DIE TESTAMENT PDF deur Rhona Peens
Document Details
Uploaded by GracefulOnyx8095
Rhona Peens
Tags
Summary
This is a radio drama script about a will and family. This document includes character information and plot details for the drama, which was broadcast on RSG Radioteater on May 15, 2007.
Full Transcript
DIE TESTAMENT deur Rhona Peens RSG Radioteater Uitgesaai op 15 Mei 2007 en heruitsending op 18 Oktober 2018 Opsomming RSG Potgooi (https://www.rsgplus.org/bekroonde-die-testament-op- r...
DIE TESTAMENT deur Rhona Peens RSG Radioteater Uitgesaai op 15 Mei 2007 en heruitsending op 18 Oktober 2018 Opsomming RSG Potgooi (https://www.rsgplus.org/bekroonde-die-testament-op- rsg/): Die testament deur Rhona Peens, wat in 2006 die derde plek in die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie behaal het, is op Donderdag 18 Oktober om 20:00 in Radioteater uitgesaai. Hierdie argiefdrama is tans ’n voorgeskrewe werk vir gr. 10- leerders en word deur RSG as studiehulp heruitgesaai. Die storie: Oom Josef Rossouw sterf en sy familie en werknemers word na die prokureur se kantore genooi sodat die testament vir hulle gelees kan word. Daar is miljoene rand in die boedel, maar dan word oom Josef se lys gedetailleerde voorwaardes gelees… Skielik klink die belofte van ’n stewige erfporsie eerder na ’n nagmerrie en veral Herman en Katinka se dogter, Zenobia, begin kapsie maak. Oom Josef dirigeer die gebeure meesterlik uit die graf, want hy wil net seker maak dat sy familie nie ook geld gaan gebruik om hul lewens te verwoes nie. Die drama neem ’n interessante en onverwagse wending en wys op die waarde van gesinsbande en om die belangrike dinge in die lewe met jou geliefdes te deel. Die regisseur was wyle Evert Snyman. Die spelers is Henk Hugo, Anrich Herbst, Helena Hugo, Eloise Cupido, Denver Vraagom, Marina Coetzee, Anton Engelen en Evert Snyman. Kopiereg berus by: First League Uitgewers (011) 672 1665 Email:[email protected] Bestellings vanaf Vivlia Uitgewers (https://www.publishsa.co.za/members/vivlia- publishers-and-booksellers-pty-ltd) / Teks ook op die Nasionale katalogus van die Onderwysdepartement. ’n Klankopname van die teks is by die skrywer beskikbaar. Opvoerregte: Kontak RHONA PEENS (e-pos: [email protected]) 2 RADIOTEATER DIE TESTAMENT deur Rhona Peens Uitsaaidatum: 15-05-07 Regie: Evert Snyman ROLVERDELING: 1. HERMAN (ongeveer 46 – jansalie) – Henk Hugo ……………………………………………………………………………………… 2. KATINKA (ongeveer 44 – onvergenoegd) – Helena Hugo ……………………………………………………………………………………… 3. ZENOBIA (ongeveer 22 – parmantig) – Marina Coetzee ……………………………………………………………………………………… 4. GIDEON (ongeveer 35 – saaklik) – Anrich Herbst ……………………………………………………………………………………… 5. JANTJIE (ongeveer 60 – platjie) – Denver Vraagom ……………………………………………………………………………………... 6. MIETA (ongeveer 55 – hulpvaardig) – Eloïse Cupido...................................................................................................................... 7. RUAN (ongeveer 25 – laf) – Anton Engelen...................................................................................................................... 8. OOM JOSEF – Evert Snyman (slegs vir voorlees van testament)...................................................................................................................... 9. JANKE – Mariëtte Peens (slegs twee sinne)...................................................................................................................... © Kopiereg: Rhona Peens Selfoonnr. 0834929033 3 FX: KOMIESE OPENINGSMUSIEK EN AANKONDIGINGS. DOOF NA HERMAN, SITKAMER, OGGEND BINNE. 1. HERMAN: (Blaai deur koerant) Katinka, die Pick Six het gister sewe- honderd-duisend uitbetaal. (Knip materiaal met skêr op houtblad 2. KATINKA: (Verontwaardig) Herman hoeveel het jy al daar verloor? Jy speel perde en ek swoeg om vir Zenobia ’n rok te maak vir die jaareindfunksie. 3. HERMAN: (Vou koerant op) Ag my vrou, gaan koop ’n nuwe een. Die paar rand wat jy spaar gaan ons nie uit die rooi uit kry nie. F/X: TELEFOON LUI A/G Ek hoop nie dis die bankbestuurder nie. 4. KATINKA: Hy sal nie na ure bel nie. 5. HERMAN: Miskien moet jy gaan hoor, Katinka. 6. KATINKA: Ek kan nie ek is besig. (sny met skêr) 7. ZENOBIA: (Afstand. Tel foon op) Zenobia Rousseau, goeiemiddag... Net ’n oomblik ek roep hom. (Roep) Pa! Dis vir jou! 8. HERMAN: (Geïrriteerd) Ag tog... (Weg) Ek kom! (Deur toe) 9. ZENOBIA: (Nader) Hoekom maak pa altyd die deur toe? Asof hy iets wegsteek. 10. KATINKA: Tweede natuur. Jou musiek is gewoonlik oorverdowend. 11. ZENOBIA: Dit moet harder wees as die nuus anders hoor ek niks nie. 4 1. KATINKA: Ek ken die gevoel. (Knip met skêr. Beur) Druk asseblief die materiaal vas. Dit gly voor die skêr. (Knip weer). 2. ZENOBIA: Suzie by ontvangs gaan groen wees as ek met hierdie rok daar aankom... (Lag) Plus Ruan het my gevra. 3. HERMAN: (Deur oop. Nader) Oom Josef is dood. 4. KATINKA: (Redelik onaangeraak) O? Wanneer het dit gebeur? 5. HERMAN: Blykbaar vanoggend. ’n Hartaanval. 6. ZENOBIA: Shame! (Pouse) Het hy en tant Raaitjie nog familie gehad? 7. HERMAN: Nee. Hy was my pa se enigste broer. Ek weet nie of daar van hulle neefs of niggies is wat nog lewe nie. Verder was dit net Jans en sy vrou. En hulle is dood soos julle weet. Ses jaar al. 8. ZENOBIA: Dink Pa ons gaan erf? 9. HERMAN: Ai my kind. Die man is skaars koud. 10. ZENOBIA: Pa kan nie van my verwag om in trane uit te bars nie. Hy was maar lekker suinig! 11. KATINKA: Zenobia! Dit is nou genoeg. 12. ZENOBIA: Okei jammer. 13. KATINKA: Wie het gebel om van oom Josef te sê Herman? 14. HERMAN: Sy prokureur, Gideon Hansen. Ons moet môreoggend tienuur by hom wees. 15. ZENOBIA: (Bars uit van die lag) Bingo. Ons gaan erf. Cool! 5 1. KATINKA: Dit is seker nie nodig dat ek saamgaan nie … ek gaan nooit hierdie rok klaarkry nie. 2. HERMAN: Hansen sê julle moet ook daar wees. 3. ZENOBIA: Ek ook? Cool! Ek hoop nie ek erf sy ou bakkie nie. Daai ding was saam met Noag in die ark. 4. KATINKA: Ek sal nie omgee nie. Die Willis was sy hart se punt... 5. ZENOBIA: Kry vir Ma. Ek soek die sideboard. 