Graad 11 Afrikaans E.A.T Studienotas PDF

Summary

Hierdie dokument is 'n studie gids vir Graad 11 Afrikaans E.A.T., met 'n oorsig van verskeie taalkundige konsepte soos lettergrep, selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Dit dek ook figuurlike taalgebruik en ander belangrike aspekte van die taal.

Full Transcript

Graad 11 Kwartaal 1 Afrikaans E.A.T Studienotas Lettergreep (Syllable) hersiening: ‘n Lettergreep is ‘n eenheid van organisasie van spraakklanke. ‘n Algemene reël vir Afrikaans is dat daar meer as een vokaalklank in ‘n woord is, die woord in soveel letter of klankgrepe verdeel kan word as wat daar...

Graad 11 Kwartaal 1 Afrikaans E.A.T Studienotas Lettergreep (Syllable) hersiening: ‘n Lettergreep is ‘n eenheid van organisasie van spraakklanke. ‘n Algemene reël vir Afrikaans is dat daar meer as een vokaalklank in ‘n woord is, die woord in soveel letter of klankgrepe verdeel kan word as wat daar vokaalklanke is. Daar word onderskei tussen oop en geslote of toe lettergrepe. ‘n Oop lettergreep eindig op ‘n vokaal of ‘n diftong en ’n toe lettergreep eindig op ‘n konsonant. Voorbeelde van lettergrepe: Onmiddellik = on-mid-del-lik Hartjie = hart-jie Onmiddellik = on-mid-del-lik Seisoene = sei-soe-ne Onderwyser = on-der-wy-ser Die lidwoord: is 'n woordsoort en dit word saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik. 'n Lidwoord staan voor 'n selfstandige naamwoord om daaraan bepaaldheid of onbepaaldheid te verleen. Die bekendste twee lidwoorde in Afrikaans is die bepaalde lidwoord die en die onbepaalde lidwoord 'n. Die bepaalde lidwoord, bv. o Die dogtertjie speel in die tuin. o Die pen is myne. die word 'n bepaalde lidwoord genoem omdat dit na 'n bepaalde kind in 'n bepaalde tuin verwys. Die onbepaalde lidwoord, bv. o 'n Boer werk in 'n land. o 'n Bal het my kop getref. 'n word 'n onbepaalde lidwoord genoem, want daar word nie verwys na 'n spesifieke man, klip of land nie. As die eerste woord van 'n sin met die onbepaalde lidwoord 'n begin, word 'n met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy die daaropvolgende element 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is. Selfstandige naamwoord hersiening: 'n Selfstandige naamwoord is 'n woord of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. Daar is 5 soorte selfstandige naamwoorde. Eiename : Eiename is spesifiek en individualisering en word altyd met 'n hoofletter geskryf bv. Johannesburg, Kaapstad, Sandra van der Merwe. Sommige eienaam kan uitbrei word, byvoorbeeld: Hanna is Piet se suster. Hanna Coetzee is Piet Coetzee se suster. Soortname : Name van soorte en dinge, bv honde, katte, skape, tafel en eetlepel. Soortname het altyd meervoudsvorme of verkleiningsvorme: kas (kasse, kassies), mens (mense, mensie, mensies), skoen (skoene, skoentjie, skoentjies). Versamelname : Dit dui 'n groep soortname aan, bv 'n swerm bye, 'n skool visse, 'n eskader vliegtuie. Die versamelnaam staan altyd voor 'n ander selfstandige naamwoord. As ons sê: Daar was swerms van hulle, dan is swerms 'n soortnaam. Voorbeelde: Dit is 'n pragtige bos blomme. Ek het 'n stapel boeke om te studeer! Vir watter rugbyspan skreeu julle? Stofname : Name van elemente en stowwe, bv. goud, koper, lood. Wanneer hierdie woorde in hul meervoudsvorme in sinne gebruik word, is hulle gewone soortname: Hy het baie ysters in die vuur. Hy gooi met klippe. Abstrakte