EBW Graad 7 Kwartaal 3 Studienotas PDF

Summary

This document from THINK DIGITAL ACADEMY is a Graad 7 study guide covering the definition and key characteristics of entrepreneurs. It provides examples of famous entrepreneurs like Elon Musk, Oprah Winfrey, and Jeff Bezos.

Full Transcript

Graad 7 Kwartaal 3 EBW Studienotas 1 DIE DEFINISIE EN KENMERKE VAN ‘n ENTREPRENEUR Definisie...

Graad 7 Kwartaal 3 EBW Studienotas 1 DIE DEFINISIE EN KENMERKE VAN ‘n ENTREPRENEUR Definisie Entrepreneur van Kenmerke Konsepte Die Entrepreneur Voorbeelde Entrepreneur van Gedefineer Entrepreneurs Definisie van konsepte: Entrepreneur 'n Besigheidspersoon wat organiseer, risiko's neem, geleenthede identifiseer, beplan, bestuur, en voordeel trek uit hulle moeite. Ambisie 'n Begeerte om 'n sekere doel te laat realiseer. Aanpasbaarheid Om planne en strategieë aan te pas in reaksie op omstandighede wat verander. Volharding Die kwaliteit om vasberade te bly ten spyte van uitdagings of moeilike situasies. 2 Entrepreneur Gedefineer: → 'n Entrepreneur verwys na 'n besigheidsindividu wat: → Die nodige hulpbronne organiseer om 'n besigheidsonderneming te vestig. → Nie bang om risiko's te vat nie. → Herken winsgewende geleenthede en voer 'n plan uit om dit te laat realiseer. → Ontwikkel 'n strategiese plan vir die besigheid. → Neem die verantwoordelikheid om die sakeonderneming te bestuur. → Maak 'n wins as die besigheid sukses behaal. Voorbeelde Van Entrepreneurs Elon Musk: Die visioenêr wat Tesla, SpaceX en Neuralink gestig het. Sy innoverende denke, ambisie en inspirerende leierskap was die sleutel tot sy sukses. Oprah Winfrey: Bekend vir haar geselsprogram, The Oprah Winfrey Show, en suksesvolle media-ondernemings soos Harpo Productions en die OWN Network. Haar uitsonderlike gehorebetrokkenheid het haar sukses aangevuur. Jeff Bezos: Sy visioenêre leierskap, kliëntgesentreerde benadering en fokus op langtermyngroei het Amazon se uitbreiding en uniekeheid oor mededingers aangedryf. 3 Entrepreneur Kenmerke: Hoe is meeste entrepreneurs? Kenmerke verwys na karaktereienskappe of -kwaliteite. Entrepreneurs word gewoonlik gebore met unieke kenmerke. Sommige van die belangrikste kenmerke is: 1. Hulle is gedissiplineerd, 2. Hulle is bereid om risiko's te neem, 3. Hulle is verantwoordelik, 4. Hulle is aanpasbare, lewenslange leerders, 5. Hulle is aangenaam in sosiale situasies, 6. Hulle is uitstekende leiers, 7. Hulle is vol optimisme en selfvertroue, 8. Hulle is ambisieus, 9. Hulle volhard tot die einde. Kenmerk 1: Hulle is gedissiplineerd → Entrepreneurs moet dissipline handhaaf om hulle idees in werklike besighede te omskep. → Hulle toon volle toewyding aan hul werk, en hulle moet dikwels verskillende take en rolle aanpak soos finansiële bestuur. → Hulle beplan altyd noukeurig vooruit en hulle bly by die plan. Kenmerk 2: Hulle is bereid om risiko's te neem → 'n Entrepreneur moet in staat wees om risiko's te neem, berekende risiko's. → Terwyl jy moontlike risiko's assesseer, moet jy ook die moontlike uitkomste skat. → 'n Berekende risiko kan dan geneem word omdat die uitkoms bereken is en daar voorbereiding gedoen word sou dit moontlik plaasvind. 4 Kenmerk 3: Hulle is verantwoordelik → Entrepreneurs besit 'n sterk sin van verantwoordelikheid. → Hulle is besluitnemers, en hulle neem eienaarskap van hul keuses en aksies. Kenmerk 4: Hulle is aanpasbare, lewenslange leerders → Entrepreneurs besit 'n sterk entoesiasme vir leer, insluitend om kennis te bekom van individue wat meer ervaring het as hulself. → Hulle leer aktief uit hul foute en sorg dat hulle nie dieselfde foute weer maak nie. → Entrepreneurs toon so aanpasbaarheid en buigsaamheid deur hul planne aan te pas in reaksie op veranderende omstandighede. Kenmerk 5: Hulle is aangenaam in sosiale situasies → Entrepreneurs besit gewoonlik uitstekende sosiale vaardighede wat hulle aktief help om netwerke en verbintenisse met ander te bou. → Entrepreneurs neem gereeld deel aan sosiale interaksies as 'n manier om hulle professionele kontakte uit te brei. Kenmerk 6: Hulle is uitstekende leiers → Entrepreneurs is uitstekende leiers en toon dikwels leierskapseienskappe in verskeie situasies. → Entrepreneurs is geneig om leiding te neem, en lei ander sodat hulle doelwitte kan realiseer. Kenmerk 7: Hulle is vol optimisme en selfvertroue → Die suksesvolste entrepreneurs bly vol selfvertroue, positief en kalm in moeilike tye en noodgevalle. → Hulle is selfversekerd en hanteer mislukkings met optimisme en selfvertroue. Hulle is geneig om te fokus op 'n logiese benadering om die probleem op te los eerder as om gefrustreerd of kwaad te word. 5 Kenmerk 8: Hulle is ambisieus → Ambisie in entrepreneurskap verwys na die begeerte om 'n doel te laat realiseer. → Entrepreneurs toon 'n sterk begeerte en vasberadenheid om hul doelwitte te bereik en hul visie tot lewe te bring. Kenmerk 9: Hulle volhard tot die einde → Entrepreneurs toon standvastige volharding, ongeag hoe moeilik 'n taak is. → Entrepreneurs gee nooit op nie as gevolg van hul sterk begeerte en vasberadenheid om hul doelwit te bereik en hul visie te laat realiseer. Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → In hierdie les het ons geleer oor wat entrepreneur wees beteken en die kenmerke of eienskappe wat noodsaaklik is vir entrepreneursukses. Terme Definisies Entrepreneur 'n Besigheidspersoon wat hulpbronne organiseer, risiko's aanvaar, winsgewendhede identifiseer, 'n strategiese plan skep, bedrywighede bestuur en wins maak uit 'n suksesvolle sakeonderneming. Entrepreneur kenmerke 'n Paar van die belangrikste kenmerke is: 1. Hulle is gedissiplineerd, 2. Hulle is bereid om risiko's te neem, 3. Hulle is verantwoordelik, 4. Hulle is aanpasbare, lewenslange leerders, 5. Hulle is aangenaam in sosiale situasies, 6. Hulle is uitstekende leiers, 7. Hulle is vol optimisme en selfvertroue, 8. Hulle is ambisieus, 9. Hulle volhard tot die einde. 6 Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ DIE VAARDIGHEDE VAN ‘N ENTREPRENEUR Kreatiewe Inspirerende Denkers Leiers Die Vaardighede van ‘n Entrepreneur Doeltreffende Self- Bestuurders Gemotiveerd 7 Definisie van konsepte Kenmerke Dit is spesiale eienskappe wat 'n persoon uniek maak. Vaardighede Vermoëns wat mettertyd aangeleer en ontwikkel kan word. Mark In besigheid verwys 'n mark na al die potensiële kliente wat dalk 'n produk of diens wil koop. Entrepreneur Dit is 'n persoon wat hul eie onderneming begin en die risiko's neem om wins te maak. Kreatiewe Denkers: → Entrepreneurs is uitstekend daarin om idees te produseer. → Hulle droom oor wat hulle wil bereik en dink aan maniere om dit te laat gebeur. → Hulle soek ook na geleenthede, wat genoem word “gapings in die mark”. Daarna vind hulle kreatiewe maniere om daardie probleem in die mark op te los. Self-Gemotiveerd: → Entrepreneurs is harde werkers wat hulself motiveer om gefokus te bly op die doel wat hulle gestel het. → Hulle beoefen dissipline en gebruik hul energie op 