6. KATINKA: (Betig) Zenobia! En dis in elk geval ’n buffet! 7. ZENOBIA: Wat ook al. Nou hoef Ma nie meer elke Saterdag beskuit te bak nie. 8. KATINKA: Dit was nie vir my ’n straf nie. 9. HERMAN: Ek wonder wat is sy plaas werd. Hy was nogal ’n vooruitstrewende boer op sy dag. FX: DOOF UIT EN IN NA GIDEON SE KANTOOR. MIDDAG BINNE 10. GIDEON: (Stoel skuif) Goeiemôre … ek is Gideon Hansen. Ek neem aan u het al vir Jantjie en Mieta ontmoet... 11. HERMAN: Ja... Dankie. Ons ken mekaar. 12. JANTJIE: (Goedig) Ja nee en goed ook dankie meneer Gideon. Nie waar nie Mieta? 13. MIETA: Dis baie waar. Nee ons weet goed van mekaar. 6 1. KATINKA: Hulle was baie goed vir Oom Josef, Jantjie... Mieta, ek wil sommer van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir wat julle vir Oom Josef beteken het. Ons aan die ander kant... ons is maar besige mense en... wel... ons kon maar net Sondae vinnig inloer. 2. MIETA: Ai toggie, dankie, Mevrou Katinka. Maar dit was vir my en ou Jantjie ’n plesier en voorreg om vir iemand soos Meneer Josef te werk. 3. JANTJIE: Is waar ja... ons harte is maar seer, maar ons lewe mos maar almal ’n gestadige dood. En die meeste is moeite en verdriet. 4. ZENOBIA: Sjoe maar ons is omtrent morbid! 5. GIDEON: (Vinnig. Maak keelskoon) Soos julle weet, hanteer ek Meneer Rousseau se boedel en is aangestel as sy eksekuteur. Tensy u enige vrae vooraf het dink ek ons kan maar voortgaan met die lees van die testament. (Pouse) Geen vrae nie? Dan gaan ek voort. (Hanteer dokument. Lees) Dit het die testateur, in lewe, Josef Barend Rousseau, behaag, om sy aardse besittings op die volgende wyse na te laat. OORGANG VAN GIDEON SE STEM NA OOM JOSEF My plaas, Nuutgevonde, een-duisend-twee-honderd 7 hektaar, aan my broerskind, Herman Rousseau. Sodra die huurkontrak verstryk het, kan hy self besluit wat hy met die lande wil doen.” 1. HERMAN: (Kug ongemaklik) 2. GIDEON: Alles in my huis aan Herman se vrou, Katinka. 3. KATINKA: (Aangedaan) Oom Josef... 4. GIDEON: En my bakkie, ’n Willis 1945, gaan aan hulle dogter, Zenobia.” 5. ZENOBIA: (Lag ongelowig) Wat? Ek sal iemand moet betaal om dit by my te koop. 6. KATINKA: (Vermanend) Zenobia … 7. ZENOBIA: Ma kan nie kla nie … Ma kry die sideboard. 8. KATINKA: Buffet. 9. ZENOBIA: So what!... Ek kry die Fielies! Bid jou dit aan! 10. GIDEON: Willis … die bakkie is ’n Willis. 11. ZENOBIA: Wie gee om? 12. GIDEON: (Keelskraap. Gaan voort) Op die huis en alles wat daarin is, wat aan my seun, Jans, behoort het... kry Mieta en Jantjie van Wyk, my huishoudster en voorman, wat my so getrou versorg het, vruggebruik.” 13. MIETA: Ai dankie toggie,... dierbare meneer Josef... 14. JANTJIE: (Snuif bewoë) Ons het ’n groot man verloor. Hy... hy was nie net onse werkgewer nie, hy was ook onse vriend. 8 1. GIDEON: Die paar koeie wat oor is, gaan ook aan hulle vir daaglikse gebruik... soos toe ek nog gelewe het. Dit kan vir hulle ’n goeie maandelikse inkomste verseker. Jantjie moet Herman-hulle elke dag van vars melk voorsien. 2. JANTJIE: Dit is reg so my oorlede meneer Josef. Jantjie sal elke dag melk na die opstal toe vat. Meneer moenie worrie nie. 3. MIETA: (Hartseer) Goeie mense gaan altyd so gou dood. 4. ZENOBIA: Dit was nie so gou nie. 5. KATINKA: Zenobia asseblief! 6. ZENOBIA: Hy was stokoud Ma! 7. HERMAN: Is dit die hele storie... 8. GIDEON: Ja... Wel so te sê... Daar is so paar voorwaardes... 9. ZENOBIA: Voor ons daarby kom. Kan ek asseblief iets vra? 10. GIDEON: Seker... 11. ZENOBIA: Hoekom kry Jantjie en Mieta die mooi huis en ons wat sy familie is... 12. HERMAN: (Val haar in die rede) Dit is Oom Josef se besittings om mee te maak soos hy goeddink. Ons moet dit so aanvaar my kind. (Pouse) Die voorwaardes Meneer Hansen? Wat is hulle? 9 1. GIDEON: U mag vir drie maande lank niks verwyder of verkoop nie. U moet naweke op Nuutgevonde kom bly en alles skoon en netjies hou. In die boonste laai van die buffet is ’n rooster waarvolgens u u opdragte moet uitvoer. 2. ZENOBIA: Opdragte! Gross! 3. GIDEON: Julle moet die werf en vrugtebome versorg en die huis opruim. Juffrou Rousseau moet ook elke dag die Willis gebruik om werk toe te ry en self elke naweek was. 4. ZENOBIA: Dit sal die dag wees … ek wil die ding nie eers hê nie. Gee dit sommer ook vir Jantjie en Mieta. 5. JANTJIE: Baie dankie Juffrou Zenobia maar Meneer Josef het vir my en Mieta ’n goeie bakkiekie gekoop... net verlede jaar. Uit die boks uit. 6. ZENOBIA: (Kwaad) Die ou man was seniel! 7. GIDEON: (Val haar in die rede) Juis nie Juffrou … Meneer Rousseau was by sy volle positiewe en ek kan getuig daarvan... Hy het ’n goeie brein gehad en hy was absoluut helder tydens die opstel van die testament... (Oorgang) Mevrou, die beskuit wat u elke week gebak het, moet asseblief nog steeds by die Ouetehuis op die dorp afgelewer word. Meneer Rousseau het dit nooit self geëet nie en het dit vir die Ouetehuis gegee. 10 8. KATINKA: (Geaffronteer) Ek glo dit nie. Al my harde werk en hy het dit weggegee... 1. MIETA: Dit was net te veel beskuit, Mevrou Katinka. Ek het elke week met oorle mevrou Raaitjie se resep vir meneer Josef beskuit gebak. ’n Oumens raak mos maar gewoond aan sy eie goed. Mevrou se beskuit was glad nie so sleg nie. 2. GIDEON: (SAAKLIK) Kan ons maar voortgaan asseblief. (Pouse) Ek is aangestel om elke Maandag inspeksie te hou. Indien u nie aan die voorwaardes voldoen nie, verbeur u die erfporsie. En dan nog iets ,,, U moet absoluut eerlik wees oor alles. 3. HERMAN: (Pouse) En as ons besluit om die erflating te verwerp? 4. GIDEON: Die kontantbedrag wat julle sou erf, word dan verdeel tussen die Ouetehuis, die Kerk en die Skaapkopeters. 5. HERMAN: Skaapkopeters? Wie is dit? 6. ZENOBIA: Dit klink soos kannibale. 