selfstandige-naamwoorde : Name wat dinge beskryf wat ons nie met die blote oog kan sien nie, maar nog steeds 'n lidwoord voor aan kan voeg (o.a. emosies), bv. liefde, haat, nyd, afguns, blydskap, eerbied, ensovoorts. Byvoeglike naamwoorde hersiening: ‘n Byvoeglike naamwoord is 'n beskrywende woord. Dit is 'n groot gebou. Ek het 'n baie ou man ontmoet. Die vinnige bruin jakkals spring oor die lui hond. Dit is 'n baie mooi rokkie wat jy dra. Letterlike en Figuurlike betekenis: Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word. Byvoorbeeld: Die lug is blou. / Die seun skop die bal. Figuurlik: Die woorde het 'n ander, of dieper betekenis. Byvoorbeeld: Dit is 'n blou Maandag. (Dinge loop skeef)/ Die arme man slaap op die sypaadjie. (Iemand om jammer te kry) Figuurlike taalgebruik sluit vergelykings, metafore, personifikasie en idiome in. In taalkunde is 'n vergelyking 'n vorm van beeldspraak wat die eksplisiete ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders noem. Dit word gevorm met die woord "soos" / "as". Voorbeelde : So alleen soos my vinger So arm soos 'n kerkmuis So bedrywig soos 'n mier So bitter soos aalwyn So bitter soos gal So bleek soos die dood So bleek soos ’n laken So blou soos die hemel So dapper soos ’n leeu So deftig soos 'n pou So fyn soos 'n spinnerak So glad soos seep So gou soos nou So rond soos 'n koeël So siek soos ’n hond So skaars soos hoendertande So soet soos suiker So stadig soos ’n skilpad Vier soorte sinne in Afrikaans: Stelsinne (“Statements”) ’n Stelsin is ’n sin waarin ’n stelling gemaak word, soos in die volgende voorbeelde: Kaapstad is ’n pragtige stad. Walvisse en dolfyne is soogdiere. Die suidoos waai baie sterk in die somer. Vraagsinne (“Questions”) ’n Vraagsin is ’n sin waarin daar ’n vraag gevra word. Jy het seker opgemerk dat daar altyd ’n vraagteken (“question mark” - ?) aan die einde van ’n vraagsin staan. Voorbeelde: Swem jy graag in die see? Was jy al in Stellenbosch? Hoeveel visse het Jan Dolos gevang? Bevelsinne (“Commands”) ’n Bevelsin is ’n sin waarin daar ’n bevel gegee word. Daar is dikwels ’n uitroepteken (“exclamation mark” - !) aan die einde van ’n bevelsin. ’n Mens gebruik die uitroepteken om aan te dui dat die spreker taamlik kwaai of heftig praat. byvoorbeeld: Moenie die arme diere seermaak nie! Gee vir die kat ook ’n stukkie snoek! Maak die boot nou stewig vas aan die kaai! Uitroep sinne: word gebruik om emosies soos: woede, verbasing, ontsteltenis aan te dui en eindig dis ook met ‘n ( ! ) uitroep teken. Byvoorbeeld: Eina! Ag nee, man! Net nie dit nie! Hy is soggens 'n regte ou sonstraaltjie! Enkelvoudige en Veelvoudige of saamgestelde sinne: Enkelvoudige sinne is sinne met een hoof werkwoord en STOMPI woordorde. Beskou die volgende sin as voorbeeld: Ek sien 'n akkedis. Hierdie sin bestaan uit: Onderwerp/wie?: Ek Gesegde/doen?: sien Voorwerp/wat?: 'n akkedis Veelvoudige of Saamgestelde sinne is twee enkelvoudige sinne wat saamgevoeg word met ‘n voegwoord. Byvoorbeeld: 1. Tanya eet haar ouma se sjokolade koek. 2. Dit is vandag haar verjaarsdag. Om die twee enkelvoudige sinne een saamgestelde sin te maak moet ons die voegwoord “want”. 