Summary

Hierdie dokument beskryf verskillende soorte vervoer, insluitende see-, lug-, pad-, spoor- en pyplynvervoer. Dit bespreek die gebruik van elke metode en voor- en nadele van elke tipe. Die dokument bevat ook vrae oor vervoer en handel.

Full Transcript

# Eenheid 1 Vervoer en handel ## Onderwerp 1 Vervoer ### Verskillende maniere van vervoer en hul gebruik Lank gelede het handelaars baie min vervoeropsies gehad. Vandag kan ons die metode van vervoer kies wat geskik is vir die goedere wat verhandel word. #### Seevervoer Die meeste groot en swaa...

# Eenheid 1 Vervoer en handel ## Onderwerp 1 Vervoer ### Verskillende maniere van vervoer en hul gebruik Lank gelede het handelaars baie min vervoeropsies gehad. Vandag kan ons die metode van vervoer kies wat geskik is vir die goedere wat verhandel word. #### Seevervoer Die meeste groot en swaar goedere wat tussen lande vervoer word, gaan per see. Die meeste hiervan word in hul land van oorsprong in baie groot staalhouers verpak en dan oor die see op 'n vragskip geneem. Vragskepe is die mees bekostigbare en doeltreffende manier om goedere tussen lande te vervoer, want dit kan by die fabriek verpak, nagegaan en verseël word. Omdat die houers almal 'n standaardgrootte is, kan dit direk op treine of trokke gelaai word vir vervoer van en na die hawens. Dit spaar baie tyd by die hawens en beskerm ook die goedere teen beskadiging. Vrag soos olie, ystererts, steenkool en platinumerts word grootmaatvrag genoem. Hierdie vrag word nie in aparte houers verpak nie, maar gaan direk op groot vragskepe. #### Lugvervoer Goedere wat vinnig oor lang afstande vervoer moet word, waardevolle goedere en goedere wat nie swaar of groot is nie, word gewoonlik per lug vervoer. Byvoorbeeld, blomme wat in Kenia gekweek word, word oornag gevlieg na Europese bestemmings, gereed om die volgende oggend verkoop te word. Belangrike dokumente, juwele, mediese produkte en vars kos word ook per lug vervoer. #### Padvervoer Die voordeel van padvervoer is dat dit goedere direk van en na fabrieke kan neem. In 'n stadium moet goedere per pad vervoer word. Die volume en gewig van die swaar goedere veroorsaak dat paaie gereeld herstel moet word. #### Spoorvervoer Swaar goedere soos steenkool, ystererts, voertuie, dele van voertuie en masjinerie word gewoonlik per spoor vervoer. Treine vervoer ook staalhouers van hawens na die binneland en van die binneland na hawens vir uitvoergoedere. Spoorvervoer is goedkoper en veiliger as padvervoer. Daarom probeer die Suid-Afrikaanse spoorwegagent, Transnet, vragvervoer verbeter. Die probleem is dat spoorlyne nie direk na fabrieke toe loop nie. Spoorvervoer is onbuigsaam en dus het padvervoer in groot dele van die wêreld baie van die spoorweë se vragbesigheid oorgeneem. #### Pyplyne Pyplyne vervoer vloeistowwe oor lang afstande. Byvoorbeeld, daar is nou twee pyplyne wat brandstof vanaf die raffinadery in Durban na Johannesburg stuur vir verspreiding in Gauteng. Die nuwe pyplyn sal help om die hoeveelheid brandstoftrokke wat op die N3 ry te verminder. Dit sal die pad minder besig en veiliger maak. ### Aktiwiteit 3 Identifiseer geskikte vervoermetodes 1. a) Hier is 'n lys van verskillende vervoermetodes. Rangskik dit van die vinnigste tot die stadigste. * pad * spoor * see * lug * pyplyn b) Gee een voorbeeld van 'n geskikte gebruik vir daardie vervoermetode. 