7. KATINKA: Zenobia, moenie dinge erger maak as wat dit reeds is nie. Bly nou asseblief stil! 8. GIDEON: Die skaapkopeters is ’n groep manne wat afval eet... Elf om presies te wees... hulle het eenmaal per maand ’n byeenkoms en dan eet hulle skaapkoppe. Meneer Rouseau was die sameroeper tot en met sy dood. 9. HERMAN: Hoeveel? 11 10. GIDEON: Elf. Ek sê mos. 1. HERMAN: Nie die skaapkopeters nie … die geld … die kontantbedrag. Hoeveel is dit? 2. GIDEON: Dit mag ek ongelukkig nie in die stadium bekend maak nie maar dit is ’n aansienlike bedrag. Meneer Rousseau het in sy testament wel bepaal dat ek mag noem die bedrag is tussen een miljoen en een-en-twintig miljoen Rand. 3. HERMAN: (Geskokte pouse) Een-en-twintig miljoen! Wel... in daardie geval, (Laggie) Ons het nie ’n keuse nie. 4. ZENOBIA: Cool! (Lag) Dit sal seker nie so erg wees om vir drie maande met Fielies te ry nie … 5. KATINKA: Mmm... En aangesien ek onwetend nou al hoe lank vir die Ouetehuis bak kan ek seker maar net sowel aangaan daarmee. 6. GIDEON: U stem dus in tot die bepalings van die testament. 7. HERMAN: Ja...(Sug) Dit lyk so. 8. GIDEON: (Hanteer sleutels) Hier is die sleutels van die bakkie Juffrou. 9. ZENOBIA: (Vat sleutels) Dankie... (Sarkasties) Ek kan nie wag nie! 10. GIDEON: Ek stel voor dat u ’n paar dae verlof neem sodat u dadelik plaas toe kan vertrek om te begin met die opdragte. Voorspoed! 12 F/X KOMIESE MUSIEKBRUG, KRUISDOOF NA OOM JOSEF KOMBUIS. DAG BINNE 1. HERMAN: (Moedeloos) Katinka, het jy oom Josef se rooster mooi gelees? Is jy seker ek moet die vloere eerste skrop. 2. KATINKA: Ja, Herman. En ek moet oom Josef en tant Raaitjie se klere stryk en na die Ouetehuis toe vat. Wou jy dalk gestryk het? 3. HERMAN: Enigiets is beter as hierdie pyniging in my rug en knieë. Ek wonder hoe gaan dit met Zenobia in die roomkamer. 4. KATINKA: (Lag) Ek dink nie sy het al ooit in haar lewe iets geskrop nie. 5. HERMAN: (Driftig) Eina, Eina! Help my! My rug! Ek dink hy’s gebreek. 6. KATINKA Wag ek skuif vir jou ’n stoel nader. (Skuif stoel) 7. HERMAN: Katinka, help my asseblief … ek kan nie beweeg nie. (Steun en kreun) 8. ZENOBIA: (Deur oop. Nader) Ek weier om iets verder te doen. Laat daai simpel prokureur maar kom inspeksie hou. My nael het gebreek en daar is ’n splinter in my hand. 9. KATINKA: (Geïrriteerd) Wees dankbaar dit is nie in jou sitvlak nie. Ten minste kan jy nog sit. Help my asseblief met jou pa … hy kan nie opkom nie. 10. ZENOBIA: Is Pa se testament reg? Ek dink nie ons gaan dit oorleef om oom Josef s’n in werking te sien nie. 13 1. HERMAN: (Benoud) Glo my dit is alreeds in werking. Help my asseblief ek gaan dood van die pyn. 2. KATINKA: Zenobia, vat jy anderkant. Ek tel dan lig ons hom op. Een … twee … drie … 3. HERMAN: Eina!!! 4. ZENOBIA: Agge nee, dit sal makliker wees om een van Jantjie se erfosse op te tel. Pa beter bietjie Gym toe gaan. 5. HERMAN: (ERGERLIK) Jantjie het koeie geërf en ek ís by die Gym. Nie dat dit my veel help nie. 6. KATINKA: Herman, luister na my … druk met jou hande op die stoel se sitplek. 7. HERMAN: (Beur. Kwaai) Ek kan nie, my hande is aan die vloer vasgeplak. 8. ZENOBIA: Nou maar waarmee het Pa die vloere gewas wat so taai is. 9. KATINKA: Ek glo nie dis regtig aan die vloer vasgeplak nie, ek dink sy rug het uitgehaak. Of hy het ’n spier gerek of geskeur. Wat gaan ons maak? 10. HERMAN: (Wanhopig) Enigiets … help my net om regop te kom. 11. ZENOBIA: Gaan bel daai simpel prokureur. 12. HERMAN: (Kwaai) Ek wil nie my testament laat opstel nie … kry ’n dokter! 13. KATINKA: (Weg) Ek sal by die prokureur oom Josef se dokter se nommer kry. 14 1. HERMAN: (Benoud) Asseblief nie … oom Josef is dan dood. Kry ’n goeie dokter. 2. ZENOBIA: Pa, hou nou op met kerm. Ma het mos gaan bel. 3. HERMAN: Zenobia, wie se pyn is dit? 4. ZENOBIA: Byt dan ’n bietjie op pa se tande. 5. HERMAN: Dat ek nou in lewe die geween en gekners van tande moet beleef. 6. ZENOBIA: Mans! 7. HERMAN: Jy het net ’n nael gebreek so bly liewer stil. F/X MATRAS SKUIF NADER 8. ZENOBIA: Waar gaan Ma heen met die matras? 9. KATINKA: (Nader) Die dokter se nommer was teen die muur bokant die telefoon geskryf. Hy sê ons moet die matras langs pa inskuif en hom dan daarop omkeer, sodat hy op sy rug kan lê. 10. HERMAN: (Baie benoud) Bel ’n ander dokter. Hoekom dink julle is oom Josef dood. 11. KATINKA: Hy het ’n hartaanval gekry, Herman. Kom Zenobia … een … twee … drie … 12. HERMAN: Eina! Ek gaan dood van die pyn! Wat klap so – julle het sowaar my rug gebreek. Ek gaan verlam wees en dit is julle skuld! 15 1. KATINKA: Trek sy voet tot op die matras, sodat sy knie gebuig is. Ek doen dieselfde hierdie kant. 2. HERMAN: (Sagter) Eina … Eina blikskottel! Die dokter het nie ’n benul waarvan hy praat nie. (Harder) Eina! 3. KATINKA: Bly stil Herman jy maak my senuweeagtig. 4. HERMAN: Jy senuweeagtig? Julle geniet elke oomblik. 5. KATINKA: Moenie laf wees nie. Vandat oom Josef dood is het ek nog nie een oomblik geniet nie. 6. GIDEON: (Afstand) Hallo, is hier iemand? 7. ZENOBIA: Pa dis die prokureurtjie. 8. HERMAN: (Driftig) Katinka, het ek nie vir jou gesê ek wil nie ’n prokureur hê nie. Ek het ’n dokter nodig … en ook nie oom Josef s’n nie. 9. GIDEON: (Nader) Wat gaan hier aan? 10. ZENOBIA: My pa het die vloer geskrop en toe daaraan vasgeklou. Toe sê die dokter my ma moet die matras bring sodat ons hom kan omdop. 11. HERMAN: (Benoud) Dis my rug … kom jy inspeksie hou meneer Hansen? 12. GIDEON: Nee meneer Rousseau. Ek het kom wys waar die graf gegrawe moet word. 13. HERMAN: (Verwese) Hier … op die plaas? 16 1. GIDEON: (Ernstig) Ja, hy wil nie op die dorp te ruste gelê word nie - te veel hartseer. 2. HERMAN: Ek kan nie die graf grou nie … my rug is af. 3. GIDEON: Oom Josef... meneer Rousseau het seker so iets verwag, want hy het met die begrafnisondernemers op die dorp gereël. Ek moet net die plek vir hulle aanwys. 