1. Tanya eet haar ouma se sjokolade koek want dit is vandag haar verjaarsdag. Saamgestelde sin, is 'n sin wat uit twee of meer sinne bestaan wat met behulp van verbindingswoorde verbind kan word. Byvoorbeeld: Hy borsel sy tande voordat hy gaan slaap. Die kos het gebrand, want sy het die stoof aan vergeet. Bywoordelike bepalings (T-M-P) : Word gebruik om ‘n gesegde meer te beskryf : Wanneer = Tyd (T) Waar = Plek (P) Hoe/Waarom / Hoekom = Wyse (M) Byvoeglike bepalings: Omskryf onderwerp en voorwerp. Klank leer en spelling : Afrikaans is ‘n fonetiese taal, m.a.w. ons spel en lees die klanke wat ons hoor. Klanke (hoor) verskil dikwels van die letters wat ons sien! Ons onderskei tussen : Vokale: a , e, i, o, u, aa, ee, oo, uu ,ie, eu, ui Konsonante : b, c ,d , f, g, h , j, k, l, m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, z Diftonge ( tweeklanke) : aai, ei, ou, y, ooi, oei. Konsonantverdubbeling : Gewoonlik word die konsonant verdubbel wat volg op 'n kort vokaal wat die hoofklem van 'n woord dra. Byvoorbeeld: kassie manne tennis bessie vinnig liggaam bossie mossel bussie perkussie Let op die spelling van die volgende woorde: baseer frikkadel interessant papegaai tameletjie Die rede hoekom die vokale nie verdubbel word nie, is omdat die konsonant nie volg op die hoofklem van die woord nie. Konsonante wat volg op woorde met 'n lang vokaalklank wat die hoofklem dra, word ook nie verdubbel nie. Byvoorbeeld: briefie energieke familie bruto fuga vader moenie kater Om die klank kort te hou in woorde wat vervorm word, word die konsonant verdubbel. Byvoorbeeld: rok - rokkie blok - blokkeer lig - liggie bos - bossie stof - stoffeer adres - adresseer landskap - landskappe aanval - aanvalle As die vokaalklank lank is, word die konsonant nie in die vervormde woord verdubbel nie. Byvoorbeeld: skaap - skape skoot - skote rekruut - rekrute bioskoop – bioskope Agtervoegsels: 'n Agtervoegsel, uitgang of suffiks is in alle nie-isolerende tale 'n affiks wat agter die woordstam geplaas word. Daar word na agtervoegsels as postmorfeem verwys. 'n Agtervoegsel is altyd 'n gebonde morfeem en kan dus nie as 'n selfstandige woord voorkom nie. Daar bestaan twee soorte agtervoegsels wat twee verskillende doele dien: daar kan van die grondwoord afleidings mee gevorm word (afleidingsagtervoegsels), of dit kan die grammatikale funksie van 'n woord uitdruk (buigings agtervoegsels). Voorbeelde van afleidingsagtervoegsels: hoog — hoogheid hoop — hopeloos een — eensaam — eensaamheid Voorbeelde van buigings agtervoegsels: hout — houtjie (verkleinwoord) mens — mense (meervoud) sleg — slegte sleg — slegter — slegste (trappe van vergelyking) Voorbeelde van Afrikaanse Agtervoegsels : -aar, -er vorm selfstandige naamwoorde van werkwoorde; betekenis: 'persoon wat die handeling uitvoer': bakker, versamelaar -aard, -erd vorms selfstandige naamwoorde van byvoeglike naamwoorde; betekenis: 'persoon met die deur die byvoeglike naamwoord uitgedrukte eienskap': luiaard, papperd -agtig vorm byvoeglike naamwoorde van selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde, in beide gevalle met die betekenis 'soortgelyk, net soos': beesagtig, kinderagtig -heid vorm selfstandige naamwoorde van byvoeglike naamwoorde: ongelykheid, boosheid -(er)ig vorm byvoeglike naamwoorde van selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde: besitterig, vogtig -y (variant -ery, -ny) vorm selfstandige naamwoorde o van werkwoorde; betekenis: ▪ die ter enige tyd uitvoering van die handeling: knoeiery, vleiery ▪ plek waar die handeling plaasvind: bakkery, wassery o van selfstandige naamwoorde; betekenis: ▪ plek waar 'n