'n positiewe manier om hul besigheid op te bou. → Hulle motiveer hulself om nooit op te gee wanneer dinge moeilik is nie, omdat hulle die besigheid suksesvol wil maak. Doeltreffende Bestuurders: → Entrepreneurs is uitstekende beplanners en bestuurders van: Tyd, Mense, Finansies. → Hulle is uitstekend daarin om planne vlot en doeltreffend te bestuur om te verseker dat dit korrek, binne die tydsberekening en begroting, uitgevoer word. 8 Inspirerende Leiers: → Entrepreneurs kan ander inspireer en lei om toegewyd te bly aan die visie, selfs wanneer dinge moeilik of onseker is. → Hulle hanteer probleme met positiewe ingesteldheid en sien dit as geleentheid om te leer eerder as struikelblokke, en dan fokus hulle meer op oplossings. → Hul passie, volharding en probleemoplossing kan help om die ander spanlede te motiveer om die gestelde doelwitte te bereik. Ondersoekers Vasberade en Besluitnemers Beplanners Die Vaardighede van ‘n Entrepreneur Kommunikeer Uitnemende en Spanbouers Onderhandel Goed Vasberade Besluitnemers: → Entrepreneurs moet daagliks moeilike besluite maak, maar goeie entrepreneurs weet wanneer en hoe om belangrike besluite te neem. → 'n Belangrike deel van besluitneming is om vinnige besluite te neem, aangesien daar moontlik geleenthede verlore kan gaan as dit lank neem om 'n besluit te neem. 9 Kommunikeer en Onderhandel Goed: → Entrepreneurs moet in staat wees om op verskillende maniere met verskillende mense te kommunikeer. → Entrepreneurs se kommunikasie is duidelik en maklik om te verstaan, wat hulle help om hul visie en idees te verkoop. → Verder is hulle goed wanneer hulle moet onderhandel. Die vaardigheid stel hulle in staat om die beste prys te verseker, aan enige iemand goedere of dienste te verkoop, en enige meningsverskil op te los. Uitnemende Spanbouers: → Entrepreneurs kan op hul eie werk of in 'n groep. → Hulle weet ook hoe om sterk spanne te vorm. → Hulle verstaan die belangrikheid daarvan om ander toe te laat om hulle talente te gebruik en hulle weet wanneer die regte tyd is om take aan ander te gee. Ondersoekers en Beplanners: → Entrepreneurs weet hoe om inligting te bekom. Hulle is gefokus op die klein deel, maar hulle hou ook die groter prentjie in gedagte. → Hulle verstaan en bestudeer hul potensiële mark, die vermoëns van die werknemers wat hulle het en ook hul naaste mededingers. → Indien navorsing nie gedoen word nie, sal entrepreneurs nie weet wat hulle moet maak of doen om aan hul kliënte se behoeftes en begeertes te voldoen nie. Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → Entrepreneurs het nie net spesiale kenmerke nie, maar hulle het ook unieke vaardighede nodig om hul doel te bereik en hul visie 'n werklikheid te maak Terme Definisies Kreatiewe denkers Entrepreneurs produseer idees en vind kreatiewe oplossings vir markprobleme. Self-gemotiveerd Hulle is gedissiplineerd en werk hard aan hul besighede. Doeltreffende bestuurders Hulle beplan en organiseer take en bestuur tyd en geld effektief. Inspirerende leiers Hulle inspireer ander, selfs in moeilike situasies. Vasberade besluitnemers Hulle neem vinnig slim besluite. 10 Terme Definisies Kommunikeer en onderhandel goed Kommunikeer duidelik en onderhandel goed in verskillende situasies. Uitnemende spanbouers Hulle kan alleen werk of in 'n span en weet wanneer om te delegeer. Ondersoekers en beplanners Hulle vind belangrike inligting en hou kan fokus op klein besonderhede sowel as die groter prentjie. Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 11 ENTREPRENEURAKSIES Wins Slim Korrekte Aankope Prysbepaling Genering Suksesvolle Definisie Entrepreneursaksies van Verkope Konsepte Entrepreneursaksies: 1. Slim aankope 2. Korrekete prysbepaling 3. Suksevolle verkope 4. Wins generering 12 Definisie van konsepte Inkomste: Inkomste verwys na die geld wat ontvang word. Uitgawes: Uitgawes verwys na die geld wat uitgegee of spandeer word. Winsgrens: Winsgrens is die bykomende bedrag geld wat by die koste van 'n produk gevoeg word om die verkoopprys te bepaal. Wins: Wins is die geld wat oorbly nadat die koste van die verkoopprys afgetrek word wanneer jy iets verkoop. Slim Aankope: → Deur navorsing te doen en 'n goeie stelsel te hê om voorraad dop te hou, kan hulle help om te bepaal wat mense gereeld koop en regtig wil hê. → 'n Goeie stelsel sal entrepreneurs help om die voorraad te beheer en om te besluit: Wat om te koop, Waar om dit te koop, Om dit op die regte tyd te koop, Om die regte bedrag te betaal. Voorbeeld: Joanne het 'n klere winkel en tel voortdurend hoeveel items in die voorraadkamer is. Die stelsel help dan om: Te bepaal wat om te koop, soos bv. blou denim, asook die mees algemene en ongewone groottes, Die stelsel help om betroubare denim verskaffers te kontak, en rekord te hou van hoe lank dit neem om denim van die verskaffer af te ontvang. Sy kan dan dit tydig bestel sodat dit beskikbaar is wanneer die winter begin, Die stelsel help Joanne om te beplan en die koste van die denims dop te hou, sodat dit teen die regte prys gekoop en verkoop kan word. 13 Korrekte prysbepaling: → Wanneer entrepreneurs goedere of dienste verkoop, maak hulle seker dat meer geld inkom as wat dit kos om die produk of diens te lewer. Die bedrag word die word “winsgrens" genoem. → Die winsgrens, met ander woorde, is die ekstra bedrag wat by die koste van 'n produk of diens gevoeg word om die verkoopprys te bepaal. Voorbeeld: Joanne koop denims by haar verskaffer vir R250. Die koste van die verkoop van daardie produk, insluitend elektrisiteit, vervoer, stoor, advertensies en verpakking, beloop R80 per denim. Joanne wil ‘n wins van R170 maak. Dit beteken dat Joanne die prys vir elke denim R500 (R250 + R80 + R170) moet maak. Suksesvolle Verkope: → Daar is verskeie maniere om produkte te verkoop en te adverteer. → Persoonlike of direkte verkope, waar 'n verkooppersoon of entrepreneur direk met die kliënt werk, is die mees algemene vorm van verkope. → Die voorkoms van die besigheid, die handelsmerk, die kwaliteit van die produk of diens, en hoe kliënte behandel word, het 'n groot invloed op toekomstige besigheid. Voorbeeld: Joanne het altyd die regte grootte denims, die verkoopprys is goed, die kwaliteit van die denim is uitstekend, en die ervaring in die winkel is altyd 'n plesier. Dit beteken dat baie kliënte terugkom na die winkel om weer te koop. 14 Wins Generering: → Wins verwys na die geld wat verdien is nadat al die kostes van die verkoopprys afgetrek word. → Die hoeveelheid winste wat jy maak, hang af van verskillende faktore soos die kwaliteit van die produk en diens, die handelsmerk ens. → Hoe jy jou produkte prys, kan ook 'n groot invloed hê op jou winste: As jy die verkoopprys te laag stel, sal jy nie al jou uitgawes kan dek nie. As jy dit te hoog stel, dan sal min mense die produk of diens koop. 01 Weet wat om te koop, waar om dit te koop en wat om vir dit te betaal. 02 Doen navorsing, en stel die regte verkoopprys vas met ‘n goeie winsgrens. 