4. KATINKA: Zenobia hou jou pa se ander voet ook vas dan gaan kyk ek. 5. GIDEON: Mevrou die testament bepaal dat julle die gestreepte eetservies uithaal vir die begrafnis. Nie die geblomde een nie. 6. KATINKA: Wat van die verversings na die tyd. 7. GIDEON: (Lag) Ek het uit die testament afgelei Mevrou is nie juis ’n bakster van formaat nie. Oom Josef het met die susters van sy gemeente gereël. 8. KATINKA: (Styf) Zenobia ek sal jou pa se voet vashou. Gaan jy saam met meneer Hansen en kyk waar wil jou geliefde oom sy laaste rus deurbring. 9. ZENOBIA: (Weg) Gaan hy ooit rus? 10. KATINKA: (Sug) Wat nog? 11. HERMAN: Ek moet gaan skaapkoppe eet. FX: DOOF UIT EN IN 12. ZENOBIA: (Nader) Hoe lank moet Pa nog so op die matras lê? 13. HERMAN: Seker tot die pyn oor is. 17 1. ZENOBIA: Pa moet my mooi wys wat Pa gedoen het vir wanneer dit my beurt is om die vloer te was. 2. HERMAN: Dis nie ’n grap nie, Zenobia. Dit is helse pyn. Waar is jou ma? 3. ZENOBIA: Nog op die foon. Klink soos begrafnis reëlings. Waar is oom Josef se rooster dat ek kyk waarmee hy my volgende wil straf. Mm... wat gaan Pa nou doen met die vloer en Pa se rug. 4. HERMAN: Te dinges met die vloer. Hoe sal die prokureurtjie weet of dit geskrop is of nie? 5. ZENOBIA: ’n Mens kan nogal sien waar Pa gewas het en waar nie. Sal Pa kan staan en werk? 6. HERMAN: (Gelate) Daar is ook nie genade vir ’n siek man nie. Solank ek net nie weer op my knieë moet staan nie. Die pyn is onbeskryflik. 7. ZENOBIA: Ek sê Pa wat. Ek was die vloer dan maak Pa die koolstoof skoon. 8. HERMAN: Nie maklik nie. Ek sal die swart roet nooit weer onder my naels uitkry nie. 9. ZENOBIA: (Vermakerig) Dan is dit maar Pa en die vloer. 10. HERMAN: (Moedeloos) Maar ek kan nie... (Pouse. Sug) Nou goed ek sal die stoof skoonmaak. 18 1. ZENOBIA: Daar is seker honderd plastiese sakke onder die Fielies se sitplek. Ek gaan dit haal dan bind ons dit om ons hande. Ek gaan my knieë ook pantser. As die roomkamer so vol splinters is weet ek nie... FX: DOOF IN EN UIT MUSIEK 2. ZENOBIA: (Nader) Pa kyk wat kry ek in een van die plastiese sakke. Oom Josef wou seker gaan kruideniersware koop. (Hanteer sak met geld) Dis tweehonderd rand … nee, dit is seker tweeduisend rand. 3. HERMAN: (Stel skielik belang) Laat ek sien (Tel die geld) Ja wragtig! Ons sal die prokureur moet sê. 4. ZENOBIA: Hy hoef nie te weet nie. Ek gaan dit vir my hou … Ek moet ’n rok kry vir die funksie. 5. HERMAN: Jou ma maak dan een. 6. ZENOBIA: Sy gaan dit nooit klaarkry nie... En dit is oom Josef se skuld. Ek sit die geld in my handsak. Nou vir die vloer. 7. KATINKA: (Afstand) So, ja, die begrafnisreëlings is gefinaliseer. 8. ZENOBIA: Moenie vir Ma sê nie. 9. KATINKA: Siestog. Oom Josef het sowaar alles self gereël. Dit moes net bevestig word. 10. ZENOBIA: Ek is so vies vir hom dat ek skoon vergeet hy is dood. Ek hoop nie mense voel eendag so oor my nie. 19 1. KATINKA: Hulle sê hy was baie vrygewig. En party mense gaan hom mis. 2. HERMAN: Ek het altyd gedink hy is suinig. 3. KATINKA: Hy het gereeld vir ons vars vrugte en groente gebring. (Oorgang) Zenobia, hoekom was jy die vloer? 4. ZENOBIA: Ek help my pa. Het Ma dan geen simpatie nie? Sy rug is morsaf. 5. KATINKA: Wat doen jy in ruil vir die vloer Herman? 6. HERMAN: Maak die koolstoof skoon. 7. KATINKA: (Sarkasties) Mm … groothartig van ons dogter, nè? 8. ZENOBIA: Hoor ek sarkasme? Ek kan enige tyd hier los … 9. HERMAN: Ek en Zenobia verstaan mekaar Katinka. Help my asseblief om op te kom. 10. MIETA: (Nader) Ai toggie mevrou Katinka. Ek het vir julle ’n fles met tee gebring en so paar jamtertjies. Jantjie kom sit die mandjie met die groente hier op die tafel neer. (Mandjie word neergesit) 11. KATINKA: Dankie, Mieta. Dit is dierbaar van jou. Dankie Jantjie. Haai, dit lyk net soos die groente en vrugte wat oom Josef altyd vir ons gebring het. 12. JANTJIE: (Trots) Elke groentetjie het onder my vingers uitgegroei. Groen vingers het meneer Josef altyd gesê. 20 1. MIETA: Mevrou in die yskas is ’n gaar skaapboud. Met ’n slaaitjie by kan die mae vol raak. Daar is ook skoon linne in die kas in die gang. 2. KATINKA: Baie dankie, Mieta. 3. ZENOBIA: (Emmer skuif oor vloer) 4. MIETA: Ai toggie Juffrou. Ek het jou nie tussen die plastiese sakkies op die vloer raakgesien nie. 5. JANTJIE: (Lag) Juffrou lyk soos die lyndraad by die dorp. Die ene sakkietjies. 6. ZENOBIA: Ja Jantjie, dis beslis nie my gunsteling plek nie. 7. MIETA: (Vraend) Meneer Herman, hoekom lê jy op die matras... en dit op die eetkamer se vloer? 8. KATINKA: (Lag) Dit is omtrent ’n prentjie, Mieta. Herman het die vloer geskrop en sy rug seergemaak. Toe belowe Zenobia om dit klaar te was as hy vir haar die koolstoof doen … sy het reeds ’n nael in die roomkamer gebreek. 9. MIETA: (Afgehaal) Ai toggie. Is die huis dan klaar weer vuil? Ek het gister self mooi skoongemaak... die stoof ook. 10. JANTJIE: Ja en ek maak elke oggend en aand die roomkamer skoon nadat ek gemelk het. 11. HERMAN: (Lag) Het iemand dalk getwyfel of oom Josef ’n humorsin gehad het? 21 1. KATINKA: Ai, Mieta... ons was so ontsteld dat ons nie eers gekyk het of dit skoon is nie. 2. ZENOBIA: Het ek sowaar die vloer verniet gewas? En Pa is skotvry! 3. KATINKA: Oom Josef lag vir ons … 4. ZENOBIA: Wat van Gideon Hansen! Hy moet dink ons is onnosel. 5. HERMAN: Ons is! 6. MIETA: Meneer Josef het altyd ’n grappie gehad. Ons gaan hom baie mis! (Weg) Dan gaan ons maar weer. 7. KATINKA: Alles reg julle twee. Mieta julle moet net praat as ons van enige hulp kan wees. 8. MIETA: Dankie Mevrou Katinka maar moenie bekommer nie. Jantjie is fluks. Hy help my baie. 9. JANTJIE: (Trots) Ek help graag. Ek het ook seker gemaak daar is genoeg gas vir die ligte en stoof. 10. KATINKA: (Pouse) Ek voel ’n yslike gek. Toe die klere so mooi netjies gestryk is, moes ek gedink het Mieta het skoongemaak. 