persoon woon of werk: boerdery ▪ versamelwoord: die geheel van wat op die grondwoord betrekking het: amptenary o van byvoeglike naamwoorde; betekenis: 'deur die byvoeglike naamwoord uitgedrukte eienskap het': lekkerny -ing maak van 'n werkwoord 'n selfstandige naamwoord: bedoeling, omheining -ie, tjie en pie vorm verkleinwoorde -lik vorm byvoeglike naamwoorde -lik vorm byvoeglike naamwoorde o van selfstandige naamwoorde: oombliklik, koninklik o van werkwoorde: verwerplik, wenslik, verskriklik -logie vorm selfstandige naamwoorde, met as betekenis "die studie van ___", soos in: dendrologie, mineralogie -logie vorm selfstandige naamwoorde, wat 'n taalkundige verskynsel beskryf, byvoorbeeld: tautologie -loos vorm byvoeglike naamwoorde met betekenis van sonder (kinderloos, huisloos) -skap vorm selfstandige naamwoorde o van byvoeglike naamwoorde: blydskap, verwantskap o van selfstandige naamwoorde: ▪ versamelwoorde: broederskap, vennootskap ▪ woorde wat 'homself in die hoedanigheid bevind' aandui: ballingskap, kluisenaarskap o van werkwoorde: weddenskap, wetenskap -te vorm selfstandige naamwoorde van byvoeglike naamwoorde: hoogte, leegte Voorvoegsel: 'n Voorvoegsel is in alle nie-isolerende tale 'n affiks wat voor die woordstam geplaas word om dit af te lei of te verbuig, bv. ge- in geskop, her- in herontdek en ver- in verwerk. Voorsetsels : 'n Voorsetsel (of preposisie) is 'n woordsoort wat gebruik word om posisie of die verband tussen verskillende elemente aan te dui. Voorbeelde van voorsetsels is: op, onder, langs, aan, by, deur, in, naas, om, voor, agter en tussen. As voorsetsels alleen staan, het dit geen betekenis nie. Bv. op, onder, langs, naby, teenoor, bo-oor, ensovoorts (geen betekenis). Voorsetsels het slegs betekenis as dit saam met ander woord(e) gebruik word: Bv: onder die boom; op die stoel, langs die kas, ens. (meer betekenis) Samestellings : Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word. Byvoorbeeld: tafel + poot = tafelpoot boek + winkel = boekwinkel gunsteling + kos = gunsteling kos Samestellende afleidings: Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel wat 'n woordgroep saambind tot 'n woord wat vas geskryf word. In die woord besluitneming veroorsaak die agtervoegsel -ing dat besluit neem ('n woordgroep wat gewoonlik nie vas geskryf word nie) met mekaar verbind om 'n selfstandige naamwoord te vorm. Ander voorbeelde van samestellende afleidings sluit in: ter aarde bestel + -ing = teraardebestelling ten toon stel + -ing = tentoonstelling in diens neem + -ing = indiensneming blou kleur + -ig = bloukleurig ‘n Bywoord: 'n Bywoord is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom. As 'n sin meer as een bywoord bevat, is die volgorde altyd: tyd, wyse en dan plek. Bywoord van plek: Toets met die vraag "waar?". Voorbeelde: Dit reën orals. Sy loop buite. Sy het daarheen gestap. Bywoorde van tyd : Toets met die vraag "wanneer?". Voorbeelde: Hy sal netnou uitkom. Ek lees soms 'n boek. Hulle speel middae saam. Gister was Frank siek. Bywoorde van maniere/ wyse : Toets met die vraag "hoe?". Voorbeelde: Hy werk sing-sing. Hy spring hoog. Die man het hard gelag. Sy praat al te heerlik oor die foon. Sy is baie oulik. Bywoorde van graad : Toets met die vraag "hoeveel?". Voorbeelde: Hy stap uiters stadig. Hy het byna tien albasters. Voornaamwoordelike bywoorde: Hierdie bywoorde bestaan uit twee ander bywoorde: 