03 Stel die nodige moeite in om jou produk of diens suksesvol te verkoop. 04 Die verkoopprys minus die koste sal ‘n wins vir die besigheid beteken. 15 Voorbeeld: Joanne het seker gemaak om die regte denims op die regte tyd en teen die regte prys te koop. Dit het dit moontlik gemaak om 'n verkoopprys te stel wat mense kan betaal. Joanne het ook uitstekende diens aangebied wat gelei het tot konstante verkope, en al hierdie stappe wat korrek gedoen is, Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → Suksesvolle entrepreneurs moet goed wees in die koop en verkoop van produkte. Hulle moet dink aan wat hulle kliënte sal koop en slim besluite neem oor wat om te koop en teen watter prys om dit te verkoop. Deur dit te doen, kan hulle 'n wins maak en 'n suksesvolle groeiende besigheid besit. Terme Definisies Slim aankope Entrepreneurs moet slim keuses maak wanneer hulle produkte of materiale koop deur kliëntvoorkeure in ag te neem en items van die regte tipe, kwaliteit, handelsmerk, kleur, styl, ens. te kies. Korrekete prysbepaling Wanneer entrepreneurs items verkoop, voeg hulle ekstra geld by om hulle koste te dek en 'n wins te maak. Dit word “winsgrens” genoem. Hulle bereken dit deur die koste van die produk, verkoopsuitgawes en gewenste wins bymekaar te tel wat dan vir hulle die verkoopprys sal gee. Suksevolle verkope Om suksesvol in besigheid te wees, moet entrepreneurs hulle produkte en dienste verkoop. Hulle kan op verskillende maniere verkoop, direk met kliënte te praat of hulle winkel aantreklik te maak. Hoe hulle kliënte hanteer, beïnvloed ook of hulle weer daar sal koop in die toekoms. Wins generering Wanneer entrepreneurs items verkoop, maak hulle geld genaamd wins. Hulle moet die regte prys vir hulle produkte stel. As dit te laag is, sal hulle nie hulle koste dek nie, maar as dit te hoog is, mag hulle moontlik minder items verkoop. 16 Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 17 KLANTE SE BEHOEFTES EN BEGEERTES Behoeftes Verbruikers- Begeertes Klante se Behoeftes Keuses en Begeertes Behoeftes: → Behoeftes is die basiese vereistes wat ons moet hê om ons lewens behoorlik te kan leef. → Besighede streef daarna om hierdie behoeftes te bevredig deur produkte of dienste aan hul klante te verskaf. Voorbeeld: Mense het klere nodig. Besighede bevredig hierdie behoefte deur hemde, broeke, skoene en so aan te produseer en dan aan hulle te verkoop. 18 Begeertes: → Begeertes verwys na die goedere en dienste waarvoor mense wens, maar wat nie absoluut nodig is vir oorlewing nie. → Besighede streef ook daarna om produkte en dienste aan hul klante te verskaf wat hierdie begeertes bevredig. Voorbeeld: Jy het 'n goeie funksionerende selfoon wat jy gebruik om jou vriende te bel, die internet deur te blaai en speletjies te speel. Nietemin, mag jy die nuutste selfoonmodel op die mark begeer. Hierdie nuwe selfoon is 'n 'begeerte' omdat jy steeds aan jou basiese behoefte om te kommunikeer kan voldoen met jou huidige selfoon. Verbuikerskeuses: → Nadat die verskil tussen behoeftes en begeertes bekend is, is dit maklik om te besef dat mense hulle behoeftes voor begeertes moet bevredig. → Besigheidsbestuurders en entrepreneurs moet verstaan wat die besluite van hul klante beïnvloed. → Hierdie kennis kan entrepreneurs help om beter aan die behoeftes en begeertes van hulle klante te voldoen met die produkte of dienste wat hulle bied. Verbruikerskeuses: Wetgewing: Wat volgens die wet toegelaat word. Prioriteite: Dit wat mense as die belangrikste ag. Oortuigings: Dit waarin mense glo. Begroting: Die plan van hoe geld, wat mense verwag om te verdien, spandeer gaan word en hoeveel oorbly of benodig word. 19 Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → Terwyl ons almal behoeftes en begeertes het, vorm verskeie faktore ons besluite oor watter goedere of dienste ons kies om daardie behoeftes en begeertes te bevredig. Terme Definisies Behoeftes Dinge wat verbruikers graag wil hê, maar sonder kan leef. Begeertes Dinge wat verbruikers graag wil hê, maar waarnsonder hulle kan leef. Verbruikerskeuses Daar is verskeie faktore wat beïnvloed hoe verbruikers besluite neem soos wette, oortuigings, prioriteite en begroting. Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 20 SWOT - ANALISE Die Verwesenliking SWOT-analise Doelwitstelling Van Doelwitte SWOT - Analise: SWOT staan vir: → Strengths (Sterk punte) → Weaknesses (Swakhede) → Opportunities (Geleenthede) → Threats (Bedreigings) Waarvoor word 'n SWOT-analise gebruik? → Deur te bou op sterkpunte en geleenthede te benut, kan besigheidseienaars voordeel trek uit 'n SWOT-analise. Daar is ook stappe wat geneem kan word om tekortkominge te versterk of uit te skakel. Sterk punte (Strengths) → Sterktes in besigheid verwys na die positiewe kenmerke of vermoëns binne die maatskappy wat 'n voordeel gee in vergelyking met jou mededingers. Voorbeeld: Uitstekende kwaliteit, Opgeleide en bekwame personeel, Unieke produk wat min ander mense kan doen. 21 Swakhede (Weaknesses) → Swakpunte is die interne beperkings. → Hierdie tekortkominge in 'n besigheid kan potensieel sy sukses belemmer. Voorbeeld: Geleë in 'n slegte area, Duur produkte. Geleenthede (Opportunities) → Geleenthede verwys na eksterne situasies of tendense. → Geleenthede is wonderlik, omdat 'n maatskappy daarop kan kapitaliseer om sy doelwitte te bereik. Voorbeeld: 'n Groot gebeurtenis wat baie deelnemers sal hê, 'n Bekendheid wat wil saamwerk, 'n Nuwe inkopiesentrum wat sou help om 'n tweede winkel oop te maak. Bedreigings (Threats) → Bedreigings is eksterne faktore wat uitdagings vir die besigheid stel. → Alhoewel hierdie nie altyd beheerbaar is nie, kan 'n maatskappy voorberei en strategiese beplanning doen om hul impak te verminder. Voorbeeld: Voortdurende beurtkrag wat dit moeilik maak om 'n besigheid te bedryf, Die pryse van jou materiale het gestyg, 'n Nuwe mededinger wat 'n uitstekende produk het wat soortgelyk is aan joune. 22 Hoe doen jy 'n SWOT-analise? → 'n SWOT-analise word gewoonlik in 'n rooster of tabel gedoen. → Jy bedryf 'n koekiebesigheid vanuit 'n klein winkel in die ou gedeelte van die dorp. Baie mense weet van jou koekies, wat nie net lekker is nie, maar ook pragtig is, iets wat niemand anders kan maak nie. → As jy dit te hoog stel, dan sal min mense die produk of diens koop. Koekiebesigheid: SWOT-analise Strengths (Sterk punte) Weaknesses (Swakhede) Jy maak elke jaar 'n wins. Mense besoek nie die ou dorp so Jy is die enigste koekie winkel gereeld nie as gevolg van die in die dorp. stygende misdaad. Klante ken jou en vertrou jou, Meer mense koop aanlyn, en jy en hulle vertel ander van jou het geen webwerf of winkel. afleweringsdiens nie. Opportunities (Geleenthede) Threats (Bedreigings) 'n Winkel in die winkelsentrum 'n Nuwe bakker het geopen waar mense gereeld heengaan wat ook koekies verkoop. het onlangs geopen. Mense maak hulself gereed vir Jy kan jou koekies adverteer op die somer en eet minder nuwe suiker. voedselafleweringsagteware. 