Hoofstuk 16 - eFundi Buitelandse Sektor PDF
Document Details
Uploaded by RealizableEarthArt
North-West University
Tags
Summary
This document is a chapter about international trade, globalization, and the concepts of absolute and comparative advantage, suitable for an undergraduate economics course. It explores the principles of international trade and the theories behind it, providing explanations and examples.
Full Transcript
Die Buitelandse Sektor Hoofstuk 16 Uitkomste 01 Verduidelik wat globalisasie behels Verduidelik hoekom internasionale handel 02 plaasvind Identifiseer verskillende soorte 03 handelsversperrings V...
Die Buitelandse Sektor Hoofstuk 16 Uitkomste 01 Verduidelik wat globalisasie behels Verduidelik hoekom internasionale handel 02 plaasvind Identifiseer verskillende soorte 03 handelsversperrings Verduidelik hoe wisselkoerse op die mark vir 04 0 buitelandse valuta bepaal word 4 0 Definieer die ruilvoet en verduidelik die 05 5 belangrikheid daarvan Inleiding Globalisering - Oor die afgelope paar jaar het ons gesien hoe meer ekonomiee geintegreërd geword het. o Handel het uitgebrei, kapitaal markte ontwikkel, toerisme. o Produksiefaktore is baie mobiel in moderne tye. o Ekonomie is meer kwesbaar vir skokke wat in buitelandse sektor ontwikkel. o Omvang van land se betrokkendheid by internasional handel en finansies = oopheid of mate van integrasie in die wêreld ekonomie. Internasional handel is die handel van goedere en dienste tussen lande. Hoekom lande handel met mekaar dryf? o Geen land is selfonderhoudend nie = ekonomieë is interafhanklik. o Beperkte hulpbronne en onbeperkte begeertes. Waarom lande handel dryf 2 teorieë wat die konsepte (spesialisasie) verduidelik: Absolute voordeel: produseer ʼn produk goedkoper as ʼn ander land Adam Smith Relatiewe (vergelykende) voordeel: geleentheidskoste om produkte te produseer verskil David Ricardo Absolute Voordeel Die vermoë van ‘n party (individue, firma, of ‘n land) om meer van ‘n produk of diens te produseer as hul mededingers, wat dieselfde hoeveelheid hulpbronne gebruik. As ‘n land spesialiseer in die produksie van ‘n produk waarin hul ‘n absolute voordeel het en handel dryf met mekaar, dan gaan albei lande voordeel trek. Aaname: 2 lande, en 2 goedere; gebruik diselfde hoeveelheid insette VB: Australia en Japan: – Australia kan 100kg wol / 5 digitale kameras produseer. – Japan kan 50 kg wol / 10 digitale kameras produseer. – Australia het dus ʼn absolute voordeel in die produksie van wol en Japan het ʼn absolute voordeel in die produksie van kameras Relatiewe (Vergelykende) Voordeel Handel kan ook voordelig wees indien een land meer doeltreffend in die produksie van beide produkte is. Verwys na die vermoë van `n party (individue, firma of land) om `n sekere produk of diens te produseer, teen `n laer geleentheidskoste as die ander party. Bereken ‘prys’ in terme van die ander produk Elke land sal geneig wees om te spesialiseer in die goedere waarin dit `n relatiewe voordeel het en dan `n deel daarvan uitvoer NB – aannames: dieselfde hulpbronne dieselfde 2 produkte dus maks. produksie indien net EEN produk vervaardig word Opsomming Absolute Voordeel – jy kan MEER van ‘n produk maak – met DIESELFDE insette Relatiewe Voordeel – jy kan ‘n produk maak – met dieselfde