OPVS 223 Notas PDF

Summary

This document is an introduction to the study of normal and abnormal child and adolescent behavior. It discusses various aspects of psychopathology, including definitions, types, and causes. It also covers developmental influences and biological factors. The document stresses the importance of considering cultural background when diagnosing and supporting children with psychological challenges.

Full Transcript

LEEREENHEID 1A: Inleiding tot die bestudering van normale en abnormale gedrag by kinders en adolessente 1. Die verstaan van Psigopatologie Baie fisies gesonde mense is nie in staat om op ‘n normale manier te funksioneer nie. Hierdie onvermoë word in baie gevalle veroorsaak deur ‘n psigologiese hind...

LEEREENHEID 1A: Inleiding tot die bestudering van normale en abnormale gedrag by kinders en adolessente 1. Die verstaan van Psigopatologie Baie fisies gesonde mense is nie in staat om op ‘n normale manier te funksioneer nie. Hierdie onvermoë word in baie gevalle veroorsaak deur ‘n psigologiese hindernis. - Wat is ‘n psigologiese hindernis? ‘n Psigologiese afwyking, versteuring of hindernis word gedefinieer as: ‘n Patroon van gedrag; kognitiewe, emosionele of fisiese simptome wat by ‘n individu voorkom. So ‘n patroon word geassosieer met een of meer van die volgende prominente eienskappe: o Die persoon toon tekens van swaarkry soos angs of hartseer; o Die persoon se gedrag openbaar ‘n mate van versteuring wat beduidend met die aktiwiteit van een of meer areas van funksionering inmeng of dit beperk. Dit sluit fisiese-, emosionele-, kognitiewe- en gedrag areas in. o Hierdie swaarkry en afwyking vermeerder die risiko van verdere lyding en skade, soos dood, pyn, gestremdheid of verlies van onafhanklikheid. - Om abnormale gedrag te definieer vereis beoordeling oor die mate waartoe ‘n persoon se gedrag wanaangepas sowel as wan-funksioneel of gestrem is. - Dit is belangrik om te onthou dat terme wat gebruik word om abnormale gedrag te beskryf NIE persone beskryf nie maar slegs patrone van gedrag wat moontlik mag voorkom. Moet nie die persoon etiketteer as “die outistiese kind” of die “vertraagde kind” nie Dit is belangrik om die individu se kulturele agtergrond, gebruike en gewoontes ook in ag te neem by die diagnosering en ondersteuning van psigologiese hindernisse. Om emosioneel swaar te kry vorm deel van menswees. Bv. As iemand vir wie jy lief is sterf, kry jy emosioneel swaar maar jy het nie ‘n sielkundige hindernis nie. Eenvoudig gestel is psigologiese hindernisse meestal **uiterste uitdrukking van andersins normale emosies, gedrag en kognitiewe prosesse. - Wanneer is iets abnormaal? Is dit wanneer iets afwyk van die gemiddelde, of wanneer dit nie dikwels gebeur nie of wanneer dit teen sosiale norme is? Gelukkig is dit nie die onderwyser se plek om te diagnoseer nie! Dit is vir onderwysers baie belangrik om te onthou om altyd objektief te bly en om die konteks waaruit die leerder kom altyd in ag te neem. Dit sluit in die leerder se sosio-ekonomiese en maatskaplike omstandighede en kultuur. 2. Die wetenskap van psigopatologie Psigopatologie is die wetenskaplike studie van psigologiese hindernisse. Professionele personeel binne hierdie veld sluit in kliniese en opvoedkundige sielkundiges, psigiaters, psigiatriese maatskaplike werkers, psigiatriese verpleegsters sowel as beraders. Intensiewe opleiding asook registrasie by die relevante rade is ‘n vereiste. Verskillende benaderings in die behandeling en ondersteuning van psigopatologiese versteurings: Deur die eeue, tot ongeveer die einde van die agtiende eeu, is kinders met fisiese en/of intellektuele abnormaliteite beskou as ‘n las en ‘n verleentheid en is hulle baie sleg behandel en het baie van hulle ook nie lank gelewe nie. Gelukkig het die situasie gedurende die negentiende en twintigste eeu stadig begin verander. Dit gebeur egter nog dikwels dat persone met gestremdhede laaste in die ry staan ten opsigte van toepassing van regte en die lewering van dienste. Gemeenskappe word nou deur wêreldwye sosiale wetgewing verplig om persone met gestremdhede en hindernisse in staat te stel om optimaal te funksioneer. As christene hoef ons nie deur menslike wette verplig te word nie – die liefde van die Here dring ons daartoe. Histories was daar 3 prominente benaderings ten opsigte van abnormale gedrag: - Bo-natuurlike of super-natuurlike benadering - Biologiese benadering - Psigologiese benadering 2.1 Bo-natuurlike of super-natuurlike tradisie Volgens hierdie benadering word abnormale gedrag toegeskryf aan kragte buite ons liggame of sosiale omgewing soos bv. Demone, hekse, spirituele kragte, of die invloede van die maan en die sterre. In hierdie benadering word daar soms van duiwel-uitdrywing gebruik gemaak. 2.2 Biologiese tradisie: Hierdie benadering word abnormale gedrag/hindernisse toegeskryf aan siekte of chemiese wanbalanse. Behandeling sluit in: fisiese versorging en mediese genesing veral met behulp van medikasie 2.3 Psigologiese tradisie: Skryf abnormale gedrag/hindernisse toe aan foutiewe psigologiese ontwikkeling en ook aan invloede uit die kulturele en/of sosiale konteks van ‘n individu. Hierdie benadering maak gebruik van psigo-sosiale behandeling wat morele terapie sowel as psigoterapie insluit. Beide die biologiese en psigologiese benaderings word veral in Westerse gemeenskappe gevolg. 2.4 Wetenskaplike en geïntegreerde benadering Met die voortdurende verbetering van die wetenskaplik, nuwe inligting uit kognitiewe wetenskap, gedrag-wetenskap en neuro-wetenskap besef ons dat die faktore wat bydra tot psigologiese hindernisse nie in isolasie is nie. ***Gedrag, normaal sowel as abnormaal is ‘n produk van die voortdurende interaksie van psigologiese, biologiese en sosio-kulturele invloede. 3. Die betekenis van psigologiese gesondheidsprobleme by kinders en adolessente: - Duidelike begrip vir normale sowel as abnormale ontwikkeling en gedrag van kinders is nodig om seker te maak watter probleme die potensiaal het om voort te gaan en watter ontgroei sal word. - Ongeveer een kind uit elke agt het geestesgesondheid probleme wat normale ontwikkeling belemmer. - ‘n Groot aantal kinders gaan nie hulle ontwikkelings probleme ontgroei nie, alhoewel die simptome en maniere waarop hierdie probleme na vore kom, mettertyd sal verander en sal vererger. - Omdat die vermoë om verskillende hindernisse te identifiseer en te onderskei aansienlik verbeter het, lei dit ook tot ‘n toename in en vroeëre diagnosering van probleme soos leergestremdhede, depressie, tiener selfmoord, dieet versteurings, gedragsversteurings. Baie van hierdie probleme word veroorsaak deur kroniese swak gesondheidstoestande, mishandeling en verwaarlosing. - Kommunikasie hindernisse asook leer hindernisse se voorkoms is hoër by voorskoolse en vroeg skoolgaande kinders terwyl emosionele probleme soos depressie en angs dramaties toeneem in die adolessente jare. - Alhoewel die voorkoms en diagnosering van geestesgesondheid probleme by kinders en adolessente toeneem, ontvang minder as 10% van hulle in die huidige situasie behoorlike ondersteuning en behandeling. Dit is ‘n situasie wat hopelik besig is om te verander nou dat daar meer bewus geraak word van die omvang van die probleem. 4. Sleutelfaktore wat ‘n invloed uitoefen op die voorkoms van psigologiese ongesteldhede: 4.1 Armoede en sosio-ekonomiese omstandighede: - Om in armoede op te groei kan ‘n beduidende invloed op ‘n kind se algemene welstand hê veral in terme van hulle skolastiese vordering. 4.2 Geslag: - Vanaf die ouderdom van drie jaar kom daar verskille ten opsigte van ontwikkelings probleme by die verskillende geslagte voor. 4.3 Ras en etnisiteit: - Ras en etnisiteit opsigself het nie ‘n invloed op die voorkoms van psigologiese probleme nie maar wel die sosiale probleme wat daarmee gepaardgaan. - Kultuur: Alhoewel kultuur nie ‘n bydraende faktor tot psigologiese probleme behoort te wees nie veroorsaak sosiale en kulturele sienings en waardes die maniere waarop daar op sekere gedrag gereageer word. Dit kan in sommige gevalle bydra tot psigologiese disfunksies. 4.4 Kindermishandeling en opsetlike trauma: - Die blootstelling aan mishandeling en trauma by kinders en adolessente is ‘n wêreldwye probleem wat onrusbarend toeneem. 4.5 Probleme ten opsigte van seksualiteit by adolessente: - Vroeë tot middel adolessensie is ‘n hoë risiko-tyd in die ontwikkeling en aanpassing van die adolessent in die lewe. - Middel afhanklikheid, riskante seksuele gedrag, geweld en onverskilligheid is enkele dinge wat probleme kan veroorsaak. 5. Lewenslange gevolge van kinders se psigologiese probleme: Die implikasie van psigologiese probleme word ernstiger hoe langer dit onbehandeld bly. 6. Teorieë en oorsake onderliggend aan psigologiese probleme: ‘n Geïntegreerde benadering - ‘n Teorie laat ons toe om ingeligte voorspellings wat op bestaande kennis gegrond is, te maak. Dit laat ons toe om moontlike verklarings te ondersoek. - Dit is belangrik om te kyk na veelvoudige, interaktiewe oorsake vir die abnormale gedrag en om ook die tipiese groot ontwikkelings veranderings wat plaasvind in ag te neem. - Die volgende belangrike faktore by abnormale ontwikkeling moet in ag geneem word: o Dit word gewoonlik veroorsaak deur ‘n kombinasie van verskillende faktore. Moenie net na bestaande simptome kyk nie. Kyk na alles wat moontlik ‘n invloed tydens ontwikkeling kon uitoefen. o Die kind en sy omgewing waarbinne hy opgroei is interafhanklik, hulle beïnvloed mekaar. Hierdie dinamiese proses staan bekend as trans-aksie. o Abnormale ontwikkeling sluit onafgebroke en kortstondige gedragspatrone in. Onafgebroke ontwikkelingspatrone vind geleidelik plaas en neem geleidelik toe. Gedrag kan ook in ‘n mate op grond van vroeëre gedrag voorspel word. Bv. ‘n voorskoolse kind wat uitermate aggressiewe gedrag toon. Kortstondige gedragspatrone dui aan dat ontwikkeling veranderlikes skielik plaasvind en nie werklik meetbaar is nie. o Die kompleksiteit van abnormale ontwikkeling en –gedrag by kinders vereis dat biologiese, psigologiese sowel as sosio- kulturele faktore wat ‘n invloed op die kind se ontwikkeling kan uitoefen, in ag geneem moet word. 6.1 Ontwikkelings invloede: - Alhoewel psigologiese versteurings by kinders baie verskillende simptome en oorsake kan hê is daar een faktor wat by almal ‘n rol speel: By almal kom ‘n mate van aanpassings versuim voor. Dit is die versuim om te vorder in ontwikkeling of om sekere ontwikkelings mylpale nie te bereik nie. Dit kan gewoonlik nie aan ‘n enkele oorsaak toegeskryf word nie maar is die gevolg van interaksie tussen individuele en omgewingstoestande. - Ontwikkeling kan gesien word as ‘n aktiewe, dinamiese proses van voortdurende verandering en oordrag. Soos wat die kind se biologiese vermoëns tydens elke nuwe stadium van ontwikkeling na vore kom, vind interaksie tussen die biologiese vermoëns en omgewingsfaktore plaas wat weer ‘n invloed uitoefen op verdere ontwikkeling. - Ontwikkelingspsigologie voorsien ‘n raamwerk om abnormale psigologie rondom mylpale en volgorde in fisiese, kognitiewe, sosiaal- emosionele en opvoedkundige ontwikkeling by kinders te organiseer. 