2. Verduidelik waarom spoorvervoer as onbuigsaam beskryf word. 3. Motiveer waarom spoorvervoer 'n beter metode as padvervoer kan wees. 4. Mense het ook vervoer nodig. Die vervoermetode moet die doel van die reis pas. Sê watter vorm van vervoer elk van die volgende mense behoort te neem en hoekom. Hou kostes, tyd en gereeldheid in gedagte. a) 'n Besige Johannesburgse sakepersoon moet vir 'n belangrike vergadering van net een dag George toe gaan. b) 'n Kind wat in Mdantsane bly, moet elke dag by haar skool uitkom wat vyf kilometer van die huis af is. c) Werkers by 'n steenkoolmyn moet elke dag werk toe gaan tien kilometer van hul mynhuise af. d) 'n Malawiese man wat in Johannesburg werk, wil graag huis toe gaan in Lilongwe oor Kerstyd. e) 'n Familie van vier bly in Bloemfontein en wil by die see in Kaapstad gaan vakansie hou. 5. Die nuwe brandstofpyplyn van Durban na Gauteng kan elke vier uur drie miljoen liter brandstof pomp. Die vloeistof vloei teen 7 km/h en neem gewoonlik 'n week om die 555 km reis te voltooi. Dit is 'n multi-produkpyplyn omdat dit diesel, petrol en vliegtuigbrandstof kan vervoer. # Eenheid 2 Vervoer en handel ## Onderwerp 4 Vervoer en handel ### Chroom: Vervoer per pad of spoor? Die vragmotor in die foto vervoer chroomerts van Rustenburg na Richardsbaai, waar dit in 'n grootmaatkarweierskip gelaai word. Daar word minder chroomerts as ystererts vervoer. Padvervoer is dus die meer effektiewe opsie. Die skip neem die erts na China waar vlekvryestaal gemaak word. Die helfte van China se chroomerts kom uit Suid-Afrika! Vind die pad wat die vragmotor sou neem op die kaart op bladsy 95. 'n Vragmotor neem slegs twee dae van Rustenburg na Maputo, Richardsbaai of Durban, maar per spoor kan dit 'n week of twee neem. Die erts word van die vragmotors afgekantel, direk op die skip met behulp van 'n soort vervoerbandstelsel. Dit is dus baie vinnig. ### Aktiwiteit 6 Verduidelik 'n paar voordele en nadele van spoor- en padvervoer Lees die inligting oor spoor- en padvervoer, en dan beantwoord die volgende vrae. 1. Wat is die voordele van padvervoer? 2. Wat is die voordele van spoorvervoer? 3. Wat is die nadele van elk? 4. Verduidelik waarom dit moontlik is om ystererts koste-effektief per spoor te vervoer, maar nie chroom nie? ### Vereistes vir toekomstige vervoernetwerke Vervoer bring vir ons groot geleenthede, maar soos stede groei en meer mense moet rondbeweeg, so vermeerder die vervoerprobleme. Om goedere en mense te vervoer is kompleks en uitdagend. Mens kan selfs vervoerbestuur en logistiek bestudeer en as 'n loopbaan volg. Dit is 'n opwindende en belangrike diens wat enige moderne en besige samelewing nodig het. ### Geïntegreerde vervoerstelsels 'n Geïntegreerde vervoerstelsel is een waar goedere maklik van een modus van vervoer na 'n ander beweeg word sonder vertragings en sonder om elke keer uitgepak en herverpak te word. Dit beteken ook dat die oorskakelingspunte hiervoor ontwerp is sodat die vervoer vinnig, maklik en dus baie goedkoper sal wees. ### Voordele en nadele van pad- en spoorvervoer Wanneer besluit word om goedere per pad of spoor te vervoer moet mens aan beide die voor- en nadele dink. #### Padvervoer 'n Vragmotor kan direk gelaai word by 'n fabriek of 'n myn en direk na sy bestemming reis. Dit beteken dat goedere direk van een bestemming na 'n ander kan gaan. 