'n bywoord van plek en 'n voorsetselbywoord. Voornaamwoordelike bywoorde vervang die kombinasie voorsetsel+naamwoord: Met hierdie pen --> hiermee Merk op dat die voorsetsel met deur sy voorsetsel-bywoord mee vervang word en dat die volgorde omgekeer word. Meestal is die voorsetsel en sy bywoord dieselfde: Agter die woord --> daaragter Spelreëls: Antonieme is ‘n woord met die teenoorgestelde betekenis as ‘n ander. Antonieme is slegs van toepassing op die betekenis van woorde en nie die werklike konsepte wat die woorde onderlê nie. So byvoorbeeld is kind en ouer Antonieme, maar iemand wat ‘n ouer is, mag ook weer ‘n ander persoon se kind wees. Voorbeelde van Antonieme : aaklig – mooi, aangenaam, lekker, heerlik, opwindend aan — af aan (vas) – los aanbly – vertrek, weggaan aanbod – vraag aanstel — afdank armoede – rykdom baie – min beter – slegter dom – slim eerlik – oneerlik figuurlik – letterlik fiks – onfiks, swak, pap gaan – kom, aankom, arriveer galbitter – stroopsoet, soet galop – draf, stap geboorte – sterfte, dood gebruik – misbruik gedeelte – geheel gehoorsaam – ongehoorsaam gewild – ongewild, onpopulêr haat — liefde hoog - laag ja — nee jammer — vreugde, blydskap jeug — ouderdom, afgeleefdheid jong / jonk — oud maer – vet mooi – lelik man – vrou netjies – onnetjies nag - dag Sinonieme ( Synonyms) hersiening : Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld: bly – opgewonde, opgeruimd bang – bevrees, beangs, vreesbevange jaloesie — afguns kwaad – woedend, boos, omgekrap familie - gesin gou- vinnig grappig – snaaks populasie - bevolking professie - beroep realiseer - besef koerant - nuusblad onbeskof - ongemanierd Direkte en Indirekte rede: Direkte rede: Dit is iemand se direkte woorde, bv. Die seun het gesê: "Ek het die hond gister al gebad." Indirekte rede: Dit is wanneer iemand se direkte woorde oorvertel word, bv. Die seun het gesê dat hy die hond die vorige dag al gebad het. Daar is sekere reëls by die omskakeling van die direkte na die indirekte rede: Gebruik die voegwoorde "dat" of "word" na die inleidende werkwoord van die hoofsin: Jaco sê: "Ons moet opskud." → Jaco sê dat hulle moet opskud. - "dat" kan ook weggelaat word: Jaco sê: "Ons moet opskud." → Jaco sê hulle moet opskud. Die dubbelpunt word gebruik vóór woorde wat in die direkte rede aangehaal word. Byvoorbeeld: Professor Smith sê: “Sorg dat julle julle opdragte betyds inhandig.” Haal die dubbelpunt na die inleidende werkwoord weg, asook beide pare aanhalingstekens. Vraagtekens en uitroeptekens word weggelaat in die indirekte rede, maar die gevoel wat dit oordra word in woorde beskryf, byvoorbeeld: "Eina! Ek het my vinger vasgeknyp!" skree Rikus. → Rikus het in pyn uitgeroep dat hy sy vinger vasgeknyp het. Hersiening van Lees/ skryftekens: Skryftekens hou verband met spelreëls en die betekenis en uitspraak van woorde. Korrekte skryftekens is noodsaaklik vir korrekte spelling. Byvoorbeeld: Deelteken: ë, ö Kappie: ê, ô Gravisaksent: è, ò Akuutaksent: é, ó Afkappingsteken: ma's Koppelteken: see-eend Hoofletters: Amasone 'rivier' teenoor amasone 'kwaai vrou' Punktuasie : Punktuasie is die gebruik van leestekens in teks. Leestekens maak dit makliker om 'n bepaalde teks te lees, en is soms noodsaaklik vir die korrekte interpretasie van die teks. Algemene leestekens sluit in: die punt, komma, koppelteken, deelteken, ens. Leestekens is noodsaaklik vir goeie