🎧 New: AI-Generated Podcasts Turn your study notes into engaging audio conversations. Learn more

Opsommings Eenheid 1 - DIE SONNESTELSEL PDF

Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...

Summary

This document is a summary of the Solar System, covering topics such as the Sun, planets, and other celestial bodies. It describes the properties of different types of planets and provides information on their orbits, composition, and location within the solar system. The document includes discussions on the characteristics of the different types of planets and the theories behind their formations.

Full Transcript

**[KENNISAFDELING 4 ]** **[EENHEID 1: DIE SONNESTELSEL]** **[DIE SON:]** **[Die middelpunt van ons sonnestelsel]** Sonnestelsel -- bestaan uit die Son en al die voorwerpe wat om die son wentel Voorwerpe = 8 planete, dwergplanete, asteroïde, Kuipergordelvoorwerpe en komete. **[Feite oor di...

**[KENNISAFDELING 4 ]** **[EENHEID 1: DIE SONNESTELSEL]** **[DIE SON:]** **[Die middelpunt van ons sonnestelsel]** Sonnestelsel -- bestaan uit die Son en al die voorwerpe wat om die son wentel Voorwerpe = 8 planete, dwergplanete, asteroïde, Kuipergordelvoorwerpe en komete. **[Feite oor die Son:]** Naaste ster aan die aarde Belangrik vir lewe -- gee lig en warmte Die Son is die middel van ons sonnestelsel Die aarde en planete wentel om die son In wentelbane -- daar gehou agv gravitasiekrag **[Die Son]** Bestaan uit waterstofgas, heliumgas en ander gasse Temperatuur by die son se oppervlakte is **5500°C** en by **kern 15 miljoen°C** Dit is so warm in die kern dat kernreaksies plaasvind Bv 4 waterstofkerne word saamgepers en versmelt om 'n nuwe heliumkern te vorm. Hierdie proses word kernfusie of kernversmelting genoem. **[Sonvlekke en die Son se oppervlak]** Son se oppervlak het klein kolletjies -- sonvlekke Die temperatuur van die sonvlekke is laer as die oppervlaktemperatuur Sonvlekke duur slegs 'n paar dae Die son bestaan uit gas en daar is geen soliede oppervlak nie Die gas lyk soos dit lyk op 'n mistige dag Die buitenste atmosfeer van die Son word die korona genoem Gasdeeltjies van die korona ontsnap gedurig en dit word die sonwind genoem. **[Voorwerpe rondom die Son]** Die son is die grootste voorwerp in die sonnestelsel [Die vier planete **naaste aan** die Son is]: Mercurius, Venus, Aarde en Mars Hulle word aardplanete of terrestrialeplanete genoem. Hulle het almal 'n soliede, rotsagtige oppervlak. [Die ander planete is **verder weg** van die Son:] Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Hulle word die gasreuse genoem. Hulle is baie groter as die aardplanete Bestaan hoofsaaklik uit gas met klein kerne van rotsagtige materiaal. Tussen die aardplanete en die gasreuse is die asteroïdgordel Buite die wentelbaan van Neptunus lê die Kuipergordel. Asteroïdgordel en Kuipergordel is nie planete nie. [Om as 'n planeet geklassifiseer te word moet 'n voorwerp:] Om die Son wentel Groot genoeg wees Dat sy gravitasie hom in 'n sferiese vorm trek Kleiner voorwerpe uit sy wentelbaan verwyder **[Planete word in twee groepe verdeel:]** 1\) [Binneste planete (aardplanete)] Mercurius, Venus, Aarde en Mars [Kenmerke:] Metaalkern 'n Rotsagtige mantel Dun buitekors Dun Atmosfeer Het geen of min mane Wenteltyd om die son is korter **Mercurius** het die dunste atmosfeer **Aarde** enigste atmosfeer wat suurstof bevat. 