6.2 Biologiese invloede - Die brein en senuweestelsel is die onderliggende oorsake van psigologiese defekte by die mens. - Biologiese invloede op die baie jong kind se brein ontwikkeling sluit, genetiese sowel as grondliggende faktore, neuro-anatomie en ontwikkeling in. Dele van die brein word sterk beïnvloed deur die beskikbaarheid van verskillende biochemiese stowwe en neuro- hormone wat in interaksie met mekaar ‘n invloed uitoefen op die individu se psigologiese ervarings. Hierdie proses is afhanklik van omgewingsinvloede wat die voortgaande brein prosesse lei en herlei. - Breinfunksies verander voortdurend soos wat hulle aanpas by eise uit die omgewing. - Vroeë neurale verbindings is nie stabiel nie. Sommige word versterk deur gebruik terwyl die ander verminder en soms verdwyn. - Die brein toon neurale plastisiteit. Hoe meer neurale verbindings gebruik word, in samewerking met voldoende en korrekte voedingstowwe, hoe beter funksioneer hulle en pas hulle aan by eise wat aan hulle gestel word. - Omgewingsinvloede speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van die brein. Normale, gesonde metodes van kinderopvoeding het ‘n positiewe invloed op die kind se vermoë om te leer en om stres te hanteer. Mishandeling en verwaarlosing kan ‘n lewenslange negatiewe invloed uitoefen op die individu se stres hantering en die vorming van gesonde mense verhoudings. - Veiligheidsmaatreëls soos behoorlike voorgeboortelike sorg, goeie voeding en die vermyding van tabak en alkohol tydens swangerskap kan ‘n groot invloed uitoefen op die vermindering van die risiko van komplikasies en lewenslange gestremdhede. - Genetiese oorgeërfde invloede soos gedrag, emosies en denke, word deur omgewingsfaktore geaktiveer. - Die struktuur van die brein, die endokriene sisteem en neuro- oordragstowwe speel saam met omgewingsfaktore ‘n belangrike rol in die ontwikkeling en gedrag van die kind. 6.3 Psigologiese invloede Kinders se oorgeërfde karaktertrekke gekombineer met die ondervindings en invloede in hulle omgewing bepaal in ‘n groot mate hulle gedrag. - Emosies: Emosies en affektiewe uitdrukking is die kernelemente in ‘n individu se psigologiese ervaring. Deur die lewe is die doel van emosionele reaksies om ons bewus te maak van gevaar en om ons veilig te hou. Emosies veroorsaak dat ons aandag gee aan sekere dinge en dat ons ander vermy. - ‘n Kind se emosionele ondervindings, uitdrukking en die regulering daarvan het ‘n invloed op die kwaliteit van hulle sosiale interaksies en verhoudings. Dit vorm die deel van die grondslag van vroeë persoonlikheid ontwikkeling. - Tydens die eerste lewensjaar leer die baba die belangrikheid van emosies vir kommunikasie en regulering. - Jong kinders kyk na die emosionele uitdrukking en leidrade van hulle versorgers om insig in die situasie te kry. - Emosionele prosesse kan in twee dimensies verdeel: emosionele reaktiwiteit en emosionele regulering: o Emosionele reaktiwiteit: Individuele verskille in die drempel en intensiteit van emosionele ervarings – gee aanduiding van die individu se vlak van stres en sensitiwiteit ten opsigte van die omgewing. o Emosionele regulering: vermeerdering, handhawing of inperking van emosionele reaksie vir ‘n spesifieke doel. ‘n Kind se emosionele regulering vermoë is dikwels ‘n belangrike aanwyser van normale of abnormale ontwikkeling bv. Wanneer ‘n kind oormatige angs toon in ‘n situasie wat nie sodanige reaksie behoort te ontlok nie. Of om weinig of geen reaksie te toon wanneer intense emosionele reaksie verwag word. - ‘n Balans tussen die emosionele reaktiwiteit en – regulering is die beste formule vir gesonde, normale aanpassing. - Daar is drie belangrike teoretiese benaderings in die hantering van abnormale gedrag: o Toegepaste gedrag analise: Gebaseer op vier beginsels: - Positiewe versterking - Negatiewe versterking - Uitwissing - Straf Positiewe en negatiewe versterking is aksies wat verlangde gedrag versterk terwyl uitwissing en straf ‘n spesifieke reaksie wil voorkom of uitwis. o Beginsels van klassieke kondisionering o Sosiale leer en kognisie: Leer deur waarneming en voorbeeld. 6.4 Gesin- ; sosiale- en kulturele invloede - Bronfenbrenner se model van die invloed van die omgewing op die ontwikkeling van die kind: Van die direkte gesinslede uitwaarts. - Gehegtheid van ‘n baba aan sy ouer of primêre versorger: o Gehegtheid verwys na die opbou en instandhouding van ‘n emosionele band tussen die baba en die mens/e naaste aan hom. o Dit is ‘n voortdurende proses wat gewoonlik tussen 6-12 maande begin. o Dit gee aan babas ‘n vaste basis van vertroue waarvandaan hulle die wêreld ondersoek en daaruit leer. o Indien die baba veilig voel in sy gehegtheid band met sy versorger help dit hom om ‘n balans te vorm tussen sy nuuskierigheid om nuwe dinge te ondersoek of om vas te hou aan dit wat bekend is. o Die kwaliteit van hierdie verhouding kan ‘n invloed uitoefen op die normale ontwikkeling van die kind. - Die rol van die gesin: o Die manier waarop die gesin as geheel gewone en ernstige spanning en strestoestande hanteer speel ‘n belangrike rol in die kind se aanpassing en ontwikkeling. o Spanning wat positief en hanteerbaar is bv. Die verandering van skole of verminderde inkomste vir die gesin lei gewoonlik tot positiewe verandering en groei en oefen nie noodwendig ‘n negatiewe invloed op die kind se ontwikkeling uit nie. o Sekere vorms van spanning/stres word as toksies vir die ontwikkeling van die kind beskou omdat dit gereelde, sterk en langdurige aktivering van die kind se stres reaksie kan veroorsaak indien volwasse beskerming en ondersteuning ontbreek. LEEREENHEID 1 B DIE EFFEK VAN SIELKUNDIGE EN SOSIALE FAKTORE OP GESONDHEID 1. PSIGOLOGIESE EN SOSIALE FAKTORE WAT GESONDHEID KAN BEINVLOED Aan die begin van die vorige eeu was die hoof oorsake van dood ernstige infeksies in die vorm van bv. griep, longontsteking, tuberkulose, masels en tifus. Intussen, veral in ontwikkelde lande, het die persentasie van sterftes as gevolg van bogenoemde siektes gedaal van 39% tot so min as 4%. Die mediese wetenskap het verbeter, baie siektes is onder beheer gekry met behulp van inentings en ander voorkoming maatreëls. Die klem het verskuif van om net die siektes te beveg na die fokus op ‘n gesonde lewenstyl wat siektes voorkom. Ongelukkig, ten spyte van ‘n fokus op lewenstyl, dra ongesonde gewoontes soos rook, swak eetgewoontes, min of geen oefening en middel misbruik grootliks by tot baie sterftes. In die voorafgaande is bespreek hoe verskeie faktore ‘n bydrae kan lewer tot die ontstaan van psigopatologiese hindernisse, insluitend genetiese, biologiese, fisiese, sosiale en omgewingsfaktore. Met elke fisiese siekte of psigologiese hindernis is daar biologiese, psigologiese en sosiale faktore wat ook ‘n rol speel. 1.1 Gesondheid en gesondheid-verwante gedrag Psigologiese en sosiale faktore kan gesondheid of verskillende maniere beïnvloed: Dit kan ‘n negatiewe invloed hê op die biologiese prosesse van die liggaam wat dan siekte tot gevolg het; Langtermyn risiko-gedrag patrone kan die risiko van inhou van fisiese siektes. Soms word siektes veroorsaak deur ‘n wisselwerking van bogenoemde twee punte. Voorbeelde: Seksueel oordraagbare siektes bv. Genitale herpes asook AIDS Die rol van stres in algemene gesondheid Stres word beskryf as die liggaam se psigologiese reaksie op ‘n stressor. Hierdie stressor kan enige geleentheid, gebeure of verandering wat aanpassing vereis, insluit. So vroeg as 1936 het ‘n wetenskaplike, Hans Selye die “General adaptation Syndrome (algemene aanpassing sindroom of GAS) waargeneem en beskryf. Hy het bepaal dat die liggaam deur verskillende stadiums gaan wanneer dit aan voortdurende stres blootgestel word: 1. ‘n Soort alarm-reaksie in reaksie op onmiddellike gevaar of bedreiging 2. Indien die stres voortduur gaan die liggaam oor ‘n manier van weerstand waartydens verskillende kompenserende meganismes ingestel word in reaksie op die stres. 3. Indien die stres te intens is of te lank duur kan die liggaam ‘n punt van uitbranding bereik, wat permanente skade aan die liggaam kan aanrig. Wat is die uitwerking van stres op die liggaam? Sodra spanning, bedreiging of gevaar deur die senuweestelsel van die liggaam ervaar word, word die interne organe geaktiveer om die liggaam vir onmiddellike aksie voor te berei : veg of vlug. Die endokriene stelsel word geaktiveer en stres hormone word afgeskei in reaksie op die gevaar. Kortisol is een van die belangrike stres hormone. Die langdurige afskeiding van kortisol en ander stres hormone as gevolg van kroniese stres het ‘n negatiewe uitwerking op die liggaam. Dit kan onder andere daartoe lei dat die afskeiding van kortisol deur die liggaam nie meer gekontroleerd voorkom nie omdat die liggaam voortdurend onder stres verkeer. Kortisol word dan voortdurend afgeskei wat kan lei tot skade aan die senuweestelsel, kognitiewe funksies asook die fisiese gesondheid van die individu. Die langtermyn gevolg van kroniese kortisol afskeiding is die verswakking van spiere en weefsel, hoë bloeddruk, metabolisme probleme, vrugbaarheid probleme en verlaagde immuniteit. Stres kan goed wees vir jou maar voortdurende langtermyn stres is nadelig vir fisiese en psigiese gesondheid. Stres en Immuniteit Ons word daagliks aan ‘n magdom kieme en virusse blootgestel. Die vraag of dit jou gaan siek maak hang in ‘n groot mate af van die immuniteit stelsel. Dit toon aan dat die kans dat ‘n persoon gaan siek word na blootstelling aan ‘n virus direk afhang van die hoeveelheid stres asook watter tipe stres die persoon die voorafgaande jaar ervaar het. Die kwaliteit van interpersoonlike verhoudings speel ook ‘n rol in die effek van stres op jou gesondheid. Hoe werk die immuun sisteem? Die immuun sisteem is ‘n komplekse en inter-verwante liggaam sisteem wat organe soos die limfstelsel, beenmurg, milt (spleen), wit-en rooibloedselle en ‘n reeks molekules en teenliggame insluit wat vreemde en skadelike dinge soos virusse, bakterieë, parasiete en self oorgeplante organe in die liggaam identifiseer, aanval en uitwis. Die immuun sisteem is in interaksie met die senuweestelsel en die endokriene sisteem. Die immuunstelsel identifiseer en stel vreemde materiale ook genoem antigene (virusse, bakterieë ) onskadelik. Die immuunstelsel val ook die liggaam se eie selle wat beskadig raak of kwaadaardig raak aan. Die fisiologiese werking van die immuunstelsel is ingewikkeld en omvangryk. Wat vir ons doeleindes belangrik is om te weet is dat witbloedselle ‘n belangrike rol speel. Verskeie funksies word deur verskillende witbloedselle uitgevoer. Die B-selle en die T-selle reageer op vreemde antigene in die liggaam. Die B-selle stel molekules(teenliggaampies) vry wat na die antigene soek om hulle te neutraliseer. Wanneer die skadelike antigene geneutraliseer is, word ‘n subgroep B-selle, die geheue B-selle (memory B-cells) gevorm. Wanneer dieselfde antigeen (virus of kiem) weer in die liggaam voorkom, help hierdie “geheue” dat die liggaam se immuunstelsel vinniger as die vorige keer daarop reageer. Inenting T-selle vorm die kern van immuniteit van selle. T-selle produseer nie teenliggaampies nie. “Killer” T-selle val virus infeksies en kankerselle direk aan en wis dit uit. Ook hier word “geheue” T-selle gevorm om toekomstige infeksies vinniger aan te val. Nog ‘n sub-groep T-selle word helper T-selle genoem omdat hulle die immuun stelsel versterk deur die B-selle te aktiveer om teenliggaampies te vorm en die “killer” T-selle te aktiveer om die antigeen te vernietig. Sodra die teenliggaampies van die B-selle nie meer nodig is om infeksie te beveg nie, word die produksie van teenliggaampies deur die “onderdrukker” T-selle gestop. IMMUUNSTELSEL Limfstelsel, beenmurg, milt, rooi-en witbloedselle Witbloedselle Speel ‘n baie belangrike rol in die opspoor uitwissing van antigene l (skadelike kieme, bakterieë en vreemde stowwe) in die liggaam. T-Selle Produseer nie teenliggaampies nie. Vorm die kern van immuniteit van liggaamselle 1. HELPER T-SELLE Aktiveer B-selle en “killer T-selle om teenliggaampies te vorm 2. “KILLER” T-SELLE B-Selle Val infeksies en kankerselle Stel direk aan teenliggaampies vry wat antigene soek en 3. ONDERDRUKKER T-SELLE neutraliseer. Stop die produksie van teenliggaampies deur B-selle indien teenliggaampies nie meer nodig is om infeksie te beveg nie. 4. GEHEUE T-SELLE Stel immuunstelsel in staat om soortgelyke toekomstige infeksies vinniger te beveg Normaalweg beskik die liggaam oor twee maal soveel T4 (helper selle) as onderdrukker selle. Dit kan soms gebeur dat die immuunstelsel oor aktief raak en dan die liggaam se normale selle in plaas van antigene aanval. Dit is wanneer outo- immuun siektes na vore kom. Liggaamsweefsel word verkeerdelik gesien as antigene of skadelike materiaal en dan deur die immuunstelsel aangeval. Voorbeelde: rheumatoide artritis, rumatiekkoors, sistemiese lupus, veelvuldige sklerose. Langdurige stres het ‘n direkte invloed op die immuun stelsel en lei dikwels tot die verswakking van ‘n persoon se immuniteit. Kroniese inflammasie wat die eindresultaat van kroniese stres is, bevorder kanker, hartsiektes en diabetes. 