begrip van 'n teks. Te veel leestekens in 'n teks kan egter net so steurend wees soos die weglating van noodsaaklike leestekens. Hier volg 'n lys van die leestekens: Aandagstreep : Die aandagstreep (–) se doel is om aandag te vestig op die inligting wat ná die eerste aandagstreep volg. Daar is 'n spasie aan weerskante van die aandagstreep. Aanhalingstekens : Aanhalingstekens dui 'n spreker, skrywer of bron se direkte woorde aan. Dit dui ook op emotief belaaide teks of lig bepaalde inligting vir die leser uit. In Afrikaans vervul die enkel- ('...') en dubbelaanhalingstekens ("...") verskillende funksies. Asterisk : Die asterisk (*), ook die sterretjie genoem, dui vir die leser aan dat daar teks of inligting ontbreek. Dubbelpunt : 'n Dubbelpunt ( : ) is 'n leesteken gevorm deur twee punte bo op mekaar te plaas. Die dubbelpunt word gebruik om 'n reeks sake wat in 'n sin opgenoem word, in te lei. 'n Dubbelpunt word gebruik vóór 'n aanvulling of 'n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word. Ellips teken : Die ellips teken bestaan uit drie stippels (...) wat aandui dat daar 'n lang pouse in die dialoog is, dat 'n spreker onderbreek word, of dat daar letters, woorde of stukke inligting uit die teks weggelaat is Hakies : Hakies ( ) word gebruik om bykomende inligting in 'n sin aan te dui. Daar word tipies tussen die volgende soort hakies onderskei: gewone hakies of ronde hakies: (...) krulhakies of akkolades: {...} skerphoekige hakies of punthakies: vierkantige hakies of blokhakies of tekshakies: [...] Komma : Die komma (,) word hoofsaaklik gebruik om die leesbaarheid van 'n teks te verhoog. Die komma skei woorde en frases wat nie in die res van die sin geïntegreer is nie, van die res van die sin. Kommapunt : Die kommapunt (;) word in reekse en lyste gebruik. Dit maak ook die leser bedag op 'n pouse wat langer is as die pouse wat deur 'n komma aangedui word, of dui aan dat daar 'n voegwoord uit 'n sin weggelaat is. Die kommapunt word teenaan die voorafgaande woord geskryf, gevolg deur 'n spasie. Punt : Die punt (.) sluit 'n stelsin af. Dit kan ook as skryfteken by afkortings en voorletters, of as simbool by getalle en/of in rekenaar kode gebruik word. Vorentoe skuinsstreep : Die skuinsstreep of vorentoe skuinsstreep (“/”) is ’n leesteken wat in die volgende gevalle gebruik word: Eenhede: km/h, m/s, W/m ens. (Dit is vandaar dat dit ook "per" genoem word.)Internetadresse Agtertoe skuinsstreep : Die trustreep of agtertoe skuinsstreep (“\”) is ’n leesteken wat in die volgende gevalle gebruik word: Rekenaar leerstruktuur: Byvoorbeeld C:\DATA\Persoonlik\Finansies.xlsx Uitroepteken : Die uitroepteken ( ! ) word geplaas ná uitroepe en bevele, sinne wat emosie soos woede of verbasing uitdruk, of sinne wat hard uitgespreek word. Vraagteken : Die vraagteken ( ? ) sluit 'n vraag of versoek af, of druk affek uit. Leestekens verhoog die leesbaarheid van tekste. Hierteenoor lei skryftekens tot die korrekte spelling van woorde. Hier volg 'n lys van die skryftekens: Koppelteken : 'n Koppelteken is 'n leesteken wat dieselfde as 'n minusteken lyk en word gebruik om verskillende begrippe met mekaar te verbind. Deelteken : 'n Deelteken en is ‘n diakritiese tekens met twee punte wat bo-op 'n letter geplaas word. Alhoewel hierdie twee dia-kritieke dieselfde lyk, vervul hulle verskillende funksies. byvoorbeeld die Afrikaanse woord hoër is "hoger" in