2\) [Buitenste planete (gasreuse)] Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. [Kenmerke:] Bestaan uit waterstof- en heliumgasse Minder dig as aardplanete Al die gasreuse het ringe rondom Het baie mane Wenteltyd om die son is langer **Saturnus en Jupiter** se atmosfeer raak baie dig en word 'n vloeistof. **Uranus en Neptunus** het dik atmosfere wat uit metaan, waterstof en helium bestaan. **Metaan** veroorsaak die blou kleur van hierdie planete. **[VERGELYKING TUSSEN DIE AARDPLANETE EN DIE GASREUSE NB bl. 157]** **[MERCURIUS:]** Mercurius se atmosfeer is baie dun en word voortdurend in die ruimte in verloor. Dit is omdat die planeet se gravitasiekrag te klein is om dit vas te hou. Mercurius het die mees ekstreme temperature 426°C in die dag en -173°C in die nag. Mercurius is vol kraters **[VENUS:]** Venus is die warmste planeet. Venus het wolke van swaelsuur. Venus draai in die teenoorgestelde rigting as al die ander planete **[AARDE:]** Aarde die enigste planeet in die heelal wat lewe kan onderhou. Die gemiddelde afstand tussen die Son en die Aarde word \'n [astronomiese eenheid (AE)] genoem en is gelyk aan 150 miljoen kilometers. **[MARS:]** Marsse oppervlak is soos \'n droë, rooi woestyn. Nes die Aarde het Mars berge, vulkane en valleie. Mars se bynaam is die Rooi Planeet vanweë sy rooi oppervlak wat so lyk omdat die rotse ryk aan yster is. Die wit vlekke in die middel is wolke van water-ys. **[JUPITER:]** Jupiter se deursnee is meer as tien keer die Aarde s\'n. Jupiter se rotasie is effe vinniger by die ewenaar. Jupiter se bekende groot rooi kol is **[\'n groot orkaan wat vir minstens 300 jaar al woed.]** [ ] **[SATURNUS:]** Saturnus sou op water kon dryf as mens \'n oseaan gehad het wat groot genoeg was. Saturnus is bekend vir sy ringe. **[URANUS:]** Uranus het glo \'n oseaan van vloeibare water, ammoniak en metaan bo sy rotsagtige kern. Uranus is die eerste planeet wat met \'n teleskoop ontdek is. **[NEPTUNUS:]** Neptunus beleef die sterkste winde in die sonnestelsel. Van al die gasreuse, het Neptunus die meeste metaan in sy atmosfeer. Dit gee die planeet sy blou kleur. **[ASTEROïDE:]** Asteroïede is klein, rotsagtige voorwerpe. Hulle wissel in grootte van tientalle meter tot etlike honderde kilometer in deursnee en kom in \'n verskeidenheid vorms. Die meeste asteroïede word in die asteroïedgordel gevind, wat tussen die wentelbane van Mars en Jupiter lê. Daar vind wel soms botsings tussen hulle plaas, wat die impakkraters op hulle oppervlakke verduidelik. **[KRATER :]** 'n groot gat wat gevorm word as 'n groot voorwerp op die planeet val. ![](media/image3.png) **[KUIPERGORDELVOORWERPE:]** Die Kuipergordel is \'n gebied in die ruimte wat gevul is met triljoene klein voorwerpe wat in die buitewyke van die sonnestelsel, verby Neptunus se wentelbaan, lê. Die gordel is soortgelyk aan die nadere asteroïedgordel, behalwe dat die voorwerpe nie van rots nie, maar van bevrore ys gemaak is. Hierdie ysvoorwerpe kan van \'n kilometer tot meer as \'n 1000 km in deursnee wees en word Kuipergordelvoorwerpe genoem. Die grootste bekende voorwerpe in die Kuipergordel is Eris en Pluto, wat albei dwergplanete is. **[DWERGPLANETE:]** Dwergplanete is voorwerpe wat, nes ander planete, om die Son wentel. Hulle is egter kleiner as ander planete. As gevolg van hulle klein grootte kan hulle nie voldoen aan die amptelike definisie van \'n planeet nie. Asteroïede is duidelik nie planete nie aangesien hulle onreëlmatige vorms het en nie sferies is nie. Party dwergplanete is wel sferies, maar nie groot genoeg nie. Met hulle swak gravitasie kan hulle nie ander voorwerpe uit hulle wentelbane verwyder nie. Pluto is vir baie jare as \'n planeet beskou. Daar nuwe kriteria opgestel is vir wanneer daar oorweeg word of \'n voorwerp \'n planeet is of nie. Pluto