insette, – teen ‘n LAER GELEENTHEIDSKOSTE Voorbeelde VB: ABSOLUTE & RELATIEWE VOORDEEL Bv In Duitsland is dit moontlik om beide wyn en karre te vervaardig met minder arbeid as in SA. Relatiewe kostes vir beide is egter verskillend in die twee lande. Duitsland het ‘n absolute voordeel in albei produkte Deur geleentheidskoste te gebruik – Relatiewe voordeel o1 Kar = 4 wyn in Duitsland o1 Kar= 6 wyn in SA o1 Wyn = ¼ van ‘n kar in Duitsland o1 Wyn= 1/6 van ‘n kar in SA Die geleentheidskoste van KARRE in Duitsland is laer >>> Duitsland het ‘n relatiewe voordeel in karre oDUITSLAND ->> voer karre uit o->> voer wyn in Die geleentheidskoste van WYN in SA is laer >>> SA het ‘n relatiewe voordeel in wyn oSA >> voer wyn uit o>> voer karre in vanaf Duitsland VB: ABSOLUTE & RELATIEWE VOORDEEL GEMEENSKAPLIKE VOORDELIGE RUILVERHOUDING: Handel sal slegs plaasvind as daar daar ‘n insentief is om hulpbronne te verskuif. SA sal slegs hulpbronne na wyn uitvoere verskuif (en karre invoer) as hulle minder as ses vate wyn moet prys gee vir een kar. Duitsland sal slegs hulpbronne na kar produksie verskuif as hulle meer as vier vate wyn kan kry (of meer wyn kan kry in vegelyking as wat hulle moet opgee) om die karre te produseer. Dus sal handel slegs plaasvind as: 4 vate wyn < 1 kar < 6 vate wyn VB: ABSOLUTE & RELATIEWE VOORDEEL Geleentheidskoste vir: Geleentheidskoste vir: Motors: 4 vate wyn vir 1 motor Motors: 6 vate wyn vir 1 motor Wyn: 1 motor vir 4 vate wyn Wyn: 1 motor vir 6 vate wyn (1/4 van ‘n motor) (1/6 van ‘n motor) Nog ‘n voorbeeld Suid-Afrika Kos Klere – 1 Klere : 3 Kos Suid-Afrika 6 2 – 1 Kos : 0.33 Klere – Relatiewe Voordeel – Australië 1 2 Kos Australië – 1 Klere : 0.5 Kos – 1 Kos : 2 Klere – Relatiewe Voordeel – Gemeenskaplike ruilverhoudings Klere (exchange ratio- mutual advantage): Vir Klere: 0.5 < x < 3 Vir Kos: 0.33 < x < 2 Relatiewe voordeel: Nog ‘n vb Veronderstel dat Singapoer en Thailand die enigste twee lande in die wêreld is en dat daar slegs twee produkte in die wêreld is, naamlik televisies en rekenaars. Verder veronderstel dat as Singapoer al sy hulpbronne gebruik, hulle sewe televisies kan lewer, of 42 rekenaars in een dag. Insgelyks, Thailand kan twee televisies of ses rekenaars produseer per dag. Bereken en bepaal watter land het 'n relatiewe voordeel in die produksie van televisies en watse land het ‘n Antwoord TV Rekenaars Verhouding Singapore 7 42 1 TV: 6 Rekenaars Thailand 2 6 1 TV: 3 Rekenaars Singapore 7 42 1 Rekenaar: 1/6 TV Thailand 2 6 1 Rekenaar: 1/3 TV Thailand het dus ʼn relatiewe voordeel in die produksie van TV’s en Singapoer het ʼn relatiewe voordeel in die produksie in rekenaars. Handelsbeleid & versperrings Die regering meng in internasionale handel in om binnelandse firmas te beskerm teen buitelandse mededinging. Maatreëls wat ingestel word om hierdie doel te bereik: Invoertariewe: is belasting wat gehef word op produkte wat deur die land ingevoer word met die doel om: Die plaaslike firmas te beskerm teen mededinging van invoere (beskermende tariewe) – gehef op goedere wat plaaslik geproduseer word. Poog dus om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Of Om inkomste vir die regering in te vorder (inkomste tariewe) - dikwels gehef op goedere wat nie plaaslik geproduseer word nie. o Drie kategorieë