'n Reis soos hierdie is ook vinniger as per spoor. Die wagtyd voor 'n vragmotor kan vertrek, is min. Goedere op vragmotors word ook nie deur 'n derdeparty hanteer nie, dus is die beplanning en papierwerk eenvoudig en vinnig. Goedere wat op hierdie manier vervoer word, hoef nie baie hanteer te word nie en is veilig van moontlike diefstal. Swaar vragmotors veroorsaak egter skade aan paaie en hierdie vorm van vervoer is duur. #### Spoorvervoer Treine moet by 'n spoorwegdepot gelaai en afgelaai word. Dit beteken dat die goedere na die depot geneem moet word en by sy eindbestemming weer afgelaai en verder vervoer moet word. Dit kan baie tyd in beslag neem, tensy dit moontlik is vir treine om tot reg langs 'n mynlaaier of 'n skip in te trek vir direkte oorlaai. Treine kan groot volumes swaar goedere hanteer. Dit is 'n groot voordeel vir grootmaatgoedere. Al Suid-Afrika se ystererts word om hierdie rede per spoor vervoer. Die spoorverbinding van Sishen na Saldanhabaai is spesiaal hiervoor gebou. Baie groot hoeveelhede ystererts word van Sishen na Saldanhabaai vervoer. Elkeen van hierdie treine is 3 780 meter lank, het agt lokomotiewe en 342 waens. Op Saldanhabaai se hawe kan hulle 'n skip binne 24 uur gelaai hê, wat baie vinnig is en 'n klomp geld spaar. ### Skakels met ander vervoerstelsels 'n Groot voordeel van behouering is dat vrag baie vinnig en maklik van een modus van vervoer na 'n ander oorgedra kan word. Vanaf skepe kan houers direk op treine of vragmotors gelaai word vir aflewering elders. Olie skakel ook goed met ander vorme van vervoer, want dit kan deur die pypleiding van die aflandige terminale direk na die raffinaderye karwei word, en direk van daar in die Gauteng-pyplyn. ### Aktiwiteit 5 Interpreteer tendense van grootmaatvrag in die Durbanse hawe 1. Durban is bekend vir die passasierskepe wat daar aandoen. Waarom dink jy is dit so? 2. Richardsbaai hanteer baie grootmaatvrag soos steenkool en chroomerts. Hoekom word hierdie grootmaatvrag eerder van Richardsbaai af gestuur as van Durban? ### Voordele en nadele van pad- en spoorvervoer Wanneer besluit word om goedere per pad of spoor te vervoer moet mens aan beide die voor- en nadele dink. #### Padvervoer 'n Vragmotor kan direk gelaai word by 'n fabriek of 'n myn en direk na sy bestemming reis. Dit beteken dat goedere direk van een bestemming na 'n ander kan gaan. 'n Reis soos hierdie is ook vinniger as per spoor. Die wagtyd voor 'n vragmotor kan vertrek, is min. Goedere op vragmotors word ook nie deur 'n derdeparty hanteer nie, dus is die beplanning en papierwerk eenvoudig en vinnig. Goedere wat op hierdie manier vervoer word, hoef nie baie hanteer te word nie en is veilig van moontlike diefstal. Swaar vragmotors veroorsaak egter skade aan paaie en hierdie vorm van vervoer is duur. #### Spoorvervoer Treine moet by 'n spoorwegdepot gelaai en afgelaai word. Dit beteken dat die goedere na die depot geneem moet word en by sy eindbestemming weer afgelaai en verder vervoer moet word. Dit kan baie tyd in beslag neem, tensy dit moontlik is vir treine om tot reg langs 'n mynlaaier of 'n skip in te trek vir direkte oorlaai. Treine kan groot volumes swaar goedere hanteer. Dit is 'n groot voordeel vir grootmaatgoedere. Al Suid-Afrika se ystererts word om hierdie rede per spoor vervoer. Die spoorverbinding van Sishen na Saldanhabaai is spesiaal hiervoor gebou. Baie groot hoeveelhede ystererts word van Sishen na Saldanhabaai vervoer. Elkeen van hierdie treine is 3 780 meter lank, het agt lokomotiewe en 342 waens. Op Saldanhabaai se hawe kan hulle 'n skip binne 24 uur gelaai hê, wat baie vinnig is en 'n klomp geld spaar. # Eenheid 3 Mense en vervoer