2. DIE EFFEK VAN PSIGO-SOSIALE FAKTORE OP FISIESE HINDERNISSE OF SIEKTE Dit is duidelik dat emosionele en sosiale faktore ‘n belangrike invloed kan uitoefen op fisiese gesondheid. Die invloed op verskillende toestande word nou bespreek: 2.1 Die omvang van die AIDS-pandemie IS ‘n wêreldwye krisis. Suid-Afrika se inwoners vorm 0,7% van die wêreld bevolking maar sowat 17% van die wêreld se HIV-infeksies kom in SA voor. Dit is sowel 6 miljoen Suid-Afrikaners. Verbetering in die behandeling van HIV het tot ‘n verlaging in sterftes gelei maar 48% van die geïnfekteerde persone in SA het nie toegang tot die nodige behandeling nie. Uit navorsing is dit duidelik dat psigologiese faktore ‘n invloed kan hê op die verloop van die siekte. Nadat ‘n persoon geïnfekteer is met HIV is dit moontlik dat simptome vir ‘n lang tyd – tot jare nie werklik sigbaar is nie. Kleiner gesondheidsprobleme soos gewigsverlies, koors en nagsweet – ook bekend as AIDS-verwante toestand (ARC Aids-related- complex) kan voorkom. Eers wanneer verskeie ernstige gesondheidsprobleme na vore kom soos kroniese longontsteking, kanker, en die liggaam wat wegteer word ‘n diagnose van AIDS gemaak. Die gemiddelde tyd vanaf infeksie tot akute AIDS wissel tussen 7-10 of meer jaar. Met die korrekte gesondheidsorg kan dit selfs langer duur. In SA is die lewensverwagting van HIV-pasiënte ongeveer 80% van die van ‘n normale lewensverwagting, indien behandeling betyds begin. Navorsing toon dat hoë vlakke van stres en depressie en lae vlakke van sosiale ondersteuning lei daartoe dat AIDS vinniger ontwikkel en verlaag die individu se lewensverwagting aansienlik. Behalwe die tydige behandeling met die korrekte medikasie, ‘n gesonde lewenstyl en ondersteuningstruktuur, is dit duidelik dat HIV-pasiënte sal baat vind by psigo-sosiale intervensies wat die persoon se immuunstelsel ook sal versterk. 2.2 Kanker In SA is kanker besig om ‘n publieke gesondheid kwessie te word. Kanker verwante sterftes het gestyg van 7.3% in 2011 tot 8.3% in 2013 met ‘n geprojekteerde toename in kanker gevalle van 48% in 2030. Die ontwikkeling en verloop van kanker word sterk beïnvloed deur psigososiale faktore. Dit is duidelik dat die vermindering van stres, psigososiale ondersteuning en die verbetering van die kwaliteit van lewe ‘n belangrike rol speel in die voorkoming, behandeling en selfs genesing van kanker. Stres is ‘n baie belangrike faktor is wat fisiese gesondheid ernstig kan benadeel. Die effek wat stres en spanning op herstel het word ook duidelik aangetoon deur die invloed van ‘n positiewe gesindheid en gesonde lewensstyl tydens behandeling. Om die stres en spanning wat gepaardgaan met die behandeling van kanker by kinders te beheer, word verskillende psigologiese prosesse gebruik om prosedures vir hulle minder traumaties te maak. Ouers word ook blootgestel aan intervensies om hulle spanning en bekommernis te hanteer. 2.3 Kardiovaskulêre probleme Die kardiovaskulêre sisteem bestaan uit die hart, are en komplekse kontrole meganismes wat elke se funksie reguleer. Indien dinge hier skeefloop lei dit tot kardiovaskulêre siektes bv. Beroerte en hartaanvalle. Tydens ‘n beroerte word die bloedtoevoer na die brein afgesny en breinselle sterf af as gevolg van te min of geen suurstof. Die bloedtoevoer word gewoonlik afgesny as gevolg van ‘n bloedklont in ‘n brein-aar, afkomstig vanaf die hart of nekslagare of as gevolg van bloeding op die brein. Wanneer dieselfde in die hart gebeur praat ons van ‘n hartaanval. Sekere gedragspatrone en lewenswyses hou direk verband met die gesondheid van die kardiovaskulêre sisteem en lei dikwels tot hipertensie (hoë bloeddruk) of koronêre hartsiektes. 2.3.1 Hipertensie Verhoog die risiko vir beroerte, hartsiektes en ook ernstige nier probleme. Bloeddruk verhoog wanneer die are minder elasties raak en bloed moeiliker daardeur vloei. Dit plaas ekstra spanning op die hart. Plaak veroorsaak dat die wande van die are vernou en verswak en dit het ook verminderde bloedvloei tot gevolg. Aangebore of sekondêre hipertensie kom by ‘n klein persentasie mense voor. Hipertensie veroorsaak deur lewenstyl word essensiële hipertensie genoem. In SA is hipertensie die tweede grootste oorsaak van sterftes. Dit word ook die stille moordenaar genoem omdat daar min, indien enige simptome voorkom. Min mense weet dat hulle daaraan ly, indien dit nie gereeld gekontroleer word nie. Hipertensie kan ook geneties binne familie verband voorkom – en word ook maklik geaktiveer deur swak lewensgewoontes. Navorsing toon duidelik dat stres in ‘n groot mate bydra tot hoë bloeddruk. Navorsing het psigologiese faktore geïdentifiseer wat die risiko van hoë bloeddruk byna verdubbel: Vyandigheid – veral in interpersoonlike verhoudings; Woede – ook onderdrukte woede en frustrasie. Ongeduld of ‘n voortdurende gevoel van dringendheid. Die oorsake van essensiële hipertensie sluit dus in: die interaksie van hoë stres reaktiwiteit, hoë blootstelling aan stres, en onvoldoende maniere om negatiewe omstandighede en reaksies te bestuur. 2.3.2 Koronêre hartsiektes Dit is duidelik dat psigologiese en sosiale faktore kan bydra tot hipertensie maar kan veranderinge in gedrag en houding hartaanvalle voorkom? Daar is toenemende bewyse dat dit wel kan. Koronêre hartsiektes sluit in die onvoldoende toevoer van suurstof na die hartspier. Die vernouing van die koronêre are is die primêre oorsaak van koronêre hartsiektes. Die koronêre are wat uit die aorta vertak voorsien bloed en dus ook suurstof aan die hartspier. Hierdie are raak vernou as gevolg van hipertensie en/of plaak wat aan die wande van die are versamel. Wanneer die hartspier nie genoeg bloed en dus suurstof ontvang nie veroorsaak dit pyn – bekend as angina. ‘n Hartaanval vind plaas wanneer die bloedtoevoer na die hart afgesny word. Dit kan voorafgegaan word deur angina maar kan ook sonder waarskuwing plaasvind. Alhoewel ‘n geneigdheid tot koronêre hartsiektes geneties oorgedra kan word, beïnvloed faktore soos dieet, oefening en kultuur asook psigososiale faktore soos stres, angstigheid die individu se koronêre gesondheid. Intensiewe stres bv. die nuus van die afsterwe van ‘n geliefde kan tot ‘n akute hartaanval lei. In ‘n leefwêreld waar stres aan die orde van die dag is, is dit noodsaaklik om nie net ‘n slagoffer te bly nie maar om te bepaal watter meganismes help jou persoonlik om stres te hanteer en om dit in jou leefwêreld te implementeer. Daar is bepaal dat persone met ‘n tipe A-persoonlikheid of gedragspatroon ‘n groter risiko loop as persone met ‘n tipe B-persoonlikheid. 2.3.3 Kroniese negatiewe emosies Angs en depressie kan ook ‘n groot bydra lewer tot die ontstaan van koronêre hartsiektes. Soos vroeër beskryf lei kroniese stres tot kroniese inflammasie in die liggaam wat direk bydra tot hartversaking. Deur op die positiewe te konsentreer en ‘n optimistiese lewensuitkyk na te jaag kan die negatiewe uitwerking van angs, depressie en stres in ‘n groot mate verminder. 2.3.4 Kroniese pyn Onderskei tussen kroniese pyn en akute pyn. Pyn is een van die belangrikste tekens van akute infeksie in die liggaam of dit is die liggaam se reaksie op ‘n weefsel besering. Die rol wat pyn in ons lewe speel kan nie onderskat word nie. Indien pyn nie aan ons ‘n aanduiding gee wat in en met ons liggame gebeur nie sou ons aansienlik meer en ingrypende beserings ervaar. Wanneer ons bewus word van pyn (hierdie “pyndrempel” verskil ook van persoon tot persoon) word ons geforseer om op te tree. Wanneer ons nie self die pyn kan verlig nie, of nie weet wat die oorsaak is nie, soek ons gewoonlik mediese hulp. Pyn is die oorsaak van 80% van besoeke aan dokters. Navorsers is van mening dat die oorsaak van kroniese pyn en die gepaardgaande impak op gesondheidsorg ook psigologies en sosiaal verklaar kan word. Pyn is dikwels die gevolg van ou beserings, onverskillige gebruik van ons liggame in jong dae, degenerasie van gewrigte en spiere as gevolg van ouderdom, gebrek aan oefening en baie meer. 2.3.4.1 Psigologiese en sosiale aspekte van pyn Aanhoudende pyn kan mettertyd baie lastig word en die plesier uit die lewe neem. Ernstige kroniese pyn kan lei tot verlies aan inkomste en onttrekking van sosiale geleentheid en familie. Lewe kan net fokus op maniere om pyn te verminder. Die intensiteit van pyn is nie noodwendig ‘n aanduiding van die reaksie daarop nie. Sommige individue ervaar dikwels intense pyn maar werk ten spyte daarvan, soek nie dikwels mediese intervensie nie en lei ‘n relatief normale lewe. Dieselfde tipe pyn kan veroorsaak dat ‘n ander individu ‘n invalide raak. Dit kan grootliks toegeskryf word aan psigologiese faktore. Die bepalende faktor blyk die individue se sin van kontrole oor die situasie te wees: of hy/sy die pyn en die gevolge daarvan op ‘n effektiewe en betekenisvolle manier kan hanteer. Wanneer dit gepaardgaan met ‘n algemene optimistiese uitkyk op die toekoms, is die ongemak en hindernis wat die pyn veroorsaak aansienlik minder. Hierdie siening word ook versterk deur aktiewe pogings om die pyn te hanteer, wat bv. oefening insluit in plaas daarvan om die pyn net passief te verduur. ‘n Studie deur Philips en Grant het getoon dat die verband tussen die ervaring van pyn en die gevolglike hindernis nie so ‘n invloed uitgeoefen het op die individu se hantering van die pyn as ander faktore soos persoonlikheid en sosio-ekonomiese omstandighede nie. Oor die algemeen word kroniese pyn en die individu se reaksie daarop gekenmerk deur emosies soos angs, depressie, swak hantering meganismes, swak sosiale ondersteuning en die moontlikheid om finansiële kompensasie. “Spookpyne” kom dikwels voor by persone wat ‘n ledemaat/ledemate verloor het. Opsommend, die individu wat pyn as rampspoedig, onkontroleerbaar of die teken van persoonlike mislukking sien, ervaar meer intense pyn en groter psigologiese ongemak. Algemene sosiale ondersteuning van familie en vriende kan bydra om die stres wat geassosieer word met pyn en besering makliker te hanteer. Pyn gedrag wat die aandag wat die individu ontvang “manipuleer”, veral waar die ondersteuningstruktuur onsimpatiek of afwesig is kan chroniese pyn en die hantering daarvan negatief beïnvloed. 