11. HERMAN: Jy het nie gestryk nie? 12. KATINKA: Dit was nie nodig nie. Ek het dit net in die houers gepak om ouetehuis toe te vat. 13. ZENOBIA: So Ma het lekker gerus terwyl ek en Pa ons byna dood gewerk het. 14. KATINKA: Dit maak darem op vir al die duisende kere wat ek alleen ons huis moes skoonmaak. 22 1. HERMAN: Jou elektriese toebehore help gelukkig. 2. KATINKA: Hulle is nog steeds afhanklik van my inset. 3. ZENOBIA: Ek het nooit so daaraan gedink nie. 4. HERMAN: Die tuin is ’n totaal ander storie. 5. KATINKA: Gelukkig kry jy tweemaal per maand die tuindienste. 6. HERMAN: Dis al wat ek kan bekostig. Jy weet self ek is nie meer ’n kind nie. Tuinwerk is nie wasgoed was nie. (Oorgang) Help my asseblief om op te kom … Mieta se tee word koud en hier is nie ’n mikrogolfoond nie. 7. KATINKA: Maar hier is ’n gasstoof. 8. ZENOBIA: Is daar ’n manier om warm water te kry om te bad Pa? 9. HERMAN: Hier moet ’n sonpaneel of iets wees. Ek was net-nou verras toe ek water gaan haal het vir die vloer. Die water is kokend warm. 10. ZENOBIA: Wonderlik. Sien julle later. Ek gaan nou bad. 11. HERMAN: Dis baie lekker. 12. ZENOBIA: En ek moet vir Ruan bel om die pad te verduidelik. 13. HERMAN: Agge nee Zenobia. Jy het tog nie vir daardie klein windlawaai gesê van oom Josef nie. 14. ZENOBIA: Ruan is my kêrel Pa. Dit is tyd dat Pa dit aanvaar. Hoe kan ek hom nie vertel nie. Hoe verduidelik ek dan van Fielies. 15. HERMAN: My liewe kind. Besef jy nie hy sal met jou wil trou vir jou geld en nie vir jouself nie? 23 1. ZENOBIA: Dit is nog gladnie ’n uitgemaakte saak dat ons die geld gaan kry nie. Gideon Hansen gaan uit sy pad uit om te sorg dat dit nie gebeur nie. 2. HERMAN: Waar is oom Josef se rooster. Ons moet sorg dat ons elke voorwaarde noukeurig nakom. 3. ZENOBIA: Die vloer ook was? 4. HERMAN: Ja. Ek sal net vir my ’n ordentlike mop gaan koop. 5. KATINKA: Daar’s een in die kas waar jy die emmer en skropborsel uitgehaal het. 6. HERMAN: Hoekom praat jy nie. Hier beland ek amper in die hospitaal! Maar jy sê niks. 7. KATINKA: (Lag) Ek dag jy verkies die emmer en borsel. 8. HERMAN: Dis nie snaaks nie Katinka. 9. KATINKA: Dit is vir my … Ek moet erken ek het eers gedink jy is baie dom. maar aangesien dit die eerste keer is dat jy ’n vloer was... en Oom Josef jou eers ’n miljoen rand moes belowe om die joppie te doen... 10. HERMAN: Een-en-twintig. (Pouse) Seker sy idee van ’n grap. Ek wonder net waarmee sou hy in elk geval so baie geld gemaak het? 24 1. KATINKA: Seker gespaar. Alles wat ’n mens nodig het om van te lewe is eintlik hier. Hulle kruideniersware het seker nie ’n tiende gekos van ons s’n nie F/X: MOTOR KOM NADER 2. HERMAN: Zenobia het sowaar die Ruan-vent laat kom. Sy gaan nog lang trane huil met hom saam. 3. ZENOBIA: (Nader) Ruan is hier. Ek wonder wat hy van alles dink... (Weg) Sien julle nou. 4. HERMAN: (FLUISTER) Katinka ons moet van hierdie ventjie ontslae raak. 5. KATINKA: (FLUISTER) Kom ons kry net eers die een begrafnis agter die rug. (Lag) Twee so kort opmekaar gaan verdag lyk. 6. HERMAN: (Vies) Jy weet wat ek bedoel. 7. RUAN: Yes, yes my Oom? Zenobia sê vir my ons het toe amper twee begrafnisse. 8. HERMAN: (Ergerlik) Zenobia het ’n los mond. Sekere dinge is privaat. 9. RUAN: (Kamtig simpatiek. Lag) Agge nee, moenie vir my sê Oom het dààr ook skade gekry nie. 10. HERMAN: (Vererg) Miskien is ’n tweede begrafnis nie so onwaarskynlik nie. 11. RUAN: (Effens bekommerd) Hoe bedoel my omie nou? 12. HERMAN: Zenobia sê vir die mannetjie ek is nie sy omie nie. 25 1. KATINKA: (Diplomaties) Zenobia vat asseblief die vuil koppies kombuis toe en skink vir Ruan iets om te drink. 2. ZENOBIA: (Skinkbord met koppies. Weg) Het jy gesukkel om die plaas te kry, Bokkie? VOETSTAPPE EN STEMME BEWEEG WEG 3. RUAN: (Weg) For sure. Ek meen. Ek het so te sê ’n ingeboude GPS my cherrie! 4. HERMAN: (Vies) Wat sien sy in die affêre! Sê nou sy trou met hom! 5. KATINKA: Daar sal nog baie water in die see loop voor dit gebeur... Jy kan nou maar opstaan van die matras af, die vloer is mos skoon. 6. HERMAN: (Ontsteld) So jy dink ek het aangesit? F/X: VOERTUIG HOU BUITE STIL 7. HERMAN: Het Zenobia tog van hom ontslae geraak? 8. KATINKA: (Weg) Dis ’n bakkie Herman. En hy’t stilgehou. (Pouse. Afstand) Dis die begrafnisondernemers wat die graf kom grawe. (Roep) Zenobia gaan wys jy en Ruan asseblief vir die mense waar die graf moet kom. 9. HERMAN: Help my asseblief om regop te kom. 10. KATINKA: (Lag) Sukkel my ou chauvinis om al lêende beheer uit te oefen. Draai op jou sy … dan op jou knieë … en staan op. 11. HERMAN: (Verontwaardig) Ek het pyn Katinka. Intense pyn. Hoe kan jy daaroor lag? 26 1. KATINKA: Ek beter die gestreepte eetservies uithaal. Dit het dalk ’n was nodig het. (Papiersak. Verbaas) Herman, kyk net hier … In die papiersak. 2. HERMAN: (Geskok) Liewe aarde... hoeveel is dit? 3. KATINKA: Dit is vreeslik baie geld. Hoe beland dit hier? 4. HERMAN: (Hou hom dom) Die pakkies lyk vir my ewe groot … hier is seker vyfduisend rand! 5. KATINKA: Wat maak ons daarmee? 6. HERMAN: Ek kan aan ’n hele paar goed dink. 7. KATINKA: Ons moet die prokureur sê. 8. HERMAN: Ons moet niks nie. Dalk het oom Josef dit spesiaal hier vir ons gelos. 9. KATINKA: Ek weet darem nie so mooi nie. Sê nou dit is ’n lokval? 10. HERMAN: Nee wat. Oom Josef was nie so slim nie. 11. KATINKA: Hy het jou lekker met die vloer gevang. 12. HERMAN: Ja vryf dit in. 13. RUAN: (Nader) Hoekom wil jou weird oompie onder die wilgerboom ingespit word? Seker nie vir die koelte nie? Ek meen die boom is kaal in die winter. 14. HERMAN: (Fluister) Sit die papiersak terug in die buffet. 15. KATINKA: (Laai oop. Papiersak) 16. ZENOBIA: (Nader. Verbaas) Wat doen Ma onder in die sideboard? 27 1. KATINKA: (Skrik) Niks nie. Ek haal net die gestreepte eetservies uit vir die begrafnis. 2. ZENOBIA: Dit is pragtig. Oom Josef het goeie smaak gehad. Waar is die geblomde een. (Laai oop) 3. KATINKA: Nee, wag! Ek sal kyk … netnou breek jy iets. (Haal servies uit) 4. ZENOBIA: Nou toe nou … die goed is nog net twee dae Ma s’n, en Ma is al net so gierig soos oom Josef. 