Nederlands. bakterie – bakterieë finansieel – finansiële dieet – diëte prieel – priële hoog – hoër Kappie : Die kappie is 'n diakritiese teken wat as 'n dak - vorminge teken bo-op 'n letter geplaas word. In Afrikaans kom die kappie voor op die letters e, i, o en u = ê, î, ô, û Voorbeelde : wêreld lê primêr môre sê vulgêr brûe skêr wîe hê militêr Akuut-aksentteken : 'n Akuut-aksentteken is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstreep bo-op vokale geplaas word. Die streep loop van links na regs, laag na hoog. Dus lê dit vorentoe = Á, á, É, é, Í, í, Ó, ó, Ú, ú, Ý, ý. Voorbeelde: na – ná boonop – bóónop nie - nié Nóg dit, nóg dat die – dié Andre – André hierdie – hiérdie Dit is sý hond. Gravis-aksentteken : 'n Gravis-aksentteken ( ` ) is 'n diakritiese teken wat as 'n skuins strepie bo-op 'n letter (slegs vokale) geplaas word. Die strepie loop van links na regs, hoog na laag. Dus lê dit agteroor. À, à, È, è, Ì, ì, Ò, ò, Ù, ù. Byvoorbeeld: dè, hè, nè, appèl, crèche, première. Punt: Ons gebruik die punt aan die einde van ‘n sin en na die meeste afkortings. Vraagteken (?): Die vraagteken kom na ‘n vraagsin, byvoorbeeld: Is jy ook moeg? Uitroepteken (!): Die uitroepteken kom na bevele, uitroepe en woorde wat gevoel uitdruk. Aandagstreep : Die aandagstreep (–) se doel is om aandag te vestig op die inligting wat ná die eerste aandagstreep volg. Daar is 'n spasie aan weerskante van die aandagstreep. Voornaamwoord (Pronouns): ‘n Voornaamwoord is 'n woord wat as plekhouer of plaasvervanger vir 'n selfstandige naamwoord dien. In Afrikaans is daar verskillende voornaamwoorde. Persoonlike voornaamwoord Persoon of persone bv. (Personal Pronoun): o Willie leer hard. Hy sal beslis slaag. o Ek; jy; hy; sy; ons; julle; hulle; dit is Die persoonlike voornaamwoord staan in die dors. plek van: o Die man ken my; jou; hom; haar; ons; julle; hulle. 'n Dier of diere: Die hond is in die huis. Jaag hom uit. Onpersoonlike voornaamwoorde Dit reën. (Impersonal pronouns) : Dit hael. Die onpersoonlike voornaamwoord kom Dit spook. gewoonlik by natuurlike verskynsels voor: Besitlike voornaamwoorde Dit is my; jou; haar; sy fiets. (Possessive Pronouns) : Die fiets is myne; joune; hare; syne; Die besitlike voornaamwoord dui besitting aan: Betreklike voornaamwoorde "Wat" is die mees gebruikte betreklike (Relative pronouns): ‘n Voornaamwoord wat voornaamwoord in Afrikaans en dit word vir 'n bysin tot die selfstandige naamwoord van sowel mense as diere en dinge gebruik, die omvattende saamgestelde sin betrek, word byvoorbeeld: Die man wat daar loop. 'n betreklike voornaamwoord genoem. Hierdie tipe voornaamwoord, as deel van 'n bysin, staan dus relatief (en met betrekking tot) die selfstandige naamwoord in die hoofsin. Betreklike voornaamwoorde "Wie" verwys na mense en diere maar word in (Relative pronouns): Afrikaans as betreklike voornaamwoord nooit alleen gebruik nie. Dit is dus grammatikaal verkeerd om te sê: Die man wie hier was. (Verkeerde gebruik) “Wie” is egter wel korrek indien voorsetsel soos : vir, van, aan, met, op en tot vooraf gebruik word, of wanneer dit voor die partikel se gebruik word om besit aan te dui. Korrekte voorbeelde: Die vrou wie se kind siek is. Die vrou vir wie die geskenk is. Die koning aan wie eer betuig word. Die kind met wie ek gepraat het. Die meisie op wie hy verlief is. Deelwoorde : Soos die naam aandui, is 'n deelwoord