23 Doelwitstelling: Wat is 'n doel? → 'n Doel is soos 'n eindstreep wat jy in jou besigheid wil bereik. → Vir besigheidseienaars is dit noodsaaklik om doelwitte, beide korttermyn en langtermyn, te hê. Dit help hulle om op die belangrike dele vir hul besigheid en hul klante te fokus. → Die SMARTER-benadering tot doelwitstelling is 'n fantastiese hulpmiddel om duidelike, realistiese doelwitte te stel en te verseker dat jy altyd op die regte pad is om dit te bereik. → SMARTER staan vir: Spesifiek: 'n Doel moet duidelik en spesifiek wees Meetbaar: Maak seker jy kan jou vordering meet Absoluut bereikbaar: Jou doel moet iets wees wat jy kan bereik Realisties: Dit moet realisties wees en pas by ander doelwitte wat jy het Tydgebonde: Jou doel moet 'n spesifieke sperdatum hê Eties: Jy moet jou doelwitte op 'n regverdige en eerlike manier bereik Rekords (Optekenbaar): Hou rekord, hersien en verbeter jou doelwitte Spesifiek Jy wil R3,000 verdien deur cupcakes te verkoop. Meetbaar Jy kan tel hoeveel geld jy elke keer verdien wanneer jy koekies verkoop, wat jou help om dop te hou hoe jy nader beweeg aan jou doel. Absoluut bereikbaar Jy mik om 3 koekies per dag te verkoop, wat haalbaar is. Realisties Dit sou nie sin maak om te mik om R3,000 in een dag te verdien deur slegs 1 koekie te verkoop nie. Maar om R3,000 in 3 maande te verdien deur 250 koekies te verkoop, 3 per dag, maak wel sin! Tydgebonde Jy het jouself 3 maande gegee om jou doel te bereik. Eties Jy maak seker dat jou toerusting skoon is en jy gebruik vars bestanddele. Rekords Jy het dalk 'n grafiek of 'n dagboek waarin jy aanteken hoeveel koekies jy elke dag verkoop en hoeveel geld jy verdien het. 24 Die Verwesenliking Van Doelwitte: Stap 1 Ontwerp 'n plan wat jy kan uitvoer. Stap 2 Neem die stappe wat jy beplan het en sit dit in aksie. Stap 3 Monitor konstant jou vordering om op die regte pad na jou doelwitte te bly. Stap 4 Geniet die beloning en die bereiking van jou doel, maar hersien en leer voortdurend uit jou ervarings. 25 Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → Om Sterktes en Swakhede te ken, en om eksterne Geleenthede en Bedreigings te identifiseer - word 'n SWOT-analise geneem. Deur die SMARTER-metode te gebruik verseker dat jou doelwitte duidelik, haalbaar, en eties nagestreef word. Sodra jy 'n doelwit stel, skep 'n plan, neem aksie, en monitor jou vordering, vier die sukses, maar reflekteer ook oor die ervaring. Terme Definisies SWOT-analise 'n SWOT-analise sluit die volgende in: Sterktes is wat jou besigheid beter doen as ander. Swakhede is dit wat jou besigheid kan terughou. Geleenthede is dinge buite jou besigheid wat kan help om dit te laat groei. Bedreigings is dinge buite jou besigheid wat probleme kan veroorsaak, maar jy kan beplan om hul impak te verminder. Doelwitstelling Die SMARTER-metode is 'n goeie manier om duidelike en haalbare doelwitte te stel. Dit staan vir: Spesifiek (duidelik en gedefinieer), Meetbaar (opspoorbaar), Absoluut bereikbaar / haalbaar (moontlik), Realisties (pas by jou ander doelwitte), Tydgebonde (het 'n sperdatum), Eties (regverdig en eerlik), Rekords / Optekenbaar (jy kan jou vordering hersien en analiseer). Die verwesenliking van doelwitte 'n Goeie manier om doelwitte te bereik is om: Stap 1 - 'n Plan uit te werk wat jy kan uitvoer. Stap 2 - Neem die stappe wat jy beplan het en sit dit in aksie. Stap 3 - Monitor voortdurend jou vordering om op koers te bly. Stap 4 - Geniet die beloning van die verwesenliking van jou doelwit, maar hersien en leer voortdurend uit jou ervarings. 26 Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 27 REKLAME Gedrukte Digitale Media Media Reklame Buitelug- Uitsaai- Media Media Definisie van konsepte Advertering Verwys na aandag trek om produkte of dienste te bevorder en te verkoop. Media Verwys na die verskillende kanale of platforms wat gebruik word om inligting te kommunikeer of te deel. Handelsmerk 'n Unieke beeld of naam wat 'n maatskappy, produk of diens onderskei van ander. Teiken groep/mark 'n Spesifieke groep mense waarvoor 'n produk, diens of boodskap spesifiek bedoel is. 28 Reklame: Wat is reklame? → Reklame is 'n manier wat besighede gebruik om die aandag van hul teikengroep te vestig op 'n produk of 'n diens wat aan hulle verkoop kan word. Reklame se hoofdoel Reklam het 'n belangrike funksie in besigheid. Dit stel verskeie nuwe items bekend aan die publiek, Dit maak mense bewus van die produkte en dienste wat die besigheid aanbied, Dit help mense om te besef dat hulle die produk of diens wil hê, Om die teikengroepe te oorreed dat jou besigheid hulle probleme kan oplos, Dit help om die besigheid se handelsmerk te versterk, Dit help die verkoopsman te help om die regte inligting oor te dra, Dit moedig klante aan om inligting te versoek en meer te leer. Goeie advertensies Vereistes: Aandag (Kry en hou die aandag van die teikengehoor.) "Interest" Belangstelling (Wen die belangstelling van die teikengehoor.) "Desire" Begeerte (Skep 'n begeerte.) Aksie (Moet 'n "roep tot aksie" hê, soos "KOOP NOU".) Verskillende reklame vorme → Media Daar is verskillende mediavorme vir reklame: → Gedrukte media Koerante, brosjures tydskrifte, strooibiljette en pamflette. → Uitsaaimedia TV, radio. → Digitale media Sosiale media, digitale boodskappe soos e-pos, SMS ens. → Buitelugmedia Mure, brûe, advertensieborde, vliegtuigbanier. 29 Gedrukte Media: Wat is gedrukte media reklame? → Gedrukte media verwys na bemarkingsboodskappe wat gedruk word op verskeie mediums soos koerante, tydskrifte en pamflette. Gedrukte media → Gedrukte media-reklame sluit tydskrifte en koerante wat verder verdeel kan word in: Plaaslik/Gemeenskapsgebaseerd, Nasionaal. → Die prys vir 'n gedrukte advertensie hang gewoonlik af van die aantal lesers en die gewildheid van die koerant of tydskrif. Hoe meer lesers 'n koerant of tydskrif het, hoe meer kos dit om daar te adverteer. → Pamflette val ook onder gedrukte media en word dikwels versprei in persoonlike poshokkies, motorvensters of direk aan mense gegee. Gedrukte Media Koerante Die Positiewe Die Negatiewe Dit kan 'n groot gehoor groep bereik. Koerante word weggegooi. Dit kan verskillende streke dek. Groot besighede kan advertensieruimte Dit is die goedkoopste en so, die mees domineer. bekostigbare vorm van gedrukte media. Advertensieruimte kan duur wees, afhangende Advertensies kan herhaaldelik deur lesers van die frekwensie, die grootte en ligging. gesien word. Mededingers kan jou advertensies sien en Lesers kan advertensies stoor en daarna vinnig reageer. verwys. Sommige advertensies is slegs in swart en wit. Mense verkies vandag digitale vorme. 