2.3.4.2 Die biologiese aspekte van pyn Hoe pyn biologies ervaar word, word deur die “gate control theory of pain” verduidelik. Psigologiese sowel as biologiese faktore speel hier ‘n rol. Senuwee-impulse afkomstig van pyn stimuli gaan na die ruggraat en daarvandaan na die brein. ‘n Area bekend as die dorsale horings van die ruggraat (dorsal horns of the spinal column) tree op as die “hek” en sal oopmaak om die stimuli deur te laat indien die stimuli intens genoeg is of toe bly en dit nie deurlaat nie. Die brein stuur tekens terug na die ruggraat wat die reaksie van die “hek” bepaal. ‘n Persoon wat sterk negatiewe emosies soos angs en vrees ervaar kan pyn meer intensief ervaar omdat die basiese boodskap van die brein is om waaksaam te wees teen moontlike gevaar – die hek is oop. ‘n Persoon wie se emosies meer positief is of wat betrokke in ‘n sekere aktiwiteit bv. ‘n langafstand atleet wat die wedren binne ‘n sekere tyd wil voltooi, sal minder pyn ervaar omdat die brein die boodskap deurstuur vir die hek om toe te bly – dus daar is nie onmiddellike gevaar aan verbonde nie. Endogene opioïede kom verspreid deur die liggaam voor. Dit sluit endorfiene in wat as neuro-oordragstowwe in die liggaam funksioneer. Positiewe denke en motivering stimuleer die afskeiding van hierdie stowwe wat gevolglik die impak van pyn verminder en die psigologiese ervaring daarvan hanteerbaarder maak. 2.3.4.3 Die ervaring van pyn deur verskillende geslagte Dit blyk dat daar ‘n verskil is tussen die ervaring van pyn deur die manlike en die vroulike geslag. Verskillende tipes pyn word ook deur die verskillende geslagte ervaar. Bo en behalwe geboorte en menstruele pyn ervaar vroue ook onder andere meer gewrigpyne en migraine. Mans ervaar weer meer kardiale asook rug pyne. Vrouens het bykomende pyn hantering meganismes in die vorm van hormone. Die hantering, behandeling en tipe medikasie wat gebruik word om pyn te hanteer kan daarom verskil. Opsommend, die liggaam en die gees is onskeidbaar en beide affekteer die ervaring asook die hantering van pyn. Daar is nie ‘n eenvoudige of universele oplossing vir die verklaring van ‘n individu se reaksie op chroniese pyn nie. 2.4 PSIGO-SOSIALE BENADERING IN DIE BEHANDELING VAN SIEKTES Dit is duidelik dat stres ‘n baie belangrike rol speel in die oorsaak asook die instandhouding van baie fisiese siektes. Dit blyk dat uitgebreide stres hantering programme toenemend gebruik word veral in die geval van kroniese siektes. Spesifieke individuele benaderings wat ook in interaksie met mekaar gebruik word om kroniese siektes te behandel sluit in: 2.4.1 Bio-terugvoer (Bio-feedback) Die gebruik van fisiologiese instrumente wat liggaamsfunksies soos bloeddruk of breingolwe kontroleer. Die doel is om die individu bewus te maak van sy/haar liggaamsfunksies wat nie normaalweg bekend is nie en om dit dan op sekere maniere te kontroleer bv. deur bewustelik te ontspan. 2.4.2 Ontspanning en meditasie Ontspanning: Bewustelike saamtrek en ontspan van verskillende spier groepe. Vanuit ‘n christelike lewensbeskouing ondersteun ons nie meditasie nie. Om gereeld stil te word om met die Here te praat en ook om te luister na Hom speel ‘n onontbeerlike rol in die lewe van ‘n kind van die Here. In die gejaagde samelewing is dit iets wat ons in ons daaglikse program MOET inwerk. Die positiewe effek daarvan gaan beslis psigiese en fisiese seën inhou. 2.4.3 Uitgebreide stres-en pyn vermindering programme Die individu leer om sy/haar stres te monitor en stresvolle geleenthede in daaglikse lewe te identifiseer. Die presiese tye, wat ervaar is, die intensiteit daarvan asook die moontlike snellers moet aangedui word. Daarna word die individu geleer om die verskillende spier groepe individueel saam te trek. Dit word gevolg deur die spier groepe individueel totaal te ontspan. Kognitiewe terapie word gebruik om onrealistiese negatiewe gedagtes te identifiseer en dit te vervang met positiewe gedagtes sodra dit opduik. Aandag word ook gegee aan tydbestuur en self geldende gedrag 2.4.4 Farmakologiese en stres-vermindering programme Misbruik van oor-die–toonbank medikasie vir pyn, veral hoofpyn is kommerwekkend. Enige medikasie moet met groot sorg hanteer word. Die blote behandeling van simptome sonder om die oorsaak daarvan aan te spreek is nutteloos en skadelik. 2.4.5 Die aanspreek van onveilige gedrag bv. onveilige seks, rook en ongesonde eetgewoontes - Die Christen se uitgangspunt? 3. GESONDHEIDBEVORDERING EN DIE VOORKOMING VAN SIEKTES: ‘N INHEEMSE TRADISIONELE BESKOUING Die uitgangspunt van baie van Suid-Afrika se tradisionele genesers beskou siekte en gesondheid vanuit ‘n holistiese perspektief. Die siek individu word in die lig van sy/haar omgewing en gemeenskap gesien. In baie van Suid-Afrika se kulture word die gemeenskap bo die individu gestel. Dit is belangrik wanneer veral geestesgesondheid intervensies gemaak moet word om seker te maak hoe siekte en gesondheid deur die individu se kultuur gesien word. Dit is nodig om seker te maak dat intervensies kultureel aanvaarbaar is. LEEREENHEID 2: ANGS-, TRAUMA EN GEDRAGSVERSTEURINGS INHOUD VERWERK UIT: Barlow,D.H., Durand, V.M., Du Plessis, L.M. en Visser, C. 2017. Abnormal Psycology: An Integrative Approach. United Kingdom: Cengage. 1. ALARMS EN VALS ALARMS Wat is angs en wat veroorsaak dit? Angs en vrees is ‘n verwant maar nie dieselfde nie. Vrees is ‘n normale en natuurlike reaksie op bedreiging. ‘n Reaksie om te oorleef. Vrees is ‘n onmiddellike emosie of toestand. Angs is ‘n toekoms georiënteerde emosie of toestand. ‘n Gevoel van: “Iets kan verkeerd gaan en ek is nie seker of ek dit sal kan hanteer nie....”. Angs word gekenmerk deur die onvermoë om die toekoms te voorspel of te beheer. Angs is ‘n gemoedstoestand wat gekenmerk word deur negatiewe gevoelens asook fisiese simptome van spanning. Die persoon is bekommerd oor en verwag toekomstige gevaar, trauma of ongelukkigheid en word gekenmerk deur die onvermoë om die toekoms te voorspel of te beheer. Angs kan gevoelens (emosies), gedrag en fisiologiese reaksies insluit. Angs steurnisse word van vrees onderskei deurdat ‘n angs aanval meestal ‘n vals alarm is en gekenmerk word deur ‘n toestand van uiterste waaksaamheid en spanning. ‘n Angs steurnis bedaar of gaan nie vanself weg nie, selfs al weet die persoon dat daar nie ‘n rede vir die angs is nie. ‘n Paniekaanval: Word beskryf as ‘n skielike ervaring van intense vrees en/of akute ongemak gepaardgaande met voorspelbare fisiese simptome wat insluit: verandering van asemhaling, hartkloppings, bewerigheid, koue koors en of sweet. Daar word onderskei tussen ‘n verwagte paniekaanval en ‘n onverwagte paniekaanval. Verwagte paniekaanval is wanneer die persoon weet dat hy/sy bang is vir hoogtes/hoë spoed en dan ‘n paniekaanval kry indien blootgestel word aan so ‘n situasie. Onverwagte paniekaanval vind uit die bloute en klaarblyklik sonder rede plaas. Oorsake van angs en verwante hindernisse: 1.1.1 Biologies - Genetiese geneigdheid om gespanne en angstig te wees kom voor. Dit lei egter nie direk tot angs en paniek nie maar kan in interaksie met die omgewing en omstandighede na vore kom - Die limbiese sisteem is die area in die brein wat met angs en angstigheid geassosieer word. Die limbiese sisteem tree op as bemiddelaar tussen die breinstam en die korteks. Die breinstam monitor en merk funksie in liggaamsprosesse op en stuur inligting oor ‘n potensiële gevaar na die korteks vir integrasie. Die korteks reageer daarop deur boodskappe na die liggaam te stuur om op ‘n sekere manier te reageer. Hierdie proses word die “gedrag inhibisie sisteem” (Behavioural inhibition system – BIS) genoem. Navorsing het bewys dat by persone met angshindernisse, die limbiese sisteem baie sensitief is vir stimulasie en nuwe inligting. Waar die Behavioural inhibition system (BIS) aktief is by angs en angstigheid is ‘n ander sisteem, die veg of vlug sisteem (fight/flight system – FFS) betrokke by paniek. - Faktore in die omgewing kan ‘n invloed uitoefen op die sensitiwiteit van hierdie sisteme (BIS en FFS) wat die persoon meer vatbaar maak vir angstigheid en die verskyning van ‘n angshindernis. - Baie biologiese siekte toestande kan ook ‘n bydra tot die ontstaan van paniek: Kardiologies, respiratories, beweging hindernisse soos Parkinsons, Migraine, asma. - Omdat daar ‘n nou verwantskap is tussen ‘n paniekaanval en ‘n moontlike biologiese noodgeval, is dit noodsaaklik om in alle gevalle die moontlikheid van ‘n potensieel lewensgevaarlike fisiese probleem uit te skakel. 1.1.2 Psigologies - Gedurende die kinderjare word die kind bewus dat dinge nie altyd deur self beheer kan word nie. - Die manier van opvoeding en/of ander ontwrigtende of traumatiese omgewingsfaktore kan die ontwikkeling van ‘n algemene gevoel van verlies van kontrole tot gevolg hê. - Die gevoel van kontrole oor omstandighede word gevestig deur ouers wat op ‘n stabiele en voorspelbare manier voorsien in die behoeftes van hulle kinders op fisiese en emosionele vlak en aan hulle ‘n veilige basis skep waarvandaan hulle die wêreld kan ontdek en die nodige vaardighede kan ontwikkel om onvoorsiene dinge te hanteer. - Ouers wat oor beskermend is en alles vir hulle kinders wil doen, skep ‘n situasie waar die kinders nie leer dat hulle kontrole oor hulle omstandighede kan uitoefen nie. Sodoende word die kinders meer vatbaar vir angs en angs hindernisse later in hulle lewe 1.1.3 Sosiaal - Stresvolle lewens gebeurtenisse kan as sneller dien vir biologiese en Psigologiese geneigdheid tot angs. Dit kan insluit: egskeiding, interpersoonlike probleme, die dood van ‘n geliefde, druk om te presteer, sosio-ekonomiese probleme. - Omstandighede in Suid- Afrika: Die manier waarop angs ervaar, verklaar asook die manier waarop mense daarop reageer word deur kulturele faktore beïnvloed. 1.2 Teorie van ontwikkeling van angs hindernisse Trippel (drievoudige) kwesbaarheid - Vlak 1: Algemene, biologiese kwesbaarheid Kan ‘n oorgeërfde kwesbaarheid wees. Dikwels is hierdie oorgeërfde kwesbaarheid nie voldoende om angs en angs hindernis tot gevolg te hê nie. Algemene kwesbaarheid alleen is nie genoeg om angstigheid tot gevolg te hê nie. - Vlak 2: Algemene psigologiese kwesbaarheid Jy kan ook opgroei met die beskouing dat die wêreld gevaarlik en buite kontrole is. Dit kan daartoe aanleiding gee dat jy dit dalk nie kan hanteer wanneer dinge verkeerd loop nie. - Vlak 3: Spesifieke psigologiese kwesbaarheid Die individu leer deur vroeë ervaring/s soos bv. deur ouers geleer dat sekere voorwerpe of situasies baie gevaarlik is (selfs al is dit nie so nie). Voorbeeld: Een van die ouers het ‘n voortdurende vrees (en spreek dit baie uit) om ‘n slagoffer van misdaad te word – hierdie vrees kan oorgedra word na die kind. Toepassing: Wanneer jy baie druk ervaar, veral as gevolg van interpersoonlike stressors, kan jou oorgeërfde biologiese kwesbaarheid geaktiveer word wat jou angstig kan laat voel. Die algemene psigologiese kwesbaarheid word dan deur verhoogde angstigheid geaktiveer en die gevoel laat ontstaan dat jy nie die situasie en die stres kan hanteer nie. Dit aktiveer ‘n kringloop wat soms moeilik is om te stop, selfs al is die spesifieke situasie wat dit geaktiveer het, lankal verby. Paniek kan ook ‘n kenmerkende reaksie op stres wees wat ook geneties kan voorkom – losstaande van angs. Angs en paniek is verwant aan mekaar en die voorkoms van angs verhoog die moontlikheid van paniek. 1.3 Angs en verwante psigologiese versteurings Dit is belangrik om te onthou dat versteurings dikwels in kombinasie voorkom. Angs en paniek vorm dikwels deel van ‘n groot verskeidenheid van versteurings. Die verskil kom gewoonlik in waardeer elkeen geaktiveer word asook die patroon van die versteuring. Die versteuring of hindernis wat mees algemeen saam met angsversteurings gediagnoseer word, is major depressie. 1.4 Angs en verwante fisiese siektes Siektes waar angs versteurings ook teenwoordig kan wees: Probleme met die skildklier Probleme met longe en asemhaling Gastro-intestinale probleme Artritis Migraine Allergiese toestande In die meeste gevalle is die probleem met angs teenwoordig voordat die fisiese probleem ontstaan. 1.5 Selfmoord en angs/paniek hindernisse Navorsing toon dat ongeveer 20% van persone met paniek steurnisse selfmoord pogings sal toon. Paniek of angs steurnisse in kombinasie met major depressie maak die risiko van selfmoord nog groter 2. SPESIFIEKE ANGSVERSTEURINGS Dit sluit in: Algemene angsversteuring Paniek versteuring Agorafobie Spesifieke fobie Sosiale angsversteuring Skeidingsangs versteuring Geselekteerde stomheid. 