invoertariewe: Spesifieke tarief: ‘n vaste bedrag wat gehef word op elke eenheid van die ingevoerde produk, bv R5 wat gehef word op elke bottel ingevoerde wyn ‘n Ad-valorem tarief: tarief wat gehef word as ‘n persentasie van die waarde van die ingevoerde item. Bv a tarief van 20% op die prys van ‘n ingevoerde motor. Gekombineerde tarief: tarief wat bestaan uit beide ‘n vaste bedrag en persentasie van die waarde van die ingevoerde item, bv 30% tarief en R30,000 per kar wat ingevoer word. Handelsbeleid & versperrings Die regering meng in internasionale handel in om binnelandse firmas te beskerm teen buitelandse mededinging. Maatreëls wat ingestel word om hierdie doel te bereik: Kwantitatiewe beperkings (invoerkwotas): is ‘n kwantitatiewe beperking op invoere wat poog om die invoervolume te beheer. Dit dien as ‘n vorm van direkte intervensie. Subsidies: toegestaan aan plaaslike vervaardigers, dieselfde uitwerking as die heffing van belasting op buitelandse produkte Valutabeheer: om die hoeveelheid buitelandse valuta wat vir die aankoop van ingevoerde goedere beskikbaar is, te beperk. Nie-tariefversperrings: geskied in die vorm van byvoorbeeld: diskriminerende administratiewe praktyke (soos onnodige “red tape” of spesiale lisensie vereistes) Wisselkoersbeleid: wisselkoersbewegings kan n beduidende uitwerking op invoere en uitvoere hê. Argumente vir en teen handelsversperrings Argumente ten gunste van Argumente teen handelsbeperkings: handelsbeperkings: Dit is ‘n manier om ‘n betalingsbalans- Handelsvennote kan terugslaan tekort te bestuur (retaliate) Dit werk oneffektiwiteit in die hand Dit is ‘n manier om storting (dumping) te (plaaslike industrieë het minder beveg intensiewe om hul kostes te verminder en doeltreffendheid te verhoog) Dit kan nuwe bedrywe (infant industries) Daar is ‘n welvaartsverlies (verbruikers beskerm betaal daarvoor). Dit kan werkskepping bevorder Dit genereer inkomste vir die regering Dit verseker nasionale selfvoorsiening Lees verder Afdeling 16.3 Wisselkoerse Definisie Koers waarteen geldeenhede verruil word. Verhouding tussen die pryse van 2 geldeenhede OF Prys van een geldeenheid uitgedruk in terme van ʼn ander. Handel vereis uitruiling van verskillende geld soorte Dit veroorsaak Vraag en Aanbod... SA? $1 = R17.71 SA invoerders het ʼn vraag na $ R1 = $0,056 Valutamark: Internasionale mark waarin een geldeenheid vir die ander verruil word. SA valutamark behels alle valuta handelaars wat al die hoof banke ter wêreld insluit. In SA is die $ die belangrikste element van die valutamark. Wisselkoerse Vraag na dollars in SA word bepaal deur: (Jy wil jou ZAR vir US$ ruil) Suid-Afrikaanse invoerders wat in dollars moet betaal Suid- Afrikaners wat dollar-gedomineerde bates wil koop Amerikaners wat hul SA bates wil verkoop en hul opbrengs in dollars wil omskakel Suid-Afrikaanse toeriste wat dollars wil koop Spekulasie (R depresieer; $ appresieer) Hoe duurder die $, hoe minder is die hoeveelheid wat gevra word (Neg. verband) Wisselkoerse Aanbod van dollars in SA word bepaal deur (Jy wil jou US$ vir ZAR ruil) Suid-Afrikaanse firmas wat goedere en dienste uitvoer wat in dollar uitgedruk word, bied dollar aan wat vir Rande omgeruil moet word. Buitelandse houers van dollars wat SA bates koop SA beleggers wat hul buitelandse