30 Gedrukte Media Tydskrifte Die Positiewe Die Negatiewe Advertensies in tydskrifte kan 'n langdurige Tydskrifte bedien dikwels 'n nisgehoor, wat hul impak hê omdat lesers geneig is om meer bereik beperk. tyd daaraan te bestee. Dit kan duur wees as gevolg van hoë Dit kan produkmonsters insluit. produksiekoste. Dit is ideaal vir die advertering van luukse Tydskrifte verskyn nie so gereeld soos koerante handelsmerke. nie, dus kan die tydsberekening vir 'n Dit het gewoonlik 'n visueel aantreklike advertensie uitdagend wees. ontwerp. Dit kan 'n spesifieke gehoor bereik, soos sportliefhebbers in 'n sporttydskrif. Gedrukte Media Pamflette Die Positiewe Die Negatiewe Dit is relatief goedkoop om te produseer. Dit word dikwels gesien as ongewenste pos en Dit is maklik om te versprei. word gereeld weggegooi. Dit kan gerig word op 'n spesifieke gehoor. Dit mag nie effektief wees vir 'n groot gehoor Dit bied buigsaamheid in terme van nie. grootte, hoeveelheid en papierkwaliteit om Dit kan dikwels 'n swak indruk maak op die binne die besigheid se reklame begroting te besigheid se handelsmerk. pas. 31 Uitsaai Media: Wat is uitsaaireklame? → Uitsaaireklame behels die gebruik van radio- en televisieplatforms om inligting te lewer om 'n spesifieke teikengroepe of breër mark te bereik. Uitsaaimedia → Uitsaaimedia gebruik radio en televisie as mediums vir advertensies. → Radiostasies kan plaaslik, streekgebonde of nasionaal wees, en sommige groot handelaars het selfs hul eie radiostasies. → Televisie-advertering is gewoonlik op 'n nasionale skaal. Uitsaaimedia Televisie Die Positiewe Die Negatiewe Advertensies kan gesien en gehoor word, Dit is duur, wat 'n groot afskrikmiddel vir wat hulle potensieel meer impakvol maak sommige besighede kan wees. as radioadvertensies. Advertensies is dikwels kort en vinnig, wat dit TV kan 'n wye gehoor vinnig bereik. moeilik kan maak vir kykers om die boodskap Selektiewe groepe kan geteiken word deur te onthou. spesifieke tydgleuwe en programme te Die hoeveelheid inligting wat oorgedra kan gebruik. word, word beperk deur die lengte van die TV is 'n gewilde vorm van vermaak, dus advertensie, wat ongeveer 30 sekondes is. baie mense sal waarskynlik die advertensies sien. 32 Uitsaaimedia Radio Die Positiewe Die Negatiewe Advertensies word gereeld uitgesaai, wat Advertensies is slegs klankgebaseerd, sonder 'n die kans vergroot dat dit opgemerk sal visuele element. word. Radio-advertensies is kort en slegs hoorbaar vir Radio kan 'n spesifieke gehoor teiken. 'n kort tydperk. Radio-uitsendings is toeganklik op verskillende plekke, soos in motors, in openbare vervoer, of terwyl mens loop. Radioreklame is gewoonlik meer bekostigbaar as ander massamedia-opsies. Buitelugmedia: Wat is buitelugmedia-reklame? → Buitelug-advertering behels inligting wat vertoon word op plakkate, aanplakborde en verskeie openbare of mobiele plekke. Buitelugmedia Advertensieborde Die Positiewe Die Negatiewe Dit is relatief bekostigbaar om plakkate te Die inhoud van die advertensie is beperk in gebruik. grootte. Die advertensies word voortdurend deur Dit kan slegs 'n gehoor in 'n spesifieke area die teikenmark beskou. bereik. Mense kan die advertensie herhaaldelik oor Dit is nie ideaal vir korttermynadvertensies nie. 'n lang tydperk sien. Ligging is van groot belang, tipies geplaas in Dit kan 'n sterk impak hê deur 'n vinnige, hoë-verkeerareas. eenvoudige boodskap aan 'n groot gehoor Blootstellingstyd kan kort wees (mense ry te lewer. verby). Daar is slegs 'n beperkte aantal geskikte plekke vir buitemedia. 33 Digitale Media: Wat is digitale media? → Sosiale en digitale media maak dit moontlik dat advertensies gedeel kan word deur middel van digitale platforms soos e-pos, mikroblogs soos Twitter, sosiale netwerke soos Facebook en Instagram, of video-deelplatforms soos YouTube en TikTok. Digitale Media Die Positiewe Die Negatiewe Sosiale media kan vinnig 'n teikengehoor Advertensies kan verhoog word deur bereik. sagteware. Dit bied ruimte vir kreatiewe advertensies. Die veld kan hoogs mededingend wees. Sosiale media gee potensiële klante 'n Gebruikers besoek dikwels sosiale media- gevoel van verbondenheid en webwerwe vir persoonlike interaksie en mag eksklusiwiteit. nie baie aandag aan advertensies skenk nie. Advertensies kan gesien en soms gehoor Advertensies op sosiale media is dikwels meer word. informatief as oorreedend. Hierdie tipe advertensies is gewoonlik Advertensies moet aangepas word vir kostedoeltreffend. verskillende toestelle. 34 Sleutelterme: Kom ons kyk na die sleutelterme. → Advertering is 'n manier om die aandag van jou teikengehoor te trek om iets soos 'n produk of 'n diens te verkoop. Die doel van advertering is om mense bewus te maak van wat jy aanbied en om jou handelsmerk te bou. Jy kan verskillende mediavorme gebruik vir advertering; soos gedrukte koerante, brosjures en tydskrifte; uitsending op die radio of televisie; buitemedia soos advertensieborde; of digitale media soos sosiale media. Terme Definisies Gedrukte media Gedrukte media reklame verwys na promosie inligting wat op verskeie mediums soos koerante, tydskrifte, en pamflette gedruk word om spesifieke of breë groepe te bereik. Dit sluit voordeel in soos 'n wye gehoor wat bereik word en kan visueel aantreklik wees, maar dit kom ook met uitdagings soos hoë koste en verminderde impak vergeleke met die opsies van digitale media. Uitsaaimedia Uitsaaimedia reklame behels die gebruik van radio- en televisieplatforms om advertensies oor te stuur. Terwyl dit voordeel bied soos 'n wye gehoor bereik en dat dit met die gebruik van audio-visuele elemente groot impak het, word dit ook gekenmerk met uitdagings soos hoë koste, mededinging tussen advertensies vir die beste spasie, en die kort-lengte waarin die boodskap oorgedra moet word. Buitelugmedia Buitelugmedia-advertensies behels advertensies op reklameborde, plakkate, en verskeie openbare plekke. Dit bied die voordeel dat dit relatief goedkoop is en kan herhaaldelik gesien word, wat 'n vinnige, impakvolle indruk maak op 'n gehoor. Dit word gekenmerk deur ligging en uitsigbaarheid, en dit vereis gewoonlik 'n langtermynstrategie om suksesvol te wees. Digitale media Sosiale en digitale media reklame behels advertensies van produkte of dienste deur middel van e-pos, Twitter, Facebook, YouTube ens. Dit is bekostigbaar en vinnig om te versprei, bied 'n kreatiewe advertensiewat interaktief kan wees, maar word ook gekenmerk deur uitdagings soos advertensie stop, hoë mededinging, aanpassings vir verskeie toestelle en dat gebruikers dit mag sien as sosiale proses. 