in stedelike gebiede ## Onderwerp 3 Vervoer en handel ### Openbare vervoertelsels in stedelike gebiede Groot stedelike gebiede moet doeltreffende openbare vervoer hê om mense elke dag van en na die werk te neem. Daarom subsidieer (help finansier) die regering openbare vervoertelsels. Gauteng en die stad van Johannesburg het onlangs daaraan gewerk om openbare vervoer vinniger en makliker te maak vir pendelaars. #### Metrorail Elke dag maak duisende pendelaars gebruik van Metrorail se treine om by die werk en tuis te kom. Pendeltreine is 'n baie belangrike deel van enige land se vervoerstelsel. #### Snelbus-vervoerstelsel Rea Vaya beteken "ons gaan". Dit is 'n padgebaseerde vervoerstelsel. Dié moderne snelbus-vervoerstelsel (BRT) sal alle roetes oor Johannesburg met toegekende busroetes dek. Dit sal goedkoop, gemaklike, gereelde en doeltreffende publieke busvervoer voorsien. Dit is ook ontwerp om met spoor- en minibustaxi's te skakel. ### Minibustaxi's Minibustaxi's is 'n vorm van privaatvervoer, aangesien hulle privaat en nie openbaar befonds word nie. Selfs al gebruik baie mense minibusse, ontvang die bedryf nie ondersteuning van die regering nie. Tog is die minibustaxi 'n baie belangrike deel van die vervoerstelsel in Suid-Afrika. Taxitariewe is goedkoop. Taxi's veroorsaak ook minder opeenhoping deurdat hulle baie passasiers in een voertuig neem. Taxis dek ook baie roetes. Taxi's is verantwoordelik vir 65% van die totale passasiersvervoerdienste. Tog het taxi's op die oomblik ook groot nadele: hulle het soms ongelisensieerde bestuurders, daar is min aangewese op- en aflaaiplekke langs roetes, en baie bestuurders ignoreer die verkeerswette. As die regering die taxibedryf beter kan reguleer, sal dit baie van hierdie probleme oorkom, en die voordele sou die gemeenskap enorm bevoordeel. ### Aktiwiteit 9 Ondersoek privaatvervoer 1. Wat is die voor- en nadele van privaatmotors? 2. Hoe kan ons fietsry meer gewild maak as 'n vorm van privaatvervoer in Suid-Afrika? 3. Kyk na die tabel onder. Skryf twee sinne waarin jy verduidelik wat die data jou vertel oor wie privaat- en wie openbare vervoer gebruik in Suid-Afrika. #### Trein- en busvervoergebruik in Suid-Afrika * Hoë inkomste: 5% gebruik treine en busse * Medium inkomste: 25% gebruik treine en busse * Lae inkomste: 90% gebruik treine en busse vir vervoer ### Vervoerkwessies Vervoer bied ons wonderlike geleenthede. Dit maak handel in ons eie land en met ander lande moontlik. Ons kan vandag hier wees en môre daar. Maar al hierdie wonderlike vervoerstelsels en netwerke het ook hul eie probleme. ### Verkeersknope, besoedeling en koste vir pendelaars Hierdie probleme sluit in besoedeling en verkeersknope. Baie pendelaars staar ook die probleem van ongerieflike roetes, toustaan en verhoogde openbare vervoerkoste in die gesig. ### Openbare transito-strategieë Suid-Afrika moet sy transito-strategieë en maniere om mense van plek tot plek te kry verbeter. Daar is baie strategieë waarby ons kan leer. 