is dus tot \'n dwergplaneet herklassifiseer. Tot op hede is vyf dwergplanete ontdek: Pluto, Haumea, Makemake, Eris en Ceres. Van hulle het hulle eie mane. Ceres is in die asteroïedgordel en die ander vier in die Kuipergordel. ![](media/image5.png) **[OORTWOLK:]** Die Oortwolk is nog nie waargeneem nie. Die bestaan van die Oortwolk is nie \'n feit nie aangesien dit nog nie bevestig is nie. Ons verwys dus na die Oortwolk as \'n hipotetiese of voorspelde verskynsel. Die Oortwolk is na bewering \'n groot wolk ysagtige voorwerpe wat rondom die Son op die rand van die sonnestelsel is. **[KOMETE:]** Komete is ysagtige, stowwerige voorwerpe wat op groot afstande weg om die Son wentel. Komete word in die Kuipergordel en in die hipotetiese Oortwollk aangetref. Komete wat in die binneste sonnestelsel inkom, lewe nie vir altyd nie. Die Son smelt die komete. Sommige komete smelt heeltemal weg. ![](media/image7.png) **[Die Aarde se posisie in die sonnestelsel]** Die gemiddelde temperatuur op die Aarde is \'n gematigde 15°C. As gevolg hiervan kan water in vloeibare vorm op die Aarde voorkom. Die Aarde is uniek in ons sonnestelsel aangesien dit die enigste planeet is wat sover bekend vloeibare water op sy oppervlak het en lewe kan onderhou. As die Aarde te naby aan die Son was, sou dit te warm gewees het en die water sou uit die oseane verdamp het. As die Aarde te ver van die Son was, sou dit te koud gewees het en al die water sou gevries het, soos op Mars gebeur. Die Aarde is presies die regte afstand van die Son af om vloeibare water op sy oppervlak te hê. **[Wetenskaplikes dink dat vir lewe om te ontstaan en oorleef op \'n planeet:]** daar sonlig moet wees vir plante om te groei. \'n gematigde temperatuur vloeibare water kan wees. daar suurstof vir respirasie moet wees. **[DIE KWEEKHUISEFFEK:]** Gedurende die dag skyn die Son deur die atmosfeer en verhit die Aarde se oppervlak. In die nag koel die Aarde se oppervlak af en stel die hitte weer in die ruimte in vry. Van die hitte word vasgevang deur kweekhuisgasse soos koolstofdioksied in die lug wat veroorsaak dat die Aarde warmer bly as wat dit andersins sou wees = **[KWEEKHUISEFFEK]** Menslike aktiwiteite, soos om woude af te kap en fossielbrandstowwe te verbrand, veroorsaak dat die kweekhuiseffek nou te sterk is. Die toename van kweekhuisgasse veroorsaak het dat die gemiddelde temperatuur op die Aarde gestyg het. Dit staan bekend as aardverwarming. Venus is \'n waarskuwing van wat met die Aarde kan gebeur as aardverwarming aanhou. Venus se dik atmosfeer het tot \'n weghol-kweekhuiseffek op die planeet gelei, wat dit tot 462° C verhit het. - Venus se oseane het weggekook en\'n warm, onherbergsame planeet agtergelaat. **[Eenheid 2]: [BUITE DIE SONNESTELSEL]** **DIE MELKWEGSTERRESTELSEL** - \'n Sterrestelsel - **\'n enorme versameling sterre, gas en stof wat deur gravitasie bymekaargehou word.** - Die Melkweg bevat sowat 200 miljard sterre met ons Son maar net één van die sterre. - Die Grieke het die melkweg benoem omdat hulle gedink het dit lyk soos melk wat oor die hemelruim gemors is. ![](media/image9.png) **[KENMERKE VAN DIE MELKWEG:]** - Het **spiraalarms** - Hulle is **blouerig** van kleur - Gevul met **stof, gas** en **warm jong sterre**. - Die **middelste deel** van die sterrestelsel is meer **oranje van kleur** as die spiraalarms. - Dit is omdat die **sterre in die middelpunt** van die sterrestelsel neig om **ouer en kouer** as die jong, warm blou sterre te wees. **[ONS NAASTE STER]** - Die Son is ons naaste ster en is *net* **150 miljoen kilometer** van die Aarde. - Daar is duisende sterre maar almal is nie sigbaar nie agv ligbesoedeling deur straatligte en ander ligbronne. - Een van die **helderste sterre** is die **Suiderkruis**, oftewel **Crux**. (bl. 191) - Die twee helder sterre links onder wat na die kruis wys, word die **Wysers** genoem. - Die helderste van die Wysers lyk effe oranje. - Hierdie ster word **Alpha Centauri** genoem en is ons naaste maklik sigbare ster ná die Son. - **\'n Konstellasie** is \'n groep sterre wat, as hulle vanaf die Aarde waargeneem word, **\'n patroon in die lug vorm.