bates verkoop en opbrengs in rand laat omskakel Buitelandse toeriste wat dollars vir rande omruil Spekulasie (R appresieer; $ depresieer) Hoe duurder die $, hoe groter is die aanbod daarvan (Pos. verband) Wisselkoerse Appresiasie in een geldeenheid depresiasie in ander geldeenheid Appresiasie Bv $1 = R8 vs $1 = R6 – Waarde van geld styg – Goedkoper vir SA om oorsee te gaan – Invoere styg. Hoekom? – $ is goedkoper, goedkoper vir Suid-Afrikaners om in te voer. – Inflasie? – Uitvoere daal. Hoekom? – Duurder vir buitelanders om in te voer van SA. – Uitwerking op lopende rekening van die BoP? – Invoere > Uitvoere, dus negatiewe uitwerking op lopende rekening Wisselkoerse Depresiasie Bv $1 = R6 vs $1 = R8 – Waarde van geld daal – Duurder vir SA om oorsee te gaan – Bevoordeel uitvoere. Hoekom? – Kry meer R vir jou uitvoere (goedkoper vir buitelanders om in te voer vanaf SA) – Invoere daal. Hoekom? – Duurder vir Suid-Afrikaners om in te voer – Inflasie? – Uitwerking op lopende rekening van die BoP? – Uitvoere > Invoere, dus positiewe uitwerking op lopende rekening As $$$ duurder word het die rand gedepresieer teenoor die $ en die $ geappresieer teenoor die rand. Impak van veranderings in die rand/ dollar wisselkoers vir SA (Tabel 16.2) Wisselkoerse As een appresieer moet die ander een depresieer. $1 = R8 $1 = R9 – Rand het teenoor die dollar gedepresieer. 1÷8 = $0.125 vir 1 Rand 1÷9 = $0,111 vir 1 Rand Dus Dollar het geappresieer. $1 = R8 $1 = R6.50 – Rand het teenoor die dollar geappresieer. 1÷8 = $0.125 vir 1 Rand 1÷6 = $0,167 vir 1 Rand Dus Dollar het gedepresieer. Berekening van wisselkoerse 1. Veronderstel n kamerstel kos $50 000 in die VSA, wat sal die koste in rande wees indien die wisselkoers $1 = ZAR 9? 2. Hoeveel sal dieselfde kamerstel kos as die wisselkoers $1 = ZAR 5? 3. As ʼn trekker R345 000 kos en ʼn klient is bereid om jou in US$ te betaal, bereken die koste in dollars as die wisselkoers $1 = ZAR 5.97? 4. Hoeveel sal dieselfde trekker kos as die wisselkoers US $1 = ZAR 6.5955? Antwoorde 1. $50 000 × R9 = R450 000 2. $50 000 × R5 = R250 000 In die geval sien on die rand het teenoor die Dollar geappresieer – dus in Rand waarde is die stel nou goedkoper. Meer produkte sal gekoop word vanuit die VSA (SA se invoere styg) en die vraag na Dollar sal toeneem 1. R345 000 / R5.97 = $57 788.94 2. R345 000 / R6.59 = $52 308.39 In die geval het die Rand teenoor die Dollar gedepresieer – dus is dit nou vir die Amerikaner goedkoper om die trekker te koop. SA se uitvoere neem toe na Amerika en die aanbod van Dollar sal toeneem EWEWIGSWISSELKOERS P Rand Prys vir 1 Amerikaanse Dollar S Wisselkoers: R21 R20 = $1 Rand Depresieer (Dollar Appresieer) R20 Rand Appresieer (Dollar Depresieer) R19 D 0 Qe Q Hoeveelheid Amerikaanse Dollars EWEWIGSWISSELKOERS Ewewigswisselkoers is die koers waarteen die hoeveelheid dollar wat gevra word, gelyk is aan die hoeveelheid dollar wat aangebied word. In Fig 16.2 (handboek) word dit deur 'n wisselkoers van $1-R16 aangedui. Die hoeveelheid dollar wat by hierdie wisselkoers verruil word, is gelyk aan $10 miljard. Teen 'n hoër dollarprys (bv $1-R20) sal daar 'n oormaataanbod van dollars wees. Teen 'n laer dollarprys (bv $1-R12) sal daar 'n oormaatvraag na dollar wees. Die koerse teen alle ander geldeenhede (bv pond, euro, ens) word afgelei van hierdie geldeenheid se wisselkoerse teenoor die dollar. Veranderings in vraag en aanbod Enigiets wat 'n verandering in die vraag na of aanbod van buitelandse valuta veroorsaak, sal lei tot ‘n verandering in die wisselkoers, ceteris paribus Wanneer die dollar duurder word - Dollar teenoor die rand geappresieer het. Of dat die rand teenoor die dollar gedepresieer het. Vice versa. Indien daar bv. 