'n Baie belangrike kenmerk hiervan is dat hulle met mekaar moet skakel. Dit behoort maklik te wees om van die een plek na 'n ander te gaan met behulp van 'n verskeidenheid vervoeropsies, of selfs 'n enkele kaartjie wat oor die hele vervoerstelsel werk. Die stad eThekwini het 'n Muvo-kaartstelsel op sy busse bekendgestel. Die Muvo-kaart sal uiteindelik ook op treine en taxi's gebruik word. Dit is deel van die uitvoering van hul Geïntegreerde Openbare Snelvervoernetwerk, wat nou oral in Suid-Afrika deur die Nasionale Departement van Vervoer vereis word. # Eenheid 4 Nedersettings ## Onderwerp 3 Nedersettings ### Gevallestudie: Afrika se groeiende stede In 1900 het net ongeveer 5% van Afrika se bevolking in stedelike nedersettings gewoon. In 2012 was Afrika se stedelike bevolking na aan 40%, en dit gaan teen 2030 50% bereik. Van 2030 sal die vasteland vir die eerste keer meer stedelike as landelike inwoners hê. Afrika het die wêreld se vinnigste tempo van verstedeliking. Verstedeliking in Afrika het antieke wortels - die stad Alexandrië in Egipte is oor tweeduisend jaar oud. 'n Verenigde Nasies-verslag (Die Stand van Afrika: Stede 2010) sê Afrika se stadsbevolkings gaan oor die volgende 40 jaar verdriedubbel. Afrika se stedelike bevolking sal groei tot een biljoen mense teen 2040 en 1,23 miljard teen 2050. Altesaam 60% van die bevolking sal dan stedelinge wees. Afrika se vinnigste groeiende stede sluit in: Dar es Salaam, Nairobi, Kinshasa en Luanda. Die bevolking van 'n paar stede sal teen 2025 groei met tot 85%. Kleiner stede ontwikkel ook teen 'n vinnige tempo. Vandag groei die meeste van Afrika se stedelike nedersettings weens landelike/stedelike migrasie. Afrikane verlaat hul landelike wortels om armoede, hongersnood en 'n swak lewensgehalte te ontsnap. Hulle word gelok deur die belofte van 'n beter lewe en geleenthede in die vinniggroeiende stede. Snelle verstedeliking plaas egter druk op behuising, vervoer, stedelike dienste (byvoorbeeld gesondheidsorg en onderwys) en werksmoontlikhede. Krotbuurte brei reeds uit. Voedsel-, energie- en watertekorte, swak infrastrukture en 'n gebrek aan huise is groeiende probleme in die meeste stedelike nedersettings in Afrika. ### Aktiwiteit 8 'n Blik op Afrika se verstedeliking Gebruik al die bronne in hierdie eenheid, sowel as 'n atlas en 'n woordeboek. 1. Verduidelik wat hierdie woorde beteken (onderstreep in die studiegeval): a) verstedeliking b) landelike/stedelike migrasie c) armoede d) swak lewensgehalte e) krotbuurte 2. In watter Afrika-lande is hierdie vinnig groeiende stede? a) Dar es Salaam b) Nairobi c) Kinshasa d) Luanda e) Addis Abeba 3. Lys drie probleme wat Afrika se snelle verstedeliking veroorsaak. 4. Dink aan 'n rede waarom Suid-Afrikaanse stede nie so vinnig soos ander Afrika-stede sal groei nie. ### Oorsig oor verstedeliking in Suid-Afrika In 2012 was 62% van Suid-Afrika se bevolking verstedelik. Meer as 'n honderd jaar gelede (in 1911), het slegs 25% van alle Suid-Afrikaners in stedelike gebiede gewoon. Oor die jare was daar dus 'n bestendige toename in die tempo van verstedeliking in ons land. Binne die land se nege provinsies is sommige provinsies meer verstedelik en ander meer landelik. Gauteng is die provinsie wat die meeste trekkers ontvang, met die meeste komende van die Oos-Kaap. ### Aktiwiteit 9 Oorsig oor verstedeliking in Suid-Afrika Kyk na Figuur 3.31 en 3.32 en beantwoord onderstaande vrae. 1. Watter persentasie van Suid-Afrika se bevolking het in stedelike gebiede gewoon in: a) 1960 b) 2001? 2. Watter persentasie van Suid-Afrika se bevolking het in landelike gebiede gewoon in 1904? 3. Kyk na Figuur 3.31 en Figuur 3.32. a) Beskryf die algemene neiging in verstedeliking soos die grafiek aandui. b) Watter is Suid-Afrika se mees verstedelikte provinsie? c) Noem die twee grootste stede in hierdie provinsie. 4. Noem Suid-Afrika se mees landelike provinsie. 