2.1 Algemene angsversteuring 2.1.1 Dit is ‘n angsversteuring wat gekenmerk word deur intense, onkontroleerbare, nie-gefokusde, kroniese en voortdurende kommer wat ontstellend en onproduktief is en wat ook fisiese simptome soos spanning, geïrriteerdheid en rusteloosheid toon. 2.1.2 Kliniese beskrywing: Elke mens ervaar spanning en bekommernis van tyd tot tyd. Wanneer dit jou lewe begin oorneem raak dit ernstig. ‘n Persoon met algemene angsversteurings ervaar dat oormatige angs en spanning sy/haar lewe oorheers. Anders as by paniekaanvalle waar simptome soos hartkloppings en sweet voorkom, is die kenmerk van algemene angsversteuring spierspanning, hoofpyn, geneigdheid tot uitputting, konsentrasie probleme en slaap probleme. Voorkoms: Spanning en bekommernis is algemene simptome van ons tyd. Wanneer dit egter so erg raak dat dit alledaagse funksionering inperk en aan sekere kenmerke voldoen, is dit nie meer normaal nie. Ongeveer 3.1% van die wêreld bevolking voldoen aan die kriteria vir algemene angsversteuring, wat dit een van die mees algemene angs hindernisse maak. Ongeveer 2/3 van die slagoffers is vrouens. Alhoewel baie van die pasiënte die aanvang as vroeë volwassenheid aandui, gewoonlik in reaksie op ‘n stressor, is daar bevind dat algemene angs versteuring ‘n vroeër, en meer geleidelike ontstaan het as die meeste ander angsversteurings. Dit kom meer algemeen voor by ouer volwassenes – 45+ jaar. 2.1.3 Oorsake: Soos by die meeste angs versteurings is daar ‘n algemene biologiese kwesbaarheid of geneigdheid tot angstigheid teenwoordig. Dit word geneties oorgedra. Persone met algemene angsversteuring is hoogs sensitief vir bedreiging van enige aard – veral indien dit persoonlik gerig is. Dit sluit ook faktore in wat nie as bedreigend deur persone sonder die versteuring gesien word nie. Hierdie sensitiwiteit ten opsigte van bedreiging is onbewustelik en outomaties. 2.1.4 Alhoewel farmakologiese (medisyne) sowel as psigologiese behandeling op die korttermyn effektief is, het medikasie nie ‘n langtermyn impak nie. Psigologiese behandeling help die persoon met algemene angsversteuring om te fokus op wat werklike gevare in sy/haar lewe kan wees. Opgesom: Sommige mense het ‘n oorgeërfde (geneties geneigdheid) om gespanne te wees. Deur omstandighede ontwikkel ‘n algemene psigologiese kwesbaarheid. Stresors lei daartoe dat hulle voortdurend bekommerd en waaksaam is. Dit sneller intense emosies wat lei tot algemene angsversteuring. Die angstigheid is gefokus op die toekoms, kom voortdurend voor en is nie ‘n nood of skielike reaksie op onmiddellike gevaar nie. 2.2 Paniekversteuring en Agorafobie Persone met ‘n paniekversteuring ervaar ernstige en onverwagte paniekaanvalle. Mettertyd word hulle angstig oor die voorkoms van ‘n paniekaanval en probeer om situasies wat in die verlede moontlik tot ‘n paniekaanval kon bydra, te vermy. Baie persone met paniekversteuring (nie almal nie) toon ook simptome van ‘n verwante versteuring: agorafobie. Gekombineer met ‘n paniekversteuring sluit agorafobie die vrees vir ‘n paniekaanval in. Hierdie vrees kan ook vir ander dinge wees bv. verlies van kontrole oor die blaas of om op te gooi. In ernstige gevalle is hierdie persone nie in staat om die huis te verlaat nie – soms vir jare lank. 2.2.1 Paniekversteuring is herhaalde, onverwagte paniekaanvalle met meegaande bekommernis oor toekomstige aanvalle en/of ‘n verandering in lewenswyse om toekomstige aanvalle te voorkom. Agorafobie is ‘n angsversteuring wat gekenmerk word deur angstigheid om self te bevind in plekke of situasies waarvan moeilik ontsnap kan word in die geval van simptome van paniek of ander onaangename fisiese simptome (bv. inkontensie) 2.2.2 Kliniese beskrywing Onverwagte paniekaanval/aanvalle kom voor. Die persoon ontwikkel angstigheid oor die moontlikheid van ‘n volgende aanval of oor die implikasies en die gevolge van ‘n aanval. Agora is ‘n griekse woord wat markplek beteken en wat daarop dui dat dit ‘n besige en bedrywige plek is. Een van die mees stresvolle plekke in die moderne lewe vir ‘n persoon wat agorafobie ervaar, is ‘n mall of winkelsentrum. Agorafobie kan ook losstaande van ‘n paniekversteuring voorkom. Selfs al het die persone vir jare nie ‘n paniekaanval gehad nie, kan hulle nog totale vermyding van moontlike snellers vir ‘n paniekaanval toon. Waar totale vermyding onmoontlik is kan die misbruik van alkohol en/of medikasie ook voorkom om die intense vrees en angs te hanteer. Die vermyding van ‘n paniekaanval kan selfs so ver gaan dat die persoon enige situasies of aksies wat hom/haar aan ‘n paniekaanval kan laat dink, vermy. Voorbeeld: Kardiovaskulêre oefening = hartklop versnel en sweet kan laat dink dat dit die begin van ‘n paniekaanval is. 2.2.3 Voorkoms Paniekversteuring is verrassend algemeen en word deur 4.7% van die wêreld bevolking ervaar, waarvan 2/3 vroue is. Agorafobie kan ook ontwikkel sonder dat enige paniekaanval ervaar is. In SA is die voorkom van Paniekversteuring 1.2% van die bevolking maar die voorkoms vir agorafobie (sonder paniek) is 9.8%! Die voorkoms van agorafobie onder vroue is baie hoër as by mans. Dit word toegeskryf aan kultuur. Oor die algemeen, in verskillende kulture, is dit meer aanvaarbaar vir vrouens om emosies van vrees en paniek te hê terwyl daar meer van mans verwag word om sterk en braaf te wees. Ongeveer 60% van persone met ‘n paniekversteuring ervaar dat paniekaanvalle in die nag, hoofsaaklik tussen 01.30 en 3.30 plaasvind. 2.2.4 Oorsake: Biologiese sensitiwiteit – psigologiese kwesbaarheid – sosiale faktore 2.2.5 Hantering: Medikasie sowel as psigologiese behandeling is suksesvol. Op die lang duur blyk psigologiese behandeling meer suksesvol te wees. ‘n Terapeutiese (psigologiese) metode wat suksesvol is word “panic control treatment” genoem. Die pasiënt word blootgestel aan verskillende sensasies wat hom/haar aan ‘n paniekaanval laat dink en die persoon op so ‘n manier te desensitiseer. 2.3 Spesifieke fobie 2.3.1 Kliniese beskrywing ‘n Irrasionele vrees vir ‘n spesifieke voorwerp of situasie wat daartoe lei dat die persoon nie normaalweg met daaglikse funksionering kan voortgaan nie. Die persoon is bewus daarvan dat sy/haar vrees buite verhouding is ten opsigte van die werklike gevaar wat dit inhou. Selfs dan sal die persoon tot uiterstes gaan om die objek of situasie te vermy. Daar is soveel verskillende fobies as wat daar objekte en situasies is. Die magdom fobieë word in vier subtipes verdeel: o Bloed-/Inspuiting-/Besering tipe: ‘n Irrasionele vrees vir en vermyding van blootstelling aan bloed, besering of die moontlikheid van ‘n inspuiting. Die slagoffer ervaar ‘n verlaging in bloeddruk en word soms flou o Situasionele tipe (fobie vir vliegtuie, hysbakke of toe plekke): Voorbeelde: Angs vir toe plekke (kloustrofobie) of publieke transport (bv. vrees om te vlieg). o Natuurlike omgewing tipe: ( fobie vir bv. hoogtes, storms, water). Vrees vir situasies of geleenthede in die natuur. o Fobie vir diere: Ongegronde en voortdurende vrees vir diere of insekte. Ontwikkel gewoonlik op vroeë ouderdom. o Ander Alhoewel die indeling van groepe handig is, is dit ook so dat die meeste mense wat fobies as ‘n hindernis ervaar, dikwels verskillende fobieë uit verskillende groepe het. 2.3.2 Voorkoms Alhoewel ‘n fobie inmeng met die individu se normale daaglikse funksionering, gaan slegs die mees ernstige gevalle vir behandeling. Die persone wat nie intens geaffekteer word nie, rig hulle lewe rondom die fobie in bv. ‘n persoon wat ‘n fobie vir hoogtes het, kan sy lewe moontlik so inrig dat hy/sy nooit in ‘n hoë gebou of op hoogtes hoef te wees nie. Die gemiddelde ouderdom vir die verskyning van ‘n fobie is 7 jaar en dit duur gewoonlik lewenslank. Die voorkoms van spesifieke fobieë wissel by verskillende kulture. 2.3.3 Oorsake Vir ‘n lang tyd is spesifieke fobieë toegeskryf aan ‘n ernstige traumatiese insident bv. indien die persoon deur ‘n hond aangeval en gebyt is sal dit lei tot ‘n fobie vir honde. Alhoewel trauma ‘n rol kan speel in die ontstaan van ‘n fobie kan dit nie algemeen toegepas word nie. Fobieë wat verbind kan word met ‘n insident/ervaring word toegeskryf aan direkte ervaring waar werklike gevaar en pyn betrokke was en waar die alarm werklik was staan bekend as fobieë wat deur direkte ondervinding ontwikkel het bv. as gevaolg van ‘n motorongeluk waarin betrokke was. Die angswekkende ondervinding alleen kan egter nie ‘n fobie laat ontstaan nie. ‘n Werklike fobie vereis ook angs oor die moontlikheid van ‘n ander ekstreem traumatiese voorval of vals alarm. Vermydingsgedrag om so ‘n moontlike situasie te vermy, is ook deel van die fobie. ‘n Vals alarm (paniekaanval) in ‘n spesifieke situasie, onder die regte omstandighede kan ook aanleiding gee tot die ontwikkeling van ‘n fobie. Bv. ‘n Onverwagte paniekaanval terwyl jy bestuur wat jou laat voel dat jy beheer oor die motor gaan verloor. Verskeie dinge moet dus plaasvind voordat ‘n fobie ontwikkel. Eerstens speel ‘n traumatiese ervaring dikwels ‘n rol (selfs om te hoor van ‘n traumatiese insident kan by sommige persone voldoende wees); indien die persoon dan ook die oorgeërfde geneigdheid het om potensieel gevaarlike situasies te vrees en derdens vatbaar is om angstig te raak oor die moontlikheid dat iets kan gebeur, kan ‘n fobie ontwikkel. 2.3.4 Behandeling Die behandeling van fobieë is ongekompliseerd. Spesifieke fobieë word met konsekwente blootstelling gebaseerde benaderings aangespreek. Geleidelike blootstelling onder terapeutiese toesig blyk suksesvol te wees. 2.4 Skeidingsangs hindernis Uitermatige en voortdurende vrees by kind dat self of geliefdes iets sal oorkom wanneer nie bymekaar is nie. Kind kan weier om skool toe te gaan of selfs om huis te verlaat, nie omdat bang vir skool is nie maar hulle wil nie van geliefdes geskei wees nie. Alle jong kinders ervaar in ‘n sekere mate en op ‘n sekere stadium skeidingsangs. Dit verminder egter soos wat hulle ouer word. Daar moet bepaal word of die skeidingsangs ouderdom toepaslik is. Navorsing het bewys dat indien skeidingsangs by kinders nie aangespreek word nie, dit in 35% van die gevalle kan voortduur in volwassenheid. 3. SOSIALE ANGS HINDERNIS (SOSIALE FOBIE) Ekstreme, voortdurende en irrasionele vrees vir en vermyding van sosiale situasies en optredes Lees die gevallestudie van Siyabonga. Sosiale angs hindernis is meer as net om skaam te wees. Dit is ‘n vrees om tussen mense te wees, veral in situasies wat een of ander tipe “optrede” insluit. Persone met optrede-angs het gewoonlik nie probleme met sosiale interaksie nie maar wanneer hulle iets spesifiek voor mense moet doen, neem angs oor en hulle fokus op die moontlikheid dat hul hulself in die verleentheid sal stel. Die mees algemene tipe optrede angs is om in die openbaar te praat. 3.1 Voorkoms: Ongeveer 2.8% van die SA-bevolking sukkel lewenslank met sosiale fobie. 3.2 Oorsake: Omdat die mens ‘n sosiale wese is, het elke mens in ‘n mindere of meerdere mate ‘n negatiewe gevoel teenoor kwaai of kritiese persone of persone wat jou kan verwerp. Mense wat sensitief is vir die negatiewe emosies van ander, kan dikwels meer in die emosies lees as wat werklik bedoel word en daardeur ‘n angstigheid jeens ander mense se teenwoordigheid en optrede opbou. Biologies kan die individu die geneigdheid erf om maklik angstig te raak of om sosiaal teruggetrokke of beide te wees. Onder druk kan hierdie geneigdheid toeneem tot op ‘n punt waar dit die persoon se optrede en sosiale funksionering omvergooi. Dit kan lei tot ‘n onverwagte paniekaanval binne ‘n sekere sosiale situasie, wat die vrees vir ‘n opvolgende paniekaanval binne soortgelyke sosiale situasies versterk. Werklike traumatiese ervarings kan ook op bogenoemde manier uitloop op sosiale fobie. Geterg asook boelie-gedrag tydens kinder- en tienerjare dra dikwels by tot die ontstaan van sosiale fobie. 