'n daling in die aanbod van dollar sal die VSA besluit om minder SA produkte in te voer - aanbod links skuif. In die geval van ‘n daling in die Suid- Afrikaanse uitvoer na VSA sal minder $$ verdien word. Bv meer invoere in SA vanaf Amerika Vraag / aanbod? Gestyg / gedaal? Rand gedepresieer / geappresieer? Vir SA: Rand gedepresieer teenoor Dollar Agv ‘n onlangse massa skietery in New York, wil minder Suid- Afrikaners daar gaan vakansie hou. Vraag / aanbod? Gestyg / gedaal? Rand gedepresieer / geappresieer? Vir SA: Rand geappresieer teenoor Dollar VERANDERINGS IN DIE VRAAG EN AANBOD VAN DOLLARS: OPSOMMING (TABEL 16.1) Inmenging in die buitelandse valutamark Inmenging kan plaasvind. Dit word “beheerde swewing” genoem. As die vraag na dollar toeneem, gaan die rand depresieer, maar wat kan die SARB doen? Hulle kan die dollars voorsien uit reserwes. Lees verder bl 345 - 346 Wisselkoersbeleid Bewegings in die wisselkoers kan ʼn beduidende impak op ekonomiese groei, werkskepping en inflasie, en BoP teweeg bring. Wisselkoersbeleid is vorm van direkte inmenging om te reageer op die veranderinge in die mark. Suid-Afrika – Swewende geldeenheid / wisselkoers sisteem. Swewende wisselkoers sisteem: ‘n monetêre sisteem waar wisselkoerse vrylik bepaal word deur die wisselwerking van vraag en aanbod van buitelandse geldeenhede Drie beleidsopsies om die swewende wisselkoers sisteem te reguleer: Doen niks nie: markkratgte met inbegrip van die valuta spekulante die wisselkoers bepaal. Meng in op buitelandse valuta mark: koop en verkoop van buitelandse valuta – pas beheerde swewing toe (sien bl 345 – 346) Gebruik rentekoerse: Wisselkoers beinvloed deur bv. rentekoerse te verhoog wat lei tot invloei van buitelandse kapitaal Die ruilvoet Land se uitvoere hang af van beide: – Die hoeveelheid goedere en dienste wat uitgevoer is – Die prys van die uitgevoerde goedere Selfde met invoere Uitvoerpryse (invoerpryse) is dus baie belangrik Nog belangriker: Verhouding tussen uitvoerpryse en invoerpryse Dit word die ruilvoet genoem Wanneer die pryse van ‘n land se uitvoere daal relatief tot die pryse van goedere wat ingevoer word, word die land in werklikheid armer Die ruilvoet 𝑈𝑖𝑡𝑣𝑜𝑒𝑟𝑝𝑟𝑦𝑠𝑖𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠 𝑅𝑢𝑖𝑙𝑣𝑜𝑒𝑡= × 100 𝐼𝑛𝑣𝑜𝑒𝑟𝑝𝑟𝑦𝑠𝑖𝑛𝑑𝑒𝑘𝑠 Wanneer ‘n land se uitvoere deur enkele belangrike pro- dukte oorheers word kan die land se ruilvoet beduidend geraak word deur veranderings in pryse van daardie produkte. In SA – uitvoere oorheers deur bv. Minerale. Dus moet n land se uitvoere gediversifisseer wees om nie te veel geraak te word deur prysveranderings nie. Indien ruilvoet verhoog – welvaart van volk neem toe. Indien ruilvoet verlaag – welvaart van volk daal. ‘n Verswakking in die ruilvoet kan lei tot ‘n verswakking in die totale ekonomie. VRAE?? NB! Onthou eFundi toetse NB! Volgende week = Hoofstuk 17