5. Die Noord-Kaap is Suid-Afrika se grootste provinsie, maar het nogtans die kleinste bevolking. Dit het 'n verbasend hoë verstedelikte bevolking (80%). Gee 'n rede hiervoor? 6. Watter persentasie van die bevolking woon in stedelike en landelike gebiede in die provinsie waar jy woon? # Eenheid 4 Nedersettings ## Onderwerp 3 Nedersettings ### Wat is die impak van migrasie vanaf die landelike na stede in Suid-Afrika? #### Impak op landelike gebiede: * Lei tot landelike landelike ontvolking * Afname in voedsel en oeste op plase * Toename in landelike armoede * Grond word nie goed bestuur nie, lei tot omgewingsprobleme soos gronderosie en ontbossing. #### Impak op stedelike gebiede: * Migrante uit die platteland het blyplek nodig. Dit kan lei tot die ontstaan van informele nedersettings rondom dorpe en stede. * Migrante plaas ekstra druk op reeds oorvol skole, hospitale en ander dienste. * Werkloosheid kan toeneem as daar nie genoeg werk vir almal in die stedelike gebiede is nie – kan lei tot toename in misdaad en landelike armoede. ### Is "die verste gras altyd die groenste"? Ja en nee! Vir baie mense kan die skuif na 'n dorp of stad hul lewensgehalte drasties verbeter. Ander kan weer slegter daaraan toe wees wanneer hulle dakloosheid, werkloosheid, misdaad, besoedeling en 'n swak lewensgehalte ervaar. Sommige migrante verkies om terug te keer na hul landelike huise ná hul ondervinding van 'n stad. Deesdae is daar 'n groeiende tendens by stadsbewoners om stede te verlaat (as gevolg van misdaad, besoedeling, duur eiendom, hoë tariewe en belastings) en in die platteland te gaan bly. Sommige mense kan voortgaan met hul werk weg van die dorp omdat hul op rekenaars werk. Die Internet en e-pos maak dit vir hul moontlik om weg van die stad te werk. Ander begin klein besighede op klein dorpies. Hierdie teenmigrasie (teen beteken teenoorgestelde) het eiendompryse in voorheen dooierige, klein dorpies opgestoot, hul verkeersvloei vermeerder en besigheid gebring. Dit het gebeur in nedersettings soos Greyton, Franschhoek, Clarens, Dullstroom, Magaliesberg, Witrivier, Nottingham Road, Prins Albert en Darling. ### Gevallestudie: Afrika se groeiende stede In 1900 het net ongeveer 5% van Afrika se bevolking in stedelike nedersettings gewoon. In 2012 was Afrika se stedelike bevolking na aan 40%, en dit gaan teen 2030 50% bereik. Van 2030 sal die vasteland vir die eerste keer meer stedelike as landelike inwoners hê. Afrika het die wêreld se vinnigste tempo van verstedeliking. Verstedeliking in Afrika het antieke wortels - die stad Alexandrië in Egipte is oor tweeduisend jaar oud. 'n Verenigde Nasies-verslag (Die Stand van Afrika: Stede 2010) sê Afrika se stadsbevolkings gaan oor die volgende 40 jaar verdriedubbel. Afrika se stedelike bevolking sal groei tot een biljoen mense teen 2040 en 1,23 miljard teen 2050. Altesaam 60% van die bevolking sal dan stedelinge wees. Afrika se vinnigste groeiende stede sluit in: Dar es Salaam, Nairobi, Kinshasa en Luanda. Die bevolking van 'n paar stede sal teen 2025 groei met tot 85%. Kleiner stede ontwikkel ook teen 'n vinnige tempo. Vandag groei die meeste van Afrika se stedelike nedersettings weens landelike/stedelike migrasie. Afrikane verlaat hul landelike wortels om armoede, hongersnood en 'n swak lewensgehalte te ontsnap. Hulle word gelok deur die belofte van 'n beter lewe en geleenthede in die vinniggroeiende stede. Snelle verstedeliking plaas egter druk op behuising, vervoer, stedelike dienste (byvoorbeeld gesondheidsorg en onderwys) en werksmoontlikhede. Krotbuurte brei reeds uit. Voedsel-, energie- en watertekorte, swak infrastrukture en 'n gebrek aan huise is groeiende probleme in die meeste stedelike nedersettings in Afrika. ### Aktiwiteit 8 'n Blik op Afrika se verstedeliking Gebruik al die bronne in hierdie eenheid, sowel as 'n atlas en 'n woordeboek. 