3.3 Behandeling: Die gebruik van medikasie sowel as psigoterapie blyk suksesvol te wees. Hoewel die oorsake van sosiale fobie baie ooreenstem met die van spesifieke fobieë, het die behandeling daarvan ‘n ander fokus. Dit sluit die inoefening en rolspel van sosiale fobie situasies in. 4. SELEKTIEWE STOMHEID (Selective mutism) Dit is ‘n seldsame versteuring in die kinderjare wat gekenmerk word deur die afwesigheid van spraak in een of meer spesifieke sosiale situasies waar om te praat sosiaal verwag word. Dit word veroorsaak deur sosiale angs omdat die afwesigheid van spraak in sekere situasies nie toe geskryf kan word aan die onvermoë om te praat of aan enige ander fisiese hindernis nie. Dit gebeur net in sekere situasies soos bv. by die skool, maar nie tuis nie. In die meeste gevalle voldoen die kind ook aan die kriteria vir sosiale angs hindernis (sosiale fobie). Dit kan versterk word deurdat iemand anders bv. die rol van praat by die kind oorneem en/of deur nie aan te dring op mondelinge kommunikasie nie maar te reageer op gebare van die kind. 5. TRAUMA- EN STRES VERWANTE HINDERNISSE Hierdie hindernisse ontwikkel vanuit ‘n spanningsvolle of traumatiese lewensgebeure waarop intense emosionele reaksie volg. Die gewone Suid-Afrikaner word blootgestel aan ‘n magdom stressors. Meer as ‘n derde van die SA bevolking word aan een of ander ekstreme vorm van geweld tydens hulle leeftyd blootgestel. Trauma- en stresverwante hindernisse is ‘n algemene verskynsel by die inwoners van SA. 5.1 Post-traumatiese stres hindernis (PTSD) Mees bekende emosionele hindernis wat na trauma kan ontwikkel. Dinge soos oorlog kan jare na blootstelling nog steeds post-traumatiese stres veroorsaak. In SA hou die meeste traumatiese gebeure verband met misdaad, geweld en motorongelukke. - Kliniese beskrywing Word veroorsaak deur blootstelling aan ‘n traumatiese episode waartydens die persoon dood of dreigende dood, werklike of dreigende besering en werklike of dreigende seksuele bedreiging waarneem of ervaar. Die wete dat bogenoemde met ‘n geliefde gebeur het of deur herhaaldelik blootgestel te word aan die detail van ‘n traumatiese insident (bv. nooddiens werkers) kan ook PTSD tot gevolg hê. Definisie: Voortdurende, ontstellende, emosionele hindernis wat volg na blootstelling aan ernstige hulpeloosheid of ‘n vreesaanjaende bedreiging. Die slagoffer herleef die trauma, vermy stimuli wat geassosieer word daarmee en toon afgestompte reaksies en verhoogde waaksaamheid. Die insident/e word herleef deur ontstellende herinneringe en nagmerries. Dit vorm die mees prominente kenmerke van PTSD. Die meeste individue toon hewige reaksie wanneer aan ‘n stresvolle insident blootgestel word, maar dit verdwyn gewoonlik binne ‘n maand. Hierdie intense reaksie op stres direk na die traumatiese insident word akute stres hindernis genoem. Indien hierdie simptome langer as ‘n maand voorkom ontwikkel die akute stres hindernis in PTSD. PTSD kan dus eers gediagnoseer word indien die simptome langer as ‘n maand nog steeds voorkom. PTSD met vertraagde aanvang kom ook voor. Hier toon die individu min of geen simptome direk na die insident. Ten minste 6 maande of selfs jare later ontwikkel ernstige PTSD - Voorkoms Blootstelling aan intense trauma veroorsaak deur gebeure soos oorlog, geweld, aanranding en mishandeling. In Suid-Afrika: Slagoffers van verkragting en huishoudelike geweld – veral vrouens. Mans: Slagoffers van kriminele geweld, misbruik en mishandeling as kind, politieke aanhouding - Oorsake Blootstelling aan ‘n traumatiese insident. Verskillende persone kan aan dieselfde gebeure of insident blootgestel word maar nie almal sal PTSD ontwikkel nie. Biologiese, psigologiese en sosiale faktore speel ‘n rol in die moontlikheid dat die hindernis sal ontwikkel. Traumatiese situasies wat deur mense veroorsaak word is meer geneig om PTSD te laat ontstaan as natuur rampe. Dit intensiteit van die trauma speel ook ‘n rol. - Behandeling Algemene instemming dat slagoffers van PTSD die oorspronklike trauma moet “konfronteer”, intense emosies geïdentifiseer en hanteer moet word deur die ontwikkeling van hantering meganismes. Dit kom daarop neer dat die emosionele trauma herleef moet word om sodoende die emosionele pyn wat daarmee gepaardgaan te verlig. Hierdie proses word katarsis (catharsis) genoem. Omdat dit nie moontlik of wenslik is om die werklike gebeure te herhaal nie, werk die terapeut saam met die slagoffer om ‘n narratief van die oorspronklike gebeure saam te stel en dan intensief met terapie hierdeur te gaan. Kognitiewe terapie word gebruik , waar negatiewe afleidings wat by die slagoffer gevestig is aan te spreek bv. die individu wat skuldig voel oor dinge wat plaasgevind het of die aanname dat hy/sy verantwoordelik was vir die trauma. Deel van die PTSD is dat die slagoffer dikwels die emosionele geheue ten opsigte van die insident onderdruk en selfs vergeet. Dit is iets wat outomaties en onbewustelik kan gebeur. Tydens terapie kan hierdie herinneringe terugkom en die slagoffer kan dit baie intens herleef. Met die nodige terapie kan dit hanteer word. Dit word al hoe meer duidelik dat vroeë en gestruktureerde intervensies sou gou as moontlik na die trauma suksesvol is in die voorkoming van PTSD. 6. OBSESSIEF-KOMPULSIEWE EN VERWANTE VERSTEURINGS 6.1. Obsessief-kompulsiewe versteuring Dit is ‘n hindernis wat onwelkome, aanhoudende, indringende gedagtes en impulse insluit tesame met herhalende aksies om dit te onderdruk. Dit is ‘n ernstige en kroniese hindernis wat die individu se totale funksionering aantas. Die angs wat met hierdie toestand gepaard gaan is afkomstig van die onderliggende psigopatologiese prosesse en is nie ‘n primêre simptoom van die versteuring nie. - Kliniese beskrywing In die geval van die vorige hindernisse wat ons bestudeer het, is die “gevaar” gewoonlik afkomstig vanaf ‘n eksterne objek of situasie. By Obsessief-kompulsiewe versteuring (OCD) is die “gevaar” die gedagte, beeld of impuls wat die slagoffer probeer vermy. Obsessies is indringende en meestal betekenislose gedagtes, beelde of drange wat die individu probeer onderdruk of neutraliseer. Die individu is bewus daarvan dat dit nie veroorsaak word deur kragte van buite nie. Kompulsies is herhalende, ritualistiese, tydrowende gedrag of gedagtes wat die individu dryf om uit te voer om die obsessies te onderdruk. - Tipe obsessies en kompulsies Vier hooftipes obsessies en elkeen word geassosieer met ‘n patroon van kompulsiewe gedrag. TIPE OBSESSIE KOMPULSIE Simmetrie/Akkuraatheid/ Perfeksie Objekte moet simmetries gepak word Drang om objekte oor en oor te doen totdat dit perfek voel Plaas objekte in ‘n spesifieke volgorde Herhaling van rituele Verbode gedagtes of aksies Aggressief/seksueel/geloof Vrese, drange om self of ander leed aan te doen Vrese om die Here aanstoot te gee Nagaan en kontroleer Vermyding Herhaalde versoeke vir versekering Skoonmaak/besmetting Kieme Vrees vir kieme of moontlike besmetting Herhaalde en oormatige was en skoonmaak Gebruik maskers en handskoene om daaglikse take te doen Opgaar Vrees om enigiets weg te gooi Versameling en stoor van objekte met min of gee sentimentele of ander waarde bv. verpakkingsmateriaal Die obsessie vir simmetrie is die mees algemene obsessie. Dit sluit in om dinge in perfekte volgorde te hou of om iets op ‘n spesifieke manier te doen. Kinders speel dikwels die speletjie dat jy nie op die krake of strepe van die plaveisel of teëls mag trap nie. Hulle raak gou moeg hiervan en speel dan iets anders. Mense met hierdie obsessie doen dit hulle hele lewe lank, elke dag. Sekere obsessies word geassosieer met sekere kompulsies bv. sekere “verbode” gedagtes lei tot rituele om dit te kontroleer en te reguleer. Sommige van hierdie rituele is logies bv. om herhaaldelik te kyk of jy onthou het om die stoof af te skakel. In ernstige gevalle is die rituele egter baie vreemd en onverklaarbaar. Bv. Khanye (gevallestudie) se maniere van eet asook sy persoonlike higiëne. Obsessies met simmetrie kan daartoe lei dat voorwerpe voortdurend en herhaaldelik op ‘n sekere manier gepak of gerangskik word. Obsessie met skoonmaak of vir besmetting lei tot herhaaldelike was- en skoonmaak rituele wat vir die individu ‘n mate van veiligheid en kontrole oor sy/haar situasie bring. 6.2 Tic-versteuring en Obsessief-kompulsiewe versteuring (OCD) ‘n “Tic” word gedefinieer as semi-doelmatige spier gedrag, gewoonlik ‘n skielike beweging van ‘n ledemaat, ‘n nek beweging, toeknyp van oog, ‘n kreun of ander geluide. Die tics kom meer voor tydens stresvolle episodes. Dit is algemeen dat die tic-versteuring saam met OCD by kinders kan voorkom, of dat OCD in hulle gesinne of families kan voorkom. ‘n Meer komplekse tic versteuring met onbeheerste woorde en geluide staan bekend as Tourette-sindroom. Ongeveer 10-40% van kinders en adolessente met OCD, het ook tic-versteuring. Navorsing toon ‘n moontlike verband tussen OCD en tics met die streptococcus A bakterie wat rumatiek koors veroorsaak. - Voorkoms Lewenslange OCD kan by 1.6 – 2.3 % van die algemene bevolking van wêreld voor kom. Die erns van die OCD kan ook wissel en die obsessies en kompulsies kom op ‘n kontinuum voor. Indringende en ontstellende gedagtes kan ook voorkom by “normale” individue. Navorsing toon dat tot 13% van “normaal” funksionerende mense matige vlakke van obsessies en/of kompulsies. Hierdie obsessies en kompulsies by gewoon funksionerende individue is veral opmerklik wanneer hulle onder druk of spanning verkeer. OCD kom in ‘n gelyke mate by mans en vroue voor en kom in die meerderheid van kulture voor. In oosterse lande het dit baie met godsdienstige oortuigings te doen met veral die klem op netheid. In Indië speel die vrees vir besmetting ook ‘n rol. Interessant is dat gedurende ‘n periode van data insameling geen gevalle van OCD onder Sesotho-sprekende deelnemers geïdentifiseer is nie. - Oorsake Baie individue het soms indringende en self baie ontstellende gedagtes en soms het ons ook sekere rituele, veral wanneer ons onder spanning verkeer. Min mense ontwikkel egter OCD. By die ontstaan van OCD speel die drievoudige kwesbaarheid teorie weereens ‘n rol. ‘n Persoon het dalk die biologiese kwesbaarheid in sy/haar gene. Ervarings en blootstelling aan sekere dinge kan die individu kondisioneer dat sekere gedagtes gevaarlik en onaanvaarbaar is omdat dit wat hy/sy dink werklik kan gebeur en dan is hy/sy verantwoordelik daarvoor. Die oortuiging dat sekere gedagtes onaanvaarbaar is en ten alle koste onderdruk moet word maak hierdie persoon meer vatbaar vir OCD. Navorsing wat gedoen is met Suid-Afrikaners het gevind dat trauma tydens die kinderjare, veral emosionele mishandeling en verwaarlosing daartoe kan bydra dat die individu OCD kan ontwikkel. - Behandeling Farmakologiese behandeling (medikasie) toon beperkte sukses. Die mees effektiewe behandeling benadering is ‘n psigologiese behandeling : Blootstelling en ritueel voorkoming (Exposure and ritual prevention – ERP). Die rituele word onderdruk en die individu word geleidelik blootgestel aan die gevreesde gedagtes of situasies. Lees p 200 vir praktiese voorbeelde. In ekstreme gevalle is chirurgiese prosedures in die vorm van diep-brein stimulasie ook ‘n opsie. 