35 Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 36 BEGROTING VIR ENTREPRENEURSDAG Bepaal die Begroting Verkoopsprys Beplanning Begroting vir Entrepreneursdag Berekening Hulpbron van die Koste Beplanning Definisie van konsepte Begroting 'n Plan waar beraam word hoe die inkomste wat verwag word oor 'n sekere tydperk te spandeer. Surplus Surplus in begrotings verwys na die geld as wat die beplande uitgawes is. Hulpbronne Wat jy of die besigheid beskikbaar het, soos tyd, materiaal of geld, om 'n taak te verrig of 'n doelwit te bereik. Kapitaal begroting Kapitaal in kapitaalbegroting is geld wat die besigheid gebruik vir duur, langtermynprojekte soos om toerusting te koop. 37 Begroting Beplanning: Hoekom het entrepreneurs 'n begroting nodig? → 'n Begroting is 'n instrument wat entrepreneurs gebruik om hul geld te bestuur. → Daar is twee tipes besigheidsbegrotings, naamlik kapitaalbegrotings en kontantbegrotings. Besigheids begrotings Kontantbegrotings: 'n Kontantbegroting help 'n besigheid om sy daaglikse finansiële behoeftes te beplan. Dit lys moontlike inkomste bronne en uitgawes voor die nuwe finansiële jaar, maar dit word maandeliks hersien en aangepas om te verseker dat die besigheid daaglikse koste kan dek deur nie meer te bestee as wat beskikbaar is nie. Kapitaalbegrotings: 'n Kapitaalbegroting is vir langtermyn bates, met ander woorde items soos die aankoop van toerusting, meubels, gereedskap, voertuie, of die skepping van 'n nuwe produk wat voordele oor tyd sal verskaf. Begroting vir Maart 2023 (R) Maandelikse Inkomste 2500 Worsbroodjies 1900 Koeldranke 600 Maandelikse Uitgawes (1750) Brood 100 Vleis 550 Koeldranke 250 Gas vir braai 150 Salaris 700 KONTANT SURPLUS 750 38 Kapitaalbegroting Kapitaal Begroting vir jaar 2023 (R) Koek Toerusting 1700 Gasbraaier 1000 Koelboks 700 Stalletjie toerusting 1000 Sambreel 300 Tafels 500 Stoele 200 Veiligheidstoerusting 500 Geld kluis 500 TOTALE BEGROTING 3200 Hulpbron Beplanning: Het jy duur materiaal nodig? → Entrepreneurs is kreatief en hulle vind dikwels maniere om min geld in 'n besigheid in te sit sodat hulle soveel moontlik wins kan maak. → Entrepreneurs kan hulle kreatiwiteit gebruik om probleme op te los met nuwe produkte of dienste. → Hulle probeer om koste laag te hou om meer wins te maak. → Daarom kan entrepreneurs nuwe ondernemings begin en nuttige produkte maak deur herwonne materiale in nuwe items te verander. Voorbeeld: Vir Entrepreneursdag, kan jy ook herwonne materiale hergebruik vir nuwe, unieke produkte. Maak kuns van ou metaal items, Maak speelgoed uit palet hout, Gebruik herwonne bokse vir verpakking. 39 Berekening van die Koste: Waarom is kosteberekening belangrik? → Koste berekening is belangrik omdat dit die entrepreneur help om te verstaan hoeveel geld nodig is om die besigheid aan die gang te hou en hoeveel om vir elke item te vra sodat hulle 'n wins maak. Berekening van die koste → Die volgende twee finansiële konsepte moet verstaan word om 'n besigheid te bedryf en slim pryse te stel: Vaste koste, Veranderlike koste. → Hierdie terme verwys na die verskillende tipes uitgawes wat in die berekening verstaan moet word en hoe dit verband hou met die hoeveelheid items wat jy verkoop. Berekening van die koste: Vaste koste → Vaste koste is 'n belangrike konsep om te verstaan hoe 'n besigheid funksioneer en winsgewend bly. → Hierdie koste is die vaste kostes wat nie verander saam met die hoeveelheid goedere of dienste wat vervaardig of verkoop word nie. Voorbeeld: Die huur vir 'n markstalletjie, Die aankoop van 'n braaimasjien. Berekening van die koste: Veranderlike koste → Veranderlike koste is daardie uitgawes wat in verhouding tot die aktiwiteit van 'n besigheid se verkope verander. Voorbeeld: Neem 'n worsbroodjie-en koeldrankstalletjie. Daar is sommige koste wat sal wissel met die aantal items wat jy verkoop. Hierdie koste kan insluit: Die wors en broodjies, Verpakkings materiaal. 40 Bepaal die Verkoopsprys: Waarom is die verkoopprys belangrik? → As die verkoopprys nie al die koste dek en 'n wins verskaf nie, dan sal die besigheid misluk. Bepaal die verkoopprys Stap 1 Bereken die kosprys. Stap 2 Bepaal jou winsgrens. Stap 3 Bereken die verkoopprys. Stap 4 Verkoop die produk of diens. 41 Bepaal die Verkoopprys 1. Bereken die kosprys: Om die verkoopprys te bepaal, moet jy eers die kosprys uitwerk. Dit is die totale koste wat jy moet betaal om die worsbroodjie en koeldrank te maak of te koop. 2. Bepaal jou winsgrens: Nadat jy jou kosprys ken, moet daar bepaal word hoeveel ekstra geld of wins jy wil verdien op elke item. Hierdie ekstra geld staan ook bekend as jou "winsgrens". 3. Bereken die verkoopprys: Tel dan die kosprys en jou winsgrens bymekaar om jou verkoopprys te kry. Dit is die prys waartene jy jou worsbroodjies of koeldranke gaan bemark en verkoop. 4. Verkoop die produk of diens: Volgende is wanneer jou stalletjie 'n worsbroodjie of koeldrank verkoop. Die geld wat jy dadelik uit hierdie verkope maak, staan bekend as 'inkomste'. Voorbeeld: Veronderstel dit kos jou R15 om die bestanddele te koop wat nodig is om jou worsbroodjie te maak. Hierdie R15 is jou kosprys. Jy besluit dat jy 'n ekstra R10 bo-op jou koste wil verdien. Dus is R10 jou winsgrens. Om jou verkoopprys te kry, voeg jy jou kosprys (R15) en jou winsgrens (R10) saam, wat dan R25 is. Dus moet die verkoopprys van jou worsbroodjie R25 wees. Dit verseker dat jy jou kostes dek en ook 'n wins maak. In 'n formule lyk dit soos volg: Kosprys + Winsgrens = Verkoopprys R15 + R10 = R25. Sleutelterme: Kom ons hersien die sleutelterme. → 'n Begroting is 'n hulpmiddel wat entrepreneurs gebruik om geld te bestuur. Kosteberekening is belangrik omdat dit die entrepreneur help om te verstaan hoeveel geld nodig is om die besigheid aan die gang te hou en hoeveel om vir elke item te vra sodat daar wins is. Bereken eers die kosprys, bepaal die winsgrens, bereken dan die verkoopprys met die bedrae (Kosprys + Winsgrens = Verkoopprys). 42 Terme Definisies Begroting 'n Plan oor hoe om jou geld oor 'n sekere tydperk te spandeer. Kontantbegroting 'n Kontantbegroting help 'n besigheid om sy daaglikse finansiële behoeftes te beplan. Dit word maandeliks hersien en aangepas om te verseker dat die besigheid daaglikse koste kan dek deur nie meer as die beskikbare fondse te gebruik nie. Kapitaalbegroting Kapitaal in kapitaalbegroting is geld wat besigheid gebruik vir groot, langtermynprojekte soos die aankoop van toerusting, voertuie ens. Vaste Koste Vaste koste is konstant en verander nie met die hoeveelheid goedere of dienste wat vervaardig of verkoop word nie. Veranderlike Koste Veranderlike koste is daardie uitgawes wat verander in verhouding tot die aktiwiteit van 'n besigheid. Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ 43 ENTREPRENEURSDAG Sake-idee Formulering Maak 'n Trek 'n Inkomste- en Entrepreneursdag Sakeplan op Uitgawe staat Definisie van konsepte Entrepreneur: 'n Besigheidspersoon wat geleenthede in besigheid identifiseer, hulpbronne organiseer, risiko's neem en wins maak uit hul pogings. Marknavorsing: Die ondersoek na wat die markte wil hê vir goedere en dienste. Vind uit wat mense dink oor jou produkte. Besigheidsplan: Stel vrae oor jou besigheid en vind antwoorde wat sal lei tot die sukses van jou besigheid. Inkomste staat: 'n Verslag van al die besigheid se geld wat ontvang is en al sy uitgawes. 