1. Verduidelik wat hierdie woorde beteken (onderstreep in die studiegeval): a) verstedeliking b) landelike/stedelike migrasie c) armoede d) swak lewensgehalte e) krotbuurte 2. In watter Afrika-lande is hierdie vinnig groeiende stede? a) Dar es Salaam b) Nairobi c) Kinshasa d) Luanda e) Addis Abeba 3. Lys drie probleme wat Afrika se snelle verstedeliking veroorsaak. 4. Dink aan 'n rede waarom Suid-Afrikaanse stede nie so vinnig soos ander Afrika-stede sal groei nie. ### Sosiale kwessies wat verband hou met die snelle groei van Suid-Afrikaanse stede Stede in Suid-Afrika ondervind versnellende verstedeliking. Die groei van stede het veroorsaak dat... Een oplossing vir die tekort aan behuising is... Snelgroeiende stedelike nedersettings sal druk plaas op dienste soos... Om probleme in die toekoms te vermy moet alle Suid-Afrikaners... ### Snelgroeiende stede en diensverskaffing - gesondheidsorg en onderwys Buiten behuising en die verskaffing van dienste soos water, elektrisiteit, riool- en vullisverwydering, is gesondheidsorg en onderwys ook twee vername vereistes vir alle Suid-Afrikaners. Gesondheidsorg sluit in klinieke en hospitale. Opvoeding bevat alle soort skoling: van pre-primêr tot Graad 12, en verdere onderwys soos universiteite en kolleges. Soos stedelike nedersettings groei, neem die behoefte aan gesondheidsorg en onderwys toe. Dit is nie altyd vir dié dienste moontlik op by te hou by die toenemende vraag nie. #### Gesondheidsorg en onderwysprobleme * Tekort aan klinieke, hospitale en skole * Bestaande dienste oorvol * Tekort aan personeel * Tekort aan voorrade en toerusting * Nie genoeg fondse nie * Mense kan dienste nie bekostig nie * Moeilik vir mense om na dienste te reis * HIV/VIGS ### Verskillende maniere van vervoer en hul gebruik Lank gelede het handelaars baie min vervoeropsies gehad. Vandag kan ons die metode van vervoer kies wat geskik is vir die goedere wat verhandel word. #### Seevervoer Die meeste groot en swaar goedere wat tussen lande vervoer word, gaan per see. Die meeste hiervan word in hul land van oorsprong in baie groot staalhouers verpak en dan oor die see op 'n vragskip geneem. Vragskepe is die mees bekostigbare en doeltreffende manier om goedere tussen lande te vervoer, want dit kan by die fabriek verpak, nagegaan en verseël word. Omdat die houers almal 'n standaardgrootte is, kan dit direk op treine of trokke gelaai word vir vervoer van en na die hawens. Dit spaar baie tyd by die hawens en beskerm ook die goedere teen beskadiging. Vrag soos olie, ystererts, steenkool en platinumerts word grootmaatvrag genoem. Hierdie vrag word nie in aparte houers verpak nie, maar gaan direk op groot vragskepe. #### Lugvervoer Goedere wat vinnig oor lang afstande vervoer moet word, waardevolle goedere en goedere wat nie swaar of groot is nie, word gewoonlik per lug vervoer. Byvoorbeeld, blomme wat in Kenia gekweek word, word oornag gevlieg na Europese bestemmings, gereed om die volgende oggend verkoop te word. Belangrike dokumente, juwele, mediese produkte en vars kos word ook per lug vervoer.

Use Quizgecko on...
Browser
Browser