5. KATINKA: (Sit servies op tafel neer. Laai toe) Toe. Is jy tevrede? 6. RUAN: Die blommetjies is nogal cool. Seker duur ook. 7. ZENOBIA: Ek hou meer van die gestreepte een. 8. KATINKA: (Hanteer servies) Wag ek bêre dit gou. (Laai oop) Daar is koeldrank in die yskas. 9. ZENOBIA: Sjoe, maar Ma is omtrent heilig op haar erfporsie. Gaan Pa ook die plaas oprol en in die kas bêre. 10. HERMAN: Moet jou nie stuitig hou nie, Zenobia. Ons staan aan die vooraand van ’n begrafnis. FX: ORRELMUSIEK DOOF NA PLAASHUIS 11. HERMAN: Dominee het ’n pragtige, vertroostende begrafnisrede gehad. 12. KATINKA: (Aangedaan) Almal was so hartseer oor oom Josef... 13. ZENOBIA: Ja ek het ook hartseer geword toe almal so huil. Dalk het hulle ’n ander kant van hom geken. 28 1. HERMAN: Twaalfde Nag van Shakespeare lê onder die Bybel op sy bedkassie. 2. ZENOBIA: Dink Pa hy het dit gelees? 3. HERMAN: Ek neem so aan. Hoekom anders is dit daar? 4. ZENOBIA: (Weg) Ek gaan gou kyk. Dit is amper te goed om waar te wees. 5. HERMAN: (Pouse. Steun) My hande het blase van die bome wat ek gesnoei het... FX: DOOF UIT EN IN 6. ZENOBIA: (Nader) Ek glo nie hy het dit gelees nie. Maar hier’s ’n brief van Jans... Geskryf die dag van sy dood. (Papier ritsel) 7. KATINKA: Dalk verduidelik hy daarin hoekom hy vir Zelmarie en toe homself geskiet het? 8. HERMAN: Oom Josef het nooit gesê Jans het ’n brief gelos nie. 9. ZENOBIA: Kan ek dit maar lees? 10. HERMAN: Hoekom nie? Laat ons hoor. 29 1. ZENOBIA: Okei... (Hanteer brief. Lees) Liewe Pa, ek is jammer dat Pa hierdie dag moet beleef. Gelukkig is Ma nie meer daar nie. Dit was ’n ongeluk. Ek wou nie vir Zelmarie skiet nie. Glo my asseblief. Ek wou haar net skrikmaak. Sy wou my verlaat vir Rudolf Marx. Hy is glo nie so suinig soos ek nie. Toe sy nie na rede wou luister nie, het ek die rewolwer uitgepluk en gesê ek sal haar met geweld daar hou. Regtig, Pa. Die ding het self afgegaan. En... Ek kan nie sonder haar lewe nie, Pa. Ek kan nie anders nie. Vergewe my, asseblief. Begrawe ons langs Ma. En dan net een guns. Moenie dat die buurt hoor Zelmarie wou my verlaat nie. Ek is lief vir Pa. Jans.” 2. KATINKA: (Snuif) Arme oom Josef. Dis hoekom hy die huis toegesluit het en nooit weer soontoe gegaan het nie. 3. HERMAN: Niks is ooit so erg dat ‘n mens jou eie lewe moet neem nie. Laat dit vir ons ’n les wees. Dis onmenslik selfsugtig. 4. ZENOBIA: Pa moenie oor my worrie nie. Daarvoor het ek die lewe heeltemal te lief. 5. KATINKA: Wie weet watter draaie die lewe soms met ’n mens loop. (Oorgang) Herman, jy onthou nog die samekoms van die skaapkopeters vanaand, né. Ter ere van oom Josef. 6. ZENOBIA: (Gril) Ek is bly ek is net met ou Fielies gestraf. Miljoen of te not. Ek eet nie ’n skaapkop nie. 30 1. HERMAN: (Geïrriteerd) Een-en-twintig miljoen! 2. KATINKA: Geld wat stom is maak reg wat krom is... FX: MUSIEKBRUG. PLAASKOMBUIS. AAND. BINNE 3. HERMAN: (Nader) Het julle sowaar vir my gewag? 4. KATINKA: (Lag) Ons moet darem sien of jy dit oorleef het. 5. ZENOBIA: Pa het hopelik nie verby gehardloop badkamer toe nie. 6. HERMAN: (Selfvergenoegd) Dit was toe nogal ’n heel interes- sante aand. Ek is soos ’n eregas behandel. Oom Josef was ’n baie geliefde persoon onder die manne. 7. ZENOBIA: Hoe lyk die mense wat skaapkoppe eet? 8. HERMAN: Glad nie onaardig nie... (Lag) Wat vir my baie interessant was is die oudste persoon kry die oë om te eet want hy moet sien wat aangaan. 9. ZENOBIA: (Gril) Ek gril my morsdood. 10. HERMAN: Jy eet slakke … Die oë is glo ’n heerlike delikatesse. 11. KATINKA: (Naar) Moenie vir my sê jy het dit geëet nie Herman? 12. HERMAN: Nee ek was die jongste en moes tevrede wees met die ore. Dis glo omdat ek moet luister wat die ouer mense te sê het. 13. ZENOBIA: (Lag) En het Pa iets gehoor? 14. HERMAN: Baie … veral dat ek hopeloos te min respek vir oom Josef gehad het. 15. KATINKA Ek het dieselfde gevoel gekry onder die begrafnisgangers. 31 1. ZENOBIA: En ek moet nog steeds môre vir Fielies tussen die grand karre by die werk parkeer. Ek skaam my dood! 2. KATINKA: Behalwe as jy trots is op jou erfporsie, Zenobia. 3. ZENOBIA: Trots! Wat jy waar kry? FX: DOOF UIT EN IN NA BEESKRAAL 4. HERMAN: Ai, Jantjie, jou beeste is blinkvet en gesond. 5. JANTJIE: Ja hulle moet mooi lyk as meneer Josef so van bo af vir hulle kyk. Hy moenie spyt wees dat hy hulle in Jantjie se sorg gelos het nie. 6. HERMAN: (Pouse) Dink jy... Sal jy my kan leer van die beeste, Jantjie? 7. JANTJIE: Al te seker Meneer. Hier is gelukkig genoeg weiding op die plaas vir nog ’n hele klompie in die somer. Net die winter is ’n ander ding. Dan is hier nie kos nie. 8. HERMAN: Ek het met die man wat die lande huur gepraat. Hy sê ons kan die mieliereste kry... Dan is daar mos genoeg voer vir die winter. 9. JANTJIE: Nee dis reg so, meneer Herman. (Laggie) Ek kan al klaar sien dat ek en meneer gaan net so lekker saamwerk soos ek en meneer Josef. 32 1. HERMAN: Wanneer die huurkontrak verstryk wil ek van die lande vir ons twee uithou voordat ons die nuwe kontrak vir die nuwe jaar sluit. 2. JANTJIE: Is reg so Meneer Herman. Ons sal weer boer soos vanmelewe. FX: DOOF UIT EN IN NA PLAASKOMBUIS. DAG BINNE. 3. KATINKA: Ai Mieta, ek het so bederf geraak met die heerlike, vars plaasbotter wat jy vir ons bring. 4. MIETA: Dit is so lekker om weer vrouens op die plaas te hê. Na Mevrou Raaitjie se afsterwe wou die plek net nie meer blink nie. Tot die vrugtebome se blare was dof. 5. KATINKA: (Lag) En hier is so baie... sal jy my leer om in te lê en konfyt te kook, Mieta? 