44 Sake-Idee Formulering: → Entrepreneurs is voortdurend besig om nuwe idees te bestudeer of aan verbeteringe te dink. → Entrepreneurs neem risiko's om hul idees 'n werklikheid te maak en dit te laat groei tot 'n suksesvolle besigheid Wanneer jy 'n nuwe besigheid begin, moet jy... → Soek jou verskaffers. → Identifiseer 'n gaping in die mark. → Wees bewus van kompetisie in die mark. → Kies 'n produk of diens wat by die behoeftes en begeertes pas. → Identifiseer die teikenmark. Teikenmark → Ondernemers moet hul teikenmark ontdek en inligting daaroor uitvind. → Vind uit: Ouderdomsgroep, Persoonlikheidsprofiel, Geslag, Inkomste, Opvoeding, Spesifieke voorkeure, Wat hulle van jou besigheid dink. → Dit word marknavorsing genoem. Marknavorsing: Onderhoud: Persoonlike onderhoude Telefoonoproepe Deur-tot-deur in jou Vraelys: gemeenskap Die vrae moet relevant, presies en maklik om te verstaan wees. 45 Trek ‘n Sakeplan op: Wat is 'n sakeplan? → 'n Sakeplan is 'n opsomming van die spesifieke stappe en prosesse wat 'n entrepreneur moet implementeer om 'n besigheid te begin en suksesvol te laat groei. Die entrepreneur gebruik dit om vrae oor die besigheid neer te skryf en oplossings te vind. Sakeplan: 'n Besigheidsplan behoort te beskryf: Wanneer jou besigheid beskikbaar sal wees, Waar jou besigheid geplaas sal wees, Hoe en hoekom jy jou besigheid bedryf. Sakeplan Formaat Omslag Met besigheidsnaam, logo, tipe besigheid, ondernemer se naam en besonderhede. Inhoudsopgawe Lys die hoofpunte in die besigheidsplan. Beskrywing Verduidelik meer oor die produk of diens en hoe dit gebruik sal word. Doelwitte Sluit datums in, wanneer die entrepreneur sekere dinge wil bereik. Eienaars Dit gaan oor die entrepreneur se vaardighede en karakter en hoe hy/sy die besigheid suksesvol kan maak. Produksieplan Beskryf toerusting wat nodig is en hoe die produk gemaak sal word, of die diens gelewer sal word. Bemarkingsplan Bespreek die teikenmark en advertensiestrategieë. Bestuursplan Verduidelik die rolle en verantwoordelikhede van die entrepreneurs en die span. SWOT-analise en Sterktes, swakhede, geleenthede en bedreigings van die besigheid. gevolgtrekking Finansiële plan Wys berekeninge en potensiële inkomste en uitgawes. Aanhangsels Enige relevante ondersteunende dokumente. 46 Stel die besigheid bekend: Die 4 P’s van bemarking Produkbeleid Prysbeleid Plekbeleid Promosiebeleid Maak ‘n Inkomste en Uitgawestaat: → Inkomste is al die geld wat in die besigheid inkom deur produkte te verkoop of dienste te lewer. → Uitgawes is al die geld wat bestee word om die besigheid te bedryf. → Inkomste - Uitgawes = Wins / Verlies → Die inkomste- en uitgawesstaat weerspieël die finansiële transaksies en die resultaat van die besigheid. Voorbeeld: Inkomste- en Uitgawesstaat van Soet Seep vir die jaar geëindig Junie 2023 Inkomste 2250 Verkope 1750 Donasies 500 Uitgawes (550) Seep basis 100 Geurmiddels 200 Verpakking 250 WINS / VERLIES 1700 Sleutelterme: Kom ons hersien die sleutelterme. → Wanneer jy 'n nuwe besigheid begin, moet jy eers 'n gaping in die mark identifiseer. → Besluit op 'n produk of diens wat aan die mark se behoeftes en begeertes sal voldoen. → Jy moet jou teikenmark identifiseer, wie sal jou produkte koop of vir jou dienste betaal? → Dit is belangrik om marknavorsing te doen om wyse besigheidsbesluite te neem. → Al hierdie inligting sal in jou besigheidsplan ingesluit word. 47 Terme Definisies Marknavorsing Bestudeer wat die mark wil hê vir goedere en dienste. Vind uit wat mense van jou produkte dink. Sakeplan Vra vrae oor jou besigheid en vind antwoorde wat sal lei tot jou besigheid se sukses. Teikenmark 'n Spesifieke groep verbruikers wat jou produk of diens sal koop. Produkbeleid -Voldoen hierdie produk aan die verbruikers se behoeftes? Prysbeleid - Is die prys billik? Sal mense daarvoor betaal? Die 4 P’s van bemarking Plekbeleid - Is die ligging gerieflik vir verbruikers? Promosiebeleid - Stel jou produk bekend deur advertensies en publisiteit. Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ` 48 OORSAKE VAN SOSIO- EKONOMIESE WANBALANSE Armoede Werkloosheid Onderwys Apartheid Oorsake van Sosio- MIV en Vigs Ekonomiese Wanbalanse Definisie van konsepte Sosio-ekonomies: Sosiale en ekonomiese faktore. Infrastruktuur: Eenvoudige strukture en fasiliteite wat deur mense en besighede in 'n land gebruik word. Resessie: 'n Tydperk waarin die ekonomie afneem en inkomste daal, gevolglik styg armoede en werkloosheid sterk. Toeganklikheid: Wanneer iets beskikbaar is om gebruik te word. 49 Apartheid: Wat is apartheid? → In 1948 het die regering die apartheidbeleid geïmplementeer waardeur Suid-Afrikaanse mense in rassegroepe verdeel was. Alles was afhanklik van ras, waar 'n persoon gewerk het, gewoon het, skool toe gegaan het. Mense het nie dieselfde gelyke geleenthede gehad nie. → Onderwys is geweldig beïnvloed deur die apartheidbeleid, in die sin dat verskillende rassegroepe verskillende kwaliteit onderwys ontvang het. → Daar is meer geld bestee aan die opvoeding van blanke kinders as bestee is aan kinders van kleur. → Baie kinders is nie toegelaat om in hul eie moedertaal te leer nie. Armoede: Byna 50% van Suid-Afrika se bevolking leef in armoede. → Basiese behoeftes soos kos en behuising word nie bevredig nie. → Skoon water, sanitasie en elektrisiteit is nie beskikbaar nie. → Vatbaar vir siektes as gevolg van 'n gebrek aan gesondheidsorg. → Vatbaar vir siektes as gevolg van wanvoeding. → Gebrek aan onderwys en vaardigheidsopleiding. Hoe beïnvloed armoede die ekonomie: Mense in armoede het nie geld om 'n besigheid te begin of by te dra tot die ekonomie nie. Hulle kan nie ontsnap uit die siklus van armoede nie. Hul kinders sal waarskynlik nie 'n kwaliteitsonderrig ontvang of goeie geleenthede hê nie, en daarom sal hulle nie in staat wees om bo hul omstandighede uit te styg nie. Werkloosheid: Wat is werkloosheid? → Werkloosheid is wanneer daar nie genoeg werk is vir mense nie, alhoewel mense gretig en beskikbaar is om te werk. Soms is mense nie gekwalifiseer vir werk nie of het hulle nie die nodige vaardighede nie. 50 Werkloosheid Tipes: Daar is vier soorte werkloosheid. Wrywings: Daar is eenvoudig nie genoeg werk vir almal nie. Sikliese: Tydens 'n resessie of in moeilike ekonomiese tye verloor mense hul werk. Strukturele: Soos tegnologie vorder, word mense vervang deur masjinerie of KI. Seisoenale: Sommige werke is slegs beskikbaar vir 'n spesifieke tyd gedurende die jaar. Onderwys: Toeganklikheid van onderwys → Kinders wat minder bevoorreg is, sukkel dikwels met die kostes wat verband hou met onderwys soos skoolgelde, vervoer en tersiêre onderwys. → Selfs al het apartheid jare gelede geëindig, word sommige kinders steeds nie orals die geleentheid gebied om in hul moedertaal te leer nie, wat 'n ernstige nadeel vir hulle inhou. Kwaliteit Van Onderwys: Redes vir swak kwaliteit van onderwys: Oorvol klaskamers waar daar slegs een onderwyser is vir vyftig leerders, Nie alle onderwysers is gekwalifiseerd nie, Skole kan nie basiese skool fasiliteite en hulbronne bekostig nie. MIV en Vigs: Die hoë getal mense met MIV in Suid-Afrika het 'n direkte impak op ons ekonomie: → Mense werk nie as hulle siek is nie. Dit beïnvloed produktiwiteit. → Besighede moet nuwe personeel oplei wanneer werkers sterf. → Wanneer ouers sterf lei dit tot verweesde kinders wat in armoede lewe. → Kinders mis baie skooldae as gevolg van die siekte. 