** **[LIGJARE, LIGURE EN LIGMINUTE]** - Vir afstande binne die sonnestelsel gebruik sterrekundiges eenhede wat **ligure** en **ligminute** genoem word. - **Liguur** = die afstand wat lig in 'n uur beweeg. - **Ligminuut** = afstand wat lig in 'n minuut kan reis. - Sterrekundiges gebruik eenhede wat **ligjare** genoem word om die afstande tussen sterre en sterrestelsels te meet. - **Een ligjaar is amper 10 triljoen kilometer.** **[ANDERKANT DIE MELKWEG:]** **Heelal** - alles wat bestaan, planete, sterre, sterrestelsels die ruimte tussen voorwerpe, alle materie en energie. Daar is **vyf hoofsoorte sterrestelsels**. - spiraal - spiraalbalk - ellipties - lensvormig - onreëlmatig **NB sketse bl.200** ![](media/image11.png) ![](media/image13.png) **[EENHEID 3]**: **[KYK NA DIE RUIMTE]** ![](media/image15.png) **[VROEë BESIGTIGING VAN DIE RUIMTE]** - Vroeë kulture om die wêreld heen het in verwondering na die sterre gekyk. - Hulle het die beweging van die sterre en die planete oor die hemelruim waargeneem en dit gebruik om die verloop van tyd aan te teken. - Mense het die sterre in patrone wat **konstellasies** genoem word gegroepeer. - [Voorbeelde is] : **Suiderkruis, Orion en Pavo, die Pou**. - Vroeë kulture het dikwels die sterre en planete wat hulle in die naghemel gesien het met **diere** of **gode** geassosieer en het stories oor die patrone in die lug vertel wat van geslag tot geslag oorgedra is. **[TELESKOPE]** - Sterrekundiges bestudeer wel sterre deur die **sigbare lig, radiogolwe en elektromagnetiese straling** te ontleed wat van hemelliggame ontvang word. - In hul soeke na meer inligting oor planete, sterre en sterrestelsels, het mense instrumente uitgevind waarmee die hemelruim in meer detail waargeneem kon word = **teleskoop**: \'n uitvinding wat gebruik word om die sterre te bestudeer. Teleskope kan ***meer lig*** van dowwe en verafgeleë voorwerpe versamel - **omdat hulle \'n groter versameloppervlakte het en** - omdat hulle **lig oor langer tydperke kan opvang** om \'n beeld te vorm. - Dit beteken dat jy met \'n teleskoop voorwerpe kan sien wat dowwer is as dié wat jy met die blote oog kan sien. - Teleskope **vergroot ook die beeld wat jy sien**, en wat dit vir jou moontlik maak om die voorwerp duideliker te sien. - Die **belangrikste eienskap** van \'n teleskoop is **hoeveel lig dit kan opvang** - Dit hang af van die **oppervlakte** van die lens of spieël. - Hoe **groter** die oppervlakte wat lig opvang, hoe **meer lig versamel** \'n teleskoop - en hoe **hoër is die skeidingsvermoë** (vermoë om in fyn detail te sien). - Die grootte van \'n teleskoop is dus baie belangriker as sy vergroting. 3. **SOORTE TELESKOPE:** A. Optiese telescope B. Radioteleskope C. Ruimteteleskope +-----------------------------------+-----------------------------------+ | A. **OPTIESE TELESKOPE:** | | | | | | Optiese teleskope versamel | | | sigbare lig vanaf hemelliggame. | | | | | | Daar is twee soorte optiese | | | teleskope. | | +===================================+===================================+ | **NADELE VAN OPTIESE TELESKOPE:** | | | | | | - Dit kan slegs in die aand | | | gebruik word. | | | | | | - Dit kan nie in slegte weer | | | (as dit reën, bewolk is of | | | sneeu, ens.) gebruik word | | | nie. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | **REFRAKTORTELESKOPE:** | | | | | | gebruik lense om lig vanaf | | | | | | verre voorwerpe te versamel en | | | te fokus. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | **Die nadele van | | | refraktorteleskope :** | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | - Lig beweeg deur die lense in | | | die teleskoop en dus moet die | | | lense perfek wees. | | | | | | - Daar mag geen lugborrels in | | | die glas wees wat die beeld | | | kan verwring nie. | | | | | | - Dit is moeilik en | | | | | | - duur om groot, perfekte lense | | | te maak. | | | | | | - Lense ondergaan chromatiese | | | aberrasie, wat die beelde | | | vervaag. | | | | | | **Chromatiese aberrasie def =** | | | | | | - Elke kleur vorm sy eie beeld | | | en is anders ingestel, wat | | | tot \'n effens onduidelike | | | beeld lei. | | | | | | - Hierdie effek word | | | chromatiese aberrasie genoem | | | en alle lense vertoon hierdie | | | afwyking. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | **REFLEKTORTELESKOPE:** | | | | | | - - | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | Reflektorteleskope: | [Voorbeelde is :] | | | | | Isaac Newton die reflektor- of | ः \'n Newton-reflektor | | spieëlteleskoop uitgevind. | | | | ः \'n Cassegrain-reflektor | | 'n Reflektorteleskoop gebruik | | | \'n geboë primêre spieël om lig | **Die grootste teleskope ter | | van veraf voorwerpe te versamel | wêreld vandag is almal | | en dit na \'n fokuspunt te | reflektorteleskope.** | | weerkaats. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | **Die voordele van \'n | | | reflektorteleskoop:** | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ | Die hele glas van die spieël | | | hoef nie perfek te wees nie, net | | | die oppervlak moet vlekkeloos | | | wees. | | | | | | Die spieël kan oor sy hele | | | rugkant ondersteun word sodat dit | | | nie deursak nie. | | | | | | Om groot spieëls te maak is | | | makliker goedkoper | | | | | | Hulle is nie onderhewig aan | | | chromatiese aberrasie nie. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+ ![](media/image17.png)**[SALT]** - Die **Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT)** is die **grootste optiese teleskoop** in die Suidelike Halfrond - Een van die grootstes ter wêreld. - Staan op die **Karooveld** in **die Noord-Kaap,** naby die dorp **Sutherland.** - Sterrekundiges gebruik teleskope soos **SALT om planete, sterre en sterrestelsels te bestudeer.** **Die Karoo is die ideale plek vir SALT omdat:** - dit is **ver weg** is van **dorpe en stede** - daar is **baie min ligbesoedeling.** - die gebied is **hoog geleë en droog** - daar is **geen uiterste weerstoestande** soos *vloede of storms* nie. - daar is daar **goeie infrastruktuur**, soos *paaie en elektrisiteit.* +-----------------------------------+-----------------------------------+ | B. **RADIOTELESKOPE:** | | | | | | - Radiogolwe is \'n soort | | | elektromagnetiese straling | | | (of lig) wat \'n mens nie met | | | die blote oog kan sien nie. | | | | | | - Hulle het baie lang | | | golflengtes in vergelyking met | | | optiese lig. | | | | | | - Radioteleskope bespeur | | | radiogolwe wat van verafgeleë | | | voorwerpe afkomstig is. | | +===================================+===================================+ | **Voordele van radioteleskope bo | **Werking van 'n | | optiese teleskope :** | radioteleskoop:** | | | | | - Hulle **kan in slegte weer | - Radioteleskope lyk gewoonlik | | gebruik** word | soos **groot skottels.