6. MIETA: (Trots) Al te seker Mevrou. Ons het altyd ons inlêgoed en konfyt vir die skou ingeskryf. Ons bottels sal weer met medaljes om hulle se nekke pronk. F/X DOOF UIT EN IN 7. HERMAN: Ek kan nie glo oom Josef is nog net twee maande weg nie. Dit voel vir my asof ons al ons hele lewe hier bly. Ek sukkel om die dae om te kry sodat ons naweke hierheen kan kom. 33 1. KATINKA: Ek sukkel met dieselfde gevoel. Dit is asof my kop nie meer by ons huis is nie. En ek dink die hele tyd waar ek ons meubels gaan inskuif hier in die opstal. 2. ZENOBIA: Julle kan lekker praat. Nie een van julle twee hoef met Fielies werk toe te ry nie. Die mense lag hulle slap. Ruan sê oom Josef was onbillik om my te dwing om met sy negentien-voertsek bakkie werk toe te ry. 3. HERMAN: (Vies) En van wanneer af het Ruan ’n vrye sê oor my familie. 4. ZENOBIA: Van wanneer af trek Pa so party vir Pa se familie? 5. HERMAN: Oom Josef kon sy besittings aan die ouetehuis gelos het. 6. ZENOBIA: Hy gaan dalk in elk geval? Ons is glad nie verseker van hierdie erfporsie nie. Ruan sê ek kan bly wees die bakkie is so lelik, want as hulle my wil kaap het hulle nie eers ’n ander voertuig nodig nie. Hulle hardloop my sommer in. 7. HERMAN: As dit hom so pla, hoekom lê hy naweke hier rond? 8. KATINKA: Asseblief, Herman... 9. ZENOBIA: Toemaar Ma. Ruan laat hom nie afsit deur pa se skerp tong nie. Hy sê hy wou nog altyd met ’n ryk vrou getrou het. 10. HERMAN: (Ontsteld) Hoor jy daar, vrou! Ek sê mos vir jou, hy is agter die kind se geld aan. 34 1. ZENOBIA: Watse geld? Ons moet nog by Gideon Hansen verbykom. Hy dink mos elke meisie vir wie hy glimlag se bene word lam. Hy is mal oor Oom Josef se simpel testament. Ek wonder of hy hom nie voorgesê het nie. 2. HERMAN: Oom Josef het hom nie laat voorsê nie. 3. KATINKA: Dit is die waarheid … veral na sy dood. Ek wonder darem wat hy sou sê as hy sy huis en tuin nou kon sien. 4. HERMAN: Ja-nee, my vrou … jy kan jou maar op die skouer klop. Met ’n paar slim skuiwe het jy jouself oortref. 5. KATINKA: Ons het dit in ’n lushof omskep. Ek verruil nie die huis met sy stinkhoutmeubels en Maggie Loubsers vir oorlede Jans en Zelmarie s’n nie. 6. ZENOBIA: Al wat my worrie is die testament Pa. Moes alles nie gebly het soos toe oom Josef gelewe het nie? 7. HERMAN: Alles is nog binne die bepalings van die testament – niks is verwyder of verkoop nie. Selfs Gideon kon nie sy verbasing wegsteek toe hy inspeksie kom doen het nie. FX: DOOF UIT EN IN NA DORP. KANTOORGELUIDE. DAG BINNE 8. HERMAN: Dag Gideon … ’n mens kan amper nie glo die drie maande is verby nie. 35 1. GIDEON: Ja die tyd loop. (Keelskoon) Kom sit gerus, dan gaan ons Sommer dadelik voort... (Pouse) Zenobia... het jy toe die Willis laat diens by ou Abraham Nottnagel? 2. ZENOBIA: (Lag) Ja, ek het. Daar is nou vir jou ’n karakter. Hy en oom Josef was blykbaar groot vriende. 3. HERMAN: Hulle was … hy is ook betrokke by die Skaapkopeters vereniging. Ons twee het lekker gesels. 4. KATINKA: Ja ek het hom ook al ‘n paar keer by die ouetehuis raakge- loop. En dan moet ’n mens maar vergeet van die tyd. 5. GIDEON: Dit lyk vir my oor die algemeen of julle heelwat beter voel as drie maande gelede. 6. HERMAN: Dis vir seker. 7. GIDEON: Net een probleempie ongelukkig. Volgens die testament... 8. HERMAN: Watse probleem? 9. GIDEON: Julle het die laaste voorwaarde in sy testament nie nagekom nie. 10. HERMAN: Maar dis nie moontlik nie … ons het juis elke enkele voor- waarde slaafs nagekom. 11. GIDEON: Ek is bevrees nie. Julle was nie eerlik oor die kontantgeld nie. 12. HERMAN: (Ergerlik) Watse kontant? 13. GIDEON: Daar was tweeduisend Rand in die bakkie … 36 1. ZENOBIA: Dit is nog steeds onder die sitplek … Sal ek dit vir jou gaan haal? 2. GIDEON: Dit is ongelukkig nou te laat. 3. KATINKA: As jy verwys na die vyfduisend Rand onder in die buffet by die gestreepte eetservies. Ek het dit weer netjies daar gebêre. 4. GIDEON: Tog jammer jy het my nie daarvan gesê nie Katinka. 5. HERMAN: Daar was ook vyfduisend Rand in oom Josef se gereedskapkas. 6. KATINKA: Jy het my niks daarvan gesê nie Herman. 7. ZENOBIA: Ek het vir Pa van die tweeduisend rand gesê en Pa sê my niks van die vyfduisend nie … en Ma swyg ook soos die graf. 8. GIDEON: Ongelukkig is dit nou die oorsaak dat julle nie kwalifiseer vir die kontant erflating nie. 9. ZENOBIA: Ons het dit dan nie gebruik nie. Elkeen het dit teruggesit waar dit was. Hoekom het die ou man dit dan daar gebêre? Was dit sy plan om ons te onterf? 10. GIDEON: Nee, dit was ’n geskenk vir julle. Miskien moet ek die testament lees. (Keelskraap) Liewe Herman... OORGANG VAN GIDEON SE STEM NA OOM JOSEF Katinka en Zenobia... Dit spyt my innig dat Gideon hierdie gedeelte van die testament aan julle moet voorlees. 37 1. OOM JOSEF: As ek julle nie eers met twee- en vyfduisend rand kan vertrou nie is dit onmoontlik om julle met my een-en- twintig miljoen te vertrou. Gideon se opdrag kom nou in werking. Hy kan vir julle een miljoen rand belê en julle kan van die rente lewe. Julle is ook vry om alles te verkoop wat ek aan julle nagelaat het. Jantjie en Mieta behou hulle vruggebruik. Dit moet ook so oorgedra word aan die voorgenome kopers.” 2. HERMAN: Ek is jammer, maar ek verkoop nie my erfporsie nie. Ons het nou wel een-en-twintig miljoen verloor. Maar ek is dankbaar oor die rente op een miljoen. Dit is meer as wat ek ooit in die Staatsdiens sal verdien. 3. KATINKA: Ek is ook heeltemal tevrede... 4. ZENOBIA: En ek … ek sit met Fielies. Maar ons het mekaar nou al gewoond geraak. 5. GIDEON: Die kontant wat julle gekry het en geheim gehou het, kan julle ook hou... Zenobia... solank jou ouers die oordragvorms teken kan jy gou by die lisensiekantoor ’n vorm sewentien gaan haal sodat die Fielies … ek bedoel die Willis op jou naam kom. 6. ZENOBIA: (BEWEEG WEG) Dan gaan ek en Fielies gou. 38 1. KATINKA: Ek gaan vir my ’n rok koop met die gewraakte vyf- duisend Rand.. 2. HERMAN: Moenie spandabelrig raak nie Katinka. Ons sal ons rieme dun moet sny. 3. KATINKA: O? Het jy Oom Josef se suinigheid ook geërf Herman? F/X: DOOF UIT EN IN NA GIDEON KANTOOR. MIDDAG. BINNE SELFOON LUI TWEE KEER 4. HERMAN: Rousseau, Goeiemôre. (Stoel skuif hard) Wat? As my dogter iets oorkom is jy ’n dooie... (Pouse) Een miljoen!... Geen polisie nie. (Pouse) Goed... Ja ek verstaan. Ek is nie onnosel nie! (Pouse) Hallo?... Hallo! 