6.3 Verwronge liggaamsbeeld versteuring (Body Dysmorphic Disorder – BDD). BDD is ‘n ontwrigtende beheptheid met ‘n verbeelde defek in die individu se voorkoms. Daar word ook na verwys as “imagined ugliness”. Dit is normaal dat ‘n mens dink dat indien jy kon jy dalk hier en daar aan jou voorkoms sal verander en sommige mense doen dit ook. In die geval van BDD is die persoon wat op die oog af heeltemal normaal lyk, daarvan oortuig dat hulle so lelik is dat hulle weier om normaal te funksioneer omdat hulle oortuig is mense hulle oor hul voorkoms sal spot. BDD is nou verwant aan OCD. Persone met BDD ervaar ook aanhoudende, indringende en slegte gedagtes oor hulle voorkoms en kompulsiewe gedrag soos om herhaaldelik in die spieël te kyk kom voor. Sommige individue ontwikkel ‘n fiksasie met spieëls en kyk baie dikwels in die spieël om te kyk of hulle “verbeelde” voorkoms defek nog nie beter is of verander het nie. Ander vermy spieëls selfs tot ‘n fobiese mate Gedagtes oor selfmoord asook pogings is van die gevolge van hierdie versteuring. Dit is moeilik om die werklike voorkoms van hierdie versteuring te bepaal omdat dit so ver as moontlik geheim gehou word deur die pasiënte. In ‘n groot persentasie van die gevalle “hanteer” die individue dit deur kosmetiese chirurgie, dermatologiese ingrype, diëte en liggaamsbou – alles oormatig. Die persone is selde tevrede met die resultate en indien hulle dit kan bekostig word nog en prosedures uitgevoer. Persone wat nie van hierdie prosedures kan bekostig nie of om een of ander rede daarvan weerhou word gaan dikwels tot uiterstes om die verbeelde fout in hulle voorkoms self te “herstel” BDD is ‘n baie ernstige psigologiese versteuring en depressie asook moontlike middel misbruik kom dikwels in kombinasie met BDD voor. Wat as mooi ervaar word, verskil ook van kultuur tot kultuur. In sommige kulture is dit deel van die kultuur om jou voorkoms op een of ander manier te verander. Hierdie persone ly nie aan BDD nie. ‘n Kenmerk van BDD is dat dit wat hulle doen om die verbeelde foute in hulle voorkoms te “herstel” dikwels teen kultureel aanvaarbare praktyke ingaan. Hierdie versteuring word op dieselfde manier as OCD behandel. 6.4 Opgaar versteuring (Hoarding disorder). Hierdie versteuring word gekenmerk deur drie eienskappe: - Oormatige versameling van objekte - Probleem om van enigiets ontslae te raak - Lewe met en tussen oormatige chaos Dit is nie ongewoon dat persone met hierdie versteuring se huise en erwe dikwels die aandag trek van bure en uiteindelik gesondheid amptenare nie. Die “opgaar” kan ook in die vorm van diere bv. katte of honde wees. Hierdie persone toon ‘n onvermoë om behoorlik vir die diere te sorg en om geskikte blyplek aan hulle te verskaf. Hierdie persone het dikwels geen insig in hulle probleem nie selfs al leef hulle in onhigiëniese omstandighede saam met die diere. Die behandeling en bestuur van hierdie versteuring is baie dieselfde as die vir OCD maar dit is moeilik en dikwels nie suksesvol nie omdat die individu met die versteuring nie insig toon in die feit dat hy/sy ‘n probleem het nie. 6.5 Trichotillomania (Haar uittrek ) en Excoriation (Velletjies aftrek) Hare uittrek versteuring: Herhaaldelike en kompulsiewe uittrek van hare wat lei tot opmerkbare haarverlies. Die hare word veral op die kop, soms ook wenkbroue en arms uitgetrek. Die versteuring kan ernstige sosiale gevolge hê en die persoon wat hierdeur geaffekteer word doen gewoonlik baie moeite om dit te verberg. Dit kom meer algemeen voor as wat gedink word en ook meer by vrouens as mans. Velletjies aftrek versteuring: Herhaaldelike en moeilik kontroleerbare kompulsie om velletjie af te trek. Dit kan lei tot beduidende skade, littekens en asook emosionele swaarkry by die individu. Tot onlangs is geglo dat hierdie gedrag plaasvind om spanning te verlig by die individu – wat wel so is in sommige gevalle, toon ‘n groot hoeveelheid dat spanning nie die oorsaak is nie en dat daar ook nie verligting van spanning kom deur die gedrag nie. Psigologiese behandeling skyn meer suksesvol te wees. Gewoonte-omkering- opleiding (habit reversal training) blyk die meeste sukses te behaal. Met hierdie behandeling word die pasiënt geleer om meer bewus te raak van die herhalende gedrag, veral wanneer dit net begin en dit dan te vervang met ‘n ander handeling bv. om kougom te kou, om room aan die gesig te smeer of ander gedrag/handelinge wat ook lekker is maar nie skadelik nie. LEEREENHEID 3: NEUROLOGIE IN ‘N OPVOEDKUNDIGE PERSPEKTIEF Die opsomming is verwerk uit Hoofstuk 15 van die voorgeskrewe handboek: Addressing Bariers to Learning. Vir verwysingdoeleindes word daar na die handboek verwys. Die senuweestelsel van die mens bestaan uit die ruggraat en die brein wat ‘n eenheid vorm. Die senuweestelsel is saamgestel uit biljoene verskillende senuweeselle (neurone). Die primêre funksie van die neurone is om senuwee impulse te skep en oor te dra. Daar is baie verskillende tipes neurone wat verskillende funksies verrig. Die senuweestelsel is in beheer van die integrering en kontrolering van alle liggaam funksies ***In die senuweestelsel kan twee dele geïdentifiseer word: Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die brein, die middelbrein, die breinstam en cerebellum en die medulla oblongata. Die sentrale senuweestelsel het ‘n prikkelbaarheid funksie. Dit wil sê dit het die vermoë om boodskappe vanaf eksterne en interne bronne te ontvang en daarop te reageer en dit van en na koördinerende sentrums in die liggaam te gelei. Die periferale senuweestelsel bestaan uit die verskillende senuwees wat vanaf die breinstam en die ruggraat na die res van die liggaam gaan. Daar is 43 pare senuwees wat weerskante van die ruggraat uitgaan. Van die * 43 pare kom 12 pare van die brein en die oorblywende 31 van die rugmurg Hierdie senuwees verdeel en kronkel deur die hele liggaam. Die periferale senuweestelsel bestaan uit twee dele naamlik die - Somatiese senuweestelsel: Kontroleer die skelet spiere om beweging moontlik te maak. - Outonomiese senuweestelsel. Outonomies beteken outomaties. Die outonomiese stelsel kontroleer die werking van die spiere in die ingewande, die kliere en are. Op sy beurt bestaan die outonomiese senuweestelsel uit: o **Parasimpatiese senuweestelsel: Bevorder die algemene vegetatiewe funksies van die liggaam soos die spysverteringstelsel, bloed sirkulasie en uitskeidings funksies. Dit speel ook ‘n rol in daaglikse roetines van liggaam funksies soos asemhaal en slaap. o **Simpatiese senuweestelsel: Mobiliseer (aktiveer) die hulpbronne van die liggaam in geval van noodgevalle. Dit is die simpatiese senuweestelsel wat in noodtoestande vir die liggaam krag gee om die menslik onmoontlike reg te kry bv. om ‘n stuk beton wat iemand vaspen, op te lig. Om dit makliker te maak om te leer, stel ek dit vir jou grafies voor: SENUWEESTELSEL SENTRALE PERIFERALE SENUWEESTELSEL SENUWEESTELSEL Brein, middelbrein, 43 pare senuwees wat vanaf breinstam, cerebellum, breinstam en ruggraat na die res medulla oblongata van die liggaam uitgaan. Ontvang boodskappe, reageer en gelei na res van liggaam SOMATIESE OUTONOMIESE SENUWEESTELSEL SENUWEESTELSEL Kontroleer skelet spiere Kontroleer werking van spiere om beweging moontlik in ingewande, kliere en are te maak PARASIMPATIESE SENUWEESTELSEL SIMPATIESE Bevorder algemene SENUWEESTELSEL vegetatiewe funksies: bloed Aktiveer hulpbronne sirkulasie, spysverteringstelsel van liggaam in geval en uitskeiding van noodgevalle Asemhaal en slaap Die voorstelling van die brein is vir die interessantheid geplaas. Jy hoef dit nie te leer nie. Kyk mooi na die verskillende areas van die brein – aangedui deur verskillende kleure. Jy kan duidelik sien watter dele van die brein vir watter funksies verantwoordelik is. Die sentrale senuweestelsel is saamgestel uit biljoene senuwee selle wat ons **neurone noem. Om die werking van die sentrale senuweestelsel te verstaan beweeg ons vanaf die kleinste deeltjie, die neuron na die verskillende dele van die brein tot by die brein as ‘n enkele orgaan. Om die werking van die sentrale senuwee stelsel te verstaan moet ons weet hoe ‘n enkele neuron funksioneer. Die neurone verskil in grootte en vorms en voer verskillende funksies in verskillende dele van die liggaam uit maar hulle bestaan min of meer uit dieselfde elemente. **Die primêre funksie van die neurone is om senuwee impulse op te wek en uit te voer. Die struktuur van die neuron:Om die beskrywing mooi te verstaan, kyk na die onderstaande voorstelling van ‘n neuron: Die neuron is ‘n selliggaam (cell body/soma) wat bestaan uit ‘n membraan of sakkie wat gevul is met verskillende vesels en vloeistowwe. Dit bevat ook ‘n nukleus **(selkern) wat die funksies en oorlewing van die neuron bepaal. Aan weerskante van die neuron is uitgroeisels. Die uitgroeisels by die ontvangs kant van impulse word die dendriete genoem en aan die kant waar die impuls vrygestel word is ‘n akson. Let daarop dat die akson een uitgroeisel is wat verskillende vertakkings aan die punt vorm. Hierdie akson kan tot ‘n meter lank word. Op die skets kan jy sien dat die akson alreeds by die sel liggaam (soma) begin. Die dendriete is weer verskillende uitgroeisels uit die soma. Hulle is kort en wys in verskillende rigtings. Dit is belangrik om te weet dat die hele neuron, van die dendriete af tot aan die einde van die akson deur dieselfde membraan bedek word. Die membraan is noodsaaklik vir die vervoer van impulse. Indien die neuron op een of ander manier beskadig word vorm daar ‘n litteken. Indien die skade beperk is, kan die neuron weer ander verbindings vorm en nuwe paaie vorm om die impulse oor te dra. Ons praat dan van die plastisiteit van die brein: Dit is die vermoë van die brein om beskadigde dele se funksies oor te neem en ‘n ander pad te maak waarlangs die impulse vervoer word. Die struktuur van die neuron: Wanneer ‘n impuls ontstaan kan dit nie net in die neuron bly nie. Die impuls moet van een neuron na ‘n ander oorgedra word tot op die punt waar die aksie uitgevoer word byvoorbeeld die hand wat wegruk van ‘n warm stoofplaat. Die neuron wat die **impuls aan die volgende neuron oordra word die pre-sinaptiese neuron genoem en die neuron wat die impuls ontvang is die post-sinaptiese neuron. By benadering is daar ongeveer 100 ander neurone waarmee 1 neuron in verbinding kan wees en kan 1 neuron ongeveer 100 impulse ontvang. By die oordrag van impuls van die een neuron na die volgende vind daar geen kontak plaas tussen die dendriete en aksone plaas nie. Hulle raak nie aan mekaar **nie. Die impuls word oorgedra met behulp van neuro-oordragstowwe. Die oordrag stowwe word geberg in punt van die akson en kan een van die volgende effekte hê: Dit stimuleer die wand van die neuron wat die impuls moet ontvang om dit te laat gebeur of die verhoed die oordrag van die impuls na die volgende neuron. Neurale ontwikkeling en groei: Neurone en die liggaam se senuweestelsel is met geboorte nog nie volledig ontwikkel nie. **Na geboorte ontwikkel die miëlien laag oor elke neuron. Die **doel van hierdie laag is om die senuwees (neurone) te bedek en te beskerm. **Die volwasse wording van die brein is ‘n fisiologiese proses waartydens die brein groei en verder ontwikkel. **Die korteks (buitenste gekreukelde deel van die brein) gaan voort om te ontwikkel deur die kinderjare tot in adolessensie, soos wat nuwe neurale verbindings gevorm word. Hoe meer neurale verbindings daar is, hoe beter funksioneer die brein. Die volwasse wording sluit ook die ontwikkeling van vaardighede soos die kontrole van impulsiwiteit en die verbetering van konsentrasie in. Die volwasse wording van die brein kan nie versnel word nie, maar deur sekere dele van die brein te stimuleer word die neurale paadjies van die brein gevorm wat die kind se brein ontwikkeling en doeltreffendheid om te leer, bevorder. Daarom is vroeë kinderontwikkeling wat gerig is op stimulering, so belangrik vir jong kinders. Die rol van ‘n gesonde dieet is ook onlosmaaklik aan brein ontwikkeling gekoppel. Verskillende dele van die brein: Die biljoene neurone wat in die