eintlik 'n woord wat deels 'n werkwoord en deels 'n ander woordsoort is. Dit kan byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord wees. Daar is twee soorte deelwoorde: teenwoordige deelwoorde en verlede deelwoorde. Teenwoordige deelwoorde Ons gebruik teenwoordige deelwoorde as die aksie nog besig is om plaas te vind. Ons voeg dan - ende of –end aan die einde van die woord. Byvoorbeeld: Sy is horende doof. Afrikaans is 'n beskrywende taal. Sy het 'n hartverskeurende verhaal vertel. Net die woorde doen, gaan, sien, slaan, staan (en hulle afleidings) kry -de. Byvoorbeeld: Maak seker die oond is warm, sodoende word die kos gaar. Die bestaande stelsel werk nie. Wanneer die byvoeglike naamwoord egter ná die selfstandige naamwoord staan, kry die woord nie 'n -e aan die einde nie. Byvoorbeeld: Afrikaans is baie beskrywend. Haar verhaal was hartverskeurend. Verlede deelwoorde : Wanneer die aksie reeds plaasgevind het, vorm 'n mens die beskrywende woord deur ge- vooraan en -de, -te of -e agter aan die woord te voeg. Daar is twee soorte verlede deelwoorde: swak en sterk. Die swak verlede deelwoorde kry nie 'n klankverandering nie en word meestal in 'n letterlike betekenis gebruik. Byvoorbeeld: Die gesoekte misdadiger is nog nie gevind nie. Sterk verlede deelwoorde kry gewoonlik 'n klankverandering. Byvoorbeeld: Hulle woon in 'n gesogte woonbuurt. As die woord op k of p eindig, kry dit ge-+-te. Byvoorbeeld: (kook) water word gekookte water (kap) hout word gekapte hout As die woord op f, g of s eindig, kry dit ge-+-te of ge-+-de. Byvoorbeeld: (afstof) boekrak word afgestofte of afgestofde boekrak (droog) vrugte word gedroogte of gedroogde vrugte (was) skoene word gewaste of gewasde skoene Akronieme: Akronieme is 'n tipe afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word. Daar is twee soorte akronieme: Letternaamwoorde: die name van die letters word gebruik om die woord uit te spreek. Byvoorbeeld: MIV word uitgespreek as em ie vee Letterklankwoorde: die akroniem word soos enige gewone woord uitgespreek.Byvoorbeeld: Vigs (verworweimmuniteitsgebreksindroom) Letternaamwoorde voorbeelde: MIV: Menslike immuniteitsgebreksvirus NWU: Noordwes-Universiteit JE of JEB: Johannesburgse Effektebeurs Letterklankwoorde voorbeelde: Absa: Amalgameerde Banke van Suid-Afrika NUMSA: Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika Sasol: Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie Afkortings: 'n Afkorting is 'n verkorte skryfwyse vir 'n woord, woordgroep, naam of organisasie, en dit word slegs in geskrewe taal gebruik. Een of meer letters van die volvorm word weggelaat om 'n afkorting te vorm. Woord Afkorting Woord Afkorting Woord Afkorting Asseblief asb. Mejuffrou/me me. namiddag n.m. vrou Bladsy bl. deur middel d.m.v. volgende vlg. van Departement dept. in plaas van i.p.v. meneer Mnr. Dokter dr. naamlik nl. Mejuffrou Mej. Ensovoorts ens. voorbeeld vb. kilometer km, voormiddag vm. straat str. Let wel L.W Afrikaans Afr. byvoorbeeld bv. onder andere o.a. Mevrou Mev Voegwoorde: 'n Voegwoord, of konjunksie, is 'n woord wat gebruik word om sinne saam te voeg. Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Die Afrikaanse voegwoorde is: en; maar; want; of; terwyl; indien; mits; nadat; omdat; voordat; sodat; totdat; daarom; as; toe; behalwe; hoewel. LW Onthou om al die inhoud deur te gaan om voor te berei vir die toetse / eksamens.