5. KATINKA: Herman? Wie was dit? 6. HERMAN: (Verslae) Sy is ontvoer … 7. KATINKA: (Onseker) Wie? Wie is ontvoer my man? Praat! 8. HERMAN: Zenobia... 9. KATINKA: Nee!! Wie het dit gedoen? Bel dadelik die polisie. Gideon jy is ’n prokureur … bel die polisie! 10. HERMAN: Nee! As ons polisie toe gaan skiet hulle haar. 11. GIDEON: Wat wil hulle hê? 12. HERMAN: (Sag) Een miljoen rand. 13. KATINKA: Verkoop die plaas … Ons huis in die stad. Enigiets, kry haar net terug. 39 1. GIDEON: Ek is bevrees dis nie ’n goeie opsie nie. Dit neem tyd om eiendom van die hand te sit. 2. KATINKA: (Huil) Vat die miljoen wat Oom Josef ons gegee het. 3. HERMAN: Dit sal nie werk nie. Ons is net op die rente geregtig. 4. KATINKA: Gideon kan jy nie help nie. Vat alles wat ons het vir jou vir een miljoen rand om ons kind terug te kry. 5. HERMAN: Kan jy dit doen Gideon. Sonder Zenobia is ons lewens betekenloos 6. GIDEON: Julle hoef nie julle eiendom te verkoop nie. Ek kan reël dat julle die geld kry, maar dan verbeur julle outomaties die rente. 7. HERMAN: Dis goed. Ek het darem nog my werk by die Staatsdiens. 8. KATINKA: (Huil) Dankie, Gideon. Jy is wonderlik 9. HERMAN: Hoe... Hoe gou kan jy die geld regkry? 10. GIDEON: (Verbaas) Verstaan ek julle reg? Julle is bereid om geheel en al van julle erfporsie afstand te doen om Zenobia terug te kry? 11. HERMAN: Die geld broer! Hoe gou kan ons dit kry? Zenobia se lewe is in gevaar. 12. KATINKA: Ja. Maak so gou as moontlik. My arme kind. Sy moet doodbang wees. 13. GIDEON: Net ’n oomblik. 14. HERMAN: Wat nou? 40 1. GIDEON: (Buzzer. Pouse) Janke. 2. JANKE: Ja Meneer. 3. GIDEON: Janke?... Is sy al terug? 4. JANKE: Ja Meneer. 5. GIDEON: Stuur haar deur asseblief. 6. HERMAN: Ek vra jou Gideon. Wat maak jy nou? 7. ZENOBIA: (Deur oop. Nader. Laggend) Daar’s hy! Fielies is myne! 8. KATINKA: (Trane) Zenobia! Dankie tog jy is veilig. 9. HERMAN: Het hulle jou seergemaak my kind? 10. ZENOBIA: (Verward) Waarvan praat julle? 11. HERMAN: Jou ontvoerders. Het hulle jou mishandel? 12. ZENOBIA: Ontvoerders? 13. HERMAN: (Verward) Gideon? Maar... Ek het self met die ontvoerder gepraat. (Begin besef iets is nie reg nie) Gideon weet jy wat is hier aan die gang? 14. GIDEON: (Laggie) Ja... Ja ek... Ek kan verduidelik. 15. HERMAN: (Ernstig) Goeie idee. 16. GIDEON: Julle moet my asseblief vergewe. Ek voer slegs opdragte uit. 17. HERMAN: Praat kêrel! Voor ek my regtig vererg! 18. KATINKA: Ons kind is veilig Herman. Is jy dan nie bly nie? 19. HERMAN: Stil Katinka. Laat die mannetjie verduidelik! 41 1. GIDEON: My... My vennoot het jou uit sy kantoor geskakel. Dit was nie regtig ’n ontvoerder nie. En dis nog steeds deel van oom Josef se testament. 2. HERMAN: Die ou man was nie lekker nie. 3. GIDEON: Miskien tog wel. Kom ek lees die res van die testament. 4. ZENOBIA: Kry dit dan nooit ’n einde nie. 5. GIDEON: Hierdie is die laaste gedeelte. Ek belowe. 6. HERMAN: Lees tog net! 7. GIDEON: Goed... (Keelskraap) Liewe Herman en Katinka... Ek is OORGANG VAN GIDEON SE STEM NA OOM JOSEF jammer oor Zenobia se skyn ontvoering. Maar ek moes seker maak julle waardes is reg... Veral wat geld betref... Ek het dit daarom my plig geag om julle ’n paar lesse te leer... Geld kan ’n mens se lewe verwoes. Dit onder andere... het Jans en Zelmarie van hulle lewens beroof. Ek sou al my geld gee om my kinders lewendig te hê... Maar ongelukkig het ek dit te laat besef. Ek het gevoel Zelmarie was spandabelrig. Sy het geld gemors... In die proses het ek nie net vir haar verloor nie maar ook my geliefde seun Jans. Na Raaitjie was hy my hele lewe. Herman... Laat Katinka en Zenobia af en toe sommer net geld op hulle klerekas uitgee, of hulle hare laat doen. Wat baat al jou miljoene jou as jy dit nie met jou geliefdes kan deel nie?” 42 8. KATINKA: (Snikkend) Arme Oom Josef. 1. HERMAN: (Verbaas) Ekskuus? 2. GIDEON: Ja... (Lag) Julle kry die een-en-twintig miljoen. 3. HERMAN: (Verslae) Ek het nie woorde nie. Daar was net een oom Josef. 4. KATINKA: Ons moes eers leer hoe ’n wonderlike mens hy was. 5. ZENOBIA: (Lag) Sjoe! Geen wonder dit het die hele tyd vir my gevoel asof Fielies vir my iets wil vertel nie. Een-en-twintig miljoen! 6. GIDEON: Minus natuurlik die motors wat hy vir julle bestel het. 7. HERMAN: Motors? Watse motors? 8. GIDEON: ’n Vier by vier vir jou... ’n Duitse motor vir Katinka en ’n sportmotor vir Zenobia. 9. HERMAN: En ek moet dit uit my erfporsie betaal? 10. GIDEON: Nee, elkeen betaal sy eie motor uit die sewe miljoen wat hy of sy geërf het. 11. HERMAN: Maar dit is heeltemal onnodig. Ons het elkeen ’n motor. 12. GIDEON: Oom Josef het geweet dit sou jou reaksie wees. Daarom het hy die testament so beskryf. 13. ZENOBIA: (Lag) Oom Josef was toe na alles nie so ’n suinige ou man nie. 14. HERMAN: (Lag) Nie met ons geld nie in elk geval. Onthou dis ons geld wat hy op onnodige karre wil uitgee. 15. KATINKA: (Lag) Wat ons by hom gekry het. 43 16. GIDEON: Daar is ’n voorwaarde. 1. H, K en Z: Ag nee, nie nog ’n voorwaarde nie! 2. HERMAN: Sê tog maar. 3. GIDEON: Zenobia... om jou sportmotor en geld in ontvangs te neem, mag jy vir drie maande met geen ander man uitgaan behalwe met... Gideon Hansen nie. 4. ZENOBIA: (Verslae) Jy! (Laggie) Dit jok jy. Wys my waar dit staan. 5. GIDEON: (Laggend) Met plesier. (Papier ritsel) 6. ZENOBIA: Wraggies! Swart op wit. Hoeveel kry jy uit die transaksie Gideon Hansen? 7. GIDEON: Genoeg. Hoekom dink jy het ek ingestem? 8. ZENOBIA: Het oom Josef nie ook my kinders se name in sy testament bepaal nie? FX: KOMIESE MUSIEK DOOF ONDER SPRAAK IN 9. GIDEON: Om die waarheid te sê... Ja. Die seun moet Josef heet en die dogter... Maria... (Lag) Noemnaam Raaitjie. Einde