senuweestelsel voorkom, sou geen funksie gehad het indien dit nie vir die brein was nie. Die senuweestelsel moet as ‘n eenheid gesien word aangesien dit in totaal ‘n funksionele eenheid vorm. Die verskillende dele werk saam en is van mekaar afhanklik. Die een kan nie sonder die ander funksioneer nie. Daar word nie ingegaan op die fisiologie van die brein nie maar daar gaan gekyk word wat die funksie van die spesifieke dele is en veral watter hindernisse veroorsaak word wanneer disfunksie voorkom. Die breinstam: Die breinstam is ‘n saamgestelde term vir die middelbrein, pons(brug) en medulla oblongata (verlengde ruggraat) en dien as verbinding tussen die brein, die rugmurg en die serebellum. Uit die breinstam loop 12 kraniale senuwees wat dinge soos asemhaling, sluk, sig en gehoor kontroleer. Gesig uitdrukkings word ook deur hierdie senuwees gekontroleer. **Die breinstam reguleer die asemhaling sisteem en die kardiovaskulêre sisteem outomaties. Dit is ook verantwoordelik vir die koördinering van spier funksies, handhawing van spiertonus en bepaling van bewussyn. Die middelbrein vorm deel van die breinstam en speel ‘n rol in die sig- en gehoor refleksies. Dit ontvang, rangskik en herlei impulse vanaf die oog of oor. Die motoriese senuwee paadjies kruis in die verlengde ruggraat (medulla oblongata). ‘n Besering aan die een kant van die brein sal dus ‘n effek hê op die motoriese funksionering van die liggaam aan die ander kant. Die middel van die brein: Hier word die talamus, die hipotalamus en die basale ganglia gevind. Die talamus word verdeel 2 dele, een in die linkerbrein en een in die regterbrein. **Die talamus is die hoof koördineerder van die brein. Dit korreleer die werking van al die dele van die brein en sorg dat alles saam funksioneer as ‘n geheel. Die talamus het die funksie om impulse aan te stuur of terug te hou. Dit kan voorkeur gee aan sekere impulse en minder belangrike impulse terug hou. Akute impulse, byvoorbeeld pyn of hitte sal voorkeur kry. **Die hipotalamus voer sy hoof funksies in samewerking met die pituïtêre klier. Die hipotalamus kom net onder die talamus voor en word beskryf as die kragtigste 4 gram weefsel in die hele menslike liggaam! Dit is betrokke in die meeste vorms van fisiese aktiwiteit. Die funksies van die hipotalamus in samewerking met die pituïtêre klier word in die volgende groepe verdeel: Die regulering van liggaamstemperatuur en dit wat daarmee gepaard gaan bv. sweet en die produksie van hitte in die liggaam Die regulering van die kardiovaskulêre funksies van die liggaam soos hartklop en bloeddruk. Die regulering van die metabolisme van die liggaam (honger, dors, spysvertering prosesse en water balans in die liggaam). Regulering van die afskeidings van die endokriene kliere wat baie liggaam funksies beïnvloed of kontroleer(metabolisme, groei, seksuele eienskappe, reproduktiewe prosesse). Regulering van die slaap siklus insluitend, slaap en wakker siklusse. Die talamus en hipotalamus is gesamentlik die kontrole sentrum vir ‘n individu se emosionele lewe. Die doelbewuste kontrolering van emosies deur middel van die brein is beperk – iets wat onderwysers moet onthou wanneer gekonfronteer word met leerders met woede uitbarstings of histeriese episodes. Die basale ganglia **Die basale ganglia speel ‘n noodsaaklike rol in liggaamsbeweging, veral ten opsigte van die kontrolering van spiere. Indien die basale ganglia beskadig word kan dit serebrale verlamming veroorsaak. Die serebellum **Die serebellum is die primêre sentrum vir die koördinasie van spier beweging wat die soepel en vloeibare uitvoering van verskillende ingewikkelde aksies moontlik maak. Die serebellum veral betrokke by drie tipes aktiwiteite: Balans Die regop postuur van die liggaam Die koördinering van vrywillige spier bewegings. Die instandhouding van die spiertonus is een van die basiese funksies van die serebellum. Die spiertonus is belangrik vir die handhawing en herstel van liggaam postuur en verleen stabiliteit vir die uitvoering van bewegings. Die spoed van ‘n mens se reflekse hang ook af van die spiertonus. Die serebrum Die “groot brein” soos wat ons dit van buite af sien staan bekend as die serebrum. Die buitenste wand van die serebrum staan bekend as die serebrale korteks. Dit bestaan uit biljoene neurone en die dikte wissel tussen 2.5 en 5 cm. Die serebrale korteks beslaan die grootste gedeelte van die brein. Om in die holte in die kopbeen te pas, vorm dit verskeie groefies en draaie. Die serebrale korteks saam met al die ander dele van die brein wat bo die breinstam voorkom word die serebrum genoem. Wanneer jy jou hande in vuiste maak en hulle teenmekaar sit sodat die duime langs mekaar is neem dit min of meer die vorm en grootte van jou brein aan. Net soos wat jou twee hande die vorm maak, bestaan die serebrum ook uit twee helftes wat bekend staan as die serebrale hemisfere. In gewone spreektaal praat ons van die linkerbrein en die regterbrein. Hierdie twee hemisfere is byna heeltemal geskei met hulle enigste verbinding diep binne in die **brein. Hierdie verbinding, word die corpus callosum genoem. Deur middel van die corpus callosum word inligting tussen die twee hemisfere geruil. Aan die buitekant van die korteks kan vier verskillende lobbe waargeneem word. Sien die skets op p3 van die aantekeninge Die frontale lobbe: Hier word al die motoriese uitsette van die liggaam (spier aktiwiteite) beplan en gekontroleer. Dit is ook hier waar die gevorderde verstandelike **funksies soos abstrakte en kritiese denke plaasvind. Indien die brein met ‘n orkes vergelyk word sal die frontale lobbe die dirigent wees. Disfunksie in hierdie lob kan aanleiding gee tot swak kort termyn geheue, impulsiwiteit, onvermoë om abstrak te dink en ‘n gebrek aan inisiatief en spontaniteit. Die pariëtale lobbe: Hierdie deel van die brein ontvang al die sensoriese impulse en stuur dit deur die liggaam. Disfunksie in hierdie lobbe lei tot probleme met ruimtelike oriëntasie, tasbare diskriminasie, visuele persepsie en geheue **Die temporale lobbe: Kontroleer alle gehoor verwante vermoëns en gepaardgaande taal aktiwiteite. Die limbiese lobbe: Is gemoeid met verskillende belangrike psigologiese funksies soos uitermatige aktiwiteit, aggressie, algemene emosies en geheue Die retikulêre sisteem: Die retikulêre sisteem is ‘n komplekse stel senuweeselle wat feitlik oor die hele senuweestelsel voorkom. **Dit dien as ‘n verbinding sisteem tussen die verspreide **senuwee sentrums in die senuweestelsel. Die belangrikste funksie van die retikulêre sisteem is om die insette en uitsette van senuwee impulse te reguleer. Elke oomblik van die dag word ons gebombardeer met letterlik honderde stimuli. Die retikulêre sisteem help ons om minder belangrike stimuli uit te sluit en te fokus op dit wat vir die oomblik van toepassing is. Die retikulêre sisteem stimuleer die korteks en maak dit gereed om die bepaalde sensoriese stimulus te ontvang. Hierdie sisteem kan nie onderskei tussen reg en verkeerd nie. **As die retikulêre sisteem aanhoudend blootgestel word aan dieselfde stimuli of boodskap, word dit aanvaar en oorgedra as die waarheid. Dit is waarom ‘n leerder wat oor en oor hoor dat hy/sy nie kan lees nie, uiteindelik nie in staat sal wees om te lees nie. Die basiese oorsake van breinskade: Daar is slegs ‘n paar maniere waarop breinselle (neurone) beskadig kan word: Weefsel skade: Verwys na die beskadiging van brein weefsel deur fisiese krag. Dit sluit ongelukke, geweld en ander trauma in. ** (Tekort aan suurstof): Dit is die grootste oorsaak van breinskade. Wanneer die suurstof toevoer na die brein onderbreek word, selfs vir net ‘n paar minute kan breinselle dood gaan. Die geboorteproses veral kan lei tot komplikasies wat die suurstof toevoer na die baba kan afsny en anoksie veroorsaak. Anoksie kan ook plaasvind as gevolg van versmoring, defekte in die longe of met die asemhaling. Sekere gifstowwe kan die vermoë van die bloed om suurstof te absorbeer en na die liggaamselle te vervoer vernietig. Iskemie is ‘n bloed defek wat veroorsaak dat die breinselle nie genoeg suurstof kry nie en beskadig raak. Dit lei daartoe dat gedeeltes van die brein nie bloed kry nie en breinskade tot gevolg het. Bloeding: Anoksie kan die wande van are in die brein beskadig en deursyfering van bloed in die brein in veroorsaak. Dit kan ‘n bloedklont tot gevolg hê. Dit kan ook drukking op die brein veroorsaak. ‘n Mens word soms gebore met ‘n oorgeërfde swakheid in die wande van are op ‘n sekere plek. Dit kan veroorsaak dat die aar by die swak plekke uitbult. Dit staan bekend as ‘n aneurisme wat kan bars en groot skade of dood tot gevolg het. Agnesis: Verwys na die abnormale ontwikkeling van die brein. Dit kan ‘n genetiese oorsaak hê of wees as gevolg van fisiese trauma. Displasie word veroorsaak deur die foutiewe ontwikkeling van weefsel. Dit lei daartoe dat sekere tipes weefsel in die brein voorkom wat nie daar behoort te wees nie. *Neoplasmas: ‘n Neoplasma is ‘n tumor(gewas). Dit is weefsel wat in die brein groei maar nie daar hoort nie soos bv. kankergewasse. Nie alle gewasse is kwaadaardig nie maar hulle teenwoordigheid in die brein veroorsaak drukking wat skadelik kan wees. LEEREENHEID 4: Gemoed- en ander versteurings Die inligting is verwerk uit: Barlow, D.H., Durand, V.M., Du Plessis, L.M. & Visser, C. 2017. Abnormal Child Psychology: An integrative approach. SA edition. Boston, MA: Cengage Learning INLEIDING Gevoelens van vreugde maar ook moedeloosheid kom by elke individu voor. Emosies vorm deel van die daaglikse lewe en vir baie mense is ‘n gevoel van moedeloosheid van verbygaande aard. Vir baie mense is dit ook moeilik om te verstaan dat gemoedsversteurings so alles oorheersend kan raak dat die geaffekteerde persoon nie meer wil lewe nie en dood as die enigste oplossing sien. 1. DEFINIERING VAN GEMOEDSVERSTEURINGS: - Gemoedsversteurings is van die mees algemene psigologiese versteuring. Daar is ‘n wêreldwye toename in gemoedsversteurings, veral by jongmense. - Alle gemoedsversteurings sluit een of albei van die volgende in: - ‘n Minder ernstige episode van manie wat nie die individu se daaglikse funksionering negatief affekteer nie word ‘n hipomaniese episode genoem - ‘n Maniese episode met gepaardgaande angs of depressie staan bekend as ‘n gemengde episode - ‘n Persoon wat net episodes van depressie ervaar het ‘n unipolêre versteuring - ‘n Persoon wat wissel tussen depressie en manie of hipomanie of wat een of meer episodes van manie of hipomanie ervaar het ‘n êêre versteuring. - Die identifiserende kenmerke van bipolêre versteurings is die voorkoms van herhalende episodes van gemoedsversteurings. Dit is dikwels ‘n afwisseling van maniese of hipomaniese episodes met major depressiewe episodes. - Siklotimiese versteuring (Cyclothymic disorder) is ‘n minder ernstige maar meer kroniese vorm van bipolêre versteuring gekenmerk deur minder ernstige depressie (minor depression) en hipomanie (hypomania). - Major depressiewe versteuring kan ‘n enkele episode of herhalend wees, maar elke episode het ‘n beperkte tydsduur. - In seker gevalle kan ‘n major depressiewe versteuring vir tot twee jaar duur. Dan staan dit bekend as ‘n kroniese major depressiewe periode - Distimie is ‘n ander vorm van depressie wat gekenmerk word deur minder ernstige simptome wat vir ‘n lang tyd voortduur. In sommige gevalle is daar minder simptome as met ‘n major depressiewe periode maar dit (distemie) kan tot vir twee jaar aanhou. - Dubbel Depressie is ‘n vorm van aanhoudende depressie waar die individu major depressiewe episodes sowel as distimie ervaar. 1.2 Diagnosering van gemoedsversteurings: - Gemoedsversteurings word deur professionele mediese personeel gediagnoseer met behu

Use Quizgecko on...
Browser
Browser