** | | | | | - Radiogolwe nie deur wolke | - Die skottel of antenna tree | | versper nie. | soos die **primêre spieël** | | | in \'n reflektorteleskoop op. | | - Kan in die dag én in die nag | | | gebruik word. | - Skottel **versamel die | | | radiogolwe** en **weerkaats** | | **[Werking van 'n radioteleskoop | dit na \'n kleiner spiel wat | | - bl.232]** | dan die **radiogolwe** na | | | **\'n radiogolf-detektor | | | weerkaats.** | | | | | | - Radiogolfdetektors word | | | **ontvangers** genoem. | | | | | | - \'n **Versterker** versterk | | | die sein en **stuur dit na | | | \'n rekenaar** wat die | | | inligting van die ontvanger | | | **verwerk om kleurbeelde te | | | skep wat ons kan sien.** | | | | | | - Radioteleskope **moet ver van | | | stede en dorpe** geplaas | | | word, aangesien | | | **mensgemaakte radiosteuring | | | met die teleskoop se | | | waarnemings kan inmeng.** | +-----------------------------------+-----------------------------------+ +-----------------------------------+-----------------------------------+ | Deel van die | | | KAT-7-radioteleskoopopstelling in | | | die Noord-Kaap. | | +===================================+===================================+ | **MeerKAT en die SKA** | **Waarvoor word die MeerKAT en | | | SKA gebruik?** | | - - - | | | | - om ondersoek in te stel na | | | die manier **waarop | | | sterrestelsels** met verloop | | - - | van tyd **verander** | | | | | | - ons te help om **gravitasie | | | (swaartekrag**) te verstaan | | | | | | - help om **kosmiese | | | magnetisme** te verstaan | | | | | | - hoe die heel **eerste | | | sterre** gevorm is | | | | | | - **ander planete om ander | | | sterre** te verstaan | | | | | | - en of **ons alleen in die | | | heelal is**. | +-----------------------------------+-----------------------------------+ +-----------------------------------+-----------------------------------+ | C. **RUIMTETELESKOPE** | | | | | | - **Radiogolwe en sigbare lig** | | | maak deel uit van die | | | sogenaamde elektromagnetiese | | | spektrum van lig. | | | | | | - Daar is ander vorms van lig | | | **met ander golflengtes** wat | | | ons nie met die blote oog kan | | | sien nie, **soos X-strale en | | | ultraviolet en infrarooi | | | lig.** | | | | | | - Die Aarde se **atmosfeer | | | versper X-strale en ook | | | ultraviolet** en infrarooi | | | lig en keer dat dit die | | | oppervlak bereik. | | | | | | - Ons kan **dus hierdie soort | | | lig vanaf sterre en | | | sterrestelsels** slegs met | | | teleskope in die ruimte | | | waarneem. | | | | | | - Daarom word daar nou | | | **X-straalteleskope en | | | infrarooiteleskope** in die | | | ruimte geplaas. | | +===================================+===================================+ | **Voordele van ruimteteleskope:** | **Nadele van ruimteteleskope:** | | | | | - is dat hulle die **hele | - is die hoë koste daarvan | | hemelruim** kan waarneem | | | | - ![](media/image20.png)en die | | - kan **nag en dag werk** | feit dat dit baie moeilik is | | | om herstelwerk te doen as | | - Beelde is baie skerper as | iets verkeerd loop. | | beelde van teleskope op die | | | grond. | | | | | | ['n Voorbeeld is ] | | | | | | **die Hubble-ruimteteleskoop** sy | | | beelde is baie gedetailleerd, al | | | is dit \'n redelike klein | | | reflektorteleskoop. | | +-----------------------------------+-----------------------------------+

Use Quizgecko on...
Browser
Browser