhosa ○ koerant? Watter plaaslike koerant volg Die Die Burger Paarl Post Volksblad Rapport Afrikaanse Patriot op? ○ ○ ○ ○ Die Afrikaanse Patriot het ʼnhoogte van 18cm en ʼn wydte van 12cm gehad, maar sy opvolger het ʼn hoogte van 39cm en ʼn wydte van 26.5cm gehad. Hoeveel cm is die opvolger van Die Afrikaanse Patriot groter 50 Aktiwiteit: Tydlyn Gebruik die konsepte hieronder en jou eie kennis van kommunikasie deur die tye, en plaas dan die korrekte woord in die blokkies wat voorsien word WOORDE Selfoon, Rekenaar, Televisie, Radio, Rotskuns, Kamera, Koerant Steentydperk 59 VAJ 1823 1826 1935 1946 1990 --------------------- ------▼------ -------▼------- ----- ▼----- ----▼---- ----▼---- ----▼---- _____________ ___________ ________ ___________ ________ ________ ________ Kotzé, D., Pienaar, E. C., Steyn, C,H. (13 July 2017) shorturl.at/drvE0 51 Aktiwiteit: Begripstoets 1. Die eerste Afrikaanse koerant was in 1876 gepubliseer; hoe oud is die koerant (1x2)(2) vandag? ____________________________________________ 2. Waar is die eerste Afrikaanse koerant gedruk? (1x1)(1) ____________________________________________ 3. In wie se huis staan die drukpers vandag? (1x2)(2) _____________________________________________ 4. Wat was die naam van die eerste Afrikaanse koerant? (1x2)(2) _____________________________________________ Wie het die GRA gehelp om een van die Smuts & Hofmeyr drukperse aan te koop? (1x2) (2) 5. ______________________________________________ 6. In watter jaar is die Paarlse drukpers gestig? (1x1)(1) ______________________________________________ 52 7. Tydens die 1800’s was die Suid Afrikaanse samelewings gekenmerk deur die (2x1)(2) oppergesag van die vader (patriargale gemeenskap) wat grotendeels deur godsdiens en kulturele tradisies beheer was. Neem die bogenoemde in ag asook jou eie opinie; hoekom dink jy was daar nie vroue betrokke by die stigting en druk van die eerste Afrikaanse koerant nie? ______________________________________________ 53 Antwoorde: Aktiwiteit: Tydlyn Steentydperk Rotskuns 59 VAJ Koerant 1823 Radio 1826 Kamera 1935 TV 1946 Rekenaar 1990 Selfoon Aktiwiteit: Begripstoets 1. 2022 – 1876 = 146 2. Kaapstad 3. Gideon Malherbe 4. Di Afrikaanse Patriot 5. Die publiek 6. 1876 7. Vroue het nie politieke regte of dieselde vryheide as mans gehad nie - Enige antwoord oor politieke regte of vryheid sal aanvaar word 54

Use Quizgecko on...
Browser
Browser