51 Sleutelterme: Kom ons hersien die sleutelterme. → Daar is vyf hoofoordele van sosio-ekonomiese wanbalans in Suid-Afrika naamlik apartheid wat die vorige generasie benadeel het; armoede en werkloosheid wat veroorsaak dat mense nie tot die ekonomie kan bydra nie; toeganklikheid en kwaliteit van onderwys wat die toekomstige werkersmag en ekonomiese groei affekteer; en laastens MIV en VIGS. Terme Definisies Infrastruktuur Eenvoudige strukture en fasiliteite wat deur mense en besighede in 'n land gebruik word. Sosio-ekonomies Sosiale en ekonomiese faktore. Wanbalans Geen balans hê. Ongeregtigheid Geen geregtigheid of regverdigheid hê nie. Apartheid In 1948 het die regering die apartheidbeleid geïmplementeer waardeur Suid-Afrikaanse mense in rassegroepe verdeel was. Resessie 'n Tydperk waarin die ekonomie afneem en inkomste daal, gevolglik styg armoede en werkloosheid sterk. Toeganklikheid Wanneer iets beskikbaar is om gebruik te word. 52 Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ` 53 BEVEG ONGELYKHEID Onderwys en Ongelykheid Ongelykheid in Suid- vaardighede in Suid-Afrika Afrika en hoe in die stryd om dit te beveg. teen ongelykheid en ongeregtighei d Definisie van konsepte Ongelykheid: Wanneer daar 'n oneweredige verspreiding van rykdom en bates tussen bevolkings is. Ongeregtigheid: Die afwesigheid van geregtigheid of regverdigheid. Kommersiële boere: Boere wat 'n wins maak deur hul gewasse of hulle lewende hawe te verkoop. Geslagsongelykheid: Wanneer daar 'n verskil in behandeling en geleenthede is tussen mans en vrouens. Ongelykheid in Suid - Afrika: Gapings tussen ryk en arm → Grondeienaarskap → Behuising → Arbeid → Geslag → Onderwys 54 Grondeienaarskap: Blanke kommersiële boere het 80% van die landbougrond in Apartheid besit. Boere van kleur het baie min landbougrond gehad om op te boer. Na apartheid het die regering 'n beleid vir grondhervorming geskep, waar grond wat tydens apartheid geneem is, teruggegee word aan sy regmatige eienaars. Behuising: In 1950 het die Groepgebiedewet Afrikane, kleurlinge en Indiërs gedwing om in spesifieke areas te woon. Hulle is nie toegelaat om hul eie grond in stedelike gebiede te koop nie. Dit het gelei tot 'n tekort aan behuising in stede. Arbeid: Tydens apartheid is geskoolde poste hoofsaaklik aan blanke werkers toegeken. Afrikane, Indiërs en kleurlinge het slegs geleenthede gehad vir ongeskoolde poste waar hulle baie laer lone verdien het. As gevolg hiervan was daar 'n groter werkloosheid in die Afrikaanse en kleurlinggemeenskappe. Geslag: Geslagsongelykheid is wanneer mans en vrouens verskillend behandel word en nie dieselfde geleenthede kry nie. Daar was aansienlike geslagsongelykheid in Suid- Afrika. In die verlede het mans meer verdien as vrouens. Swart vrouens is nie toegelaat om in die arbeidsmark te werk tydens apartheid nie. Onderwys: Baie min mense van kleur kon 'n behoorlike opvoeding ontvang of universiteit bywoon. Dit het voorkom dat hulle dieselfde geleenthede gehad het as dié wat grade behaal het. 55 Onderwys en Vaardighede: Onderwys en vaardighede in die stryd teen ongelykheid en ongeregtigheid → Opgeleide en vaardige mense is 'n noodsaaklikheid in Suid-Afrika. → Die beste manier om armoede te beveg en 'n werksgeleentheidsland te skep, is deur middel van onderwys en vaardigheidsopleiding. → Ongelukkig toon statistieke dat baie leerders skool verlaat so vroeg as Graad 9 en die uitsakkoers vermeerder elke jaar daarna. Departement van Basiese Onderwys inisiatiewe → Geen fooie-beleid → Die "Sit-alles-neer-en-lees" veldtog → MIV en VIGS kennis → Veldtogte om geweld → Bou nuwe skole → Verlaag uitsakkoers → Veilige vervoer → Tegniese skole → Wiskunde en Wetenskap → Skool infrastruktuur → Voedingsprogram → Handboeke Wet op Vaardigheidsontwikkeling: Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is deur die regering in 2001 geïnisieer. Vaardigheidsontwikkelingsfonds. Besighede wat meer as R500 000 per jaar aan salarisse bestee, moet 1% van die bedrag van hul totale salarisse bydra. Dit gaan na die Vaardigheidsontwikkelingsfonds. Sleutelterme: Kom ons hersien die sleutelterme. → Daar is ‘n baie groot gaping tussen die ryk en arm mense in Suid-Afrika, veral met betrekking tot grondeienaarskap, behuising, arbeid, geslag en onderwys. Suid-Afrika moet hierdie ongelykhede en ongeregtighede beveg deur middel van onderwys en vaardigheidsopleiding. Die regering het spesifieke inisiatiewe ingestel om leerders te help om Graad 12 te voltooi en nie vroeg uit die skool te val nie. Verder het die regering die Wet op Vaardigheidsontwikkeling geïmplementeer om ongeskoolde werkers op te lei. 56 Terme Definisies Ongelykheid Wanneer rykdom en bates ongelyk verdeel is tussen bevolkingsgroepe. Ongeregtigheid Die afwesigheid van reg of gelykheid. Kommersiële boere Boere wat 'n wins maak deur hul gewasse of lewende hawe te verkoop. Geslagsongelykheid Geslagsongelykheid is wanneer mans en vrouens verskillend behandel word en nie dieselfde geleenthede kry nie. Wet op Deur die regering in 2001 geïmplementeer sodat besighede bydraes Vaardigheidsontwikkeling maak om die vaardighede van Suid-Afrikaanse werkers te verbeter. Tyd om 'n paar aantekeninge te maak: ________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ ` 57 ENTREPRENEURSDAG Uitdagings in landelike gebiede Uitdagings Skep in stedelike Werksgeleenthede volhoubare werks- gebiede geleenthede Definisie van konsepte Stedelik: Gebiede in stede of dorpe. Landelik: Die platteland, weg van stede en dorpe. Gewoonlik nie baie bevolk nie. Skool infrastruktuur: Eenvoudige strukture en fasiliteite wat deur mense in 'n skool gebruik word. Volhoubare: Wanneer iets vir 'n lang tydperk voortgesit of onderhou kan word. 58 Uitdagings in Stedelike Gebiede: Stedelike gebiede → Werkloosheid: Mense trek na stedelike gebiede om armoede in landelike gebiede te ontvlug. → Oorbevolking: Baie mense wat in 'n gebied woon, plaas groot druk op hulbronne. → Dwelmmisbruik: Sonder enige werksgeleenthede, raak mense afhanklik aan dwelms. → Toename in armoede: Aangesien mense nie werk kan vind nie. → Gesondheidsprobleme: Oorbevolking lei tot toename in gesondheidsprobleme. Uitdagings in Landelike Gebiede: Landelike gebiede → Ontwikkeling: Swak infrastruktuur en basiese dienste as gevolg van stadige ontwikkeling. → Swak inkomste: Enige voedsel wat op die grond verbou word, word teen baie lae pryse verkoop. → Besoedelde water: Lei tot verskeie siektes. → Geen geleenthede: Arm mense besit nie grond of bates waarmee hul geld kan maak nie. Skep Volhoubare werksgeleenthede: ASGISA → Die Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika. → Die hoofdoel was om werkloosheid met 50% te verminder voor 2014. Nuwe plan → Die Nuwe Ekonomiese Groeiplan is in 2010 geskep. → Die doel was om vyf miljoen werksg

Use Quizgecko on...
Browser
Browser